Kitsbank by Limpopo-vulstasie opgeblaas

'n Kitsbank wat opgeblaas is. Foto: SAPD

Die kitsbank wat opgeblaas is. Foto: SAPD

ʼn Groep van vyf verdagtes het Vrydag in die vroeë oggendure ʼn kitsbank by ʼn vulstasie in Limpopo opgeblaas, maar te danke aan die polisie se flinke optrede het die rowers sonder ʼn sent op die vlug geslaan.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê personeel by ʼn plaaslike vulstasie in Atok, suidoos van Polokwane, het omstreeks 02:15 drie verdagte mans by die stasie opgemerk en hulself in die winkel gaan toesluit en hulp ontbied.

“Daar het na bewering twee mans wat klapmusse gedra het by die ander drie aangesluit waarna ʼn harde ontploffing gevolg het,” het Ledwaba gesê.

Hy het gesê die verdagtes was nog besig om toegang tot die kontant in die kitsbank te kry toe hulle deur die polisie verras is.

Die verdagtes het op vlug geslaan en is steeds soek.

Die Apel-polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bontbok ·

Hierdie is dieselfde spul wat in Pta-Noord ook die vulstasies beroof het. Baie mooi vir die manne in blou wat so gou opgetree het ek wens die lot hier by ons kan dieselfde doen dan vang ons die gemors sommer vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.