Kitsbank opgeblaas, beroof

Die verdagtes het die kitsbank opgeblaas voordat hulle die geld gebuit het. (Foto: SAPS/Facebook)

Die polisie in Acornhoek, Mpumalanga, is op soek na 15 verdagtes wat na bewering ʼn kitsbank in die vroeë oggendure opgeblaas het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê ʼn veiligheidswag wat Woensdag by die Acornhoek Old Complex aan diens was, het om 02:00 ʼn groep gewapende mans gewaar.

“Die mans het na ʼn kitsbank beweeg, plofstof om dit geplaas en dit daarna opgeblaas,” sê Mohlala.

“Die verdagtes het ʼn onbekende hoeveelheid geld uit die kitsbank gebuit en van die toneel af gevlug.”

Volgens die ooggetuie het die 15 verdagtes in twee motors – ʼn Toyota Camry en ʼn Volkswagen Golf – op die vlug geslaan.

Die polisie ondersoek ʼn saak van roof, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het intussen ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om met lt.kol. Albert Manzini by 082 318 9925 kontak te maak indien hulle inligting het wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei.

“Alle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word,” sê Mohlala.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

George ·

LW. 02h00… waar was SAPS om die curfue oortreders vas te vat. Indien hulle wakker was en gewerk het sou dit nie gebeur het nie. Hoe moeilik is dit om curfue oortreders op te merk in n “1 horse town”

SAPS te blameer… Brig moet asb hierop antwoord, en hoe verwag hy hulp van publiek as niemand anders as die skelms op straat was nie

Frank ·

Kom ons sê liewers: Ons hoop nie die SAP was 2h00 op straat nie…….

Di ·

Hulle sal moet iets implementeer wat die geld vlek sodra die kitsbank opgeblaas word. Geld sal dan nie bruikbaar wees nie.

Heinrich ·

Ja dit gaan maar dol om die salarisse by Lethuli Huis te betaal…desperate times…

Heinrich ·

Ek onthou ‘n paar desperate ouens wat ‘n verlate spoorlyn opgeblaas het en vir terrorisme toegesluit is. Hierdie is niks anders as terrorisme nie, miskien kan Hoed die verskil tussen roof en terrorisme aan die hand hiervan vir my die verskil verduidelik.

Shakespeare ·

Cut your nose to spoil your face…
..dis hoe die stemvee van julle weet wie funksioneer. Hulle is gek daaroor om brandarm te wees en ook “jobless”.

Mariana ·

….en dit vat toe 15 van hulle om die bank op te blaas. Wow!! Wonder met hoeveel hulle weggekom het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.