Kitsbank in ooste van Pretoria opgeblaas

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Kitsbank is Donderdag in die vroeë oggendure by die Hazeldean-winkelsentrum in Silver Lakes, Pretoria, opgeblaas.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn veiligheidswag wat ten tyde van die voorval aan diens was, het omstreeks 01:00 gesien hoe ʼn swart Audi-motor voor die kitsbank stilhou. Vier mans met vuurwapens het uitgeklim en was by die kitsbank doenig voordat dit oomblikke later ontplof het.

“Die verdagtes het kort daarna gevlug. Dit is nog nie bekend of enige kontantgeld uit die kitsbank geneem is nie,” het Van der Merwe gesê.

Forensiese beamptes en die K9-eenheid van Bronkhorstspruit fynkam nog steeds die toneel vir bewyse.

“Niemand is in die voorval beseer of reeds in hegtenis geneem nie,” het Van der Merwe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Flibo ·

Goeie hemel, hierdie land is nou aan die brand. Kriminele ding gebeur nou so vinnig opmekaar dat n mens nie eers meer byhou om dit te lees nie. Hierdie land is nou besig om sy “gat” vinnig te sien. So jammer, tog so jammer !!!!

Frederik ·

DOKTOR Siener van Rensburg het al hierdie dinge ‘n eeu gelede voorspel. Alles gebeur presies soos voorspel.

Besorg ·

Is jammer een van die kriminele is nie in die ontploffing beseer nie.

GES ·

Die verkiesing is duur en geld word benodig vir kospakkies en teehemde. Hierdie kriminele is nie die gewone outjies op straat nie. Dit is smeerlappe met hoë konneksies.

Charles ·

En die doel van die veiligheidswag is…….werkskepping..

Vat hom fluffy ·

Hoekom obdersoek polisie van Bronkhorstspruit die saak in Pretoria.. Silverlakes?

Lance ·

Die ding gebeur al vir jare lank en polisie kry dit netnie gesmoor nie ….sal ook nie met die vlak van intelegensie op grondvlak wat so pateties is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.