Kitsbank by Pta-vulstasie opgeblaas

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Kitsbank is Dinsdagaand by ʼn vulstasie in die ooste van Pretoria opgeblaas en ʼn onbekende bedrag kontant is geroof.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het gesê vyf gewapende mans met klapmusse aan, het omstreeks 22:40 op die Total-vulstasie in Rossouwstraat in Murrayfield toegeslaan. “Die verdagtes het met ʼn voertuig by die vulstasie opgedaag. Hulle het die personeellede oorweldig en almal na die agterkant van die winkel gedwing,” het Jones gesê.

Van die verdagtes het begin om die kluis agter die toonbank en die kitsbank binne die winkel te beskadig. “Hulle het daarna die kitsbank opgeblaas en met ʼn onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.”

Een werker het ligte beserings opgedoen toe hy deur die verdagtes rondgestamp is.

Daar word ook vermoed dat een van die verdagtes weens die ontploffing beserings aan sy gesig opgedoen het.

Die Garsfontein-polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Murrayfield Res. ·

Was there this morning. My heart goes out to them, they are all such wonderful, helpful people. Always looking out for each other and customers. Such selfish criminals! Karma catches up!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek ken ‘n hele paar mense wat in Garsfontein woon. Mense het kamera’s buite en gereeld, vir die afgelope paar maande neem hul ‘n mens van ‘n “ander kerk” af wat saans op hul persele ewe rustig rondloop en elke keer ietsie steel. Hy het oa ingebreek by ‘n vriendin van my en van sy gesteelde goedere op haar eettafel vergeet maar dink ons hy was gesteur. Hulle het hom nou al ‘n bynaam gegee, maar kon hom nog nie vastrek nie. Dit gaan nou al maande lank aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.