Klag ingedien oor ‘mishandeling’ by Bfn-dieretuin

Foto: Verskaf.

ʼn Klag van dieremishandeling is teen Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro-munisipaliteit, aanhangig gemaak.

Devar Smit, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, het Maandag in ʼn verklaring gesê die VF Plus het weens die verwaarloosde toestand van diere in die Bloemfonteinse dieretuin ʼn klag van dieremishandeling by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) teen Mlamleli aanhangig gemaak.

“Die VF Plus het die afgelope naweek die dieretuin besoek en kan mediaberigte bevestig wat daarop dui dat die toestand by die dieretuin aan dieremishandeling grens. Die dieretuin is twee maande gelede reeds gewaarsku dat die toestand nie aanvaarbaar is nie,” het Smit gesê.

Die VF Plus meen dit is kommerwekkend dat die dieretuin, wat reeds jare sloer om na sy nuwe tuiste in Kwaggafontein buite Bloemfontein te skuif, nie meer ʼn veilige vesting vir diere is nie.

“Diere ly weens die nalatigheid van onbevoegde amptenare. Die burgemeester is as politieke hoof verantwoordelik vir die welstand van die metro. Dit sluit ook die diere by die dieretuin in wat nie na hulself kan omsien nie,” het Smit gesê.

Foto: Verskaf.

Die toestand van die dieretuin kom te midde van Mlamleli en haar amptenare se onlangse aksies om dit skynbaar op te knap en gereelde aankondigings in die raad oor die nuwe dieretuin. “Dit bly net leë beloftes van nóg ʼn mislukte ANC-projek. Terwyl Mlamleli aan die een kant publisiteitsveldtogte van stapel gestuur het om haar beeld te poets, is die situasie by die dieretuin ʼn sprekende voorbeeld van haar onbevoegdheid en mislukking as burgemeester.”

Die VF Plus het gesê hulle wil toesien dat kundige en bevoegde amptenare aangestel word om die metro beter te bestuur tot voordeel van al sy inwoners. “Die tyd het daarom aangebreek dat Bloemfonteiners ʼn duidelike boodskap aan die owerhede stuur dat gebrekkige en swak dienslewering nie meer geduld sal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pieter ·

Dit gaan so met alles waaraan Olly en haar verloorspan hulle hande sit.

Bloemfontein het die afgelope paar jaar so verswak jy sal dit nie herken nie

Duncan Potgieter ·

Die korrupte en bankrot ANC regering kan dan nie eers `n gewone staatshospitaal bestuur waar mense behandel moet word nie. Dink die publiek rerig dat die ANC- Bfn bankrot en korrupte Munisipaliteit enigsins iets omgee vir die diere in diedieretuin. Hulle is min “geworry” oor die lot van die arme diere – al waaroor hulle “geworry” is om hul eie sakke en en die van hulle meelopers te vul en geen dienste te lewer nie. Alles verval en Bfn se voorland is binnekort `n “rioolstad en rommelstad” waar die tydbom om die draai is om te ontplof . Wat `n skande waar Bfn voorheen bekend gestaan het as die “rose stad”, nou moet die naam liewer verander word na “die riool stad”.

Erica van Loggerenberg ·

Dieretuine moet wereldwyd toegemaak word en die handel in wildediere gestop word daar is altyd nalatigheid en wanadministrasie betrokke en wie ly die meeste?die diere! hulle hoort in die natuur in hulle normale habitat.Wildreservate en soortgelyke fasiliteite is daar om die wild te besigtig.-Erica.

Adri ·

In beginsel stem ek heelhartig met jou saam, Erica. Daar is seker uitsonderings waar omstandighede aanvaarbaar is vir sommige diere, maar klaarblyklik is dit die uitsondering.

Nettie ·

@Erica – ek dink nie alle dieretuine moet oor dieselfde kam geskeer word nie. Daar is dieretuine wat uitstekend bestuur word en waar die diere se welsyn no. 1 is. Baie vorder ook fondse in vir natuurbewaring. Nie almal het die geld om na wildtuine of -reservate te gaan nie. Daarom is dieretuine noodsaaklik.

Challa ·

Maak toe die plek. As die respek, waardering en omgee vir diere ontbreek sal regsaksie net mooi niks help nie.

Hartseer ·

Dit is n sonde en nie eers gepraat van n skande nie ek was jare lank vriende van daai dieretuin en dit het nooit so gegaan nie diere was gelukkig daar en mooi opgepas verwyder hul van hul poste want hul kan nie die werk doen. Ek sal vir die res van my lewe vir oom Sarel die ou kurator van daai dieretuin respek he hy het daai diere opgepas en na gekyk of dit sy eie diere was. Asb help daai arme diere gee hul weer die lewe wat hul verdien.

Bloemfonteiner ·

Die dieretuin is maar net een van die voorbeelde van hoe Bloemfontein agteruit gaan. Die stad is baie vuil en parke word glad nie in stand gehou nie. Ek bly al 36 jaar hier en deesdae dink ek plekke wat voorheen as ‘vuil’ beskou was, soos Oos-Londen en Durban(wat deesdae netjies is), is skoner as Bloemfontein. Regtig hartseer. Kry skaam om te sê ek bly hier. Gelukkig het ons nog uitstekende skole en hospitale…vir nou.

Corra ·

Dankie Devar dat die VF+ weer voor lei met die bewusmaking van die mislukte munisipaliteit.

jean ·

Beskou onsself as diereliefhebbers…maar natuurlik is daar iemand anders wat dinge nou organiseer. Waar is die SPCA?

kla kla ·

kla kla kla maar volgende jaar, mwr die verkiesing gaan julle weer eerder braai as om ure lank russen die gepeupel te gaan staan om “n kruisie wat geen verskil gaan maak nie” ye gaan trek. dis net jou ekskusie. lig jou banggat en gaan stem. as jy nie stem nie, kan jy nie kla en kritiseer nie. buitendien ons skuld dit aan ons oumensies, plaasmense en kinders. jou kruisie kan net die verskil maak.

Rudolph van Wyk ·

Geen dier, voël, vis, vark, hoender, aap, slang ens. hoort in ‘n hok nie. Hulle is nie ons slawe nie en ons is nie hulle meesters nie

Sarel ·

Voel vir die diere maar die saak is nie nuut nie en kom al vir jare Burgermeester tot Burgermeester. Jammer maar Politieke partye speel nou almal die verkiesingskaart. Hoekom was die klag nie al 2 – 3 jaar terug ingedien nie. Waar is die DBV. Hulle werk

Gollie ·

Hulle kry duur oorpakke om vir hulle broers te gee om elke hoek sit en eet hulle tel nie rommel op nie.Op paydag eerste by atm.Bloemfontein maak oop julle oê,ek dink ons mense trek by verkeerde plek hul kruisies hulle stem verkeerd dis die grootste probleem.

Leon ·

Miskien moet toeriste na Suid-Afrika, aangemoedig word om dieretuine te besoek, en dan hul gevolgtrekking te maak, in plaas daarvan dat hulle net na die “nice” plekke toe gekarwei word.
IK sê dit so mooi…..” lamlelie”

Outtoppie ·

Nog ‘n ANC “Cadre Deployment” suksesverhaal.
Nes die onlangse geval op ‘n plaas naby Potch, en die geval by die Potch perde-eenheid.
Lyk my hulle voel niks vir diere se welsyn nie.

Alida ·

Hulle voel dan niks vir gestremde mense ook nie. Wat verwag jy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.