Kis laat polisie kopkrap

Die kis wat gevind is. Foto: Verskaf

Die Noord-Kaapse polisie versoek hulp van die publiek nadat ʼn leë gebruikte kis vandeesweek in die provinsie gevind is.

Kapt. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die kis is Dinsdag in ʼn veld tussen Seoding en Pampierstad gevind.

“ʼn Voetganger het omstreeks 15:30 op die kis afgekom. Die kis was leeg, is wit en matig in lengte,” het Kock Vrydag aan Maroela Media gesê.

Kock het gesê die polisie vermoed dat die kis êrens uit ʼn graf opgegrawe is.

Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor waar die kis moontlik vandaan kan kom, om ao. Alfred Setumisho by 082 719 7206 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

AVBOB ·

GEBRUIK hom weer man .. patch hom net ‘n bietjie op .. mense steel mos deesdae alles .. TWEEDEHANDSE kiste te koop .. halfprys .. het net ‘n bietjie aandag nodig ….

Kowa ·

Nie snaaks as dit jou familie se oorkot was, wat opgegrawe is nie. Jammer vir die familie van die oorledene wie se graf geskend is.

andrea van vuren ·

ABC, hulle het nou alles bo-op die aarde gebuit, hulle gaan nou ondergronds!

Nettie ·

Party van die kommentare hier bo is glad nie snaaks nie. Ek dink daardie kissie het ‘n kind/baba se lyk bevat, die begrafnis was dalk redelik onlangs en die lykie is verwyder om opgesny te word vir muti.

Kannaland ·

Die kis lyk baie nuut ja, en dalk was dit vir muti of skending.

Cherokee ·

Nettie, ‘party van die kommentare hierbo’ is ‘n glimlag werd. Joune mag waar wees maar is grillerig. Mense sê somtyds so iets soos ‘hierbo’ juis om die grillerige moontlikhede te systap.

Ontnugter ·

Dit het my nou finaal laat besluit om my te laat veras. Nie eens in die dood lykmy is mens meer “veilig” nie. Wonder of daar doodsversekering gaan uitkom een van die dae om mens te beskerm as jy al ingespit is om te verseker jy rus onverstoord. :-)

Cherokee ·

Versekering vir ‘onverstoorde rus’ soos jy dit noem, is wel beskikbaar, gratis en verniet maar jy sal moet buig om dit te vind. Tot op jou knieë.

Kispak Sarel ·

Daar was heelwat sulke ‘scams’ waar begrafnisondernemers later kiste gaan opgrawe, skoonmaak en weer verkoop. Hierdie ouens is uitgeslape besigheidsmense.

AWes ·

In die konteks van die berig sou ek sê ontslape is ‘n beter woord keuse as uitgeslape.
Die regte beskrywing is egter gewetensloos. En ek dink ook nie besigheidsmense is ‘n aanvaarbare beskrywing nie. Eerder skelm.

cor ·

Dit is erg genoeg dat jy nie jou lewe seker is in die anargistiese land nie, nou word jy nog jou rus in vrede ontneem, maar die ansisters sal met daai grafsenders se gal werk.

Andre ·

Wel… dit vat nie te veel om die polisie te laat kopkrap nie!

marous ·

Vat die kis parlement toe en sit dit voor die speaker as daar gedebateer moet word oor misdaad.

Se net.... ·

Baie mense in die Noord-Kaap het kiste op die “solder” vir eendag se gebruik….dalk het iemand se solder kis verdwyn.

Antonie ·

Oeps……dis nie mooi nie…erens le n arme lyk in n gat…sonder n kis…

SARIE VAN HEERDEN ·

Meeste van die kommentare is regtig snaaks maar wat verwag die mense want daar is geen misdaad gepleeg nie en mense wonder maar waarvandaan die kis kom. Ek weet ook nie maar ek glo nie dis gesteel nie want dan sou die steler dit mos gebruik of verkoop het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Jare gelede het ‘n boer tussen Brits en Pretoria bokant die grond se naambordjie ‘n bruin doodskis vasgemaak. NIEMAND HET OOIT BY HOM INGEBREEK OF GESTEEL NIE. Wonder wat het toe van die kis geword. Miskien weet iemand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.