‘Kitsbankrowers’ dood ná skietgeveg met polisie

Argieffoto.

Argieffoto.

Agt vermeende kitsbankrowers is dood nadat hulle in ʼn skietgeveg met die polisie naby Howick in KwaZulu-Natal betrokke geraak het.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die skietgeveg het Saterdag omstreeks 20:45 op die R617 in Mpophomeni naby Howick gebeur.

Volgens Naicker het lede van die Valke saam met lede van die misdaadintelligensie-eenheid, die honde-eenheid en ʼn spesiale taakspan inligting opgevolg oor die verdagtes wat vermoedelik betrokke was by ʼn polisiemoord, kitsbankrooftogte en gewapende rooftogte. Volgens die inligting het die verdagtes beplan om kitsbanke in Howick op te blaas.

Lede van die spesiale taakspan het probeer om twee voertuie op die R617 ongeveer 15 km buite Howick voor te keer. “Die verdagtes [in die voertuie] het met R5- en AK47-aanvalsgewere op die taakspanlede losgebrand,” het Naicker gesê.

ʼn Skietgeveg het gevolg waarin agt verdagtes doodgeskiet en een gewond is. Die gewonde verdagte is na ʼn hospitaal geneem. Daar is op drie AK47-aanvalsgewere, een R5-geweer en vier 9 mm-pistole wat in die verdagtes se besit was, beslag gelê. Polisie het ook beslag gelê op twee gekaapte voertuie en ʼn sak vol reeds voorbereide kommersiële plofstof.

Genl.maj. Bheki Langa het die lede van die gesamentlike polisie-operasie geloof wat die verdagtes aangekeer het. “Die onderskepping van hierdie bende is ʼn reuse-hupstoot vir ons veilige feestydbedrywighede. Inwoners en besighede in hierdie provinsie is baie veiliger danksy hierdie ingryping,” het Langa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Manna ·

Dis wonderlike nuus mag dit gebeur met alle voornemende rowers. Polisie se goeie werk moet aan groot klok gehang word. Misdadigers behoort geen mense regte te hê.

Ancara ·

Hulle het dit oor hulle self gebring.Grou n gat vir n ander en jy val self daarin.Trots op die polisie en Valke en almal wat hierby betrokke was mooi so.En nou is dit die Renoster stropers se beurt.

GES ·

Goeie werk polisie. Elke polisielid wat betrokke was en sy/haar lewe ingevaar gestel het behoort ʼn medalje te kry.

Frik ·

Polisie moes inligting van publiek gekry het, mooi gedaan en volpunte aan gemeenskap. Net een een vraag. Waarom word daar Nooit n woord gerep oor die wapens wat gebruik was se oorsprong nie . Sekerlik kom dit van Weermag of Polisie self en al is reeks no afgeveil is daar nog maniere om dit vas te stel???

Adoons ·

Ai, lekker om op ‘n Maandagoggend met sulke nuus begroet te word! Skote petoors!

Ellie ·

Mooi so, hoop nie die arme polisie word nou weer aangekla nie, dis mos hoe dit in SA werk, studente gooi klip en rand polisie aan, polisie word aangekla as hulle hulleself verdedig, by Marikana het duisende werkers die polisie bestorm en ‘n sekuriteitswag en ander nie-stakers vermoor, toe die polisie terugslaan, word hulle aangekla . agnee wat . die skelms en oproermakers het in SA baie meer regte as die polisie. Eks trots op hulle in hierdie geval, hoop regtig die ander rowers en skurke sien nou hoe word dit gedoen.

Liza ·

Laat dit ‘n les wees vir hulle, mooi SA Polisie en die wat betrokke was, g@tvol vir misdaad en alles…….

James ·

Hierdie wapens is verseker nie van burgerlikes afgeneem nie. As die polisie die wapens se oorsprong nagaan mag hulle dalk vind dat die aanvalswapens uit eie geledere kom.

tom ·

Ek hoop net hulle kan daai r5 se nommer kry om te kyk of daar nie n polisie man agter dit sit nie

James ·

Enige inligting ivm.die transito rooftog op die Kriel/kinross pad woensdag middag ?

Grassie ·

Uitstekende werk deur die polisie. Dit word waardeer.
Ek was vandag by ons dorp se polisiestasie om aansoek te doen vir ‘n vuurwapenlisensie. Die beamptes daar was vriendelik en behulpsaam. Miskien is daar darem nog hoop vir ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.