[Video] Klag na ‘kill the boer’-lied voor Parys-hof

'n Groep betogers voor die Parys-landdroshof. Foto: Mariné Jacobs

‘n Groep betogers voor die Parys-landdroshof. Foto: Mariné Jacobs

ʼn Strafregtelike klag is aanhangig gemaak nadat mense die omstrede ‘Kill the Boer, kill the farmer’-lied Dinsdag by die Parys-landdroshof gesing het.

Die klag is teen lede van die ANC en EFF ingedien. Front Nasionaal het Woensdag gesê die aanklag is deur die organisasie se jeugleier, Dean Dart, by die Somerset-Wes polisiestasie in die Wes-Kaap ingedien. “[Die sing van die lied volg op] ʼn ooreenkoms wat in die verlede buite die hof geskik is dat hierdie lied beskou sal word as aanhitsing tot moord en haatspraak. Die feit dat dit [Dinsdag] oop en bloot voor die media gesing is, is bewys daarvan dat daar geen respek vir die reg is nie,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig rassespanning het Dinsdag voor die hof geheers waar vier boere verskyn het op aanklag van die moord op twee vermeende plaasaanvallers. Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr. is almal op borgtog van R5000 elk vrygelaat. Hulle sal weer op 12 Februarie in die hof verskyn.

Polisie bots met betogers buite die hof. Foto: Mariné Jacobs

Polisie bots met betogers buite die hof. Foto: Mariné Jacobs

ʼn Groep ANC-betogers het voor die hof saamgedrom en onder meer “Kill the boer” gesing. ʼn Groep plaaslike inwoners het gereageer deur “Die Stem” te sing. Oproerpolisie moes tussenbeide tree om die twee groepe uitmekaar te hou en beledigings is oor en weer geslinger.

April Motaung, woordvoerder van die EFF, het voor die hof aan Maroela Media gesê die saak het wel ʼn rasse-ondertoon aangesien dit “’n rasgedrewe moord” was. “As die EFF is ons teen rassisme in al sy vorms en hierdie was ʼn ernstige rassistiese aanval teen ons swart broers. [Die oorledenes] was net daar om hul geld te kry vir werk wat hulle verrig het en die boere het hulle betaal met ʼn brutale moord,” het hy gesê.

Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou, het op navraag van Maroela Media, die sing van die omstrede “Kill the Boer”-lied voor die hofgebou veroordeel en gesê Vrystaat Landbou het dit nog altyd duidelik gemaak die vereniging is gekant teen die sing van die lied omdat dit rasse-spanning tussen onderskeie rassegroepe aanblaas. “In dieselfde asem wil ek enige optrede van enige groepering wat rasse-polarisasie aanblaas veroordeel, aangesien dit negatief op die landbou sal inwerk.”

Oproerpolisie probeer betogers voor die hof weghou. Foto: Mariné Jacobs

Oproerpolisie probeer betogers voor die hof weghou. Foto: Mariné Jacobs

Kriek het verder gesê die vereniging is sedert die begin van die saak betrokke en monitor die gebeure noukeurig, maar hulle gun nou die regsproses die geleentheid om sy gang te gaan.

“Twee van ons regsverteenwoordigers was gister by die hof en ons sal deurentyd die regsproses monitor. Nietemin sal Vrystaat Landbou en sy grondstrukture steeds binne die landelike beveiligingsplan en ondersteunend tot die polisie optree in reaksie op voorvalle in landelike gebiede,” het hy gesê. “Aangesien hierdie ʼn uiters emosioneel belaaide saak is, doen ons weereens ʼn beroep op ons lede en die publiek om te alle tye met kalmte en respek op te tree.”

Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, wat die boere met hul regskoste bystaan, het aan Maroela Media gesê die organisasie weet die lied is voor die hof gesing. “Ons het ons regspan opdrag gegee om verder ondersoek in te stel en regsopsies word tans oorweeg,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

[wpvideo P7ujexGa]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Trolle ·

Ek soek geld is daar iemand wat my wil bet hulle gaan niks oorkom nie?

rudi ·

Die haat teenoor die boere is afgryslik! Ek kan nog onthou toe Zuma die lied gesing het. Hy het die BOER gedeelte behoorlik beklemtoon met ‘n gejuig en ‘n gedans van sy kaders. Siek

Frank ·

Welgedaan FrontNasionaal! Waar is Afriforum met die een!? En die DA!? Maar laat iemand net ander apies noem dan wil hulle strafregtelik vervolg… Wat ‘n klug. Dankie FN, julle wys staal.

Francois ·

Frank, ek is seker dat AfriForum deur die regte kanale sal reageer en die nodige stappe sal doen. Die DA sal waarskynlik swyg soos die graf.

MCS ·

Ja, as dit nie was dat ons die EFF uit die tweede plek moes hou en in die toekoms moet hou nie ,sou ek en sal en nie baie graag weer wil DA stem nie! Maar nou ja as al die blankes net wil saamstaan en FF + stem! Dalk het ons n kans!

gert ·

ek stem saam stem een party maak hom groot en sterk en as die eff die dag wen het ons ook n kans op oorlewing

Dean Dart ·

Front Nasionaal is die party wat die klag indien – die VF+ doen niks – dan sê jy, jy wil vir die VF+ stem? Nee jinne.

Michael ·

Die DA sal niks doen ,Afriforum en Solidariteit is die enigste organisasie wat hom beywer om na die regte van die huidige benadeelde minderheid om te sien

Berhalet Beukes ·

Wie is nou die rassiste? Haat sprekers? Aanhitsers van geweld teenoor blankes?

Ian ·

Weer miljoene se regskostes en julle gaan nêrens kom nie. Die regters in hierdie land is korrup. Die FF is tjoepstil. Lyk vir my FN is die enigstes wat deesdae vir die blanke opstaan. Julle het my stem.

Johan ·

Wie is nou die rassiste. snaaks dat geen morning talk shows nou die eff vra om hul groot smoele oop te maak nie. hulle sal seker ook se dit is ons skuld dat hulle dit sing.

Rooijan ·

Mense ek begin ń gevoel kry daar steek iets in die storie van die dispuut oor geld vor werk gedoen. Hoekom stel die ontkennings my nie gerus nie? As dit waar is dan het ons ń groot probleem en sal dit nie die eerste keer wees dat blankes probeer om die huidige situasie te gebruik om die reg te omseil nie. Ek hoop regtig waar my gevoel is verkeerd maar die tyd sal leer.

nic ·

Rooijan, wees gerus- oom Loedie wat aangeval is het bevestig dat hy nog nooit vantevore enige een van die twee aanvallers gesien het nie. Indien dit wel oor ñ geld dispuut met ñ ander boer gegaan het, waarom dan vir oom Loedie gaan aanval in sy huis?

Carina Morkel ·

asseblief asseblief FF, NF,…help tog voor ons verdrink in die gemors!…julle is ons enigste hoop..

marius ·

Darem maar snaaks as boere vermoor word dan is dit normale misdaad en geensins prioriteit misdaad nie maar laat 2 agterbakse laste op die ekonomie en las vir die samelewing oordie algemeen nou kry presies wat hulle verdien dan is dit voorblad nuus en die rasisme kaart word uit geruk ens ens ironies

ZAR ·

Wie is nou die rassiste ? Dis mos openlik haatspraak en aanhitsing om boere en blankes te vermoor.

Kyk na die gebare van die groepe , en wie het eerste n bottel of baksteen gegooi ? Die polisie
doen niks. Die kruitvat se lont brand al hoe vinniger

Marinda ·

Siestog! Hul wou “net” hul geld gaan haal het! Soooo onskuldig. Whatever!!! As dit aners om was, die swartes wat die boere doodmaak, sou dit nie rassie gewees ht nie maar “selfverdediging”. Skrik wakker. Die rassisme kom van die swartmense af. Dis so duidelik sigbaar.

Vicus ·

Dit is duidelik dat hier n beplande optrede tot konfrontasie was. Waarom daar egter n teen optrede was, kan ek nie verstaan nie. Om dan nog met die Vierkleur rond te loop vererger die situasie. Laat die reg sy gang gaan. Ek praat nie die klipgooiery goed nie,maar waarom was daar n teenreaksie? Asseblief mense, moenie dat ons emosies ons verstand benewel nie.

ZAR ·

So wat jy se is dat ons maar net moet staan en pakslae kry? Ons boere het dit lank genoeg gedoen, dis nou KLAAR

Sarie ·

Nou moet ons wittes van ons kant elke keer wanneer Zuma of een van sy grooneys ‘n rasistiese uitlating oor die wittes maak omiddellik ‘n klag by die polisie gaan le. Enige burger van die land het die reg om dit te doen. Hulle dink mos hulle kan weg kom met alles, wel mense weet julle ons moet dit net eenvoudig nie meer toelaat nie, Die withaat deur die ANC het total hande uitgeruk en hoe nader dit aan die verkiesing kom, hoe erger gaan dit word

Han ·

Vicus, ek stem saam met jou. Mense wat so behep bly met die Vierkleur, is net so uitlokkend. Asseblief, pak nou die Vierkleur vir eens en vir altyd weg, julle los niks daarmee op nie! Dit is te verstane dat die gemoedere sal hoog loop, maar om af te daal na die ANC- en EFF-betogers se vlak, is water op hul meule.

Sune van Heerden ·

Dagsê Liewe Heksie

Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word ongelukkig verwyder.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie uitgevee word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Andre ·

Ek stem 100% saam met jou Han. Ons moet both hulle uitstyg en met emotional gaan ons dit nie reg kry nie. Hulle wil ons emotioneel be trek want hulle weet wat ons triggers is, en ons wys dit so graag. Moeilik maar moontlik. Ons moet net kop hou.

Theresa B ·

Ongelooflik!! Daar word groot bohaai gemaak as wittes rassitiese opmerkings maak op FB (Ek sê nie dis reg nie). Maar hulle mag maak en sê net wat hulle wil. En almal volg hulle soos skape. Daar word nooit regtig opgetree teenoor hierdie klomp nie. Ek wil nou weet of die boere van Parys nou moes stilgesit het en niks gedoen het terwyl hulle aangeval word nie. Nou weet ek verseker dat die spul wat so spring voor die Hof glad nie breins het nie. Hulle tree so op net omdat hulle kan en wegkom daarmee.

Andre ·

Jip ons moet vir die wat so rond spring en tekere gaan gelag het, ons woede vir onsself hou, die vierkleur by die huis los en hulle net aanstaar soos die vertoning wat hulle is. Ons is te behep met Siener se voorspellings, lees eerder die Bybel en doen wat daarin staan. Ons wil so graag God se naam gebruik wanneer dit ons pas maar doen nie wat Hy sê nie. Ons is dus plastiek en verdien wat na ons kant toe kom. Ek in kluis.

ZAR ·

Ek kan dit ongelukkig nie as n grap vat as iemand sing dat hy my en my mense wil dood maak nie

jen ·

MCS ek stem saam. Ons blankes moet almal vir een party stem dan sal ons ‘n beter kans het, maar nou stem ons vir ‘n hele klomp klein partytjies en dit bring ons nerens, een ding is verseker die DA is beslis ‘n paar stemme kwyt. Hul het tot nou toe nog niks gese of gedoen oor die plaasmoorde nie. Kyk net weg die heeltyd want hul is familie van die anc. Hoop net ons blankes se oe gaan oop wat die DA betref.

Rodville Adams ·

Hi Jen.
As ‘n first time voter,my vote will defnitief na die DA gaan.Alle klein partye dra by tot ons minderhede in die rade,As ons almal wit,bruin en swart teen die ANC opstaan en vir een party stem ,dan raak ons mos ook magtiger.Dit is so jammer dat die DA nou die mees racional party is,Want my bruin stem en baie ander gaan defnitief na die DA.Jammer vir al hierdie plaasmoorde ens,ek voel saam met julle maar die reg moet maar sy gang gaan.

Louise ·

Dit maak my nou kwaad want hulle Kan sing kill the boer en Kom weg want hulle is massas een persoon se iets en die hell is los ek wens so ek Kan hier pad gee maar dis my land my lewe en Waar heen Gaan Jy ??

Dee ·

Louise, nevermind waarheen gaan jy, die vraag is ‘waarmee’ gaan jy nadat Zuma & kie die waarde van die rand laat tuimel het tot in die put waar dit nou is. Jy sal moet dollars, ponde of ander valuta daarmee koop as jy wil gaan maar ons geld is niks werd nie.

LS ·

MCS FF+ =seker VF+, verduidelik wat bedoel jy met dan het ons ‘n kans , die hele blanke bevolking is minder as die swart bevolking onder die ouderdom van 6 jaar in Suid Afrika . Verduidelik waar lê die mag van die wit bevolking. Die video opname wys die mespunt waarop Suid-Afrika tans beweeg een insident wat hande uit ruk en die ontploffing wat volg gaan soos wat sake nou staan onbeheerbaar word. Marikana sal soos cowboys en crooks in die agterplaas lyk.

RIAAN ·

DIT WAS DIE EINDE VAN DIE NUWE SUID AFRICA ,BOERE MOET NOU OPSTAAN

Peet J ·

Die Vierkleur Vlag verteenwoordig die Afrikaner Boerevolk en word deur ‘n sekere politieke party gebruik om eenselwigheid aan sy ondersteuners te openbaar.Die persone wat voel dat die Vierkleur aanstoot gee moet liefs by ‘n party aansluit wat hulle sienswyse regverdig waarvan hier baie is nl.die ANC, DA, EFF, VF+ ens.

Vicus ·

Rerig, nou moet ek vir DA stem omdat ek glo die Vierkleur is uitgedien? Asseblief, raak wakker.

Martin ·

Ek is bly om te sien dat die boere begin saamstaan, net jammer om te sien hoe die Boer gehaat word in SA. Julle weet wat om te doen, as julle nie terugslaan gaan julle almal een vir een uitgemoor word. Ek sien daar word die rasse kaart gegooi as julle aanvalers vang of op hulle skiet. Maak soos die volk en staan saam, hulle is groot masse en maak geraas, haal die bron van die pyn weg. Begin almal stem, verduur die stem prosies, dit sal n verskil maak. Probeer net alles volgens die boek doen. Sterkte aan ons broers in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.