Kinnear-moord: Saak uitgestel weens kommer oor veiligheid

Die Bishop Lavis-landdroshof. Foto: Eunice Stoltz

Zane Kilian (39) het Maandag vlugtig in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn voor die saak tot Vrydag uitgestel is om te bepaal waar sy borgtogaansoek sal plaasvind.

Daar is aangevoer dat die Bishop Lavis-landdroshof ʼn veiligheidsrisiko inhou.

Kilian, wat op 23 September in verband met die moord op lt.kol Charl Kinnear in hegtenis geneem is, word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg en die onregmatige onderskep van kommunikasie.

Adv. Greg Wolmarans, staatsaanklaer, het aangevoer die Bishop Lavis-landdroshof hou ʼn hoë veiligheidsrisiko in en dat daar ooreengekom moet word na watter hof die saak geskuif kan word.

Zane Kilian staan tereg op drie aanklagte, onder meer ook moord. (Foto: Twitter)

Kilian se regsverteenwoordiger, adv. Eckhard Rosemann, het op sy beurt gesê sy kliënt is reeds 15 dae in aanhouding en dat sy kliënt se regte erg geskend word. Hy wou ook weet of die staat die nodige dokumente gehad het om toegang tot sy kliënt se selfoonrekords te kon kry.

In reaksie hierop het Wolmarans gesê dat albei partye tydens die vorige hofverskyning op 25 September ooreengekom het om die saak tot vandag uit te stel. Op Rosemann se vraag oor die nodige dokumente het Wolmarans hom daarop gewys dat sou hy [Rosemann] toegang tot sulke inligting wou hê, hy bewus is van die prosedure om aansoek by die staat te doen om toegang tot die inligting te kry.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het buite die hof gesê hulle sal bepaal na watter hof die saak oorgeplaas kan word.

Zane Kilian is onder swaar polisiebegeleiding na en van die hof vervoer. Foto: Eunice Stoltz

Hy wou egter nie uitbrei oor die kwessie rakende die veiligheidsrisiko by die hof nie, maar het wel bygevoeg dat daar al voorheen melding gemaak is van voorvalle by dié hof en dat ʼn veilige werksomgewing vir almal wat daar werk, gehandhaaf moet word.

Kilian is onder swaar polisiebegeleiding vanaf die hof vervoer en hy bly in aanhouding.

Volgens die klagstaat gaan die staat aanvoer dat Kilian tussen Maart en 18 September vanjaar onregmatig en doelbewus inligting van Kinnear se selfone onderskep het. Hy het volgens die staat ook saam met ander, in hierdie stadium onbekende, aanvallers saamgesweer om Kinnear te vermoor.

Kinnear (52) is op 18 September koelbloedig in sy motor voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet en deur paramedici op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Elsa ·

Gaan kyk na die beeldmateriaal van die skieter en die dokumente wat Kinnear oor korrupte SAPD-lede oopgevlek het – waar pas Kilian van Springs in wat nie eens weet wie Kinnear is nie? Die skieter is ‘n jong, skraal mannetjie en het spoorloos verdwyn – om te keer dat hy dalk praat?

Magda ·

Het die Moord gepleeg en moet boet vir sy dade, maar ek wens DIE MOORDE OP BOERE (WIT EN SWART) MEESTAL WIT MOET SO VINNIG GEVANG WORD.

Elsa ·

Die beeldmateriaal van die “skieter” wys ‘n jong, maer outjie . . . alles behalwe die bonkige enkelouer-pa van Springs (Kilian) wat JARE laas in die Kaap was en nie eens weet WIE Kinnear is/was nie? Waar is die SKIETER en die korrupte Polisielede wat die OPDRAG gegee het om Kinnear te vermoor? Kilian word al 2 weke ONregmatig aangehou terwyl die werklike skuldiges in die SAPD steeds beskerm word – juis die mense wat Kinnear ondersoek het?

Ilse ·

Het hy sowaar nog regte nadat hy iemand die reg op lewe ontneem het?

Elsa ·

Kilian is so min die moordenaar soos jy – lees wyer wat regtig aangaan en wat Kinnear oopgevlek het? Zane Kilian word as sondebok aangehou terwyl die ware moordenaars in die SAPD wat die sluipmoord beplan het en die skieter steeds vry rondloop . . . ? WAAR is die jong skieter wat oral op kringtelevisie vasgevang is terwyl hy die moord pleeg? Is hy klaar “uitgehaal” om te keer dat hy PRAAT?

FM ·

Wat ek glad nie verstaan nie is dat ‘n ‘regsverteenwoordiger’ so persoon probeer verdedig.

Het die regslui dan nie gewone ‘common sense’ nie?

RB ·

For the love of money & fame!
Eerbare regsgeleerdes met n sin vir ware geregtigheid mag dalk nooit sien dat sy/haar naam ooit in n berig verskyn nie. Sulkes sal nooit ooit skurke, kriminele, verkragters, moordenaars verdedig nie. Hulle is baie yl gesaai maar hulle is nie te koop nie.

Androclus ·

Nadat hy weet hy doen dit vir geld en die klient is tog skuldig

Faruk ·

Die Advokaat doen net wat hy gevra word binne die reëls en verdedig ‘n klient so goed moontlik. Indien die klient skuldig is, probeer die Advokaat die ligste moontlike vonnis vir die klient beding.

Elsa ·

Zane Kilian is nie die skieter OF medepligtig net omdat hy nommers “ping” soos Mike Bolhuis en alle ondersoekers nie . . . Hy WEET nie eens wie Kinnear is nie en was JARE laas in die Kaap, kry nie die geleentheid om te PRAAT nie terwyl die jong skietertjie en die mense wat die bevel gegee het, steeds vry rondloop?

Kadotjie ·

Hy sal ‘n baie goeie Advokaat moet kry want hulle gaan al die blaam op hom pak en die sondebok van hom maak sodat hulle met hul gemene daad kan wegkom.

Belinda ·

Mnr Roseman, wat se regte het Charl Kinnear gehad, jy worry oor jou klient se foon ondersoek in ‘n moordsaak, maar wat foon rekords trek in die uitvoer van polisiering. Dit gaan ook verstand te bowe dat as jy iets krimineels aanvang jy skielik al die regte in die wereld het, maar die slagoffer wat uit sy motorhuis ry, kry nie eens kans om ‘n vraag te vra of te se hy soek nie dit nie.

Casper ·

Net ‘n eenvoudige vraag.Daar is nou skielik kommer oor veiligheid by hof,hoekom was Lt Kol Kinnear se oppergesag nie bekommerd oor sy veiligheid nie en hoekom is sy polisiebeskerming gestaak en deur wie?Daar was mos voorhees mense gearresteer wat hom wou doodgemaak.

Tanniepetoors ·

SAPS beter seker maak die man bly lewendig tot aan die einde van die.verhoor. Ons almal wil weet wie die meesterbrein en ander polisielede en booswigte was wat vir Kinnear se dood verantwoordelik was.

marius ·

Hoeveel polisie manne en vroue gaan daar opdaag ? Maak soos die res van die land en stel dit duidelik dat hy vir sy eie veiligheid beter binne bly .

Elsa ·

Dit is KILIAN met een L. Teen dié tyd weet almal darem al dat die werklike skieter wat lewensgroot op kringtelevisie vasgevang is, spoorloos “verdwyn” het en dat enigeen iemand se selfoon kan “track” of “ping” met die nuwe apps . . . Die feit dat die berugte Donkie Booysen juis Kilian se naam noem, spreek boekdele . . . omdat Kilian nie eens die gesofistikeerde “grabber” het waarmee die Polisie/Regering enigeen se bewegings kan track sonder om ‘n spoor te los nie. Hoekom moet jy iemand se selfoon-ligging naspoor om hom te vermoor as almal weet waar hy al 25 jaar lank woon? Kilian is bloot ‘n gerieflike aandagafleier/sondebok terwyl die korrupte polisielede wat Kinnear ondersoek het en sy moord beplan het, steeds vry rondloop . . . Kilian woon in Springs, is ‘n enkelouer van ‘n seuntjie met spesiale behoeftes, was JARE laas in die Kaap en het nie eens ‘n idee WIE Kinnear is nie?

Hierdie gaan oor korrupsie in die Wes-Kaapse Polisie en SAPD op hoë vlak. Waar is die SKIETER?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.