Klag by MRK ingedien oor Midvaal-besoedeling

Argieffoto (Foto: Claudia_Letz/Pixabay)

Die VF Plus het ‘n klag by die Groen Skerpioene en die Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor die rioolbesoedeling van die Fouriespruit en ʼn aangrensende plaasdam deur die Rothdene-rioolsuiweringsaanleg in Midvaal.

Die party het ook die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou, omgewing en landelike ontwikkeling, Parks Tau, versoek om dringend ondersoek in te stel na die rioolbesoedeling.

Dié optrede volg nadat ʼn beesboer in die Meyerton-omgewing 14 van sy Brahmaan-stoetbeeste, wild, vis en volstruise verloor het nadat hulle besoedelde water uit sy plaasdam en die Fouriespruit gedrink het. Die riool vloei verder deur ʼn pyplyn na die Kliprivier.

“Die onvermoë van die Rothdene-rioolsuiweringsaanleg om onverwerkte riool te verwerk, kan ook lei tot die besoedeling van ondergrondse water,” sê Kobus Hoffman, VF Plus-LPW in Gauteng.

Die Midvaal-munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) is vyf jaar gelede gewaarsku dat dié rioolsuiweringsaanleg sy volle kapasiteit bereik het en weens toenemende ontwikkeling in die gebied nie die inkomende onverwerkte riool langer kan verwerk nie.

“Die munisipaliteit se poging om pompe in die plaasdam te plaas om riool uit die dam na die Fouriespruit te pomp, is onaanvaarbaar en skep net verdere besoedeling,” voeg Hoffman by. “Die departement van water en sanitasie het in 2015 ʼn kontrakteur aangestel om die aanleg op te gradeer, maar die kontrakteur het in 2017 weg en die werk is onvoltooid agtergelaat.

“Die Midvaal-munisipaliteit het sy oorsigrol versaak deur nie vroegtydig in te gryp nie. Konstruksiewerk sal na verwagting aanstaande jaar begin om die opgradering af te handel.”

Volgens die VF Plus kan daar nie tot 2022 gewag word om die probleem te behandel nie en sal druk uitoefen op die Midvaal-munisipaliteit en Tau om dringend op te tree om verdere besoedeling te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Midvaal = DA. Kom al jare weg met die uiters swak rioolbestuur, soos in Pretoria. ANC lite

Noels244 ·

Ons bly in Rothdene en die riool stank is baie aande so erg jy kan nie eers jou deure oop los nie. Hulle probeer nou die sisteem opgradeer, maar too little, too late.

Kokerboom ·

Die DA verbrou geleenthede en so verloor vertroue van kiesers.

Johan ·

Die DA in Midvaal se prioriteite is verkeerd. Dit help nie om jaar na jaar ‘n skoon audit te he en daarmee spog en hulle spandeer nie geld op infrastruktuur nie. My ondervinding is dat hulle glad nie geld wil spandeer op uitbreiding nie hulle verwag dat die inwoners en besighede dit moet op hulle eie onkostes doen sodat hulle saak goed lyk op die boeke. Miskien moet Midvaal besluit wil hulle klein bly sonder ontwikkeling of uitbreiding of wil hulle die geleentheid skep om infrastruktuur in plek te sit en ordelik uitbrei.

Anoniem ·

Ag, dit val in elk geval om dowe ore. As jy nie self die water reinig vir gebruik nie, gaan jy nêrens kom nie.

marius ·

Wat verstaan julle nie van klagtes indien help niks ! Hierdie is afrika , en die enigste manier om te werk te gaan is soos die heersers . Vat die vuil riool water en spuit dit in hul kantore in . Daar is geen onderhandelings tafel nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.