Klag ingedien oor onwettige mynbedrywighede

Oewer van die Wilgerivier (Foto verskaf deur die VF Plus)

Die VF Plus het ʼn klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak wat verband hou met onwettige mynbedrywighede in Frankfort in die Vrystaat.

Jan Oost, VF Plus-raadslid van Mafube- plaaslike munisipaliteit (Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers), het gesê sand word tans onwettig uit die oewer van die Wilgerivier ontgin. “Sover bekend is geen impakstudie vir die bedrywighede gedoen nie. Daar is ook geen amptelike lisensie toegeken vir die ontginning van die sand nie.”

Die party se optrede, in samewerking met die Wilge-buurtwag op die dorp, volg op verskeie ondernemings deur die Mafube-raad om op te tree en die ontginning stop te sit. “Beloftes dat die Vrystaatse regering en die voormalige premier, Ace Magashule, beheermaatreëls in werking sou stel, bly leeg. Intussen word enorme skade aan die rivier se oewer reg langs ʼn woongebied aangerig.”

Oost het bygevoeg die VF Plus is veral besorg oor wat die rehabilitasie van die oewer sal behels indien die onwettige ontginning voortgaan.

“Die VF Plus steun enige inisiatief om ekonomiese ontwikkeling in Mafube te vestig. Dit is egter ontoelaatbaar om deur onwettige ontginning natuurlike hulpbronne te beskadig. Die Wilgerivier is ʼn belangrike waterbron vir die omgewing met boere en bestaansvissers wat afhanklik is van die rivier. Ons sal voortgaan om die ANC se wanbestuur van Mafube, soos in hierdie geval, te stuit. Die toestand van die munisipaliteit, selfs onder administrasie deur die ANC-provinsiale regering, bly haglik.”

Hy het gesê die ANC se nalatenskap van plundering, wanbestuur en korrupsie raak toenemend sigbaar, selfs wat kosbare, natuurlike hulpbronne aanbetref. “Inwoners verdien beter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adrian ·

Ek bly wat ek se …die ANC is n KANKERORGANISASIE waar hul is en beheer verval als en diefstal asook korrupsie vier hoogty. Wanneer hul klaar is met n dorp streek, stad of land bly net n geraamte oor nes kanker n mens opvreet #ANC moet gaan

What a joke! ·

Hul probeer regtig hard maar ek is bevrees dit is hul beste…hul weet nie van beter nie!

Manie ·

Die ergste is dat die gepeupel dink daar’s niks verkeerds in die land

Koos de Meyer. ·

Hulle slaan mos nou die kitaar, daarom maak hulle soos hulle wil. Wat gaan hulle doen as die snare breek.

gogo ·

gaan kyk gerus wat gaan anderkant graskop mp aan. myn oop en bloot, verkrag die landskap en dit op n plek van toeriste belang van n dorpie waar n groot geddelte van die bevolking van toerisme afhanklik is. sakke oer of klippe is sommer langs die pad afgegooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.