KKNK-stigterslid groet

Rhodé Snyman (Foto: Maroela Media)

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, het bedank.

JC Aucamp, bemarkingsbestuurder vir die organisasie, het dié nuus Woensdag in ʼn verklaring bevestig.

Volgens Aucamp het Snyman haar bedanking Maandag tydens die maatskappy se algemene jaarvergadering aangekondig.

Crispin Sonn, voorsitter van Kunste Onbeperk, sê Snyman het besluit om ʼn “opwindende nuwe geleentheid” as uitvoerende hoof van ʼn trust aan te gryp. “Kunste Onbeperk, die KKNK en Klein Karoo Klassique is Rhodé groot dank verskuldig,” sê Sonn.

Snyman is ’n stigterslid van die KKNK. Sy is in 1996 voltyds aangestel as mediabeampte waarna sy tot die poste van bemarking-, korporatiewe en bedryfsbestuurder bevorder is. Sy is in 2015 as uitvoerende hoof aangestel.

Sonn sê die direksie het pas begin met ’n proses om ’n opvolger vir Snyman aan te stel.

“Ons is vol vertroue dat Kunste Onbeperk ’n fantastiese 2018 KKNK gaan aanbied onder leiding van Hugo Theart, die kreatiewe hoof, en die bedryfspan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Basjan ·

‘n Mens wonder wat die werklike rede agter die kap van die byl is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.