Die Noord-Kaapse polisie versoek hulp van die publiek nadat ʼn leë gebruikte kis vandeesweek in die provinsie gevind is.
Kapt. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die kis is Dinsdag in ʼn veld tussen Seoding en Pampierstad gevind.
“ʼn Voetganger het omstreeks 15:30 op die kis afgekom. Die kis was leeg, is wit en matig in lengte,” het Kock Vrydag aan Maroela Media gesê.
Kock het gesê die polisie vermoed dat die kis êrens uit ʼn graf opgegrawe is.
Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor waar die kis moontlik vandaan kan kom, om ao. Alfred Setumisho by 082 719 7206 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Dit is vrek grillerig
Nou het ek waaragtig als gesien.
GEBRUIK hom weer man .. patch hom net ‘n bietjie op .. mense steel mos deesdae alles .. TWEEDEHANDSE kiste te koop .. halfprys .. het net ‘n bietjie aandag nodig ….
HULLE WOU DITSEKER HERGEBRUIK
Nie snaaks as dit jou familie se oorkot was, wat opgegrawe is nie. Jammer vir die familie van die oorledene wie se graf geskend is.