Klag laat vaar na vrou ‘inbreker’ skiet

geweerDie aanklag van poging tot moord teen ʼn apteker van die Vrystaat wat haar man geskiet het, is teruggetrek, berig Beeld.

Karen Fouche is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat sy glo haar man, Frik, as ʼn inbreker aangesien het en hom geskiet het. Die voorval het op die egpaar se plaas, Waterval, buite Ficksburg plaasgevind. Die saak is teruggetrek nadat Fouche in die Ficksburg-landdroshof verskyn het. Jonker Botha, Fouche se regsverteenwoordiger, het aangevoer dat sy kliënt nie in hegtenis geneem moes word nie aangesien daar nooit ʼn klag teen haar gelê is nie.

Frik het na bewering ʼn blaasvlam gebruik om ʼn veiligheidshek af te sny toe hy nie sy sleutels kon vind nie. Die egpaar se oudste seun, Frikkie, het op Facebook geskryf die koeëls het regdeur sy pa getrek, maar geen organe of are is beskadig nie, het Beeld berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kellies ·

Nou wat maak haar beter of anders as Oscar Pistorius? Haar man was nog besig om die hek oop te sny, so haar lewe was nog nie direk in gevaar nie, so sy moes nog nie geskiet het nie volgens ons wet? Dubbel standaarde?

Wilna ·

Hoekom moet die hek met ‘n blaasvlam oopgesny word? Hoekom maak hy nie net sy vrou of seun wakker nie? Hoekom het hy nie net geklop nie? Of is dit ‘n geval van hy weet hy het moeilikheid by die vrou?
Oscar is ‘n bekende persoon en dis hoekom hy sit waar hy sit. Hierdie is mense van wie ons nooit sou weet nie, en dis hoekom daar niks verder van sal kom nie. Te onbenullig.
Is daar ‘n lisensie vir daai vuurwapen en ammunisie?

So ja…Kellies… meer as dubbele standaarde if you ask me…….

pop ·

Nouja, wat se mens nou na dit!!!!!Moet toegang verkry na sy eie huis, met n blaasvlam. Kellies, dis driedubbelle standaarde. Ewe skielik sien almal net inbrekers as hulle iemand doodmaak.

Michelle ·

Die verskil is POGING TOT MOORD EN MOORD.Lees mooi mense!! Haar man kon getuig dat sy hom nie sou wou dood he en dat dit ‘n ongeluk was. Nie woede buie soos Oscar s’n

Blackie ·

Die verskil hier is Reeva is DOOD geskiet en die persoon genoem hierin LEWE. Ons lewe in die 21ste eeu, daar is goed soos selfone. As jy nie ‘n sleutel het vir die hek nie, bel vir mamma of vir boetie en vra hulle om die hek oop te maak!!!!!!

Wilna ·

Ja Michelle, en jy weet daar was ‘n woedebui die aand by Oscar? Enige bewyse? Die Apteekster kan net so bly wees haar man is nie dood nie.
@Blackie…ek dink die man het al vantevore probleme gehad om by die huis in te kom. Dalk word hy na ‘n sekere tyd uit die huis gesluit? Dis darem regtig net baie makliker om ‘n selfoon te gebruik.
Iets is nie lekker vir my nie.

Maar nog steeds is dit net te maklik om haar net te laat gaan sonder enige verdere nagevolge. Geld dieselfde reels en wette nie hier nie?

Hoe het hul in die hof by Oscar gese? “Know your target and beyond” voor jy daardie sneller trek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.