Klag oor ANC glo DA-plakkate verwyder

Joe McGulwa, die DA se Noordwes-premierskandidaat. Foto: Facebook

Die DA in Noordwes het klagte ingevolge die Kieswet teen die ANC aanhangig gemaak nadat “bewyse aan die lig gekom het dat hulle ʼn verkiesingsplakkaat bo-oor een van die DA geplak het” in die tussenverkiesing in wyk 17 in Mahikeng.

“Benewens die verberging van die DA-plakkaat,” sê Joe McGluwa, die DA se premierskandidaat in Noordwes, “was die mislukte ANC so astrant om DA-plakkate opsetlik te beskadig en te verwyder. Net in een straat is 25 DA-plakkate verwyder. Dis ou laai van die ANC voor verkiesings.”

Hy sê hulle het ook die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) genader om die beweerde oortredings te ondersoek. “Dis onwettig om inbreuk te maak op die reg van ander politieke partye om steun te werf en om vry en regverdig aan verkiesings deel te neem.”

McGluwa meen dié soort optrede deur die ANC “getuig van blatante minagting van ons demokrasie, wette en die reëls van die OVK”.

“Ons sal dit nie duld in die aanloop tot een van die belangrikste verkiesings wat ons al in die demokratiese Suid-Afrika gehad het nie.”

Hy sê sy party sal nie huiwer om sulke gevalle aan te meld nie. “Ons sal ook geen vorme van intimidasie, saakbeskadiging of ander misdade duld wat ʼn onregverdige uitwerking of verkiesingsuitslae kan hê en die regte van die mense kan skend om vrylik deel te neem in ʼn politieke en verkiesingsomgewing sonder vooroordeel of onbehoorlike beïnvloeding nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Al ·

Die ANC se arrogansie en gekonkel het geen einde.
Gelukkig sal dit ook tot n einde kom.

De Villiers ·

Die ANC is ‘n wolf in skaapsklere. Hulle roem so op hul demokratiese grondwet, maar pas demokrasie self nie toe nie. Hoe kan hulle verwag dat die landsburgers wetsgehoorsaam moet wees as hulle dan dan hul eie grondwet oortree? Hulle moet dan juis die voorbeeld van demokrasie stel en hoe die grondwet toegepas moet word. Tog verwag hulle van almal om die grondwet na te kom. ‘Practice what you preach’. Iemand wie se oggend- en aandpraatjies verskil, is glad nie betroubaar nie, en dit vervolmaak die ANC.

marous ·

Geniet mekaar gate uit liewe mede stryders van die sprokies verhaal wat nou in ‘n nagmerrie ontaard ! Julle het gevra vir die ghaos en daar is nie meer iemand oor wat die gemors gaan uitsorteer soos lankal terug nie .

jaco ·

het die nattes en die sappe dit nie maar in die ou SA ook gedoen nie?
Diegene wat nou SA regeer het maar net alles by ons geleer.
Goed soos regstellende aksie kom vanaf jobs vir broederbonders en getroue NP lede
En dan was daar ook die ding van “jy is net n goeie patriotiese swart mens as jy ANC stem”. Dis maar dieselfde as “jy is net n goeie Afrikaner as jy Nasionaal stem”
En voor almal my nou kruisig; ek het hierdie goed alles eerstehands in die ou SA beleef. Toegegee alles het darem beter in die ou SA gewerk, maar dit bly n feit; hierdie onregverdige goed het toe ook maar voorgekom.

Hoe nou....... ·

Gaan haal die ANC plakkate af dan sien ons n ander storie ne?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.