Kiwi’s bek-af dat Bokke glo Sesnasies oorweeg

(Foto: Patrick HAMILTON/AFP)

Daar is sprake dat die Springbokke in 2025 die Rugbykampioenskap vir die Sesnasies-reeks kan verruil.

En waar daar rokie trek, brand daar normaalweg ook ’n vuurtjie. James Parsons staan egter met sy brandblusser gereed om enige moontlike vuurmaak-poging te probeer smoor.

“Persoonlik hoop ek nie dat die Bokke aan die reeks onttrek nie. Hulle het so ’n ryke tradisie teen die All Blacks,” het die oudhaker – wat in meer as 100 wedstryde vir die Blues uitgedraf het – in ’n aanlyn uitsending gesê.

Die twee trotse rugbylande het al 100 toetse teen mekaar gespeel en verlede jaar se wedstryde was twee naelbytstories: Die All Blacks het eers met twee punte in Townsville gewen, waarna die Suid-Afrikaners ’n week later die bordjies met ’n heldhaftige vertoning verhang het.

Die Nieu-Seelanders het in 60 van die toetse tussen die twee lande koning gekraai, terwyl die Springbokke 37 keer aan die wenkant was. Daar was ook vier gelykopuitslae.

Die Springbokke het die All Blacks met 31 – 29 geklop. Foto: Twitter.

“Wanneer ’n All Black-speler gevra word om ’n lys van sy taaiste teenstanders op te stel, sal hy waarskynlik die name van ’n paar Suid-Afrikaanse spelers neerpen. Ek dink dit is ’n klinkklare bewys van hoeveel respek ons vir hul spel het.”

Kiwi-rugbysterre soos Dan Carter en Liam Messam het juis vantevore vir Schalk Burger uitgesonder.

“Kyk, Schalk was ’n taai kalant. Ek het gewonder of my All Blacks-trui dalk ’n teiken gehad het, want hy het net heeltyd vir my gekom. Hy sou byvoorbeeld in ’n hengse stryd met ons pak voorspelers gewikkel wees, maar hy het net nooit moed opgegee nie. Hy was ’n fisieke speler met ongelooflike krag,” het Carter destyds op Newstalk ZB van die Springbok-hardebaard gesê.

Indien Suid-Afrika wel die pad na die Noorde sou aandurf, kan hulle steeds ’n toets of twee teen hul aartsvyande speel.

“As ’n mens deur jou optimisme-bril se lense na die situasie kyk, kan die Bokke seker in Junie na Nieu-Seeland toer. Maar ek hoop van harte dat hulle deel van die Rugbykampioenskap sal bly,” het Parsons gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johan ·

Bokke moet gemeet word teen bestes. Is AB nog steeds die beste? Nie te goed gevaar in laaste wedstryde nie

krodedil ·

Johan die AB het al twee jaar terug van hulle “hasbeens” onslae geraak met die oog op spanbou vir die volgende wereldbeker. Nuwe vars jong manne word ‘n kans gegee. Die Bokke sit nog met spelers wat te oud en sieklik is wat beslis nie die volgende wereldbeker sal sien nie. Waneer gaan die Bokke van die ou spelers onslae raak en nuwe bloed ‘n kans gee? Dit gaan hulle die volgende wereldbeker kos.

piet ·

Beslis volgens my. Hulle het steeds verlede jare meer wedstryde as ons gewen (en minder verloor)…en dit was nie eers een van hulle goeie jare nie. Ongelukkig kan jy nie stry teen statistieke nie. Hulle het natuurlik glad nie probleme om spannetjies soos Australie maklik te bere nie, ons het.

Anel ·

Dit gaan vir hulle oor die geld wat hulle gaan verloor itv uitsending. Dit gaan nie om teen die Bikke te speel nie.

Jack Russ1 ·

Hulle moet nou besluit wat hulle soek. Voor die sprake van die 6 nasies wou hulle gehad het dat SA uitgeskop moet word aangesien die lang vlugte hulle so vreeslik uitput.

Nou is daar sprake dat hulle drome bewaarheid gaan word, en nou moet SA weer bly

Ek dink die dat SA nie meer in die SuperRugby speel nie het hulle laat sien hoeveel geld hulle verloor en nou probeer hulle om te keer dat nog geld verlore gaan

Christo ·

Beide SA en NZ se rugby sal swakker word as hierdie 2 al hoe minder teen mekaar speel. Die bewyse is reeds daar nou dat daar nie meer aan die Super rugby reeks deelgeneem word nie. As SA aanhoudend teen Skotland, Wallis, Frankryk moet speel en nou en dan teen Engeland en Ierland, sal dit beslis negatief wees vir SA.

piet ·

Maar sal ons minder teen hulle speel? Ons speel in elk geval net 2-keer per jaar teen hulle. Daai 2 toetse kan maklik in albei lande se skedule ingelyf/verskans word ons hoef nie noodwendig in daai spesifieke kompetisie te speel nie. Om die waarheid te se, as die twee lande (afwisselend) elke jaar ‘n mini toer doen (dit sal nog beter wees), kan ons dalk meer teen mekaar speel.

krodedil ·

Gaan die Bokke nog rugby speel in 2025?
Niemand wil meer teen ‘n blygemaakte kwota span speel nie.

Willem ·

Noem hulle sommer die basterspringbokke of die zambucks!!!!!

piet ·

Hoekom speel ons nie sommer in albei nie. Ha, ha. Die beste van altwee werelde.

Willem ·

Dis reg!!!Hulle kan sommer teen banyana banyana ook speel,dalk wen hulle,of nog beter!!!!Wat van teen die amakrokko krokko????

VaalDonkie ·

Ek dag dan ons mag nie in die Super Reeks en Drie Nasies speel oor COVID nie.

Willem ·

Die basterspringbokke is bang om teen NZ te speel want hulle is nie kompetisie vir NZ nie.Die basterspringbokke moet eintlik teen provinsiale spanne speel om nie so sleg te lyk nie.Die bloudistels(proteas) krieketspan is net so useless.Kiwis het hulle vermorsel in vorige toets!!!Weereens bewyse dat kwotas nie werk nie..!!!!!!

Johan ·

Willem jy weet eintlik nie wat om te se nie, die bokke is nr 1 in die wereld. Hoe kan hulle bang wees vir NZ. Hoe het hulle dan die laaste toets gewen? Deur bang te wees?

JohanR ·

Dit sal nou ‘n lekker verandering wees – Engeland, Scotland, Ierland, Wallis, Italia, Frankryk en Suid Afrika. Ons sal nog 4 maal ‘n jaar teen die All Blacks en Australia speel. Het iemand iewers nie gese “change is good?”

Piet ·

Die All Blacks en Wallabies se spel sal agteruitgaan as die Bokke nie gereelds teen hulle speel nie. Die All Blacks is veral goed agv die Bokke. Die Noordelike halfrond bied gedugte teenstand, en jy kan maar weet, as die Bokke deel van die 6 nasies work, gaan die 6 nasie deelnemers begin seevier by wereld bekers. Ek sonder nie die Bokke uit as die beste ooit nie, maar die fisieke tipe rugby wat gespeel word, maak dat teenstanders meer moet doen as net rugby speel.

piet ·

Ons sal definitief die standaard van daai kompetisie verhoog.

Ettienne ·

Lyk of die bokke maatjies soek, waarteen hulle ‘n groter kans het om moontlik te wen. Kom ons kyk vêr in die toekoms in …met al die politiiek in SA rugby voorsien ek dat op die langeduur gaan Sesnasierugby uiteindelik ernstig verswak word deur langdurige blootstelling aan SA rugby.

krodedil ·

Stem 100% saam. Daar is net een span–Mighty All Blacks

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.