Klag ingedien oor EFF se “Kill the Boer”-lied op Senekal

Betogings op Senekal (Foto verskaf)

Die VF Plus veroordeel EFF-ondersteuners se gebruik van die “Kill the Boer”-lied Vrydag op Senekal ten sterkste en het ʼn klag daaroor teen die betrokke ondersteuners en teen Julius Malema, leier van die EFF, ingedien by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK).

“Hierdie soort gedrag is onaanvaarbaar,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê. “Plaasmoorde is ʼn realiteit en dit is hierdie soort onverantwoordelike uitlatings en aanhitsing wat sonder enige twyfel ʼn rol speel in plaasaanvalle en -moord.”

Die VF Plus het reeds in 2003 daarin geslaag om deur die MRK die sing van die lied tot haatspraak te laat verklaar.

“Julius Malema word persoonlik ook aanspreeklik gehou omdat hy openlik haat en geweld predik. Hy het voor vandag se hofsaak op Senekal selfs ʼn burgeroorlog openlik goedgepraat. Hierdie aanhitsing lei daartoe dat ondersteuners opgesweep word tot aksie soos onlangs gesien is met die landwye Clicks-protesaksies.”

Groenewald sê Malema is nie verhewe bo die reg nie en die tyd het aangebreek dat daar teen hom opgetree word in die belang van almal in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Stefaan ·

Goeie idee,maar dit sal nie gebeur nie. Kyk net langs wie het hy gesit in die hof. Dit behoort die hele storie te vertel.

Steve ·

Ek het iewers iets gehoor soos ‘rubbish of a feather flock together ‘. Of so iets.

Elise Georgina Irene ·

Kannie verstaan dat daar so versil gemaak word tussen die twee wit manne en die opsweepend Malema en sy Kill the Boer singery, 2500 army inge-bus Senekal toe en die haat wat hy wakker maak in sy mense nie….

Piet parys ·

As iemand hom nie hof toe vat nie dan raak dit net n gewone lied. Dankie Vryheidsfront.

Danie ·

Dus is dit duidelik dat hy wel verhewe is bo die reg – of ons nou daarvan hou of nie! Ons moenie huil as ons seer kry nie hoor!

Pieter ·

Verbasend dat slegs die VF+ ‘n klag lê en die res swyg. Kan nie verstaan dat die EFF toegelaat is om dit te sing/uiter nie. Moes hulle daar stil gemaak het. Maar anargie kom, gister ammunisie aangekoop.

Natasha ·

Kom ons bid realisties dat iemand erens se oe sal oop gaan en iets hiervan sal kom.

groenboer ·

Dit is een ding om ‘n lied tot haatspraak te laat verklaar; dit is ‘n ander storie om dit af te dwing. Wat doen jy as ‘n hele skare dit sing? Arresteer jy almal? Begin op hulle te skiet? Daar is eintlik bitter min wat gedoen kan word.

Dit is ‘n ander storie as jy getuienis het warmee jy die spesifieke individue kan identifiseer wat die lied begin sing het, en/of die skare aangehits het om dit te sing, want hulle kan jy wel arresteer en vervolg. Ek weet nie wat die geval hier is nie.

Die EFF beweer hulle was nie daar om die beweerde moordenaars te ondersteun nie. Maar hulle sing “Kill the Boer”? Laat mens nogal wonder wat hulle nou eintlik wil hê…

Ina ·

Die groot idioot Mal Ema (sic) het dit op internasionale tv gedoen!

Renier johannes ·

Hy kan se wat hy wil want die polisie en regering steun hom om die oe van hulle af tekry dat hulle nog geld kan vat

Hercules ·

en steeds loop die rooi beret grootbek vry rond, maar nog ‘n blanke man arresteer mbt 6 Okt protes optog – ek hou niks-niks van onregverdigheid nie en sukkel om dit te beheer :-(

regverdigheid sal seëvier in Jesus naam, Amen!!

Esta ·

Dankie VF, hopelik kom daar iets van dit, ons het lank genoeg gewag hiervoor

Hannes ·

Hoop die politisie dring aan dat die stinkende voorbok in hegtenis geneem word. Dubbele standaarde Cele.

jzjz05 ·

Die MRK, vergeet van hulle ,so rassities as wat kan kom.dink maar terug wat die regsman van die MRK kwyt geraak het met die langebaan saak.

Ina ·

Hoeveel keer is klagtes al ingedien? Lyk asof daai papiere direk asblik toe gaan, daar word niks verder gedoen of opgevolg nie?

Lizelle ·

Hul sal nooit vir Malema toesluit nie. Hul weet as dit gebeur sal die hel behoorlik los wees in hierdie land. Al sy volgelinge sal in opstand kom. Hier sal gebrand, gemoor en gemartel word. Kon nie help om gister die wreedheid en agressie in hul oë raak te sien nie. So gebreinspoel soos in Hitler se dae.

Mariana ·

Ek dink almal stem saam oor een ding en dit is dat Malema ‘n slag moet boet vir sy aanhitsing en haatspraak. Hy en sy minions maak amok sover hul gaan. Hulle word aangery na die dorpe om dit oor te neem en als te verniel. Dit is tyd vir hom en hulle om te betaal vir hul dade.

Eragrostis ·

Weereens ń absolute onaanvaarbare aksie deur die EFF. Eerstens, hoekom het die polisie nie onmiddellik arrestasies begin maak toe dié lied gesing is nie? Tweedens is die realiteit dat Julius al menigmaal in die hof verskyn het, onder andere vir korrupsie en haatspraak waar hy en sy ondersteuners hierdie gewraakte lied gesing het, en steeds was hy nog nooit agter tralies gewees nie. Vicky Momberg moes tronk toe gaan vir haar uitlatings, maar hierdie is veel erger, en ek is bevrees dat daar weereens niks van gaan kom nie, danksy die merendeels eensydige regstelsel. Maar iemand moet ten minste optree en dit aan die groot klok hang, dankie VF+.

Jaco ·

As hier niks van kom nie. Beteken dit ons kan nie meer op die regstelsel staat maak nie.

Dries ·

Jy kan lankaaaal nie op die regstelsel staat maak nie. Dit is n ANC regstelsel

Deon ·

As na die onlangse verlede gekyk word sal hier niks van kom nie

Cheryl ·

Mense hierdie geveg gaan alleenlik in die gees gewen word. Ons baklei nie teen vlees en bloed nie. Hierdie mense is demonies geïnspireerd.

Persheks Adri ·

Die MRK is self rassisties teenoor ons blankes so ek hoop regtig iets gebeur met die klomp petters! Dis asof hy iemand se puppet is en beskerm word deur die regering en MRK. Hy mag enige iets sê en geweld aan hits en oorlog verklaar!

Kom Cyril en Cele ons wag dat julle iets DOEN en minder stil bly! ANC must fall en EFF en BLM tsek man tsek!

Hoekom ·

Die sing van daardie lied by ‘n hof saak waar ‘n jong boerkind wreed gemartel en vermoor was, is niks anders as ‘n oorlogs verklaring nie. Dat die ANC regime en die EFF terroriste saam hulle ondersteuning vir plaasaanvalle en moorde kom wys het by die hof, is ‘n verdere aanduiding van dieselfde. Hulle is net te lafhartig om dit in die openbaar te sê en te doen. Dus kom hulle in die donkerste ure van die aand as ‘n peleton om jou te vermoor en in die dag om te sing en dans…

marius ·

Daar sal niks van kom nie . Jul paai taktiek tyd is verby .

Oujongvrou ·

Gister het een ding bewys. Boere en ander het soos skape rondgemaal. Hier n groepie en daar n groepie. Malema en kie staan soos n wal saam. Ek dink as hy alleen aangestap het na mense sou hulle gehol het. Nee wat. Ons het in jellievisse verander.

Jannie van Niekerk ·

Andre Gaum sal sorg dat niks gebeur nie. Hy sal sy EFF vriende beskerm. Hoeveel keer is daar al klagtes ingedien? Daar sal dadels van kom.

Sonia ·

Dr Groenewald, dryf asseblief dié aanklagte tot daai mal mens en sy gebroedsel in die tronk sit – as daar dan anargie kom moet dit dan maar kom maar iewers sal ‘n draaipunt moet kom want do kan dit nie aangaan dat daar 2 stelle wette is wat toegepas word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.