Klag ná werknemer in ‘stouthoekie’ moet staan

Die foto wat op sosiale media rondgestuur is. Foto: Sosiale media.

ʼn Saak van crimen injuria word ondersoek nadat ʼn toesighouer by die Tekkie Town in die Baywest Mall in Port Elizabeth ʼn 18-jarige vrouewerknemer gedwing het om met ʼn vernederende plakkaat in die winkel se venster te staan.

Kapt. Johann Rheeder, woordvoerder van die polisie, het die voorval, wat verlede Vrydag plaasgevind het, aan Maroela Media bevestig. Die saak is Maandag by die polisie aanhangig gemaak.

Volgens Rheeder blyk dit uit Maxime Lee se verklaring dat sy en ʼn medewerknemer ʼn bietjie luidrugtig was in die winkel en toe deur die toesighouer aangespreek is.

“Die een werknemer is nie aangespreek nie omdat sy glo op pad was huis toe, maar Lee moes glo in haar eie handskrif op ʼn papier skryf ‘I don’t listen to my supervisor, now I’m in the naughty corner’,” het Rheeder gesê.

Lee moes toe in die venster van die winkel gaan staan waar almal haar kon sien. Foto’s van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Rheeder het gesê luidens Lee se verklaring het sy dit aanvanklik as ʼn grap gesien, maar toe vinnig besef dit is ernstig. “Dit het toe in ʼn ernstige kwessie ontaard toe mense van haar begin foto’s neem het en sy het na die toesighouer gegaan en gevra of sy nie nou al genoeg gestraf is nie. Sy het die voorval ook by ʼn veiligheidswag aangemeld, maar die toesighouer het haar mond toegeplak en haar hande agter haar rug vasgebind en haar gedwing om weer daar te gaan staan,” het Rheeder gesê.

Tekkie Town het in ʼn verklaring op sy Facebook-blad op die voorval gereageer. “Ons kan bevestig dat ons onbevestigde berigte ontvang het dat ʼn werknemer van Tekkie Town aan onaanvaarbare en vernederende behandeling by ons winkel in Baywest Mall onderwerp is.”

Die verklaring lui verder dat die toesighouer hangende verdere ondersoek en ʼn amptelike dissiplinêre prosedure geskors is.

Daar is ook ondersteuning en berading aan Lee gebied.

“Tekkie Town veroordeel enige gedrag wat enigiemand, ons span of ons klante, se waardigheid ondermyn. Ons lewe volgens ons waardes en ons sal nie enige gedrag wat dit ondermyn duld nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Vryhand ·

Ag asseblief…hoe kinderagtig van die supervisor..really

Freddie ·

Was dit maar in die hoekkie… Nee hel, emosionele volwassenheid is maar skaars deesdae.

Suzette ·

Genade! Die arme dame is 18, sekerlik leer sy nog, ek hoop sy besef dat al is sy jonk sy hoef nie met sulke behandeling tevrede te wees nie. Geen werkgewer mag dit doen nie en die supervisor moet ook reëls nakom. Waar is almal nou wat op die boikot band wagon is?

Cherokee ·

As ek ‘n ondersteuner was van Tekkie Town, het ek hulle nou geboikot. Geweier om hulle te ondersteun. En as ek aan daardie toesighouer ‘n ander werk kon bied, het ek dit gedoen. Sy het dit (sover die berig blyk) met ‘n pragtige sin vir humor gedoen. Die toesighouer nodig verskoning gevra te word en Johan Rheeder moet skelms gaan jag, want dit is waarvoor hy betaal word.

Nettie ·

@Cherokee, vir ‘n slag stem ek en jy saam, behalwe op een punt: dit was nie die firma se aksie nie – waarom hulle boikot?

Ek dink ons is hopeloos te ernstig en vat alles letterlik persoonlik op. 10/1 het die toesighouer dit grappenderwys bedoel, maar toe is mense mos nou weer voor-op-die-wa met selfone en sosiale media en veroorsaak dit ‘n storm in ‘n teekoppie.

Nou is die toesighouer geskors, hangende ‘n dissiplinêre verhoor en – indien sy/hy haar/sy werk behou, sal dit altyd op haar/sy werksrekord wees. Die werknemer kon ook haar eie kop gebruik het en geweier het om die toesighouer se instruksie om in die “stout-hoekie” te gaan staan – en dan maar eerder die gevolg dáárvan gedra het, want sekerlik sou die toesighouer dit volgens die regte kanale moes hanteer het en dit onder ‘n meer senior personeellid gekom het.

Cherokee ·

Ek is bly daar is tye wanneer ons saamstem ook, Nettie :-) Bloot die woord boikot gebruik om te wys hoe sterk ek daaroor voel dat die toesighouer waarskynlik onbillik behandel is. Nie regtig ‘n boikotter of protesteerder nie, maar somtyds moet mens jouself kras uitdruk om verstaan te word. Ten spyte daarvan het ten minste een (Nel) my steeds nie verstaan nie.

Dienkie ·

Nee genugtig, hoe onvolwasse kan ‘n toesighouer optree. Watse vernedering moes dit nie vir hierdie werknemer gewees het nie. Hierdie toesighouer kan gerus werk aan haar menseverhoudings en ook toepaslike strafprosedures.

Piet ·

Hopelik is hierdie toesighouer nie wit nie, dan sal die EFF trawante binnekort daar opdaag en eiendom beskadig.

Piet Magriet ·

Ek dink as die toesighouer wit was, sou hierdie hele kwessie heeltemal anders deur die media berig gewees het. Maar dalk is ek verkeerd.

Etienne ·

Nee glo my….. as die toesighouer wit was sou almal seker gemaak het die hele werld weet dit. en die opskrifte sou baie anders gelees het.

Nel ·

Sjoe dit is omtrent vernederend!!!
Cherokee …… nee regtig, dink jy nou wraggies n boikot sal help? Moet die res van die land se Tekkie Town winkels nou deurloop deur een simpel supervisor. Ag asseblief!!!!

Cherokee ·

Nel, ek dink nie jy het my reg gelees nie. Moet ek dit uitspel. Ek dink sy het oulik gedoen.

Chris ·

Dit was aanvanklik as n grap beskou, goed en wel wie het haar toe beinvloed om n klag te gaan le ? Personel moet leer om hulle luidrugtigheid by die huis te los en beskaaf op te tree tussen kliente. n Toesighouer moet weet om die personeel te kan beheer en nie met hulle te speel nie. Nou moet sy alleen die spit afbyt terwyl die werker net so skuldig is. Dissiplineer hlle altwee, maar nee bestuur is te bang die ras kaart word ook op hulle gespeel.

Hoekom huil almal? ·

Mense wil nie meer gevolge vat vir hul aksies nie.
Die toesighouer was seker al keelvol met die 18jarige KINDERS wat op skool geen lewenslesse geleer het nie…op skool het hulle te veel regte en nou is hulle in die grootmens wêreld en weet nie hoe om soos grootmense op te tree nie – DAN MOET HULLE SOOS KINDERS BEHANDEL WORD!
Ek glo die toesighouer het dit NIE in die vreeslike vernederende manier gedoen soos almal nou hier huil nie. Dalk was dit bietjie tong in die kies…
Sien niks fout nie

Landi ·

Net so ja. Die poppie ken mos die reels en is seker al aangespreuk ivm haar luidrugtigheid, maar die ore en respek is min. As jy soos n kind wil optree, moet jy nie huil om soos een behandel te word nie. Ek het al menigte kere uit winkels geloop waar die nuwe SA se oorverdowende geskreeu, my ore net te seer maak om verder inkopies te doen, nie om eens te praat van die gemors klank wat blêr wat hulle kastig “musiek” noem nie. Hoop sy leer iets van selfbeheersing, maniere en inagneming.

Nicolene ·

Daar is prosesse wat gevolg kan word, oa, ‘n mondelinge of skriftelike waarskuwing. Die toesighouer hoort nie in die pos as dit is hoe dissipline en ‘n gesonde werksomgewing gehandhaaf word deur jou werknemer te verneder / vasbind / mond toeplak nie, dit maak jou as toesighouer niks beter as die werknemer wat ‘verkeerdelik’ opgetree het nie.

Karolis ·

Sy het gehoor sy kan geld eis. Wag ‘n paar dae dan hoor julle hoeveel.

James ·

Ek stem. Daai winkel gaan nou aan haar behoort na die saak.

LouE ·

Reg is reg en verkeerd is verkeerd. Die toesighouer het geen idee om met mense te werk nie en moet ‘n ander pos beklee. Dis regtig vêr buite die aanvaarbare riglyne.

PJC ·

Kon nie help om te lag toe ek hierdie lees nie. Hoe onnosel moet ń mens wees om sulke goed aan te vang en nog meer onnosel om toe te laat dat iemand so iets met jou doen.

James ·

Waar is die EFF. Hulle moet mos winkel nou sluit en alles om gooi en tekere gaan???? Ooo ek dink nie die bestuurder was wit nie. Skies 2 stel reels. Hierdie berig het nie eers news24 gehaal nie.

Willie ·

Daarinteen dink ek ook maar n kant het definitief twee kante..

Ore ·

Was hier dalk dagga betrokke? Geen regdenkende mens sal so optree nie.Daar is sekerlik kodes in plek om sulke gedrag aan te spreek?

bren ·

Hoe absoluut vernederend! sommige werksplekke doen erger dinge; mens hoor net nie van dit nie. Tyd dat almal opstaan teen boelies en onregmatige dinge in werksplekke. Bestuurders gil en trap mense ook uit voor publiek.

jakes ·

Die ou moet by n sirkus gaan aanklop vir werk. Hy sal ongelukkig nie aangestel word nie want hy is nie snaaks nie. Hoop hy verloor sy werk want hy het reeds die winkel se naam geskend.

Anoniem ·

Ek gaan nou daardie onderwyseres wat my in sub B laat donkie ore dra het, probeer opspoor en van haar eis.

GypsyZ ·

Lewenslesse moet al by die ouerhuis geleer word – nie op skool nie. Onderwysers het klaar hulle hande vol om kinders akademies op te voed; dis tuis waar dissipline en respek vir gesag geweek word.

VanAfrika ·

Van ons werknemers was net die anderdag geroskam omdat ons te hard lag of praat, maar ons was nie in n venster vertoon nie. Vir n dag of twee het dit rustig gegaan, vanoggend is almal weer opgewonde in alle tale. So nou en dan neem ek deel veral as ons goeie nuus kry of ongelukkig is oor iets. Sou iemand enige van ons so straf sal hul die Unie op hul sterre hê nog voor jy sê mes. Was dit my kind wat jy so verneder in n venster, sal ek meer luidrugtiger as die vrou gewees het. Ons is en was almal jonk, ons almal reageer op nuus op enige manier. Ons almal wys ons gevoelens op verskillende maniere. As die vrou dit so verkeerd gedoen het is daar n kantoor met n deur wat kan toemaak. Regte stappe moet gemaak word of n waarskuwing om bietjie sagter te wees ter wille van die kliënte. Om so kras te wees is onaanvaarbaar. Oortredings kan altyd reg gestel word. Dit kon enige iemand se kind in daardie venster gewees het. Mense in hoër poste moet enige situasie profesioneel hanteer.

Sjoe ·

Wat my die meeste ontstel is die hoeveelheid mense in die kommentaar wat die toesighouer se onaanvaarbare en onmenslike gedrag goedkeur. Sou julle dieselfde gevoel het as jy of jou kind in die venster moes staan? Daar is dissiplinere prosedures wat die toesighouer kon volg. Sy behoort uit haar pos verwyder te word – totaal onbevoeg.

Landi ·

My kind is met klas en styl van n bo-gemiddelde standaard gedrag van broeg af geleer. My kind sal in die eerste plek nie luidrugtig in die publiek optree nie. Ons kultuur, is om jou stem toon en volume van so n aard te beheer, dat dit niemand forseer om na jou te luister. In teen deel, etiket is om nog sagter te praat, sodat ander meer konsentreer in wat jy se. Ander se kultuur se dat jy moet skreeu, anders skinder jy. Smaakloos vir n dame om die minste te se. Nee wat, glad nie bekommerd oor my kind se gedrag daar buite nie. My werk was reg gedoen. And I did not spare the rod. En AS dit my kind was, sou sy nog n paar klippies gepoef het, sodra sy by die huis aankom….

Blommie ·

Aggggg… Watookal mense, dit was verseker n grap en sy het saam gelag!
Maar toe mense sooooos gewoonlik die dam onder die eend uit ruk het sy skielik die ernstigheid daarvan besef. Maar laat ek jou se hier gaan dit net oor geld en die EIS wat sy gaan instel deur pyn en lyding. Wanneer jy gedwing word om iets te doen en jy dink in daai oomblik dis verkeerd, ja dan kla jy iemand aan. Maar as jy dit net soveel geniet het soos die persoon wat dit aan jou doen en SAAAAM gelag het. Liewe hemel waar is julle HUMOR heen in die land. ek dink BESLIS die bestuurder het nie probeer om haar leed aan te doen nie. Maar dis HOE ons land is, ALLES word ernstig opgeneem, mense LAG NIE meer nie. Kan nie eers vir n mandjie in n winkel vra sonder om n storie daaroor te maak nie. Regtig mense!!!!!!! Sy het in daai oomblik NET soveel pret gehad. Maar nou ja nou gaan TEKKIE TOWN geldelik GERUK word. dis AL waaroor dit hier gaan, gaan seker buite die HOF SKIK..

KALMEER ·

Neewat dit is nou glad nie so erg nie, deesdae se jongmense het nie ore nie, is heeldag op hulle fone, kyk nie eers op as jy met hulle praat nie, het geen respek vir enige gesag nie .. Die wereld is vol van te veel REGTE Vir die kwaaddoeners en STRAWWE vir diegene wat probeer goed doen .. Ons het baie met plakkate om ons nekke by die skool rondgeloop as ons iets verkeerds gedoen het . niks oorgekom nie .. Selfs toe ons ontgroen is moes ons met plakkate rondloop . maar O NEE deesdae se ongehoorsame destructive kids is te GOED om so bietjie straf te verduur .. Sy kan of NOU luister na haar supervisor .. OF sy kan met ‘n bord om haar nek staan en bedel SONDER WERK …

anton ·

Kalmeer, Jy slaan die spyker op die kop!!!
Vandag se jeug/jonges/tieners is meestal onopgevoed en is boonop nog als wetend en baie slim daarby. Jy kan hulle niks leer nie!!!

Annamarie Olivier ·

Dit kan partykeer erg raak met die personeel wat so hard praat, ek dink hulle moet opleiding kry hoe om op te tree voor kliente.
Ek dink die saak word oordryf, dit raak ‘n probleem as personeel nie wil luister en hierdie was seker nie die eerste keer nie.
Ek sien dit ook nie as nuus nie!

Andrea ·

Stem saam met jou! Winkelpersoneel lag en skree soms so hard vir mekaar tussen die rakke dat jy moet koes vir die spoeg wat spat. Ongehoorde gedrag. Straf haar.

JJ ·

ag please, dis nou nie so erg nie, die vasbind ja maar die papier. Dis hoekom die wereld is waar hy is, alles is “vernederend” alles is verkeerd, net sodat die ou blooiseltjies nie hulle gevoelens seer kry nie. Pathetic.

VanAfrika ·

Wat n siek grap, uiters swak smaak. Na die tyd is haar hande vasgebind en mond toegeplak, het sy toe gelag???? Al het sy saamgelag, dis nie hoe dinge in n werkplek gedoen word nie en dit nogal n publieke werkplek waar honderde getuies is. 18 is baie onkundig, op daai ouderdom het baie mense stupid goed aan my gedoen en na die tyd eers verneder gevoel as ek besef wat aan my gedoen is. As ons nou sulke gedrag goed keur wat deur ons superiors gepleeg word, wat is volgende? Wat verkeerd is, is verkeerd in n werkplek. As dit met jou op skool gedoen is, dis n skool en ontgroening en jy is minderjarig en nog n leerder. Op professionele gebied gedra jy jou professioneel en volgens werks prosedures. Ek was lank in HR, ek kyk na dit in die regte perspektief, dis nou gedoen en gaan nou in n lelike ding ontaard, as die toesighouer professioneel opgetree het, het Tekkie Town nou nie met probleme gesit nie. Kom ons hoop sy beskou dit nog steeds as n grap, net soos sommiges dit wil hê, as sy besef hoe sy behandel en verneder was, kom ons kyk dan wat gebeur dan nou met wat julle as n grap sien.

Poppie ·

Ek dink nie die toesighouer het verkeerd of lelik bedoel nie. Ek sou dit as n grap gevat het as ek in die venster moes gestaan het, en vir almal gesigte getrek het wat vir my loer. Die lewe is te ernstig. Nou wonder ek of die “Groom-to-be’s” in die toekoms ook hul vriende wat vir hulle die bachelors reel en op die hoeke met grimmering en rokke en make up moet staan, hul ook gaan aangee vir crimen injuria oor hul naam met ‘n plank geslaan word.

Mollie ·

Ek sien niks verkeerd met die straf wat die toesighouer die werknemer gegee het nie. As “kinders” dan nie wil hoor nie, moet hulle die gevolge dra. Die toesighouer het gedink hierdie straf is die beste wat hy/sy die werknemer kon gee op daardie tydstip. Ongelukkig in hierdie liewe land van ons, as daar verskillende velkleure betrokke is, eindig die saak altyd op rassisme en die eintlike onskuldige persoon verloor sy werk summier.

Lucy ·

Albatros – baie skerp, het jou kommentaar die meeste geniet! :-)

Carlien ·

Ag sien tog die humor ook hierin raak mense… almal is deesdae so ernstig en morbied..

Tawwe tekkie ·

Hoekom moet die publiek by hulle interne probleme betrek word? In vandag se tyd wat alles binne sekondes met selfone opgeneem word en videos versprei soos ‘n veldbrand is niks meer ‘n grap nie, dit word links en regs gedeel vir Jan Rap en sy Maat om ‘n eiertjie daaroor te gaan lê. Swak styl. As jy dan wil grap maak dit ten minste regtig snaaks.

AmY ·

Nou wonder ek of die skool nog kinders in ‘n stout hoekie mag sit?
Nee wag, kinders het mos regte…

AH ·

Na my mening het die sogenaamde toesighouer verkeerd opgetree deur die werknemer in die openbaar ten aanskoue van kliënte en verbygaande mense te “straf”. Daar is niks mee verkeerd om werknemers oor hul vingers te tik oor swak en/of luidrugtige gedrag nie, maar roep die persoon in ‘n kantoor in waar hy/sy in privaatheid aangepraat/uitgetrap kan word. Ek was al baie jare gelede kliphard voor kliënte uitgekryt deur ‘n bestuurder wat ook my “toesighouer” was. Ek kan die vernedering tot vandag toe onthou, alhoewel dit al ‘n paar dekades gelede is. Een van die kliënte het agterna vir my gesê dat ek nooit weer moet toelaat dat enigiemand my met so min respek aanspreek , in die openbaar of privaat nie. Ek het ook nie weer stilgestaan en luister na enige tirade nie, maar eerder weggestap en dinge in ‘n kantoor gaan uitpraat. Sodra ‘n mens opstaan teen ‘n boelie staan hulle gewoonlik terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.