Klag laat vaar teen man wat ‘inbreker’ doodskiet

Argieffoto

Argieffoto

Die aanklag van moord teen die man wat Vrydag ʼn gewapende rower by sy huis in Pretoria doodgeskiet het, is laat vaar.

Die man het vlugtig aan Maroela Media bevestig hy is vrygelaat nadat die klag in die hof teen hom teruggetrek is. Hy het verdere navrae na sy prokureur verwys.

Maroela Media het vroeër berig twee verdagtes wou na bewering omstreeks 04:00 by die man se huis in Erasmia, Centurion, inbreek.

“Die verdagtes het toegang tot erf gekry en was besig om die veiligheidshek by die voordeur oop te breek toe die huiseienaar hulle gehoor het. Hy het skote gevuur en een van hulle noodlottig gewond,” het konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Die ander verdagte het weggehardloop.

Die polisie het die verdagte buite die huis in ʼn plas bloed gevind. ʼn Flitslig en ʼn mes het langs sy liggaam gelê. Die polisie het daarop beslag gelê.

Die Erasmia-polisie ondersoek die voorval. Die soektog na die tweede verdagte duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

JC ·

DIT IS BAIE BETER! VINDIKASIE VAN ONS GW REGTE EN DIE OPPERHEERSKAPPY VAN DIE REG BEGINSEL GEHANDHAAF. OPPERHEERSKAPPY VAN DIE REG DIE ENIGSTE WYSE WAAROP SA KAN VORENTOE GAAN EN ALMAL IN VREDE KAN LEWE…MMM…NOU MOET DIE REGERING NET REGGERUK WORD, BEHOORLIKE SISTEME IN PLEK GESTEL WORD, HULPBRONNE BEHOORLIK EN KUNDIG BESTUUR EN BESTEE WORD EN UITSKAKELING VAN KORRUPSIE PLAASVIND; EN DIE BUROKRATE BLOEDNEUS KRY. HOE MAKLIK!! (SARKASTIES)

Lida ·

Mooi so die inhegtenisneming was onnodig. Moes hy nou wag tot die vark in sy huis is.

Wynand Lubbe ·

Dit is standaard prosedure net soos die klag van syrafbare manslag in n ongeluk. Ek is net bly hulle is veilig.

LeRoux ·

Ek verstaan nog steeds nie hoekom hy inhegtenis geneem moes word nie. Korrupte standaard prosedure as jy my vra…

Gert Van der Linde ·

Le Roux; dis dieselfde soos met Pistoruis? Kyk waar het hy geeindig! Een was dief ander ongeluk, maar wet bepaal daar met “immenent” gevaar op jou lewe of ander sin wees. Die perd waaroor die storie gaan is baie gelukkig.

Francis ·

Ek stem lida ! Wat soek mense met wapens in jou erf ! Dit moet meermale gebeur dan salk skelms begin om 2 x te dink !

Albert ·

My seun het in noodweer n man in ons huis doodgeskiet en geen inhegtenisname het plaasgevind nie al was daar n moordklag teen hom oopgemaak. So die inhegtenisname was na mening heeltemal onnodig veral omdat die omstandighede vir die skietery van die begin af heel duidelik was.

Koos ·

Het so gedink die polisie op stasie vlak is nie baie skerp maar gelukkig is die wet ‘n geskrewe dokument en ‘n paar kan lees.

Pat ·

Net jammer mens mag nie n jakkals geweer opstel by jou huis nie. Dan kan die rondloper jakkalse maar verby kom

boervrou ·

As alle sake maar so vinnig en deeglik hanteer kan word. 19 maande later nadat ‘n aanvaller my met ‘n mes aangeval het en hy noodlottig gewond is, het ek steeds nie my vuurwapen terug, is die saak nog nie afgehandel nie. Die verslae en verklarings het verdwyn, ondersoek beampte het afgetree. Van navrae kom niks en kommissaris se ek moet geduldig wees. Skrywes en besoeke van my prokureur word nie beantwoord nie. Bowenal kan ek nie enige van my ander wapenlisensies hernu, en besit ek op die oomblik onwettige wapens. Ons woon in ‘n gebied waar aanvalle daagliks voorkom.

Wynand Lubbe ·

Hulle was veronderstel om al jou wapens te neem hangend Art 102 ondersoek. Bevoegdheid. Die feit dat jy steeds jou andet wapens het is n verweer by hof en lisensie aansoek. Die SAP indirek beskou jou beboeg om wapen te besit ongeag van gebeure

andrea van vuren ·

Boervrou, jou kosbare lewensbelangrike wapen is gekonfiskeer en word aan misdadigers teen ‘n minimale prys (uit polisiekantore) verkoop! Ons moet wakker word…

jaco ·

dis verkiesing op 3 augustus. dis waarom die klag teruggetrek word…

Jan maak n Plan ·

Hartlik baie dankie aan die persoon wat sy breins vandag gebruik het en die man se klag terug getrek het.

Pastoor ·

Snaaks dat die hof nie bevind het dat hulle werk kom vra het nie. Dalk rigting wysings kom vra. Toe word hulle verduidelik hulle is te vroeg hehehe

Lance ·

Eerlike weerlose belasting betaalende mense bly in hulle eie tronke en die wettelose verkragters en moordenaars wat geen belasting betaal hardloop vrylik rond en kringe om die polisie wat hulle nie eers kan of wil vang nie ….hoe pateties …SA is a hot steamy mess !

Joann ·

Mooi so. By my huis sal hul ook nie ver kom nie. Wat myne is,is myne en ons beveilig dit baie goed. Surprise

Kester ·

Ons moet almal so maak soos jy Joann. Ons moet nie meer sagte teikens wees nie. Ons is kosbaar, en ons moet onsself verdedig!

Theuns ·

Die man is baie gelukkig dat die landros die saak teruggetrek het. Hier by ons is Landroste n Groot probleem, lui en on profesioneel. Ek het gesien dat sake sonder goeie rede teen moordenaars laat vaar word, of dat hulle borg kry en dan net in die niet verdwyn!

Idee ·

Wynand, dankie dat jy raad gee. As jy wil kan jy saam met Maroela vir ons riglyne in n artikel skryf wat ons moet doen as ons in so n situasie is. Ons sal net moet begin om onsself te verdedig.

Renier ·

Daardie inbreker sal nooit ooit weer inbreek om te roof en dalk te moor ook nie.

Gerus ·

Ja, daardie mes wat hy gedra het sal nie weer as wapen gebruik word nie.

PMB ·

Dit is jammer dat no2 weg gekom het. Hy gaan hergroepeer en sy volgende huisbraak beplan. Die rubbish!!!!

cobusp ·

Alles te danke aan oscar. Skiet hom deur die deur en jy is onskuldig.

Zan ·

Hulle se nie of die man wit of swart was want wat vir my snaaks is, as dit a wit man was wat a swarte geskiet het dan sou die saak nie teruggetrek word of mis ek nou iets hier

MCS ·

Miskien kan Maroela net kortliks die wat nie mag gedoen word in so n geval plaas sodat n mens net weer sekerheid kry! Ek het geweet toe ek aansoek gedoen het vir bevoegtiheid maar onthou nie meer! Maar ek verstaan en ek sal ook my en my gesin se lewe wil spaar in so geval en vat wat kom later! Een ding wat ek weet jy praat met niemand tot jy jou regsteenwoordiger by jou het nie! Mens is te geskok om dadelik n verklaring temaak!

Buks ·

Hou net vir Gerrie Nel (dit klink so Afrikaans) uit die saak want dan vat dit jare om af te handel.
Zan jy mag nie meer weet wie die cowboy is en wie die crook is nie. Ek is ook bly die man is los maar waar is sy medalje…of bells.

Helene Heyns ·

As die skurk daardie tyd van die nag jou hekke en deure oopbreek om in te kom, doen hy dit beslis nie om te kom tee drink nie. Hy sal ook nie ongewapen wees nie. Hoekom moet jy hom kans gee om jou eerste aan te val. Ek verstaan nie.

Martie ·

As hierdie soort van ding tydens alle inbrake gebeur, gaan inbrake drasties verminder. Noem dit maar ‘n informele oorlog tussen wetsgehoorsame mense en oortreders van die wet. Ons almal is immers hartlik keelvol vir rowers en moordenaars wat ons vreugde, vrede, besittings en lewens steel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.