Kitsmiljoenêr ‘sien wennommers in ʼn droom’

Argieffoto

Die werklose wenner van die onlangse Lotto-boerpot sê die nommers wat hom R15 miljoen in die sak besorg het, het in ʼn droom aan hom verskyn.

Ná jare lange pogings om ʼn ekstra inkomste te verdien, het dié pastoor van Polokwane in Limpopo nooit gedink hy sou eendag ʼn kitsmiljoenêr wees nie, hoewel hy altyd gedroom het van finansiële vryheid.

Die 59-jarige pastoor, wat al die afgelope 20 jaar werkloos is, sê hy glo sy wengeld is ʼn geskenk van God. Hy het deur die jare verskeie maniere probeer om ʼn inkomste mee te verdien, insluitend Spaza-winkels en ander maniere van informele handel, en hy boer ook deeltyds op klein skaal.

Volgens die pastoor het die wennommers in ʼn droom aan hom verskyn en toe hy wakker word, het hy geen tyd verspil om dié gelukkige nommers te gaan speel nie. “Ek het besluit om die kans te vat en het my R20-kaartjie gekoop. Ek is bly ek het dit gedoen!” sê hy.

Hy het die regstreekse uitsending van die Lotto-trekking op televisie gemis, maar het op pad huis toe sy nommers by ʼn Lotto-afsetpunt nagegaan. Daar het hy besef dat hy die boerpot losgeslaan en dat sy lewe onherroeplik verander het.

Die gelukkige wenner sê hy wil sy miljoene gebruik om die kerk te help, sy liefde vir boerdery na te jaag en ook terug te gee aan die mense naaste aan hom wat hom in moeilike tye bygestaan het. En natuurlik beplan hy om ook sy vrou van die afgelope 20 jaar ʼn bietjie te bederf.

“Ek wil haar bederf as ʼn teken van waardering teenoor haar, om dankie te sê dat sy aan my sy gebly het toe dinge nie goed gegaan het nie. Ek kan haar nou uiteindelik die lewe gee wat sy verdien. Mense het vir haar gesê om my te verlaat toe ek platsak was. Vandag is ek ʼn miljoenêr!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Monica Grobbelaar ·

Lotto kom ni van God nie. I teen deel die WOORD waarsku my en jou teen Dobbelary. Wees versigtig vriend.

Jan Wilkens ·

Waar waarsku die WOORD teen Lotto en dobbelary? Help asb

Oom Jaco ·

Die persoon het mos nou nie gedobbel nie! Hy het ń droom gehad en daarop gereageer. Yahweh kan enigiets gebruik om Sy ware dienaars te vergoed/ bederf.

Zelda ·

Ja nee ek het onmiddelik opgehou lees toe hul sê dat dit n geskenk van God is.

Nee wat, God gebruik nie die geldgodin nie

Kern ·

@Jan Wilkens , nie dobbel spesifiek nie, maar 1 Timotheüs 6:10; Hebreërs 13:5 – Die Liefde Vir Geld, en Spreuke 13:11; 23:5; Prediker 5:10 – poging om “vinnig ryk te word”.

Marinus van Dyck ·

Ek vra ook maar net. Waar asb. Ek weet die NG Kerk het ons altyd teen dit gewaarsku, maar ek sou ook graag die gedeelte in die skrif wou sien. Kan jul my asb inlig?

Stuiwer ·

Die NG Kerk maak nie die reëls nie. Nie eens God maak reëls nie. Hy gee ons riglyne waarvolgens ons moet lewe. As die pastoor die geld wys bestee, sien ek niks daarmee fout nie. Hy het dan juis gesê dat hy sy miljoene wil gebruik om die kerk te help.

Bokkie ·

Dobbel kan gedefinieer word as “om met geld te waag in ‘n poging om die geld te vermenigvuldig op iets buitengewoons.” Die Bybel veroordeel nie dobbel, weddenskappe en die lotery as sulks nie. Nietemin waarsku die Bybel ons om weg te bly van die liefde vir geld (1 Timotheüs 6:10; Hebreërs 13:5). Die Skrif moedig ons ook aan om weg te bly van pogings “om vinnig ryk te word” (Spreuke 13:11; 23:5; Prediker 5:10). Dobbel fokus definitief op die liefde vir geld en onteenseglik verlei dit mense met die belofte van vinnige en maklike rykdom.

Chris ·

Baie geluk pastoor , maar weet dit net so vinnig soos jou droom bewaarheid is net so vinnig kan dit in n nagmerrie ontaard. As jy nie geld en rykdom gewoond is nie moet jy meer versigtig wees. Daar is talle wat dit al gewen het en vandag niks oor het nie. Hier by ons was n persoon wat ook miljoene gewen het en waar is hy vandag niemand weet nie. Hy het karre gekoop , vriende op vakansies gevat sy vrou gelos en nog vele meer.

Nettie ·

Ek dink ek moet van my pienk pilletjies afstand doen, sodat ek my drome kan onthou. EK IS SEKER DAARVAN dat die Lotto-nommers al in my drome na my toe gekom het ….. Net, die pilletjies wat ek drink sodat ek deurnag kan slaap en nie gepla word met RBS nie, laat my só lekker slaap, dat ek die volgende oggend niks kan onthou nie ……………………….

LB ·

Nee wat ek glo as so ‘n gelukskoot na jou kant toe kom is dit n groot seën. Geld is nie alles nie maar die res kan jy koop…

Johannes ·

Die Bybel waarsku duidelik teen dobbelary en dat God se vloek elkeen tref wat daarby betrokke raak. Sien Jesaja 65:11

Stuiwer ·

Mense moet ophou om God te wil speel. Die Bybel sê dat ons nie moet oordeel nie, want dan sal ons veroordeel word.

Danie ·

Stem saam. As hy Pastoor is het hy ‘n permanente pastorale bediening. Geld of te “not”.

Robert ·

Ja stuiwer jy is nou weer vinnig om mense te sê moenie oordeel nie. so vê ek kan sien waarsku die mense en niemand oordeel nie en hoe sien jy mense is jaloers. Die bybel sê duidelik jy kan nie 2 gode dien nie, jy moet besluit en onthou as die rykdom vir jou verdriet bring moenie iemand anders die blaam gee. Gaan lees Hand 14.12, Mark 15.24, Jos 18.10 en Neh 10.34 dan sal jy verstaan hoekom mense wat hulself Christene nie aan die geluks godin moet oorgee nie, jy sal nie geoordeel word niem aar die saai maai reel gaan geld.

Geluksgodin ·

BAIE GELUK- ek gun die man sy wen met my hele hart. maar vir die wat wil weet : JES 65:11 Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ‘n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot-

charmaine ·

Ek sal nie omgee om so ietsie te wen nie kan baie gaatjies toe stop en my familie help.

Anoniem ·

Stuiwer, God het na die sondeval vir Adam gesê “in die sweet van jou aangesig sal jy brood eet.” Lotto neem die brood uit die monde van die armes (wat elke keer hoopvol ‘n Lotto kaartjie koop) se kinders se monde. Jy kry iets waarvoor jy nie gewerk het nie. Jy sit jou hoop op die geluksgodin om jou te laat wen. Jy vetrou nie op God alleen nie.

Karl ·

@Anoniem, nee Lotto doen dit nie, die mense besluit self om dit te doen, dis soos om te sê die persoon het nie moorde gepleeg nie, maar die geweer het.

Anoniem ·

Karl, jy is reg. Ek moes eerder gesê het “arm mense wat Lotto speel, neem die kos uit hul kinders se monde.” As daar nie ‘n Lotto was nie, was daar egter nie ‘n versoeking nie.

Mense kies self of hulle ‘n Lotto kaartjie koop al dan nie. Net soos Adam en Eva gekies het om teen God te sondig.

Almal wat dobbel, hoop om te wen. Veral diegene wat uit desperaatheid met hul broodgeld dobbel!

Katerina ·

Na ek al die opmerkings lees is ek weereens bly ek is nie gebonde aan n geloof nie. Wat n vreugdelose bestaan moet dit nie wees nie.

Robert ·

katerina: jy kan vreugdeloos lewe met geloof of sonder geloof dit is jou keuse. onthou maar net die wêreld (sonder geloof) se vreugde is van korte duur en die hemelse (met geloof) vreugde is vir ewig.

alida ·

Wat noem mens die speletjie by die kerkbasaar waar jy moet raai hoeveel boontjies is in die bottel. As jy reg raai wen jy ‘n iets. Jy moet natuurlik ‘n kaartjie koop om te kan deelneem.

Tersia ·

Is dit dan nie ‘n saak tussen hom en God nie? Jy kan ‘n pastoor, dominee ens wees maar as jy nie ‘n gemeente het nie, waar sal die geld vandaan kom? Komaan mense hoekom moet julle altyd negatief wees? Gun die sonskyn oor ander se koppe ook.

Haibo ·

EK GUN DIE MAN SY GELD .. GENIET DIT< ek wil net weet hoe sit 'n pastoor al 20 jaar werkloos? Hoekom PREEK hy nie?

charles ·

janee begin net ‘n kerk = instant wealth!
al de massa kerke wat nou orals op pop = big business

Sunel ·

Van hoeveel mense weet julle wat nog lotto geldjies oor het na 5 jaar? Ek glo so persoon raak die kluts kwyt en koop alles wat sy 2 oe sien, en walla, op is die geld.

Sophia ·

Ek is geneig om met julle te verskil wat die arme man so uittrek en wat maak asof hulle GOD is… ‘n Paar jaar gelede was dit ook in die koerante dat ‘n geskeide vrou wat klein kindertjies gehad het en werkloos was, tot God uitgeroep het om haar te help want haar kragrekening was vêr agter, en moes die volgende dag betaal word ander sou hulle dit afsit. Sy het ook gedroom van nommers en ‘n stem het vir haar gesê sy moet dit gebruik vir die lotto. Sy het gewen!! Wie van julle is sonder sonde om vir dié pastoor te sê hy is van die duiwel, of dit is van die duiwel? Die nommers het ook vir hòm in ‘n droom gekom. God gooi nie geld uit die hemel uit vir iemand wat behoeftig is nie, maar maak gebruik van mense en geleenthede om vir hulle te sorg! En hy vat juis by die sondaars om vir sy kinders te sorg. Ek glo nie dat satan so vrygewig sou wees om vir hom (en ook die vrou met die kinders) die wennommers te gee nie! G’n wonder God het hom eerder geskaar by die tollenaars as by die skrifgeleerdes… JY wat sonder sonde is, gooi die eerste klip!

Ranonkel ·

Die Lotto doen baie goeie werk en help baie nie-winsgewende en welsynorganisasies met miljoene rande. Verder help hulle baie mense om ‘n beter lewe te kan lei en om ander te help. Ek kan nie begin begryp hoe mense dit as sonde kan sien nie. Om mense te help kan nie sonde wees nie. Almal sien dit verskillend en glo verskillend. Die wat teen die Lotto is, moenie speel nie maar los die mense uit wat nie ‘n probleem daarmee het nie. “Live and let live.” Ek glo nie om Lottokaartjies te koop mense regtig verarm nie. (Behalwe dalk in ‘n paar ekstreme gevalle). Dobbelmasjiene is ‘n ander storie.

Hansie ·

Ek vestaan ook nie, iemand het gese, if money is the root of evil why do the churches accept it, ek dink enige iemand kan doen met n blaaskans.

Milly ·

The LOVE
of money is the root of evil..
En ek het nog nooit die finansiele state van die lotto gesien nie… Dis maar net ‘n vorm van belasting

anton ·

Ek is sommer baie bly vir die Pastoor se gelukkie en gun dit hom terdee.
Wie is ons as mens om namens God te wil besluit oor wat HY besluit wat verkeerd is?
Ons almal doen maar een of ander tyd iets verkeerd want ons is net n veil bare mens.
Dink nie daar is iets verkeerd as jy R5 of R10 of selfs R20- af en toe spandeer op n lotto kaartjie nie. Tenminste koop jy dit met geld waarvoor jy gewerk het.
Daar is BAIE mense wat 100 maal meer geld weekliks uitgee op sigarette en drank en selfs ”te veel” kos ens. maar dit word nie genoem nie.
Geniet dit Pastoor en bederf jou vrou sommer baie wat deur dik en dun by jou gestaan het!!!

Ruben ·

Die bybel se ook jy mag nie vark eet nie…so ek neem aan almal wat die man so veroordeel eet nie bacon en spur ribs nie.Gun die man sy geluk hyt n baie swaar lewe gehad en klink of sy hart reg dalk is dit God se wil dalk nie…dis nie vir ons om te se of om te oordeel nie.

Tollies ·

Sjoe! ja baie interesant elkeen kan seker maar op neem soos hy dit sien. Stem saam met Anoniem. En dan glo ek ook nie God het sondaars se geld nodig nie (ons is almal sondaars en werk Hy met ons almal) maar Hy het wel gewillige hande en vrymoedige gewers nodig wanneer en waar daar behoefte voor is, mens sal seker eendag stom staan hoe Heilig ons God is Wanner ons die ewige met hierdie tydelike verwissel.

Anti-negatief ·

Ek glo dat God op verskillende maniere werk en dit is nie onmoontlik dat hy die nommers in ‘n droom na ‘n mens kan laat kom nie. In die Bybel word tog telkemale verwys na drome wat na mense gekom het wat dit ernstig opgeneem het. Iemand na aan my moes ‘n paar jaar gelede ‘n heupvervanging onderegaan en terwyl sy wel ‘n mediese fonds het, sou sy nogsteeds ‘n redelike groot bybetaling moes maak. Sy was alreeds ‘n pensioenaris en weduwee en het nie geweet waar sy die ekstra geld vandaan sou kry nie. Sy het gebid en geglo en het ook van die nommers gedroom. Sy het haar versorger gevra om R10 lotto te speel met die nommers en het welliswaar nie die boerpot gewen nie, maar ‘n groot genoeg bedrag om die bybetaling te kon betaal. Ek glo dat wat jy met wengeld doen die verskil kan wees tussen reg en verkeerd.

Mathilda ·

Ek speel nie lotto nie , maar wens soms ek kan dit wen :-) My man speel altyd iets soos R20 of wat ook al. As hy ooit die lotto wen, sal ons doodstil bly en NIEMAND sal dit weet nie. Juis omdat daar so baie skynheiliges is wat ALTYD oordeel en klippe gooi. Ons is naby aftrede en sal net se ons het besluit om vroeer af te tree. Ek dink daar is baie erger dinge as om lotto te speel.

Papa G ·

My vrou was ñ paar jaar lank aan die leiding van ñ gemeente, sonder enige vergoeding. Ek beskou dit as werkloos. Werk is ñ aksie waarvoor jy betaal word. Ons het die gemeente verlaat vir GELD. Ons kon nie meer oorleef sonder ñ tweede I komste nie. Sad but true.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.