Klag gelê ná storting van ongebruikte mediese voorraad in Lichtenburg

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

AfriForum het in samewerking met een van sy lede, Jan Coetzee, ʼn klag van onwettige mediese afvalstorting by die plaaslike polisiestasie in Lichtenburg ingedien nadat ʼn groot hoeveelheid ongebruikte mediese voorraad op die stortingsterrein gevind is.

Dié voorraad, wat nog geseël is, is langs die pad by die oop stortingsterrein gegooi. Die risiko bestaan dat kinders en volwassenes hierdie medikasie kan bekom en gebruik. Dít kan lewensgevaarlik wees en daarom moet dit dringend verwyder word.

Die stasiekommissaris en die departement van gesondheid het die terrein besoek nadat hulle gekontak is om ondersoek in te stel.

“Ingevolge die wet is dit munisipaliteite se verantwoordelikheid om toe te sien dat stortingsterreine reg bestuur word,” het Marcus Pawson, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noordwes, gesê.

“Dit is onaanvaarbaar dat die stortingsterrein so swak bestuur word. Dit lyk asof daar reeds van die ongebruikte mediese voorraad gevat is,” het Johan Swart, bestuurslid van die Lichtenburg-tak, gesê.

“Sou hierdie ongebruikte mediese voorraad nie onmiddellik deur die munisipaliteit verwyder word nie, sal AfriForum dit self na ’n geskikte terrein neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HEVW ·

Is daar dan op elke teryn n ineenstorting. Dit blyk dat daar mense is wat net nie met n verantwoordelikesin gebore is nie, of ontbreek daar dan die drang om hande uit die moue te steek?

Winston ·

Niemand aanvaar in SA verantwoordelikheid vir enigiets nie. Almal is gesigloos en ALLES is n “challenge ” .

Hein van Rooyen ·

MEDIESE AFVAL EN VOORRAAD BY LICHTENBURG STORTINGSTERREIN

Lede van die Vryheidsfront Plus in Lichtenburg, het kennis geneem dat daar mediese items gestort was, by die plaaslike stortingsterrein.

Mnr. Miggie van der Linde bekende besigheidsman en VF Plus raadslid het die saak onder die munisipaliteit se aandag gebring. Mnr. Van der Linde het voorgestel dat Pro Group / Pro Med die mediese items sal verwyder en vernietig, aangesien dié personeel opgelei is vir die taak.
Lede van die VF Plus en personeel van Pro Group / Pro Med het Dinsdag, 11 Augustus 2015 die mediese items verwyder, wat alles van Chinese afkoms is. Dit sal nou vernietig word volgens die voorgeskrewe vereistes.

Die VF Plus van Lichtenburg sê hulle is bekommerd oor hoe daar met die lewens van die mense in die gebied gedobbel word. Dit hou gesondheidsrisiko’s in, dis skadelik en gevaarlik en dit deur die blatante minagting van openbare gesondheid.

Sien artikel op: http://www.facebook.com/vfpluslichtenburg

zahn ·

Het die goed al verval, of was dit nog bruikbaar? Indien dit al verval het, hoe het dit gebeur? Kon dit nie dan maar net versprei word tussen ander apteke nie?

zahn ·

Die goed het almal verval datums op. Dit kan nagespoor word waarvandaan dit gekom het, wie dit weggegooi het, en wie magitging gegee het. Ook kan bepaal word wie die verantwoordelike persoon is vir die voorraad, want soos met alle medisyne, moet daar deeglik boekhou word van die voorraad op hande. Nie so moeilik nie Martin, as hulle net wou. Die punt word nie eers in die artikel genoem nie, wat bietjie swak was vir my.

Jan Coetzee ·

Daar was van die items wat verval het . Die SAP was nie eintlik lus om n saak oop te maak nie, ons het van donderdagaand af gesukkel, hulle het eers vrydag middag die saak geopen. Die items is verwyder maar ek twyfel of daar ooit enige batch nr afgeskryf is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.