Kitsvloede in wildtuin

Foto: Krugerwildtuin

Foto: Krugerwildtuin

Talle paaie en laagwaterbrûe in die Krugerwildtuin is gesluit nadat swaar reën kitsvloede veroorsaak het.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het aan Maroela Media gesê die Phabeni-laagwaterbrug sal vir ʼn onbepaalde tyd gesluit wees, aangesien die reën verdere skade aan konstruksiewerk veroorsaak het.

Die laagwaterbrug by Skukuza oor die Sabierivier is ook gesluit en is daar dus geen toegang tot die lughawe nie. Volgens Mabasa sal mense wat by die lughawe land, oor die treinbrug na Skukuza vervoer word, sowel as mense wat op pad is na die lughawe.

Die Sandrivierbrug sowel as verskeie grondpaaie en laagwaterbrûe in die Tshokwane-area is ook gesluit.

Foto: Krugerwildtuin

Foto: Krugerwildtuin

Die brug naby die Onder-Sabiekamp is intussen weer heropen, nadat dit Dinsdag gesluit is weens ʼn ongeluk. ʼn Voertuig wat olie vervoer het, het in die rivier langs die brug beland. Volgens Mabasa het diesel in die water beland en hulle is besig met opruimingswerk. Die voertuig is ook intussen uit die water gehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit het nogals baie gereen die afgelope 12 ure in die Laeveld, dit is nog toe getrek en reen fyn. Lekker voeding vir die aarde, ons het dit so nodig. Volgens berigte het Komatipoort ook baie reen gehad en die SPAR winkel het water skade opgedoen.

ALMA ·

Shoe, dit reen heerlik hier by Heidelberg/Nigel en ek dink nou net aan die Wildtuin. Hoe wonderlik om hierdie nuus te lees. Jammer oor die skade, maar die reen is so so nodig.

Sunette ·

Ook lekker reen gehad in Phalaborwa – is nog bewolk en heel moontlik gaan daar nog reen val

Elsie Grundling ·

Ons dankie ons Hemelse vader vir die reen in KNP. Gaan 10 dae in Julie skool vakansie daar kamp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.