Klag gelê oor video waarin man Ramaphosa die k-woord noem

’n Skermskoot van die gewraakte video waarin Kessie Nair teen pres. Cyril Ramaphosa uitvaar.

ʼn Video waarin ʼn oudgevangene pres. Cyril Ramaphosa die k-woord noem, het ʼn gewese metroraadslid so omgekrap dat hy ʼn klag van naamskending by die polisie ingedien het.

“Dit het my ontstel omdat dit so rassisties van aard is,” vertel Brandon Pillay, tot onlangs ʼn ANC-raadslid in eThekwini se metroraad. “Sulke rassistiese uitlatings het geen plek in die nuwe Suid-Afrika nie.”

Hy sê Kessie Nair het Dinsdag ʼn inskrywing op Facebook gemaak waarin hy die president die K-woord noem. Daarna het hy die gewraakte video met dieselfde strekking in die sosiale media gedeel, vertel Pillay, wat in Chatsworth by Durban woon.

“Almal het kommentaar op Facebook gelewer,” sê Pillay, “maar niemand het iets daaraan gedoen nie. Ek het toe besluit om iets aan die saak te doen en ʼn klag in te dien by die polisie. Hulle het my ʼn saaknommer gegee en belowe om die saak te ondersoek.”

Hy sê die vorige gevalle waar mense suksesvol vervolg is vir rassistiese uitlatings in die sosiale media het hom aangespoor om Nair te verkla.

Gevra of hy enige verbintenis met Nair het, sê Pillay hy volg die oudgevangene se inskrywings op Facebook geruime tyd. “Hy het byvoorbeeld al geskryf oor die een of ander oorlog wat in Suid-Afrika se onderwêreld van bendelede gaan uitbreek.”

In die video sê Nair onder meer as stigter van die National Association towards Crime, Violence and Abuse “doen ek hiermee ʼn beroep vir daai (k-woord)-staatspresident mnr. Cyril Ramaphosa, ja, ek bedoel, daai (k-woord)-staatspresident Cyril Ramaphosa om aangekla te word omdat hy dié nasie bedrieg, omdat hy die nasie verdruk en hoogverraad pleeg … omdat hy misluk het en die bron is van alle misdaad, geweld, swak gesondheidsorg, armoede wat bestaan in hierdie sogenaamde ware demokrasie”.

Kessie Nair se Facebook-profielfoto. Foto: Facebook

Die video is tot dusver 3 500 keer gekyk en amper 100 keer gedeel, maar teen Woensdagmiddag nog nie verwyder nie.

Brig. Jay Naicker, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, sê hulle is bewus van die video. “Ons beskou die aantygings in ʼn baie ernstige lig en speurders in die kantoor van die waarnemende provinsiale polisiekommissaris ondersoek die saak.”

Gebruikers wat kommentaar onderaan die video op Nair se Facebook-profiel gelewer het, verskil oor of sulke uitlatings toegelaat behoort te word. Warren Nadioo wil weet: “Wat is spraakvryheid as ʼn mens nie jou diepste gevoelens en menings mag uitspreek nie? Ek sê nie ek stem met hom saam nie, maar ek dink hy het ʼn mening gelug en ons moet dit almal toegelaat word. So nie word ons om die bos gelei om te dink ons het vryheid.”

Kamiel Hurriepersad verskil van Naidoo en sê: “Ja, ons het spraakvryheid, maar ons moet mekaar respekteer (en nie name noem nie). Lug jou menings en diepste gedagtes, maar op ʼn menslike en waardige manier.” Hy noem Nair dan “ʼn dwaas en ʼn blerrie skynheilige”.

Waarop Trisha Kissonduth reageer: “Wag, ek’s verward. Hier is ʼn ou wat sê ons moet mekaar respekteer en mekaar nie name noem  nie, maar in dieselfde paragraaf noem hy [Nair] ʼn blerrie dwaas en ʼn skynheilige…”

Vroeër vanjaar het Vicki Momberg geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme. Dit het gekom nadat sy ook op video vasgevang is waar sy ʼn polisiebeampte die k-woord toesnou. Sy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is.

In Junie verlede jaar het die gelykheidshof ook beslis dat Momberg R100 000 skadevergoeding aan die konstabel moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Mag ·

Cry me a river, daar is meer belangrike dinge en probleme in die land om die heeldag te huil oor een woord!!

Nettie ·

SA swartes is en kan mos nie rassisties wees nie – die woord “boer” is nie rassisties nie en hulle kan my op ‘n verkleinerende manier ‘n “boer” noem, wat ek nie is nie, maar o bloed, moet nou net nie daai “k”-word gebruik nie; dan sít jou turf!

Mvn ·

Nee jammer Kewt ek dink jy verstaan dit nie heeltemal nie, dit gaan nie soveel oor die woord nie maar dat hulle die woord gebruik om jou te probeer verkleineer, net soos Nettie se. Hulle kan ons allerhande name noem maar ons mag niks se nie.

Marlene Jonker ·

Ek stem. “Boer” word gebruik nie om ons boere alleen te na te kom nie, maar hul gebruik dit om ons as blankes te verkleineer en daar word niks aan gedoen nie!!! Ons doen ons bes om almal te respekteer vir ‘n plekkie in die son, maar ons word getoets en getoets deur optredes wat verregaande is. So jammer dat ons mooi land so opgemors word deur net in die verlede te leef pleks om vorentoe te kyk en saam te werk in vrede.

Aspris ·

Nou waar is die klagtes teen die BRUIN VROU wat nogals by ‘n KERK gewerk het en die wit amptenare wat haar vir dronkbestuur voorgekeur het rassistiese comments toegesnou het, waar is die swart vrou wat die wit sekuriteitsbeamptes rassistiese woorde toegesnou het? Waar is MALEMA en ANDILE wat mense elke dag rassisties woorde toesnou? AG man .. dit werk net eenkant toe .. Glo my die ouens doen dit al aspris.

Dino ·

Gaan maak ‘n saak aanhangig teen hulle en verkondig dit op sosiaale media, jy kan daar ook die gebrek aan ondersoek en die koms van niks (wat besmoontlik die geval gaan wees) dokumenteer sodat dit as ‘n voorbeeld gebruik kan word in die gelykheids hof en international MRK

Dissie ·

Interessant hoe gereeld na die Afrikaner verwys word as die ‘rasisste’, snaaks genoeg is al die mense wat onlangs vervolg is vir die ‘k-woord’, nie Afrikaners is nie.. .

Rassie ·

Daar is ‘n rede hoekom mense rassisties is .. en al die tyd het almal gedink dit is net WITTES wat rassisties is .. julle het dit verkeerd dis net WITTES wat vervolg word, die ander kom niks oor nie.

Casper Labuschagne ·

@Rassie, in die menslike gene is daar die ingeboude beskermingsmaatreël dat mense wat nie soos Ma en Pa of ander stamlede voorkom, praat of optree nie ernstige gevaar verteenwoordig. Dit is ook hoekom honde in swart gebiede vir my blaf en hoekom die honde in my straat vir ‘n vreemdeling blaf. Die verskynsel kan nie deur wette binne die volgende tienduisende jare verander word nie en is die oorsprong van afkeur tenoor vreemdelinge en vreemdsoortiges. Rassisme is ‘n term wat deur die linkses gekaap is en deur marxiste gebruik word om enige aanspraak op identiteit of nasionalisme teen te werk. Die nuwe marxistiese mens moet geen vooroordele ten opsigte van ras, geslag of seksuele oriëntasie hê nie.

Piet ·

Casper ek is nie diplomaties genoeg om die stellings te maak wat jy maak nie, of seker is jy meer vernuftig met jou taal of woordkeuse, maar ek het nog nooit gesien dat ek met jou verskil nie. Waarom is ‘n mens kastig outomaties ‘n rassis wanneer jou kultuur vir jou ‘n punt van belang is. My verduideliking van wat ek beskou as my naaste is nog nooit geplaas nie. Hoe dit ookal sy, mens hoef nie ander te haat om jou eie lief te he nie.

Cherokee ·

Piet, as liefde vir eie kultuur en vir eiesoortige rassisme is, as keuse van sosiaal vermenging dui in die rigting van kuier saam met eie ras, dan is ek ‘n rassis. Die woord ‘rassis’ is ‘n gelaaide woord wat in Suid Afrika met vele betekenisse geassosieer word. Vir my beteken dit egter slegs patriotisme. Ek dink nie ek is beter as hy nie maar kuier eerder saam met jou oor ‘n bier want ons gaan met dieselfde entoesiasme oor dieselfde dinge gesels, dieselfde dinge waardeer en oor dieselfde dinge lag.

Andre ·

Sal baie graag wil weet wat met hom gebeur want hy is nie wit nie!?

Joe ·

Presies, was dit ek of jy, was ons nou al in die tronk. Moet se die ou is nogal snaaks??

BAIE WAAR ·

Behalwe vir die K-woord stem ek saam.
Die president praat van “our people must get land” so asof die blankes nie ook sy mense is nie. Die Balnkes is ook burgers van ramaphosa se land. En as jy nou onderskeid maak tussen wit en swart en indier en chinees dan is jy mos ‘n rassis.
Kom maar weer terug na die ou redenasie AS ‘N SWART MAN OPSTAAN VIR DIE REGTE VAN SWART MENSE IS HY ‘N “FREEDOM FIGHTER” maar AS ‘N WIT MAN OPSTAAN VIR WIT MENSE SE REGTE IS HY ‘N RASSIS EN ‘N NAZI

Monica ·

Ek is 100% eens met jou…. behalwe vir die k-woord stem ek volmondig saam met jou. En dit is nogal presies wat mr Lekota na verwys het in sy toespraak in die parlement…. Who is “our people”…. ? Dit maak dan mos van die president ‘n rassis…as hy net vir swart regte wil veg….

Casper Labuschagne ·

As Penny Sparrow, Vicky Momberg en nou Kessie Nair maar net geweet het dat hulle eerder haatspraak in ‘n liedjie moes toonset want elke keer wat haatspraak teen ander nog in ‘n liedjie voorgekom het, het die grondwetlike hof bevind dat dit inderdaad nie haatspraak is nie.

Hannes ·

So raak Casper, moet dit nooit spreek nie, sing dit eerder

corne ·

ja SAPD sien dit in n erenstuge lig.Ek wonder net in watter erenstige lig sien hulle plaasmoorde meskien n load shedding lig

n ·

Vir elke rassistiese opmerking teenoor BLANKES wil ek ook klagtes indien by die polisie.

Jaco Olckers ·

As dit gaan oor die woorde wat ons gebruik dan moet ons almal se. Die CancER, eff, sakp met hulle sogenaamde staatshoof (ramaphosa) wat ek nie erken as een nie. Is baie baie baie slegte mense wat nie ondersteen moet word nie.

Wil jy nou meer ·

?? grap gatte. Dit is tog lekker om julle goeie humor te lees. Dit maak die lewe tog die moeite werd tenspyte van al die korrupsie, moord en doodslag, transito rooftogte ens ens… so sal ons tog oorwin

Johanna Botha ·

Dalk minder klagtes maal en begin werk asb ….eThekwene is n groot gemors !

Attie ·

Gister het die hoogte hof in die land ‘n sekere krui se gebruik wetting gemaak. Wonder of daar ‘n verband is met die gebeurtenis en die video ??

Corlia Vosloo ·

Ek sou as die slagoffer van daardie woord eerder die persoon wat die k woord gebruik, met koue water gegooi het, deur ‘n antwoord te gee van dit is so. Dis die waarheid, ek is so gebore, ek kan nie daarvoor help nie, maar ek is trots op my herkoms. Trots dat ek in hierdie tydperk lewe. Ek probeer my beste gee en dóén. Kom ek en jy maak ‘n verskil, maar noem my asb nie daardie vernederende woord nie.

Andre ·

verduidelik iemand asb. Hoe kan n persoon twee keer skuldig bevind word in aparte howe en twee keer gevonnis word vir dieselfde voorval.

Gert ·

IS ONS SELFBEJAMMERENDE EWIGDURENDE SLAGOFFERS?
Daar is werklike slagoffers in die wereld en dan is daar die klaers wat hulleself in ‘n ewigdurende slagoffer toestand hou. Nazis, jode, swartes, boere, zoeloes, iere, palestyne, siriers ens.
Self aangestelde ewigdurende slagoffers kyk nie vorentoe na dinge nie, maar verbind hulleself tot ongelukkigheid in die oomblik. Geen langtermyn beplanning en aksies om hulle lewens te verbeter nie, maar bly slegs gefokus op hoe sleg dit op die oomblik gaan.
Hierdie tenagekomde gedrewe ewigdurende slagoffers baklei die boereoorlog tot vervelens toe oor in hulle koppe, of soek gedurig geregtigheid oor apartheid, speel die ewige slagoffers van konsentrasie kampe en ‘n holocaust. Hulle sal jou smeek, eis en dreig om hulle lewens en hulle swaarkry reg te stel, maar het gedurig ‘n klomp…”ja maars.” So sal hulle vir ewig slagoffer speel sonder om die minste skuldig te voel en eis voortdurend vanaf erkening tot finansieele ondersteuning om vir hulle te sorg. Baie subtiel onder die oppervlak van diesulkes sluimer die boelie temperament wat in sy psige insluip en sy slagoffer identiteit sy verskoning maak en hom die reg gee om ander te misbruik.

Boelie ·

Ag ou Gertjie en so speel die MASSAS in SA en die swartes in AMERIKA steeds slagoffers van apartheid, segregasie en slawerny so WAT IS DIE VERSKIL? Die jode mag nie die holocaust onthou nie, die boere nie die anglo boere oorlog nie maar die swartes mag apartheid en kolonisasie en segregasie onthou? HOE verdedig jy nou daardie punt van jou? Dit is baie eensydig .. kyk bietjie wyer …

Staak ·

Ek gaan n punt daarvan maak om in die nuutste woordeboek al die woorde te te wat almal met die letter K begin.
Stel jouself voor jy vertel n Brit of Amerikaner van hierdie geval en jy vertel hom van “the K word”
Ek dink dis belaglik dat die gebruik van n woord soveel vrees wek, dis in allkgeval vaag en nie omskrywend nie.

L ·

En niemand noem hom n rassis nie? Net disrespekvol… Dwaas en skynheilig…. Hhhmmm

Dennis ·

Daai pot waarin Rhamaposa die paddas kook is stadig maar seker besig om oor te kook!

lulu ·

MAANDAGGA
DINSDAGGA
WOENSDAGGA
DONDERDAGGA
VRYDAGGA
SATERDAGGA
EN SONDAGGA
vlg week as daai word weer gese word gaan dit heel anders klink
HAHADAGGA

Dom ·

Boohooo!!!! Skeer vir malema oor dieselfde kam asseblief… Upset.. Ag regtig…

Diefie ·

Genade tog, het die mense nie iets positief om te doen nie. Cry for South Africa nie meer vir Argentina nie.

Hennie ·

Wat is die werklike betekenis van hierdie k-woord? Kan iemand ons daarmee help want niemand se wat die betekenis is nie maar elke keer wanneer dit geuiter word, is daar ‘n massiewe reaksie. Kan enige taalkundiges ons help asb?

marous ·

Ja , en dan ook Lekgoa en Malungu en Mazungu …verduidelik asseblief die betekenis van die woorde wat in spreektaal elke dag na wittes verwys . Toe , slim professore in filantropie , of is julle te bang ?

madels ·

Gaan luister na die video, hierdie man is siek en sat vir alles in hierdie land, alhoewel ek NIE saamstem om die K-woord te gebruik nie, dit wat hierdie man se is n man wat die waarheid se oor wat in hierdie land aangaan. Hy soek vrede en wat hy basies se is dat die regering “violence” soek…. Almal van ons soek vrede behalwe die regering, dis basies wat hy probeer se, ja die K-woord is nie mooi nie, stem nie met dit saam nie, maar ek stem saam met die res van wat hierdie man se want dit is wat die meerderheid van mense in hierdie land voel

Johan ·

Dankie Marous vir jou woorde wat ons wittes genoem word. Mense weet nie eers wat dit beteken nie. Ons word dir baie genoem. Ek wys dit gereeld v mense uit

Afrikaners is plesierig ·

Ja ek wil met die een kommentator saamstem . Afrikaners word oral uitgehaal en AFRIKAANS moet verdwyn maar NIE Penny Sparrow, VIcky Momberg, Chris Whatever, wat oor die vuurwerke tydens Diwali aangegaan het, Kessie Nair of Adam was AFRIKANERS nie, vreemd dat die fokus en die aanvalle steeds gerig is op die AFRIKANER ..

Denise ·

En so word die aandag elke keer afgelei van die mees belangrikke dinge in die land oor n holrug geryde woord maar onskuldige mense word elke dag vermoor,aangerand, verkrag, beroof en nie n haan kraai daaroor nie ek wil nie meer hoor van die k woord nie want niemand wil hoor van die dinge wat ernstig aandag nodig het nie.

Frik ·

Daar het jy dit nou kyk wat gebeur as jy dagga wettig maak dan klim al die dagga koppies uit die kas

Eugene ·

Ek se nie dit is verkeerd nie, jy moet vryheid van spraak he, maar pas dit dan toe op almal.
Swart mense kan ander groep name noem en kom niks oor nie, vat Malema as voorbeeld, hoekom moet ander gestraf word wanneer iets teen n swart mens gese word.

Theresa ·

En wat het van die Majoor geword wat vreeslike dinge kwytgeraak het en nie onskuldig kan wees nie?
Ook so enige van die baie wat al sulke wreedhede en moord verkondig teenoor blankes – wat het daarvan geword?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.