Klag teen Afrikaanse sanger ná sy teen gays uitvaar

Sune Botha. Foto: http://www.sunebotha.co.za/

Sune Botha. Foto: http://www.sunebotha.co.za/

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ʼn klag teen ‘n Afrikaanse gospel-sanger nadat sy glo homofobiese uitlatings op haar Facebook-profiel gemaak het.

Sune Botha het glo op die wettiging van gay-huwelike in Ierland gereageer en gesê dit is “siek” en “buite God se wil”. “Soos in die dae van Lot, glo ek persoonlik as God hulle nie straf nie gaan Hy eendag aan Sodom verduidlik hoekom Hy die stede vernietig het… The King is comming!” [sic], het sy geskryf.

'n Skermskoot van Botha se Facebook-profiel.

‘n Skermskoot van Botha se Facebook-profiel.

Sy het later ook geskryf dat God homoseksualiteit “haat” en gesê sy sal nie haar opinie verander nie, aangesien sy op Facebook skryf wat God vir haar sê om te skryf. Haar inskrywings het hewige reaksie op dié sosiale media platform ontlok, met mense wat met haar standpunt saamgestem het en wat negatief daarop gereageer het.

Isaac Mangena, woordvoerder vir die MRK, het bevestig ʼn klag teen Botha word ondersoek. “Die kommissie is tans besig om die saak te evalueer,” het hy gesê.

Botha is ʼn gospel-sanger wat een CD, U alleen is God, in 2013 vrygestel het. Volgens haar webtuiste het sy die album uitgereik “om mense te inspireer, hulle hoop te gee met die wete God is in beheer en Hy sal jou help hetsy dit egskeiding, siekte of dood is”.

Botha se agent kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

132 Kommentare

jongste oudste gewildste
anon

wat is fout met gay wees ek het goeie vriende wat gay is en n familielid so sys nogal n sangeres wat vingerwys na gays

Tandloos

Ai, so ‘n pragtige meisie, ekt so baie wat ek vir haar kan sê. Ek wil graag voorstel dat sy met ‘n leraar sal praat wat wel goed in die Sielkunde gekwalifiseerd is, voordat sy weer sê god praat met haar. Al gevolgtrekking wat ek kan maak is dat sy ‘n god aanbid wat nie dieselfde GOD as myne is nie. My GOD sê aan HOM alleen kom die oordeel toe! Ek sal aanraai sy bely aan haar god dat sy deur ‘n veroordelende gees besit word en haar self hoër ag as haar medemens. Hoop net nie sy eet… Lees meer »

ig

Wag maar totdat iemand naby aan haar of n kind van haar uit die kas klim dan sal haar seining verander.

RV

Levitikus 20: 13 If a Man also lie with mankind, as he leith with a woman, both of them have committed an abomination: They shall surely be put to death.

noedels

Die Wood van God is baie duidelik oor dit…. hoe lief ons ook al vir die person is, kan ons nie die daad goed praat. Dit help ook nie mense bly die Woord vertaal om hul gedrag te regverdig en goed te praat nie. Net n persoon wat nie n persoonlike verhouding met God het nie sal voorstel sy moet iemand gaan sien…. n persoonlike verhouding met die Vader maak dat jy Sy stem ken. En verder hoef Hy nie weer te se wat baie duidelik in die Woord staan nie…..