Klag oor moontlike bedrog met spesiale stem

Kiesers staan tou om ‘n spesiale stem tydens vanjaar se munisipale verkiesing uit te bring. (Foto: Twitter/IEC)

Die VF Plus het op bewyse van “moontlike omvangryke bedrog” met spesiale stemme in die Drakenstein-kiesafdeling die Wes-Kaap afgekom en het ʼn klag daaroor by die Paarlse polisiekantoor ingedien.

Suid-Afrikaners wat vroeër vir ʼn spesiale stem geregistreer het, kan vandag en môre hul stem uitbring. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Saterdag op Twitter melding gemaak van enkele haakplekke met betrekking tot die stemproses, maar in geheel het dit die eerste dag vlot verloop.

Die VF Plus in die Drakenstein-gebied meen egter daar is bedrog met die spesiale kieserslys gepleeg deurdat veel meer kiesers op dié lys verskyn as wat aansoek gedoen het om ʼn spesiale stem uit te bring.

“Sedert die sluitingsdatum op 4 Oktober vir aansoeke om ʼn spesiale stem uit te bring, het die VF Plus inligting van beweerde ongerymdhede in Drakenstein ontvang,” lui ʼn verklaring deur die VF Plus.

“ʼn Bewys hiervan is gevind toe die party se kandidaat vir wyk 3, Rehan Kruger, met die bekendmaking van die spesiale stemlys op 28 Oktober gevind het dat selfs sý naam op die lys van persone is wat aansoek gedoen het om ʼn spesiale stem terwyl hyself nooit so ʼn aansoek ingedien het nie.”

Volgens die party toon die lys aan dat 1 092 geregistreerde kiesers uit ʼn totaal van 1 110 in wyk 3 aansoek gedoen het om ʼn spesiale stem uit te bring. Dit verteenwoordig 98,38% van die kiesers in dié landelike wyk.

“Dit is duidelik dat daar ernstige ongerymdhede betreffende die lys bestaan en dat daar duidelik met die spesiale stem-aansoeke gepeuter is.”

Die VF Plus het die OVK in Drakenstein asook die betrokke munisipale kiesbeampte genader om kommentaar, maar het geen antwoord ontvang nie en het daarna die klag by die polisie ingedien. “Die party is bewus van moontlike soortgelyke ongerymdhede in ander wyke, maar ondersoek nog die aangeleentheid en sal ook daaroor optree indien nodig.”

Die VF Plus se burgemeesterskandidaat vir Drakenstein, André Fourie, het die klag ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Shakespeare ·

Die land gaan gebuk onder hiper ongerymdheid deur die korrupte ANC/EFF bende. Mugabe “style”. Wees paraat en welgedaan VF+.

Gerda ·

Ons het vandag gaan stem, in Pretoria Oos. Let wel, ek het reeds dit aangemeld by ICE én Wykverteenwoordiger. Ons was 10:30 klaar gestem. Die stembus was n ‘medical waste box’ wat eers nie geseël was nie. Hul “wag” vir regte boks. Geen stoele vir mense wat nie kan staan nie. Geen private hokkie om stem uit te bring nie. Oop en bloot stem jy op n tafel. Wat sou my stem werd wees?

Mariana ·

Sou nie gestem het nie. Reeds baie ongerymdhede en more sal daar nog wees.

Philip ·

Ou Andre Fourie het in die middel en laat 80/90 in Turffontein Johannesburg LP vir die NP in die kiesafdeling gewees maar smaak my dat hy het sy denke ten goede verander.

Adriaan ·

Klink my jy het nog nie gehoor van die baie ongeryndhede tov die Nov 2020 verkiesing wat nou ontbloot word nie.

Anoniem ·

12 maande meer as 80 hof saake, 14 hertellings een volledige oudit en nog steeds geen bewyse!

Adriaan ·

Ek sou jou graag terug wou komplementeer deur te sê jy klink soos Joe Biden maar dit sal beledigend wees.

Buck ·

Ons weet mos hulle kook altyd verkiesings, wat sal die een anders maak

annie ·

… en hou maar die oë oop (nie dat dit sal help nie) vir ‘n paar stem-bokse wat in vol riviere af dryf na nêrens. Hierdie is ‘n eenpartystaat met net ‘n groot show van ‘n kamma-demokrasie. Mens kan dus tog jou stem en jou tyd mors om in die nou-reeds-mode van toue te gaan staan in wind en weer vir die blou pen wat oor en oor op almal se duime gesmeer word… Dan is die virus nie aansteeklik nie…

Retha ·

Wonder wie se afduimpie is so by elke Kommentaar wat waarheid spreek, het vermoede dit weer Piet wat vorige keer so bedrywig gewees het.

Pieter9 ·

Onthou ons het hier te doen met ‘n misdaad-organisasie, niks minder as die Mafia. Verwag bedrog, omkopery en moord-al waarin hulle gekwalifiseerd is.

Pieter ·

Selfde tendens as in die Trump vs Biden verkiesing. Verkiesingsbedrog is te algemeen en verkiesings raak ‘n klug. En ons moet die regering vertrou met Covid? Duitsland se amptelike nuus maak nou my sogenaamde fopnuusbronne betroubaar.

Adriana ·

Ja nee mens kan maar net dink wie is die skuldiges, hul wil die Kaap onttroon, al provinsie in die land waar hul nog die geldkoffers kan plunder

Mieke ·

Ek het gehoor dat mense wat in landelike areas woon, gesê word waar hulle die kruisie moet trek. In ruil daarvoor kry hulle ‘n kospakkie en ‘n T shirt…

Di ·

Daar gaan nog BAIE hiervan gebeur! ANC is desperaat en sal als in hulle vermoe doen om te wen, come hell or high water!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.