Klag gelê teen Magashule

Ace Magashule. Foto; ANC/Twitter

Die DA gaan vandag strafregtelike klagte teen Ace Magashule, voormalige premier van die Vrystaat, aanhangig maak.

Patricia Kopane, Vrystaatse leier van die DA, en ’n afvaardiging sal eers ’n oorsigbesoek aan die Vogelfontein-behuisingsprojek in Bethlehem bring.

Nomawethu Sbukwana, woordvoerder van die DA, het gesê daar word beweer dat Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, ingemeng het by die behuisingsprojek om te verseker dat ’n Chinese maatskappy, Unital Holdings, ’n behuisingskontrak van R150 miljoen bekom. Unital Holdings het na bewerings bande met een van Magashule se dogters.

Volgens die DA word daar ook beweer dat tenderverkrygingsprosedures verontagsaam is om te verseker dat Unital nagenoeg R70 miljoen van die provinsiale departement van menslike nedersettings ontvang om oorsig oor die projek te doen.

Sbukwana het gesê die DA-afvaardiging sal ná die oorsigbesoek na die Bethlehem-polisiestasie gaan om strafregtelike klagte teen Magashule in te dien vir sy beweerde rol om ’n korrupte verhouding tussen Unital Holdings en die Vrystaatse provinsiale regering te fasiliteer.

Nog ’n dogter van Magashule word ook by ’n verdagte eiendomstransaksie betrek met die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie wat glo tot gevolg gehad het dat sy R9 miljoen verdien het.

Magashule is die afgelope tyd erg onder skoot. Dit kom na berigte dat hy R20 miljoen bestee het aan sy afskeidspartytjie van die provinsie. Magashule is ook betrek by die omstrede Gupta-familie se Vrede-suiwelprojek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Oud boervrou ·

Hoog tyd dat by kry wat jom toe kom. Beweeg in hoogste kringe maar het grnoeg geraamtes in kas. Nou wag ond nog vir sy Zwane-maatjie!!

marous ·

Die grootste plunderaars in die wereld en hulle gaan niks oorkom nie , want daar is miljoene wat gedeel het in die buit….

jean ·

Daar sal dadels van enige suksesvolle aanklag teen die korruptes in die land kom……ons leef in “la-la land”

Selfbeskikking ·

Daarom moet ons onderhandel vir selfbeskikking. Die ANC is n bodemlose pot van korrupsie en ons is die wat geblameer word. Dit sal nooit verander nie en daarom moet ons onsself regeer.

Lollie ·

Wat vir my verstommend is is dat vanaf 1994 elke nuusberig waar bedrae genoem word (wat met die regering te doen het) is dit nie meer honderde of duisende nie maar net miljoene of miljarde. Magtig , hulle praat van groot geld! Hulle dink seker ń 0 beteken tog niks so hulle kan soveel agter hulle getal sit aswat hulle wil. Is dit dalk eerder die feit dat hulle met die belastingbetaler se geld mors en dit nie geld is waarvoor hulle gewerk het nie? Dit gaan darem maar vreeslik lekker! Seker ook maar niks gewoond nie.
Hierdie wat so toi-toi en afbrand doen dit oor simpel dinge maar dinge wat regtig saak maak en hulle lewe kan verbeter traak hulle blykbaar nie!

Johann ·

Realiteit is…. hys onaantasbaar. ANC KADER LEGACY van vergrype sonder n GEWETE.

Hanna ·

So ry die trein, so ry die trein… Suid-Afrika se SOUSTREIN!

Denise ·

Dit is erg al die MILJOENE wat hulle so verlore laat gaan en waar was die duur partytjie ek is GESKOK indien wel waar is ???? En die huise is nooit gebou nie TRAGIES!!!

Eish ·

Terwyl politici in uiterste weelde lewe, vergaan hul stemvee asook ander minderhede van ellende.
Wat my bring by die ontstellende gevolgtrekking dat die oorgrote aantal mense in die skaduberoep, se integriteit deurlopend onder verdenking moet wees.
Dit is jammer dat die stemvee blykbaar permanente breinpouses het met verkiesingstyd.

SjN ·

Dink mos hy is onaantasbaar, wat het geword van die saak tov opgradering van sy persoonlike woning met staatsgeld?

Oom Kalahari ·

Dit kom nou voor of die Mnr Magashule oneties optree om sulke groot finansieele kontrakte direk aan families/lede toe te ken sonder enige tender aanvrae. Dit is ongehoord en selfverryking waar bruin koevertjieshande wissel. Wonder ook net wat is die gehalte van diens en werkverrigtinge by die projekte wat so gekaap word. Nee hierdie Mnr Magashule moet tot orde geroep word en sy tipe van optredes kan nie onder die mat ingevee word nie. Vat hom vas asb.

Piet Oosthuizen ·

Lekker man! Kla die man asb net aan, sodat die klagtes net meer en meer kan word, dalk is dit “interne politieke beleid” dat as jy nie naby 783 klagtes kan kom waarvan die bewyse vir almal duidelik is nie, verloor jy jou “rang van aansien” Patetiese klomp leiers!!

Ansie ·

Hier rol miljarde en miljarden randen oor die tafel…..met net ‘n handjie vol belasting betalers…..waar kom al die geld vandaan ?????ongelooflik.!!!!!

Yolndi ·

Die geld kom van ons af, wat hard werk vir wat ons het! Van die waar alby in die huis gesin moet werk en ons kinders dou voor dag by skool aflaai want ons moet werk om te kan oorleef! Die geld kom van ons af wat hard werk om eiendom te besit, wat nie net kry nie. Die geld kom van die wat niks mag sê nie want anders is dit rasisties en gaan ons tronk toe! Mnr Malema wat so maklik kan praat en ons hier wil uit jaag en uit moor vergeet te vinnig waar kom die geld vandaan wat hom en sy maaitjies ryk maak.
Maar die hartseer ding is daar is nie veel wat ons kan maak nie…… dis die Realiteit…

LHS ·

Die kader is mos groot vrinne van comrade Zuma, op die einde is alles apartheid se skuld. Arme van Riebeeck.

Sarel Strydom ·

Hierdie klagtes is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Hoel lankal weet mense van die Vrede Projek maar tot nou niks gebeur nie.

Johan. H. ·

Hulle almal ,behalwe Gordan, korrup tot op die been maar Jan alleman moet hoes vir die skelms se lekker lewe, En tot vandag toe nog geen van hulle in die oranje oorpakkie nie, That is how they roll, Betaal jou belasting !!!of ,, of , of

Joshua ·

Die ondersoek beamptes sal soos gewoonlik omgekoop word om die saak te laat vaar.

Colleen ·

Die gravy trein is nou besig om te ontspoor. Daar is nog baie kaders op die trein wat ook moet af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.