Klag ingedien oor vrou se rassistiese twiets

Van Palesa se vorige twiets. Foto: Twitter

Van Palesa se vorige twiets. Foto: Twitter

ʼn Amptelike klag is by die Menseregtekommissie ingedien teen Palesa Sotjifa, ʼn vrou wat berug geraak het vir haar rassistiese twiets.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor menseregte, het gesê sy party het ʼn amptelike klag ingedien nadat dit aan die lig gekom het dat die MRK twee jaar nadat die uitlatings begin het, steeds nie die saak ondersoek nie.

Die MRK het vroeër gesê hy ondersoek nie die saak nie aangesien niemand ʼn klag ingedien het nie. Die VF Plus eis egter nou dat die MRK antwoorde moet verskaf waarom die kommissie nie uit sy eie en sonder ʼn klag opgetree het soos hy in baie ander gevalle wel doen nie.

“Stel asseblief ons kantoor in kennis waarom die moontlike rassistiese uitlatings van Sotjifa nie uit eie inisiatief deur die MRK ondersoek is soos in baie ander gevalle en met individue wel gedoen is nie, en met besondere verwysing na wit mense op dieselfde grondslag,” het die VF Plus die MRK versoek.

Alberts het gesê die VF Plus het die MRK in die verlede reeds etlike male gekritiseer, onder meer weens sy oënskynlike onbereidwilligheid om die EFF en pres. Jacob Zuma te ondersoek.

“Die situasie by die MRK is uiters kommerwekkend en die kommissie sal die publiek nie kan verkwalik indien sy bekwaamheid en onpartydigheid toenemend onder verdenking kom soos sake tans staan nie.”

Sotjifa het onder meer getwiet “EFF must kill 500 whites for us” en “They were supposed to stop them then and there and kill them! We would be having a whites free country”.

Sotjifa se vorige uitlatings het intussen weer die rondte op Twitter begin doen, met mense wat Sotjifa ondersteun én veroordeel. Daar was talle gesprekke onder die hutsmerk #HandsoffPalesa.

Sotjifa het intussen om verskoning gevra vir haar uitlatings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Burger ·

Die MRK is ‘n verlengstuk van die ANC…hul verdien geen respek nie, want hul is eensydig en het geen geloofwaardigheid nie.

Michelle ·

Ja, dis net vir n sekere mense!!!
So siek en sat vir die regering!

JC ·

Ek stem! Klomp niksnutte! Dankie VVF+. julle probeer darem. My laat glo hul is onpartydig. AAAAASSEBLIEF TOG!!

Michelle ·

Die ander mense wat “rassistiese” aanmerkings gemaak het, het ook omverskoning gevra en dit het nie weg gegaan nie. So hoekom word sy nou eers ondersoek? Sal ons maar raai raai speel?!

Kiepie ·

Korreksie, sy het nie om verskoning gevra nie, sy het haar uitlatings probeer regverdig deur te sê dat dit ‘n weerspieëling is van die frutrasie wat meeste jong swart mense voel. Die woorde “I am sorry” of “I apologize” kom nêrens in enige van haar twiets voor nie.

rudi ·

Dankie VF+. Gee hul gas. Hul was so opgewonde toe hul Sparrow kon beboet. Hul het vir hulself ‘n lekker gat gegrawe met hul partydigheid.

susan@ ·

Wat is haar probleem? Sy is nie juis veel donkerder as ons wittes nie. Beslis nie swart van kleur nie. Het sy nie beter dinge om te doen nie???? Die mense wat met kleurprentjies speel om n ander te verpes is goed vir niks.

Udo ·

Want sy’t nie haar 15 minutes of fame gekry nie….soek dit seker nou…

Janneman ·

Dankie Adv Alberts, ruk hulle in die bek.
Die ANC en hul meelopers erken nie dat n nuwe orde in ’94 plaasgevind het a.g.v onderhandelinge nie. Hulle glo nog steeds hulle eie leun dat die mees onbeholpe weerstandbeweging in die geskiedenis dit te weeg gebring het.
Daarom regverdig hulle hierdie eensydige rassisme.

Deon ·

En sleep sommer weer die DA in – selfde vraag: hulle was vinnig om Penny en die res plat te duik “om rassisme uit te roei”, maar is vreemd traag om op te tree wanneer die oortreder nie wit is nie… verduidelik asb??

Janneman ·

Heeltemal korrek Deon.
In n poging om die swart stem te werf het hulle nou die gevaarlike terrein van rassepolitiek en politieke korrektheid betree.
In die proses gaan hulle heelwat van die gematigde stem verloor. Aan die einde van die dag is dit “a numbers game”. Tony en Helen gaan net koppe skud en se “Eish, what happened to our values?”

Johan 2 ·

100% As die DA niks doen nie erken hul self dat hul ook rasiste is?

Janneman ·

Deon, die DA jaag stemme in die swart gemeenskap. In die proses begin hulle al hoe nader te beweeg aan die ANC , EFF en die liberale media se raspolitiek om mee te ding. Dit is eenvoudig nie in hul belang om swart rassisme uit te lig nie.
Hulle gaan in die proses baie van hul wit kiesers verloor. Dit is n “numbers game”, beginsels word aangepas soos die situasie van die dag verlang.
Waar laat dit ons? Ek dink met Afriforum en selfhelp. Koester ons kinders, fokus op onderwys, maak ons gesinne sterk en heg en laat ons uitstyg bo die massas. Ons sal nie vou nie!

Riaan ·

DA = ANC Lite

Swarte maak witte dood haal skaars Beeld se 3 de blad, Witte gebruik die K- woord haal die voorblad vir die hele week.

Banana Republic ·

Ons sal sien of die saak enige momentum kry? Dit sal net soos al die ander griewelike swart op wit vergrype net onder die mat in gevee word en dan vernoem hulle n straat na haar.

A Kellerman ·

Wat v d ou wat witmense kakkerlakke genoem het?Dit lyk vir my dit is aanvaarbaar,maar om mense ape te noem is nie!!

Daenerys Targaryen ·

Ja, Sotjifa, jammer is mos die uitveër wat alles regmaak…………. jy bedoel dit mos opreg.

Lance ·

Nou se hulle rasisme kom net van eenkant af ….watse twak !….gelukkig is rasisme net onder n klein klompie mense …wat dit sleg maak vir die res wat goeie rasse verhiudings het

Vaderlandloos ·

Wittes het geen sê meer in die demokrasie nie. Die vrou verteenwoordig die meerderheid se siening en daarom sal niks met haar gebeur nie. Dis hoe dit is met n bywoner.

Koos ·

Dit is omdat die meeste wittes vir die DA stem en nie vir die VF+ nie hulle verstaan nie die DA kan nog steeds die verkiesing wen maar om deur n koalisie met die VF+te vorm maar ten minste sal iemand na ons belange omsien.

Elizabeth ·

Baie dankie VF+
Julle maak my +
Nou hoop en bid ons vir n + uitkoms ten gunste v geregtigheid

Theresa M ·

Goed so VF+. Julle as party het nog morele waardes en verdien meer krediet.

Loekie ·

Die VFPLUS is beslis die enigste party wat vir die Blankes ook omgee.Ek stem vir hulle !

Koos ·

Ek hoop die VF +wen ‘n paar wyke in Pretoria Moot hierdie DA raadslede is al soos Mugabe se regering vir jare al hier en die plek gaan net meer en meer agteruit….HOE VEEL TERMYNE KAN DIESELFDE RAADSLID DIEN IN DIESELFDE WYK ??????

Corrie ·

Hulle is gou om verskoning te vra maar hulle bedoel dit nie,die palesa vrou moet n goeie les geleer word

Koos ·

Die wit oortreders het ook almal om verskoning gevra en hulle het pak gekry .Slade van Sodwana het nie verskoning gevra en ek hoor nie dat hy vervolg word nie.

Theuns ·

Wat het van Danny Titus geword? Hy is mos aan die hoof van die MRK? Kom ons verander waarvoor die MRK staan! Mense Regte vir Knoeiers. Ek wou die K gebruik vir iets anders maar dit sou erg rassisties wees! Maar dit staan soos ‘n paal bo water. Die MRK help om rassisme aantevuur. Soek die mense oorlog? Dankie avk. Alberts. Julle het my stem!

Anoniem ·

Ek stem saam en ek is nie eers n Afrikaner nie, maar my stem gaan van nou af vir die VFPlus. Kom staan saam Afrikaners, julle het nou die geleentheid om dit te doen op 3 Augustus. STEM VFPLUS!

Willem ·

Rassisme het gekom om tebly Dit affekteur net blankes maak vrede daarmee en beweeg aan Lewe alles behalwe rasisties en laat God bepaal wie is reg en verkeerd Blankes bepaal Julle by Dit waaroor Ons beheer het en Wat Ons Kan help verander en fokus daarop . Lag hierdie belaglik strooi van die ANC af en vermy Dit

VF for Life ·

Al die politieke partye het saamgespan teen Penny Sparrow oor haar rasistiese twiets en sy is R150 000 beboet. Ek wag in spanning vir die DA en ANC se komitaar maar ek weet hulle sal niks se nie want hierdie keer is dit ‘n swart vrou. Ek hoop ook Palesa Sotjifa word ook met R150 000 beboet en kry die selfde media dekking.

Ben Prinsloo ·

Hierdie madam moet swaarder gestraf word as Sparrow want Sparrow het van bobbejane gepraat maar sy praat van moord!!! Die 2 stellings is nie vergelykbaar nie. Jammer, sy moet tronk toe.

VF for Life ·

Ben prinsloo—ek stem 100% saam. Dit is aanhitsing tot moord. Hoeveel wittes gaan nou aangerand en doodgemaak word deur haar aanhitsing. Sy moet verseker tronk toe. Jamme sê is nie genoeg nie. Min wat VF moet aanvaar is R150 000 boete en twee jaar in die tronk.

Adele ·

Daar is net nie ‘n ander party om voor te stem as die VFPLUS nie….ander partye praat…VF+ doen!

Frik Lotz ·

VF Plus is n party wat nie net praat nie, maar doen ook. Nog n rede om VF Plus te stem!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.