‘Kitaarkêrel’ ná rooftog: ‘Ons kon dood gewees het’

Hennie en Dottie du Bruyn. (Foto: Verskaf)

“Ons kon dood gewees het. Dit is lelik hoor.”

Die musikant Hennie de Bruyn van die boeremusiekgroep Die Kitaarkêrels het die afgelope naweek in die loop van ʼn vuurwapen vasgekyk toe hy, sy vrou Dottie, en nog ’n egpaar by hul huis in Henley on Klip, Gauteng, oorval, byna ’n uur lank aangehou en beroof is.

“Dit het soos ure gevoel,” het Hennie Woensdag vertel.

Die De Bruyn-egpaar het Vrydagaand saam met hul vriende Anton en Susan Lesch buite op hul stoep gekuier toe vier verdagtes ongesiens oor die heining gespring en hul kort ná 20:00 onverhoeds betrap het.

Die stoep waar die groep vriende die aand gekuier het. (Foto: Verskaf)

Die groep vriende is die huis in gedwing en die verdagtes het op al hul persoonlike besittings, waaronder beursies, selfone, juwele en motorsleutels, aangedring. Die rowers het Dottie aan die arm gegryp en alleen na ’n slaapkamer gesleep op soek na ’n kluis. Die vier is daarna aangesê om plat op die vloer in een van die slaapkamers te lê.

“Hulle het gesê hulle gaan ons almal doodskiet as ons beweeg. Dit is skrikwekkend. Jy mag geen nie emosie wys nie.”

Die vriende het roerloos gelê totdat dit stil geword het en hulle die paniekknoppie gedruk het.

Die rowers het teen daardie tyd reeds die huis leeggedra, die motorhuis oopgemaak, die motors uitgetrek, die hekke toegemaak en in albei egpare se motors op die vlug geslaan.

hennie de bruyn en die kitaarkerelsDie motors is later leeg en verlate in die omgewing gevind.

“Só professioneel,” verduidelik De Bruyns.

Nóg ’n rooftog is enkele minute ná die een by die De Bruyns in dieselfde straat gepleeg, vermoedelik deur dieselfde verdagtes. Nege rooftogte is binne ʼn maand in die omgewing aangemeld.

“Ek gun dit vir niemand nie. Dit is ’n noue ontkoming.”

Geen van De Bruyn se musiekinstrumente is in die rooftog gebuit nie en hy kon minstens Saterdagaand ʼn vertoning doen. Dit het gehelp om hom en Dottie se aandag van die traumatiese gebeurtenis af te lei hoewel hulle nou skrikkerig is. Hulle het reeds hul slotte vervang en weer na hul alarmstelsel laat kyk.

“Nou weet ek hoe baie ander voel wanneer so iets gebeur. Ons is so dankbaar. Ons kon dood gewees het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AmY ·

Baie dankbaar dat hulle ongedeerd en veilig is.

Dan is die rowers nog so arrogant om sommer by ‘n huis in dieselfde straat ‘n draai te gaan maak?

Werner ·

Klink of daai ouens in die straat maar vas aan die slaap is

Albert Willem ·

Mense loop nogsteeds met skille op hulle oe en dink dit sal nie met hulle gebeur nie

katerinadiekat ·

Ek dink die dae van na donker buite kuier is verby vir blankes in hierdie land.

Samuel ·

Ons sal binnenshuis moet bly. Waarheen is Suid-Afrika op pad? Die regering doen nie veel om misdaad te bekamp nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Herinner my aan my kinderdae in Rhodesië met die aandklokreëls en polisiëring tydens die begin van die bosoorlog. Hierdie land is op pad daarheen…

Werner ·

Dink ons is al die afgelope 26 jaar daar ons moet dit nog net agtergekom

Ontnugterde senior ·

Dieselfde het in Suidwes (Namibia) gebeur met die grensoorlog maar ten minste was die terorriste in die bos en nie in mense se privaat huise nie.

NuusUil ·

Ek dink julle is n teiken , kyk na die foto , kyk waar julle bly . Dit was beplan . Julle is dae lank dopgehou ! Daai heining hou niemand buite .

Erika ·

Ladies & Gentlemen We want to Introduce you to our new national Sport of South Africa…Crime ..
Our Number 1 Player Introducing the Denylists
Its Time for the government to pull up their socks…

Genis ·

Dis sleg SAPD “nege rowe”… Is daar n KFC naby waar die SAPD vanaf monitor?

Karina ·

Ai dit word net erger en erger. Egter baie dankbaar hulle is nie beseer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.