Klag ná k-woordplasing

‘n Skermskoot van die plasing wat wyd op sosiale media versprei word. Die skermskoot is digitaal gemanipuleer om die kru taalgebruik te verbloem.

ʼn Klag van crimen injuria is aanhangig gemaak teen ʼn man wat op Facebook rassistiese uitlatings gemaak het teen betogers wat die afgelope paar weke chaos in Noordwes veroorsaak het, asook teenoor die premier van die provinsie.

Dié uitlatings is glo op die Facebook-blad van Klerksdorp News gemaak. Ene Riaan Potgieter het op die blad geskryf: “Die k****r Supra moet gaan”, waarna ʼn vrou van Klerksdorp, Lumka Nandipha Rapoo, hom daarop gewys het dat dit onaanvaarbaar is om die k-woord te gebruik, ongeag die omstandighede.

Potgieter het egter verder gegaan deur te skryf: “Julle is baboons f****n k*****s” [sic].

Rapoo het in haar kommentaar aan Potgieter geskryf sy is siek en sat daarvoor dat “mense wat dink hulle is beter as ander” sulke beledigings kan rondslinger. “Ek stem nie saam met enigiets wat Supra [Mahumapelo] doen nie, maar ek is ʼn swart vrou wat ernstig aanstoot neem wanneer enige van my swart broers of susters daardie woord genoem word. Riaan Potgieter, glimlag – jy gaan nou beroemd word.”

Rapoo het daarna ʼn klag van crimen injuria teen Potgieter aanhangig gemaak.

Rapoo skryf ook in haar kommentaar aan Potgieter dat hy duidelik “nie ʼn les van Momberg geleer het nie”.

‘n Skermskoot van die plasing wat wyd op sosiale media versprei word. Die skermskoot is digitaal gemanipuleer om die kru taalgebruik te verbloem.

Vicki Momberg het vanjaar geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme. Sy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is, nadat sy in Februarie 2016 op video vasgevang is waarin sy ʼn polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, die k-woord noem. Sy het in die video die k-woord 48 keer gebruik.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Rapoo ʼn klag van crimen injuria by die Klerksdorp-polisiestasie aanhangig gemaak het. Volgens Funani is die polisie steeds besig met hul ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die rassistiese plasings en Potgieter se profiel is skynbaar sedertdien verwyder, maar skermskote van die inskrywings en sy profiel is betyds gemaak en word tans wyd op sosiale media versprei. Op Potgieter se profiel word daar aangedui dat hy as ʼn diensadviseur vir Eskom werk.

‘n Skermskoot van Potgieter se profiel wat op sosiale media versprei word. Die profiel is intussen skynbaar van Facebook verwyder.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het Woensdag gesê ʼn voorlopige ondersoek na die voorval het aangedui dat Potgieter nie ʼn werknemer van Eskom is nie. “Ons mensehulpbronnespan stel tans vas of hy ʼn werknemer van een van ons kontrakteurs is of was. Ons sal binnekort terugvoer hieroor gee,” het hy gesê.

Klerksdorp News het intussen op sy Facebook-blad vir Rapoo bedank dat sy die rassistiese inskrywings onder die span se aandag gebring het en gesê die kommentare is onmiddellik verwyder en toegang vir die sosialemediagebruiker is versper. Die nuusagentskap het ook ʼn beroep op lesers gedoen om enige rassistiese of onvanpaste kommentaar dadelik onder sy aandag te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Reti ·

10 teen 1 fake adres net soos ek al van swartmense vreeslike kommentaar gelees het en as ek verdere ondersoek instel sien dis fake. Maak my siek.

Piet Snot ·

Ons moet besef daai woord is moeilikheidmakers se grootste vriend.
Gebruik hom, en sien hoe trek hulle jou kaal uit.

Jaco ·

Juis omdat hierdie “k” woord soveel reaksie uitlok en die feit dat dié FB profiel vals is wil ek my verstout om te sê dat hierdie netsowel ‘n swart persoon kan wees wat nét die rasis vlamme verder wil aanblaas. Dit is wel ‘n Wit persoon se naam, dit is al.

Gerda ·

Ai Ai Riaan Potgieter !!!!!Sal julle dan NOOIT leer nie ….Mense soos jy maak die lewe vir BESKAAFDE BLANKES baie ongemaklik….

Ander Annie ·

Wanneer gaan mense ophou om sosiale mense te gebruik vir die tipe kommentaar. Nee wat Riaan, jy moet maar kry waarvoor jy gesoek het.

Blondie ·

Ek het al gewonder of hackers nie mens se fb so kan misbruik nie?

t ·

Ja, heeltemal moontlik. Dit gebeur elke dag. So ook met ander sosiale platforms.

Gerhard ·

Ja hulle kan en heel moontlik is baie van die Facebook rekeninge vervalste identiteite wat bloot geskep word vir propaganda.

Cherokee ·

…maar gevaarlik. Want as dit nie vanaf ‘n Internet Kafee gedoen is nie, kan hulle opgespoor word.

Al ·

Dis werklik dom dat iemand so iets plaas. Dalk is dit ñ vals profiel.
Nietemin ek het al baie gesprekke waargeneem waar sulke skeldwoorde gebruik word deur hul eie nasie teenoor mekaar.

Veronica ·

Maar oor die “kolonel” se facebook inskrywing, dat aanvaller sy wit slagoffer se oë moes uitgesteek het en sy tong uitgesny moes word, daarvan kom niks!! Net n vermaning!? Wanneer gaan ons wit burgers leer: daar is 2 stelle rëels in hierdie land!! Byt jou tong as dit moet, want jy gaan betaal en die “ander een” gaan skotvry!

Gertryda ·

Leer jul mense nooit!!!!!!
Hierdie Land het geen geduld met uitsprake van die minderheid
Dink voor jul iets sê
Skree in badkamer om van jou frustasie ontslae te raak tog net nie in openbaar nie
Dink dink dink

Nel ·

Dis beslis ‘n vals profiel. Ek glo nie iemand sal willens en wetens vir himself soveel moeilikheid op die hals haal en dit nogal met sy foto daarby nie.

Francois le Cochon ·

Riaan Potgieter sal maar moet vat wat nou na sy kant to gaan kom. Hoe dom kan n mens wees om dit aan jouself te doen. Magtag man, leer jy nie! Vir jou en ook aan almal daar buite, ‘n mens lug NOOIT, NOOIT, NOOIT jou mening op sosiale media nie!!!!!! Hou jou menings vir rondom die braaivleis vuur!

Piet ·

Francois hier is jy nou die bewys dat manne wat wyd uiteenlopende menings soos ek en jy het ook 100% kan saamstem. Ek vind dit ironies maar tog waar, want in jou skrywe noem jy dat mens steeds by die braaivleis vuur kan praat soos jy wil. Daar is hoop as ek en jy kan saam stem!

Tronkwoord ·

Dis ontsettend en verskriklik, hopelik word jy ‘n les geleer. In SA is die ydellike gebruik vd Here se naam egter aanvaarbaar. Weereens wil ek weet watter woord ek ‘n witte kan toesnou wat volgens wet verbied word?

Attie ·

Daar is nie n woord wat ons sal onder kry nie ons is te trots op wat ons is

Johan ·

Almal moet oor die selfdekam geskeer word. So ja die man moet betaal vir sy uitlatings maar so ook die wat rassisties is teenoor wit.

JdV ·

As mens jouself as ‘n toffie wil uitgee, moet jy seker maar bereid wees om ook opgevreet te word. Nog ‘n onverskillige daad wat die lewe vir ander blankes moeilik maak.

Genieve ·

Almal kan mos maar doen en se wat hulle wil..hier is mos nie meer orde in die land nie,want hulle wat die grond beset kom dan niks oor nie.

not in wonderland ·

Hier is iets verkeerd. Ek dink dis ‘n fake facebookbladsy.

Hannatjie ·

Nee wat Riaan dis baie lelik en baie onnodig. Nou gaan ons blankes net nog meer gehaat word! Op hierdie stadium van die wedstryd het ons nie sulke dinge nodig nie!!

honurable member ·

Wonder net as dit n swarte was wat dit van wittes gese het of dit dieselfde hanteer sou word. Ek praat nie goed wat hierdie mens gese het nie maar ek wonder maar net. Dis aanvaarbaar as swartes se wat hulle wil maar ooooo weee n witte moet altyd sy woorde tel.

Waarheid ·

Ek glo nie dat dit die waarheid is dit is fake news om ons sleg te laat lyk en plaasmoorde te regverdig.Bewys my verkeerd.

Regtig ·

Wat word van die plasings wat ons blankes sleg gese word en rasisties teenoor ons is? Ons moet bek hou en aan gaan maar hulle mag doen en se wat hulle wil?

Michael ·

ag dit kan nie waar wees nie. wie sal so iets doen na Vicky se saak of hoe??

jean ·

Here we go again……wat ons sê word veroordeel…….wat hulle sê word wet. Dit sal noooooit eindig nie……”rassisme”….die vloekwoord van die eeu….Ongelukkig altyd eensydig, is dit nie?

Penellope Jones ·

So vinnig word hierdie tipe berigte versprei maar diegene wat nare dinge skryf en se oor blankes, haal nie die media nie of as dit media haal, dan word dit afgewater.

Piet Pompies ·

Wanneer gaan die mense leer, selfs van die lesers wat kommentaar lewer. Rassisme en die spesifieke woord is ‘n nuwe wet met sy voorgestelde straf maatreels. Dit is so in die wet boek geskryf. As jy iemand dreig is dit nie rassisme, daar is wette daarvoor, as iemand ‘n rassistiese opmerking maak kan jy dit ook nie vergelyk met plaasmoorde, daar is wette vir moorde. Gedra jouself en wees deel van die oplossing vir ons land.

jean ·

Hulle word van harte bedank om n klag te gaan maak….is daar ooit werklik tronkstraf uitgedien vir iemand wat die aakligste aanmerkings teenoor die wittes gemaak het? En ek kan julle waarborg, hierdie gaan nie geplaas word nie. Jammer…maar ek herhaal…dit is altyd eensydig..

Kannaland ·

Laat hulle se wat hulle wil maar ons word stilgemaak? Nonsens, vat Malema en kie ook aan, hulle se baie erger dinge en die wereld sal daarvan uitvind!

Attie ·

dis hoekom jy net so moet praat by n braai so bring jy jouself in die moeilikheid

Disselboom ·

Onlangs iets gelees van Kazakhstan wat ‘n cyrilliese alfabet nou met westerse een gaan vervang. Dalk moet ons maar die letter “k” net uit die alfabet haal in belang van vrede. As ons dan sommer die letter “f” ook uithaal terwyl ons met die proses besig is, sal baie van ons volk se mense dan sommer ook minder kras praat waar hulle sit en kuier.

Die probleem is nie net die politiek skeldname nie, maar ‘n gesindheid van “mens mag maar lelik praat” onder mense wat hulleself roem op beskawing; en dis nie net daar ver nie – Disselboom hoor maar soms hoe hoërskoolkinders uit dr Danie Brink se hoog aangeskrewe Afrikaanse christelike skole kom, praat. Vir ons volk se sieleheil moet die “f” liewer saam met die “k” uit die alfabet gehaal word.

Johan Neuteman ·

Dankie Disselboom – iemand moet dit ‘n keer sê . Ek steun die stryd en is self nie gemaklik met hoe na die een kant mense net niks mag sê nie, en ander sweep mense sommer op tot moord en diefstal op boere en word nie in die tronk gestop nie, maar voel ook dat die ander deel van taalgebruik se skoonmaak om die beskawingspeil in eie geledere weer op te lig, ook belangrik is.

Maggie ·

Gee hierdie persoon ‘n Bell’ s (as hy wel ‘n knertsie vat). Ek stem heelhartig met jou saam. Indien die K en die F uit ons alfabet gehaal kan word sal daar beslis minder kru taal wees. En dit is iets wat ons boere volkie baie vinnig sal moet leer.

Rynhardt ·

Tronkstraf kom vir Potgieter se rassistiese skeltaal!Vir die wat nie weet nie,die wette is lankal nie aan afrikaanssprekendes se kant nie.

koos1 ·

Ek is 100% oortuig dat die tipe berigte “fake News” is, anders was die Riaan lankal gearresteer.
Verder glo ek dit is die tipe goed wat politieke partye sal gebruik om mense op te stook en on hulle eie agendas te bevorder.

Adriaan ·

Ek sal agteroor val as hierdie geplaas is deur die Riaan. Wie gaan so dom wees om sy vorige skool en werkgewers op sy profile te sit en op ‘n koerant se webblad dit te plaas. Dit kos geen genie om uit te vind of so persoon wel by Carlton-Van Heerden skoolgegaan het nie. Die foto is ook die van ‘n tipiese model of liggaamsbouer(foto kopie), nie ‘n ou wat by Senwes en Eskom gewerk het en IT geswot het nie. Hierdie is politieke propaganda en ‘n poging om rassehaat te bevorder. Hoop ek is reg!!!!!!!

Albaster ·

Adriaan het n baie goeie punt beet. Dit moet ondersoek word en as dit opgemaak was moet die wat dit gedoen het aangekla word vir rassehaataanhitsing, nou of eendag wanneer n goeie regering weer in beheer is na die volgende verkiesing.

Casper Labuschagne ·

@Adriaan – daar is geen gebrek aan mense wat dom dinge aanvang nie. As hulle op die soort heksejag gaan sal hulle vragte mense aankeer wat onbesonne dinge sê en of doen en die kriminele in die tronke sal moet plek maak vir mense wat andersins nooit werklike misdaad sou pleeg nie. So ‘n proses sal uiters geslaagd wees om deur vrees ‘n reël af te dwing om ‘n woord uit die gebruik te laat verdwyn, maar sal enigiets goeds daardeur bereik word en sal mense se gesindhede werklik verander? Ek sou eerder aanvoer dit so iets eintlik teenproduktief sal wees en mense in hul opinies laat verhard aan beide kante van die politieke spektrum.

FACEBROOK ·

WELL EFF se rassistiese rants en slagspreuke word NIE AANGESPREEK Nie, wat die ou gedoen het is verkeerd . .maar HOEKOM Word alles nie oor dieselfde kam geskeer nie, die tuks student wat ALLE WITTES HAAT EN MET ‘n BAzOOKA wou vrekskiet kon om VERSKONING vra .. hoekom moet net wittes gestraf word vir rassisme en nie swartes nie?

Christel ·

Mense leer ook nie. Hulle sien hulle kom in die moeilikheid maar dan sit hulle dit nog op fb ook. Dis regtig onregverdig want nou gaan al die wittes weer as rasisties beskou word. Ek het nie meer simpatie vir hulle nie. Hulle moet vat wat na hulle kant toe kom. Ek voel jammer vir die ander wat daar onder ly.

Annelize ·

Wanneer gaan mense begin leer? Jy kan dink wat jy wil, maar jy kan nie se wat jy wil nie, veral nie op Sosiale netwerke nie. Tensy hierdie ‘n vals profiel is wat ten doel het om haat teenoor blankes aan te jaag, moet hierdie lid nou maar vat wat na sy kant toe kom.

Noordwester ·

Ek is van die geweste en ons almal ken mekaar. Vra maar vir die mense hier, die ou bestaan nie.

Hannelie ·

Hel my ou jy is nou in dinges straat!! Hoe dom. En as dit fake nuus is, hoop ek die persoon word opgespoor.

Albaster ·

Adriaan het n baie goeie punt beet. Dit moet ondersoek word en as dit opgemaak was moet die wat dit gedoen het aangekla word vir rassehaataanhitsing, nou of eendag wanneer n goeie regering weer in beheer is na die volgende verkiesing.

Tokkolos ·

Ek hoop van harte dit is n vals account op fb en as dit nie is nie moet jy maar jou lot face Want wragtag hul gaan op ons fb ingaan net om vir sulke dinge te soek Net om nog n witman te slag. ASB mense as ons nie vermoor word nie gaan ons tronk toe. Finish en klaar Ek wil ook graag my sê sê maar ek slat my hand eers dan delete ek liewers my kommetaar

Casper Labuschagne ·

Die teenoorgestelde van rassisme is nie ‘n toestand van nie-rassisme nie, maar respek. Dit is nie moeilik om mense met respek te behandel nie, en as almal dieselfde respek toon wat hulle self wil ontvang, dan sal hierdie land werklik ‘n beter plek word. Dit gaan oor ‘n gebrek aan respek en hoegenaamd nie oor die k* woord nie, dit is nutteloos om een woord te verbied want dit sal eenvoudig deur ‘n ander woord vervang word wat op sy beurt verbied word.

Ons ganse samelewing is deurspek met dieselfde gebrek aan respek terwyl ons blindstaar teen die gebruik van ‘n enkele woord. Kyk maar met hoe min respek die radikale swart jeug ‘n ander swart persoon soos Mosiuoa Lekhota behandel, en hoe wit mense ook op sosiale media uitgekryt word. Dit is vergeefs om te dink dat verhoudings sal verbeter of dat ‘n toestand van nie-rassisme skielik sal verskyn as een woord eenvoudig sou verdwyn. Die radikale faskies gebruik die voorkoms van daardie k-woord om self haat aan te blaas en in die proses toon hulle selfs minder respek vir witmense in die algemeen as wat die gebruiker van die k-woord teenoor swart mense in die algemeen getoon het. Daardie radikale faksie kapitaliseer heerlik op dieselfde k-woord terwyl hulle ‘n groter gebrek aan respek toon.

Verbied die k-woord en jy het bloot ‘n reël geskep wat uit vrees gehoorsaam word, maar leer vir iemand om ander met respek te behandel en jy het iets goeds vermag.

Noordwester ·

Ek is van die geweste en ons almal ken mekaar. Vra maar vir die mense hier, die ou bestaan nie.

AD ·

Agnee Mnr Porgieter!!!!? ons probeer so hard om saam te werk en jy neuk alles op!!!!!!

Theresa ·

Huh? Tien teen een bestaan die mens nie eers nie. Hackers se kos.

Reguit ·

Klink baie soos ‘n geplante “provocateur”. Sal maar sien.

PJC ·

ń Mens weet nie eintlik wat om hiervan te dink nie. Sal maar wag en kyk wat is die ware feite.

Wolf ·

DearLumka Nandipha,
Thank you for your commentary about the gentleman using the “K” word. I just want to say that the white people around me are also tired of the word BOER that is randomly use to speak of white people.
All white people are not all BOERE! These are special people that must be honoured and defended by all. So I think that people using the word BOER generally refering to to whites. Its offensive and people using this word must be delt with severely. Just like white people using the “K” word. White people, are most offended when they are called BOERE. If the “K” word is offensive to blacks, think what you and all the racist Politician’s and others are doing to the beaten, tramped upon be-littled white minority in this country. And you whites thar are so scared about what will happen to you, This message is for the likes of you…, its time you leave this country, or defend your heritage if you have one. I am white and will speak out for the others that does not have the balls to do so.

Donald ·

Ek boer nie maar jy kan my n boer noem al dag lank heeldag en ek is trots daarop want my voorvaders was op die naam genoem. Moenie jou opinie veralgemeen nie. Daar is n stam aan die suidpunt wat as die boere geklasifiseerd word en of hul nou met afrikaners en engelse getroud het of hul nou boer al dus nie. Ek se met trots noem my n boer , afrikaner of umshlungu , woorde traak my nie dade doen.

Casper Labuschagne ·

@Wolf – Aangesien my voorvaders Voortrekkers was en ook in die Boereoorlog geveg het, en veral omdat ek diensplig gedoen het waar na die SA troepe deur die vyand as boere verwys was, is dit nie onvanpas om na my as ‘n boer (weliswaar nie as plaasboer nie) te verwys nie. Alhoewel daardie woord soms as ‘n haatverwante skelwoord gebruik word, voel ek hoegenaamd nie beledig om deel te wees van die boerenasie nie. Dit is ‘n keuse wat jy maak as jy deur ‘n aanspreekvorm beledig wil wees, en ek gaan nie toelaat dat die emosies van andere die konteks van die benaming van my volksidentiteit definieer nie. Redelike mense weet wat die konteks en betekenis is van die woorde boerenasie of boer.

B ·

Eks op ‘n Expats groep hier in Duitsland. Glo my die rasistiese kommentare word nogsteeds gegooi. Die blad waarop ek is se swart lede het so lelik en rasisties geraak…daar sal altyd iemand wees wat nie ksn vergeet en vergewe nie.

Sputnik ·

Moenie te gou oordeel nie – die kans is baie, baie groot dat dit ‘n totale vals plasing is. Indien nie, kan ek net my kop in ongeloof skud!

Daan ·

Onthou miway geval … Maar ja as die man die ding gedoen het, het hy sowaar as waaragtig nie sy topstory gebruik nie. Ai ai ai ai ai.

Anoniem ·

Maar as hulle ons f….ing white dogs noem en ‘n mens rapporteer dit word dit NIE as rassisties bestempel nie! Die man mos beslis eerder sy mond gehou het maar waar is die regverdigheid?

Anoniemiseerder ·

Mens kan niks op die internet vertrou nie. Vals aan lyn profiele is oral. Dis dalk nie eens ‘n wit Afrikaanse man wat daardie plasings gemaak het nie. Dink maar aan Bell Pottinger. Net omdat Pottinger nie meer bestaan nie beteken nie iets anders het hom vervang nie. Daar is ‘n kwaadwillige poging om rasse haat in Suid Afrika aan te blaas. Ons almal val hoek lyn en sinker vir dit.

Vuilbaard ·

Maar “kill the farmer, kill the boer” is nog steeds aanvaarbaar?! Hoekom het hierdie “dame en haar broeders en susters” nie net so ‘n groot bohaai daaroor gemaak as hulle dan so “siek en sat” is vir beledigings rondslinger nie?!!

wilma ·

Wees maar versigtig met die praatjies rondom die braaivleisvuur!

Bokkie ·

Ek het geen simpatie vir mense wat sulke aan merkings maak nie. Hulle moet kry wat hulle toekom. Hoe lank gaan dit nog vat vir die sognaamde “opgevoede” mense om te besef dat seker taalgebruik / woorde is absoluut tabu! Jammer Riaan – dis ongelukkig “the way your cookie’s going to crumble”

Cornelia ·

Mnr Labuschagne, u spreek die hart van ons probleem aan. Laat ons altyd só voor God wandel dat al sou die wêreld van ons kwaad spreek soos van kwaad doeners, daar geén bewys teen ons ingebring kan word nie. Want ons lewe is ‘n spieël van ons geloofs wandel, werke en taal in die geheim en in die openbaar. As ek nie in die hemele mag kru en kras nie…dan ook nie hier nie. Want God eis ‘n heilige lewenswandel wat Hom te alle tye EER. Ook by braai en kuier geleenthede. Kies dan wie julle wil dien.

Waarheid ·

Sjoe maar hier is omtrent ‘n klomp veraaiers…….geen wonder dit gaan so met ons nie!!!!!

bgj van der westhuizen ·

wel die sapd moet maar ky of die persoon bestaan het eimand al daar aan gedink dat dit n swart persoon kan wees wat in vals ding geskep het om weer ras aan te roer

Wellll ·

The ANC says it’s unfortunate people were offended by Ramaphosa’s ‘boer comment’ in Limpopo. The ruling party on Tuesday said the word ‘boer’ doesn’t refer to white people and that ANC Deputy President Cyril Ramaphosa’s use of the word isn’t derogatory.

Then I could say the same – Die K woord is nie alle swart mense nie en hulle moet nie so oaffended raak nie

As jy dom is... ·

…moet jy maar sukkel
Regtig. Het niemand nog niks geleer nie.
Jy kan dink wat jy wil, maar nie sê wat jy wil nie.
En nee ek gee nie om as “ander” lelike goed sê nie, want ek is nie soos “ander” nie. Ek hou my mond in toom…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.