Kitskosgroep verbied om advertensie uit te saai

Big John vaar in die advertensie na Nederland en koloniseer Europa.

Die Reklamebeheerraad het beslis ʼn advertensie van Chicken Licken waarin die bordjies verhang word en ʼn man uit Afrika Nederland koloniseer, maak ʼn bespotting van ʼn saak “wat ontstellend is vir baie Suid-Afrikaners”.

Die Raad het gelas dat die advertensie onmiddellik onttrek word en nie weer uitgesaai word nie.

Chicken Licken stem egter nie met die uitspraak saam nie. “Die advertensie se tong-in-die-kies-humor is in die gees van wat verbruikers nou al [van ons] verwag, maar die onderliggende doelwit van die kommunikasie is om trots en patriotisme by Suid-Afrikaners aan te wakker,” sê die kitskosgroep in sy voorlegging.

In die twee minuut lange advertensie kan gesien word hoe ene John Mjohnana in 1650 ʼn bootvaart onderneem op soek na avontuur. Nadat hy vele struikelblokke oorkom het, sit hy in 1651 voet aan wal in Nederland, waar hy die plek “Europa” noem en sy swaard in die kaai plant om te wys hy neem besit daarvan.

Die advertensie eindig waar ʼn gryskopman in ʼn Chicken Licken-winkel sê: “Dit is die legende van Big John,” en die winkel laggend verlaat. Die volgende klant in die tou by die toonbank bestel dan ook dié produk.

Die legende van Big John inspireer dié klant om die spesiale aanbod te koop.

In die klagte wat die Raad ontvang het, word beweer die advertensie dryf die spot met Afrika-mense se stryd teen die kolonialisme van Europeërs in die algemeen, maar veral Nederlanders.

Chicken Licken het gesê dis jammer dat die klant die advertensie “negatief interpreteer” en ontken dat dit ʼn bespotting wil maak van die uitwerking van kolonialisme.

Die land het die potensiaal om die wêreld te verower.

“As ʼn Suid-Afrikaanse handelsmerk is Chicken Licken terdeë bewus van die behoefte om die Suid-Afrikaanse gees op te hef,” het die maatskappy in sy voorlegging aan die Raad gesê. “Die advertensie wil Suid-Afrikaners wys dat Chicken Licken glo die land het die potensiaal om die wêreld te verower en die geskiedenis uit Afrika se oogpunt te herskryf.”

In sy bevinding sê die Raad hy besef die advertensie is veronderstel om humoristies te wees. “Maar die kolonisering van Afrika was traumaties vir sy mense. Terwyl die advertensie die verhaal van kolonialisme op sy kop wil keer deur te wys hoe Big John Europa toe reis, is dit welbekend dat baie Afrikane in der waarheid gedwing is om deur die loop van kolonialisme daarheen te gaan.

“Hulle het nie hul woonplek vrywillig verlaat nie; hulle is dood aan hongersnood op daardie bootvaarte en het onder wrede en onmenslike omstandighede daar aangekom … Hierdie ervaring kan nooit anders herskryf word of op enige manier grappig voorgestel word nie.”

Die geskiedenis van kolonialisme kan nie eenvoudig herskryf word nie.

Die Raad sê hy neem kennis dat Chicken Licken Suid-Afrikaners daarvan bewus wil maak dat hulle “die wêreld kan verower”, maar die geskiedenis van kolonialisme “kan nie eenvoudig herskryf word nie”. Die potensiaal om die wêreld te verower, moet positief uitgebeeld word en nie met kolonialisme in verband gebring word nie.

Chicken Licken het opdrag gekry om die TV-advertensie in sy huidige formaat te onttrek, uitsendings daarvan onmiddellik te staak en dit nie in enige stadium in die toekoms weer te laat uitsaai nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Leser ·

Ag hemel, dit is net ‘n advertensie, en ek dink nie daar is iets fout met dit nie. Ek lag elke keer lekker wanneer ek dit op TV sien. Mense moet ophou om alles so ernstig op te neem!!

Paul ·

Jip, en mens kan sien wie die hoender in hierdie verhaal is.

Jj ·

Dit was so snaakse advertensie.
Maar nou ja , die is mos S.A… die land van kla 24/7

Mellissa ·

Ek het dit nou net gaan kyk en dis funny en ek sien NIKS fout daar mee nie… maar natuurlik gaan iemand nou weer dit uit perporsie ruk en bla bla bla!!

Blaarman ·

Daar is ‘n totale aanslag op vryheid van spraak – dit is deel van die ANC se aanslag op al ons vryhede om elke aspek van die samelewing te beheer.

Afrikaners moet asb nie hulleself laat uitlok om dit te ondersteun nie. Dit sal ‘n groot fout wees!

Mellissa ·

Ag really dis funny en ek as n wit Suid-Afrikaaner support dit want NIE alles hoef oor kleur te gaan nie….dis mense soos jy wat die same lewe moeilik maak…..

pieta ·

“Totale aanslag”….bhahaaaa ….jy is rerig snaaks, ou blaar.

koos ·

Staatskaping, Rassisme, Ondergang van munisipaliteite, VBS, Ontvanger van Inkomste gemors, Tabak smokkelary, Dwelms, Onwettige Immigrante en wat nog meer, EN MENSE KLA OOR ‘n TV ADVERTENSIE!!!!!

Gertryda ·

SA het issues
SA het onverdraagsaamheid
SA het sy sin van humor verloor
Wat n jammerte om in n land te bly waar jy
Altyd in jou pasoppens moet wees

Toi Wagner ·

Ons is besig om alles hopeloos te ernstig op te neem en sit en wag om fout te soek. As jy nie meer vir jouself kan lag nie, is daar groot fout

madels ·

Ons Afrikaners maak altyd grappe oor ons eie issues want dis al hoe ons die trauma kan verwerk maar die ander rasse ongelukkig in ons land kan nie oor hul eie trauma ervarings kom nie…. te onvolwasse daarvoor en sal eerder vir hulself jammer voel tot die einde van die wereld aanbreek ipv om die lewe ligter vir hulself te maak. Solank n persoon glo dat hulle n victim is en n victim mentality het sal hul NOOIT OOIT genesing vir hul pyn ooit kry nie. Hoeveel keer is die Afrikaner nie uitgemoor, onderdruk ens nie, maar elke keer staan ons op uit die stof, stof ons klere af, werk harder as ooit tevore, maak grappe daaroor en beweeg aan… EK HOU VAN DIE ADVERTENSIE, dis eintlik baie baie snaaks

Mossie ·

Hendrik, is dit nie verskriklik hoe daai rapper spot nie. Dit is die ergste graad van onsensitiwiteit! Mag dit sy gesin of familie nooit oorkom nie!!

evette ·

miskien as almal net so bietjie chill sal dinge beter gaan

Disselboom ·

As ons dit nog nie weet nie, bevestig die reaksie op hierdie advertensie dat Suid-Afrika tans ‘n kruitvat met ‘n kort lont is.

Mel ·

Ai, dat mense se gebrek aan ‘n sin vir humor dit vir almal bederf!

Eben ·

Dit is belaglik om die advertensie te vewyder Die regering wil nou besluit hoe jy moet dink. Aan die ander kant wys dit ook hoe die regering blankes wil verdruk.

Lynette ·

Ag hemel, dis skreeusnaaks! Ek kan nie glo mense is so sensitief nie. Wat bly oor as ons nie meer humor kan gebruik om oor ons verskille te kom nie?

Animasie ·

Hy is dan Mohanna en Pirates of the Carribian in een advertensie … en eindig op as Jan van Riebeeck…

RG ·

Dis nogal snaaks. Moes net bietjie langer aangehou het om te wys hoe Nederland vandag sou lyk. Kon Zim gebruik het vir verfilming. Hiehiehie

Anoniem ·

Hoe lekker het ek nou gelag. Gooi mielies Big John. Beste advertensie ooit van n hoender maaltyd

Deloris ·

Dankie tog… ek het die advertensie gesien as n klap in die gesig…. na die eerste op tv toe wonder ek …
Hoe de hel….? dankie vir diegene wat dit stop gedit het..

Leser ·

Wanneer jou medevolk uitgemoor word is daar niks om oor te lag nie.
Wanneer jy met hartseer rondloop oor familie en vriende wat in plaasmoorde gesterf het is daar niks om oor te lag nie.
Dit gaan nie die verlies minder of makliker maak nie.N
Net indien jy so iets self ervaar het sal jy dit verstaan.

Verlies ·

Maak eerder grappe oor sport/munisipaliteite,Eskom,SAL ect – nie oor mense wat vermoor word nie.

adriana ·

Mens is geneig om liggeraak te wees wanneer jy iemand geken het wat in ‘n plaasmoord gesterf het.
Familie/vriend.
Wys eerder respek .

Dee ·

Alleen die met n bo gemiddelde intelligensie vermoe verstaan fyn humor. Maak maar julle eie afleidings.

Fryingfrog ·

Ek dink dis ‘n baie oulike advertensie – net die soort wat ons nodig het om bietjie vir onsself te lag. En nee, daar het nooit ‘n slaweskip uit SA vertrek met Afrikane aan boord bestem vir ander lande nie. En hoe kolonialisme nou eintlik “pynlik” was? Kyk hoe mooi het die koloniste SA opgebou – all for free!

Diklizzy ·

En intussen gaan kyk meer mense na die advertensie om te sien waaroor die bohaai gaan en CL kry ‘n groot klomp mediadekking. Gevolgtrekking: die advertensie was beslis die geld werd..

Piet Pompies ·

Gedurende my diensplig tyd het Chicken Licken geweier om enige iets aan ‘n weermag lid te verkoop. Soshanguwe Noord van PTA 1991. Nogal vreemd dat die groep dit vandag as humor sien.

Smirre ·

Klomp snert. Dalk as die advertensie lank genoeg uitgesaai word herskryf Dept van Opvoeding die geskiedenisboeke……

Bekommerd ·

Baie dankie…dit gee n skewe indruk van wat dit moet wees. Swak smaak

Schalk ·

Maar die luxury goed soos motors, elektrieseteit, geboue ens ens ens…. Dis nie afkomstig van kolonialisme nie??? Selektiewe denke…. Siestog. As ek jul sien herinner jul my aan apartheid…. Kan ons daaraan iets doen asb!

mazz ·

ai jinne. ooo die klomp kan maar vinnig kwaad raak sodra daar enige iets handel oor geskiedenis, swaar kry of vel kleur.
maar dit is ok as die kfc advertensie speel van die crunch master waar hul actually spot oor hoe dit in die werks plekke gaan.

Marius ·

Ja…. ‘n paar punte hoekom dit nie moontlik kan wees.
Hul kon nie navigeer op die oop see
Hul kon nie ‘n seewaardige boot bou
Hul het nie eers n wiel ontdek in 1652

In alle waarskynlikheid sou Afrika niks verder gewees het as in 1652 as daar nie kolonies hier kom vestig het nie.

anton ·

Wat n stupid advertensie!!!
En dankie tog ek eet nie daar nie.
Goed dit is verwyder.

Keuses ·

Goeie ad!! Sien geen rede om dit te verwyder nie. Ek het al baie erger, vervelige ads gesien.

alwyn burger ·

S.A. is besig om breindood te word. Totale aanslag!!. Gaan sien ñ sielkundige!!

Annelize ·

Hoekom verwyder? Ek dink dis ‘n oulike advertensie. Mense is hoooooooooopeloos te sensitief, vir geen rede, hier is absoluut niks snaaks nie. Dis ‘n lekker windgat, tong in die kies advertensie, net soos die 2 dames wat so lekker sit en KFC eet, en oorverdowend hard praat, terwyl toue mense staan en wag.

As hierdie advertensie AL is wat die suurknolle het om oor te kla, moet hulle sommer nou op hulle kniee gaan, en die Vader dank, dat dit al is wat hulle het om oor te kla.

LEKKA HOENOR ·

Dit is n lekker tong in die kies advertensie , ek dink saam met Nando’s is dit van die beter advertensies . Hou tog op om so ENG te wees , Dit was n lekker avontuur , sou enige een iets te se gehad het as hy net by n onbewoonde landjie aangekom het en n hoender plaas begin het ….. O ja sekere mense sou dalk weer die negatief daarin sien , WORD GROOT !!!!!!!

Anti-Negatief ·

Mense, hou tog op on die dam onder die eende uit te ruk! Dit is so jammer dat mense deesdae te kleinserig en kleingeestig is om die humor in die advertensie te sien! Dit is goed gedoen. Totaal onrealisties, juis daarom snaaks. Daar is talle advertensie wat onrealisties is, maar niemand maak daaroor ‘n bohaai nie! Ek dink bv aan ‘n sekere tamatiesous advertensie….As die advertensies nou moet gesensor word omdat ons arme nasie ons humorsin ook verloor het, dan weet ek darem nie……..

Pieter ·

As ons humor uit die lewe haal, gaan Suid Afrika ten gronde.
Dan stem ek saam met die mense wat oor die raper kla. Dubbele standaarde se moses.

Nettie ·

Dus; die advertensie is slegs gestop omdat dit as ‘n aanslag op die swart/gekleurde meerderheid se ‘pyn en lyding’ a.g.v. kolonialisasie en Apartheid beskou is …. Dis nie gestop omdat dit die blanke bevolking se erfenis en kultuur aangetas en afgebreek het nie. Ek het aanstoot geneem met die advertensie van dag een af. Mý kultuur en mý erfenis is MYNE en as jy daaraan krap, krap jy aan mý.

Ja, ek weet dit is net ‘n advertensie en oor so ‘n paar dae is dit vergete. Kom ons vergeet egter nie dat dit die klein jakkalsies is wat die groot wingerd vernietig nie. Terwyl dié advertensie vertoon is, het dit my aanstoot gegee; nes dit my aanstoot gee dat die meeste advertensies deesdae slegs swart/gekleurde mense as rolspelers bevat, so asof die blanke koopkrag in die land niks tel nie.

Magaretha van heerden ·

Ek stem saam met die chill maar aan albei kante. Als is verkeerd as dit aan die ander kant is ne, dan help dit niks om te se “chill” nie?

Staak saam ·

Briljante reklama,
Gewoonlik betaal die firma vir die uitsaai van die advertensie, maar nou wil die verbruiker weet waaroor die bohaai gaan en hy gaan kyk nou op sy eie onkostes op youtube na die advertensie.
Ek moet hulle krediet gee, daar is nie n beter advertensie as die advertensie waarna die verbruiker graag wil kyk nie, en nou verloor die SABC daai broodnodige inkomste……

Well don!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.