Klag teen Afrikaanse sanger ná sy teen gays uitvaar

Sune Botha. Foto: http://www.sunebotha.co.za/

Sune Botha. Foto: http://www.sunebotha.co.za/

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ʼn klag teen ‘n Afrikaanse gospel-sanger nadat sy glo homofobiese uitlatings op haar Facebook-profiel gemaak het.

Sune Botha het glo op die wettiging van gay-huwelike in Ierland gereageer en gesê dit is “siek” en “buite God se wil”. “Soos in die dae van Lot, glo ek persoonlik as God hulle nie straf nie gaan Hy eendag aan Sodom verduidlik hoekom Hy die stede vernietig het… The King is comming!” [sic], het sy geskryf.

'n Skermskoot van Botha se Facebook-profiel.

‘n Skermskoot van Botha se Facebook-profiel.

Sy het later ook geskryf dat God homoseksualiteit “haat” en gesê sy sal nie haar opinie verander nie, aangesien sy op Facebook skryf wat God vir haar sê om te skryf. Haar inskrywings het hewige reaksie op dié sosiale media platform ontlok, met mense wat met haar standpunt saamgestem het en wat negatief daarop gereageer het.

Isaac Mangena, woordvoerder vir die MRK, het bevestig ʼn klag teen Botha word ondersoek. “Die kommissie is tans besig om die saak te evalueer,” het hy gesê.

Botha is ʼn gospel-sanger wat een CD, U alleen is God, in 2013 vrygestel het. Volgens haar webtuiste het sy die album uitgereik “om mense te inspireer, hulle hoop te gee met die wete God is in beheer en Hy sal jou help hetsy dit egskeiding, siekte of dood is”.

Botha se agent kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

132 Kommentare

anon ·

wat is fout met gay wees ek het goeie vriende wat gay is en n familielid so sys nogal n sangeres wat vingerwys na gays

MRK = Mees Rassistieke Klomp ·

Die MRK is ‘n groep uiterste rassite wat dubbelstandaarde het. Eerstens ondersoek hulle net sake waar swartes na bewerimg benadeel word. Die MRK haat blankes en hulle uitsprake is belaglik en meetal anti-blank. Gays maak ‘n baie klein deel van die Suid-Afrikaanse bevolking uit, en hulle (minderheidsregte) moet mos altyd beskerm word.

Die MRK maak egter nooit beswaar teen die ANC se rassistiese grondwet en optrede wat teen blankes diskrimineer by sake soos regstellende aksie, swart bemagtiging, ens nie.

Hang net ‘n bordjie “slegs blankes” by ‘n toilet op, dan is die hele span van die MRK binne ‘n uur daar.

Daar word teen miljoen blankes in Suid-Afrika op die mees rassistiese maniere gediskrimineer, maar die rassite in die bestuur van die MRK vind geen probleem daarmee nie.

Daar is geen menseregte vir blankes in Suid-Afrika nie.

stemsaam ·

Ek stem heeltemal saam. Jy het die reg tot opinie en dan word dit altyd uit verband geruk.

anon ·

Gaan lees die woord van God en verstaan dit reg. Gay wees is sonde. God maak man en vrou vir mekaar. Gaan vra jou predekant om jou te verduidelik waarom dit verkeerd is. As jy wil sal ek vir jou verduidelik. Laat weet my net. Vriendelike groete.

Wendy ·

We all have the right to our own opinion. She’s a christian and is allowed to act out her own beliefs. Just like everyone else in our country. Or does that only apply to certain groups. What happened to Ubuntu then.

Dave ·

Exactly as you say, Wendy. Do they really even want to forbid people to express their opinions? And, it is not even done in a public newspaper but on her personal Facebook.

André ·

Lev 18:22 ; Lev 20:13 ; Mark 7:20 tot 23 en talle meer tekste in Die Bybel spreek teen homoseksualiteit. Die Bybel sê ook ons moet sonde haat. So ek stem saam met haar

Anoniem ·

Hi! Dan is skei ook sonde – hoop jy ken nie enigeiemand wat geskei is nie! En Genesis 19:30-38 maak ook nogals mens se oë oop, né?

André ·

Ja, dit is. So ook om te begeer wat nie joune is nie. So ook om nie goed te doen nie. Of ek dit gedoen het of nie, verkeerd is verkeerd. Dit is hoekom ons om vergifnis moet vra, en bid vir wysheid om dit nie weer te doen nie

Araellis ·

Andre, het jou Byble net ‘n Ou Testament? Kom so voor.
Aangesien jy nie die Nuwe Testament tot jou beskikking het nie neem asseblief kennis van die volgende:
“Johannes 13 : 34-35
13.34 ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
13.35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”

“The Old Testament prepared humanity for the Gospel of Jesus Christ as told in the New Testament, and so it can be said that “the New is in the Old contained, and the Old is in the New explained” (W. Graham Scroggie). ”

Daar is ‘n Nuwe Testament, met rede.

Tandloos ·

Ai, so ‘n pragtige meisie, ekt so baie wat ek vir haar kan sê. Ek wil graag voorstel dat sy met ‘n leraar sal praat wat wel goed in die Sielkunde gekwalifiseerd is, voordat sy weer sê god praat met haar. Al gevolgtrekking wat ek kan maak is dat sy ‘n god aanbid wat nie dieselfde GOD as myne is nie. My GOD sê aan HOM alleen kom die oordeel toe! Ek sal aanraai sy bely aan haar god dat sy deur ‘n veroordelende gees besit word en haar self hoër ag as haar medemens. Hoop net nie sy eet vark of prawns nie. Hoop ook nie sy dra kledingstukke van wol, katoen en sy tesame nie! En nee, ek is nie gay nie….net al oud en lank innie tand. My GOD sal NIE SO N BELANGRIKE TAAK as OORDEEL delegeer aan ENIGE skepsel, behalwe aan SY SEUN JESUS CHRISTUS NIE!

HFC ·

Tillie Ellis, ig en tandloos die meisie sê maar net wat in die Skrif staan, so dis nie haar oordeel nie maar die Almagtige se opdrag wat die “Gay wees” daad as ‘n gruwel beskou.

Elizabeth ·

Leë vat hou toe jou kraan, dan sien hulle jou dalk as ‘n volle aan.
Met dank aan C.J Langenhoven vir hierdie stuk wysheid.

CHRISTA ·

In die Nuwe Testament word dit herhaal dat homoseksuele dade sonde is! CHRISTUS se sterwe het nie moord, verkragting, homoseksuele dade, ens, kom goedpraat nie. Hy het net gesê as jy Hom aanneem as Verlosser EN WEGDRAAI VAN JOU SONDIGE WEË en Hom volg, is jou sondes vergewe. Maar jy kan nie voortgaan daarmee nie!!!

Liefde ·

Welgedaan Christa. Sune het heel tereg die goedkeuring deur wereldse owerhede van gay-huwelike veroordeel; NIE noodwendig die mense wat dit sou doen nie. God self se dit is vir Hom ‘n gruwel; m.a.w. die grootste vorm van sonde wat bestaan. Baie kerke, regerings en mense prober almal tevrede stel; en dit is die grootste en sekerste resep vir mislukking. Jesus self het sonde ELKE keer veroordeel; – dink maar aan die owerspelige vrou wat betrap is; MAAR Hy het haar in LIEFDE vergewe; en dan aan haar gese; “gaan; en sondig nie meer nie”. Sielkundiges en godsdiens (diens aan-en-in God) het NIKS met mekaar te maak nie. Probeer liewer om gay mense in liefde na God te keer; as om Sy wil te interpreeter en te plooi om die “moderne” mens te akommodeer.

werner ·

Die kwessie hier is of ons gaan toelaat dat ons forseer word om homoseksualiteit as reg en goed te aanvaar. Seks is bedoel vir die huwelik tussen een man en een vrou. As ons iets anders as dit as reg aanvaar, waarom dan nie ook bloedskande, bestialiteit of seks met kinders nie? Die Here het wel die vrou wat owerspel gepleeg het vergewe, maar nie haar sonde goedgekeur nie en gese – gaan en moenie weer sondig nie.

Die staat se opdrag is om reg en geregtigheid te laat geskied. Ons weet dat omdat roof en moord in baie gevalle gestraf word nie, dit ons in gevaar stel. Dis omdat diefstal van geleenthede (BEE en AA, grondgryp) deur die staat tot regmatig verklaar is, dat die land agteruitgaan ekonomies. As homoseksualiteit as regmatig aanvaar word, sal dit die land moreel ook verder laat agteruitgaan.

So veroordeel die daad, vergewe die dader.

Dave ·

Jy sien Tandloos, oud en lank in die tand soos jy is, is jy ook onervare genoeg om in dieselfde strik te val as vele mense wat die woord ‘oordeel’ misbruik. En ek sal nie so gemeen wees soos jy wat beweer dat sy ‘n ander God as ons dien nie, want dit blyk nie so te wees nie. Ek sal nie eens ‘n mening uitspreek oor haar opinie rakende die betrokke onderwerp. Wat ek wel vir jou wil sê Tandloos, sit jou tande in en dink ‘n slag. Wanneer iemand God se Woord kwoteer kan dit nooit ooit oordeel wees nie. Nie as gesê word Die Skrif sê….. Die debat kan eerder wees oor of saamgestem word met hòe sy daardie Skrif lees en verstaan met inbegrip van agtergrond en omstandighede en in watter konteks dit gesê is en of nie met haar vertolking saam gestem word nie. Daardie aanvalspunt wat jy hier wil gebruik is nie werklik van toepassing want sy het bloot die Bybel kwoteer soos sy dit verstaan.

ig ·

Wag maar totdat iemand naby aan haar of n kind van haar uit die kas klim dan sal haar seining verander.

Uit die kas.... ·

As jou kind uit die kas klim en jou vertel hy is ‘n pedofiel, sal jy dan Pedofiele goedpraat? Wat van die menseregte van pedofiele?

Alles hang sekerlik af van jou eie waardes en standaarde. Sal jou waardes verander as jou kind uit die kas klim ……

RV ·

Levitikus 20: 13 If a Man also lie with mankind, as he leith with a woman, both of them have committed an abomination: They shall surely be put to death.

chris van Heerden ·

Waar de hel val jy uit me Levitikus versies het jy die res van die boek gelees? of het jou tande uit geval toe jy hierdie raaklees?

Ester ·

Nuwe Testament – Romeine 1 (lees die hele hoofstuk) tot die laaste vers: die wat dit goedkeur gaan ook gestraf word.

Danie ·

Nie net in Levitikus staan dit nie maar in Romeine ook. Paulus waarsku ook die mense daarteen. Kyk net in die Bybel vir antwoorde oor wat jy mag en nie mag nie. Om te oordeel is verkeerd maar om stil te bly beteken nie dat die daad geregverdig is nie.

Berhalet Beukes ·

In Matteus 7:1-2 sê die apostel: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle ander oordeel, sal oor julle geoordeel word en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.”
Daar bestaan verskeie verwysings in die Bybel wat vir ons sê dat ons nie oor ander mag oordeel nie. So byvoorbeeld lees ons in Luk. 6:37, “Moenie oordeel nie en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry en julle sal vrygespreek word.” Ook in Rom 2:1 sê Paulus: “Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ’n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ’n ander ’n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.”

Elizabeth ·

Hierdie siening en interpretasie van sommiges hier van Matthéüs 7:1 is dom en logies teenstrydig. As alle oordeel verbode is, is dit ook verbode om iemand vir veroordeling te oordeel! Om iemand vir oordeel te oordeel word immers ook deur hierdie (vals) interpretasie van Jesus se woorde, “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie” verbied!
In wese is die enigste ding wat dus met oordeel verkeerd is dat verskeie dinge en mense verkeerd is, en dat die enigste deug is om alles te verdra. “Ek’s OK en jy’s OK!” Daar is geen absolute standaard nie; alles is relatief en net oordeel word verbied. Om te oordeel is dus sonde—as daar nog iets soos sonde is!

noedels ·

Mense hou daarvan om die skif aan te haal as die RES van die Woord hulle challenge op verkeerde keuses. …. :D

anon ·

Ek dink jy verstaan die Bybel verkeerd hahaha. Doen Bybelstudie dan sal jy agter kom dat die enigste saak waaroor ons nie mag oordeel nie is om te sê of ieman gered is of nie. Dit is God se werk daai. Dit is bloot n vermaning as ons as gelowigis in ons Here Jesus Christus vir gay mense sê om te staak waarmee hulle besig is want dit is sonde. Asb doen intiem Bybelstudie en lees kommentare. Dit help om die woord REG te verstaan. Sterkte

noedels ·

Nee jong lyk my mense ken net een bybelvers. … moet nie oordeel nie! Die Woord oordeel jou as jy verkeerd doen ….. lees asb ook die res van die Woord. Jy gaan alle sonde regverdig as jy net een versie ken ….

noedels ·

Die Wood van God is baie duidelik oor dit…. hoe lief ons ook al vir die person is, kan ons nie die daad goed praat. Dit help ook nie mense bly die Woord vertaal om hul gedrag te regverdig en goed te praat nie. Net n persoon wat nie n persoonlike verhouding met God het nie sal voorstel sy moet iemand gaan sien…. n persoonlike verhouding met die Vader maak dat jy Sy stem ken. En verder hoef Hy nie weer te se wat baie duidelik in die Woord staan nie…..

Rudolph ·

Hoop vir haar part haar man het nie met haar getrou om sy ouers, die kerk en gemeenskap soos julle tevrede te probeer stel nie. Haar eerder as sy beste vriend te sien, die ma van sy kinders, die plig van seks met haar een maal ‘n maand. So skyn huwelik wat gay mans as hulle opoffering sien op aarde om die hemel te moet jailbreak. Ek het nuus vir jou my ou, Jesus ken ook jou hart – eendag gaan hy jou vra waarom jy ‘n laaang getroude leuen geleef het …..

Berhalet Beukes ·

Sy het ja, maar sy mag nie namens GOD oordeel nie, dis ‘n sonde! God is Heilig, God is Almagtig en God is Groter as die menslike begrip. Sy moet dalk versigtig wees om haar opinies bo GOD se gebooie te plaas. As sy mense in die Woord wil lei en leer, moet sy onberispelik en sonder blaam wees. Ongelukkig trap sy in ‘n strik deur veroordelend te wees.

HFC ·

Berhalet die meisie het nie volgens haar oordeel besluit wat reg of verkeerd is nie maar net gesê wat die Skrif sê reg of verkeerd is. Onthou “Do not shoot the messenger if you do not like the message”

Rudolph ·

Hoop vir haar part haar man het nie met haar getrou om sy ouers, die kerk en gemeenskap tevrede te probeer stel nie. Haar eerder as sy beste vriendin te sien, die ma van sy kinders, die plig van seks met haar een maal ‘n maand. So skyn huwelik wat gay mans as hulle ‘opoffering’ sien op aarde om die hemel te moet jailbreak. Ek het nuus vir jou my ou, Jesus ken ook jou hart – eendag gaan hy jou vra waarom jy ‘n laaang getroude leuen geleef het ….. en aan sy vrou waarom sy die leuen stilweg aanvaar het ? ‘n Huwelik is heilig – tussen twee mense wat mekaar wil opvreet – nie ‘n lewense lange kruis wat jy moet dra nie.

Jacob ·

Die Bybel maak die saak tog so eenvoudig en duidelik. Waarom boekdele skryf om ‘n ander opvatting te probeer bewys.

Tillie Ellis ·

Die God wat ek lief het, is vir ons almal lief en het ons almal geskape net soos ons is. Hoe sal sy voel as ‘n wet haar verbied om met die mens wat sy lief het te trou? En wat maak haar beter as ‘n gay persoon ? Besef sy nie met hoeveel emosionele probleme mense wat gay is sit agv die vooroordeel van mense soos sy wat hulself ‘christene’ noem nie?

Vasthi ·

As God se Woord so se…….. Dan is dit so! Ek praat uit ondervinding! Ja my eie seun was 9 jaar lank in die “gay” leefstyl soos almal dit noem! Maar hy is vandag n vry man! Want wat Jesus vir hom gedoen het – het hy gevat en geglo! God haat die sonde! Nie die sondaar nie! Kry die mense jammer wat so vasgevang is in satan se leun en dan praat mense dit goed. Maar weet dat ons gebed is dat jul geopende oe sal he en vry kom van daardie leefstyl! Diep binne in jou weet jy dat dit verkeerd is! Jesus het jou lief!

chris van Heerden ·

Vasthi ek belowe jou vandag hang hy in sy midagete in die publieke toilete rond soos wat al die ander “vry mans” dit doen. Ja soos jy se Jesus het jou lief. (vir almal)

Jacques ·

Chris, baie waar woorde. Vasthi leef in ‘n droom wereld. Wanneer God my geskep het, het hy nie ‘n fout gemaak nie. Daar le vandag hoeveel grafte van kinders wat nie die druk kon/kan hanteer van heteroseksuele ouers wat hulle eie kinders verwerp as gevolg van “wat ander mense dink”

Dan ·

@Chris van Heerden – duidelik ken jy nie die ware God nie, want jy glo nie in die wonderwerke wat hy doen nie. Vasthi, die ma van die seun wat gay was, sê duidelik dat hy vandag vry is daarvan – maar jy het waaragtig die arrogansie om haar te “belowe” nogal, dat die seun daagliks “in publieke toilette rondhang”. Wanneer jy (hopelik vir jou) die ware lewende God eendag ontdek, sal jy self ervaar dat by Hom NIKS onmoontlik is nie. Jy en jou tipe kan ook kennis neem dat homoseksualiteit nie net by God ‘n gruwel is nie, maar by baie mense ook. En geen instansie of mens of regering of wie ookal wat probeer om die Bybel te herskryf sal hul mensgemaakte idees op my afdwing nie. Ek luister wat God sê, nie na “slim” mense nie.

uncle Vans ·

Ja ! .. Jesus het ons almal lief , so lief dat Hy vir elkeen kom sterf het aan ń ruwe hout kruis, Hy was geslaan, gevloek, beledig, Sy baard is uit Sy gesig geruk ………. sodat elkeen wat in Hom glo, gered word. Elkeen wat Hom aan geneem het as Verlosser en Saligmaker het Hy die reg gegee om kind van God genoem te word.
As ons in iemand glo, dan moet jy mos glo waarvoor daardie persoon staan. Daarom sê Jesus in Sy Woord : “if you love Me , you will keep My commandments “. Johannes 14:15.
Die Woord is aan ons gegee as ń lig op ons pad en ń lamp vir ons voete. Psm 119: 105.
In Psm 119:9 word gesê dat ons ons weg suiwer hou deur Sy Woord.
Na die wedergeboorte, sê Jesus in Sy Woord dat as jy jou hand aan die ploeg slaan en omkyk , jy nie geskik sal wees vir die hemel nie . ( dit verwys na moedswillige sondes , om te besluit om Hom te volg maar steeds aan jou ou sondige lewe vas te klou) . Luk as 9:62
Jesus sê ook vir ons dat ons die koste moet bereken voor ons besluit om Hom te volg . Luk as 14:28.
God is ń God van liefde …ja ….. maar Hy is ook ń heilige en ń regverdige God, wat nie sonde kan en sal aanvaar nie. Toe Jesus aan die kruis ons sonde op Hom geneem het, het God Sy aangesig weggedraai, dat Jesus uitgeroep het My God , My God , waarom het U my verlaat.
Daarom sal God die Vader niemand na Hom toelaat wat Hom nie kan nader deur Jesus Christus Sy Seun nie.
Ja God het elke sondaar lief en wil nie hê enige iemand moet verlore gaan nie…………maar die keuse o mens! …….lê by jou…
Of jy nou gay , straight, leuenaar , pedofiel, dief, moordenaar, egbreuker….wat ookal is as jy nie die Here Jesus Christus ken as Verlosser en Saligmaker nie , jy verlore is en as jy Hom aan geneem het en kind van God is , leef dan soos ń Koningskind nie in die slykpoele van die satan nie

Hendrik ·

Hou op om die Bybel te verander, soos dit julle pas, sy is reg, en sy dien die regte GOD. Dit staan in die Bybel, ons is op die einde, want soos in Noag te tyd, so is dit besig om te gebeur, alle sonde is volgens die meeste mense reg om te doen.

Jacques ·

Sover dit my aangaan het ons ‘n liefdevolle God. My God maak nie foute nie. My ouers is lief vir my en oordeel my nie op die manier soos wat God my geskape het nie. Hulle aanvaar my soos ek is. Moenie oordeel oor iets wat jy nie ken nie. Ek is gay en baie trots op die feit dat ek in ‘n kerk is waar mense besef dat hulle sonde nie groter of kleiner is as myne nie.

noedels ·

Dis reg Jacques net soos gay n sonde is…is steel, Moor ens ook n sonde. Ek kan jou nie oordeel v jou sonde nie want ek is nie sonder sonde nie. Die verskil is net dat meeste gay mense aandring dis nie n sonde en almal om hulle wil aanval wat die Woord aanhaal. Die Woord v God word herskryf om hul ni te offend ni. As ek steel is ek n dief en die Woord is baie duidelik daaroor. Natuurlik is God en my ouers nog lief vir my, maar in die liggaam van God is ek onakkuraat en oneffektief totdat ek repent en dit nie weer doen.

BenVicks ·

Daar is vandag baie mense wat n god uitdink wat hul pas. n god van hul begeerte, hul verbeelding. Hul god is nie die God v d Bybel nie. Hul godjie keur als goed wat hul begeer! Losbandigheid, onreinheid, sodomie, als! Hul verwerp die God van Romeine 1. Hy pas nie in hul sondige lewe nie. Daarom word Rom.1 ook waar in hul lewe! God het hul oorgegee!

Tandloos ·

Ek ken SY STEM….dis die Stem wat sê: moenie veroordeel nie, moenie kritiseer nie, moenie vyandskap veroorsaak nie! …..dis die STEM VAN MY GOD! N stem wat sê jy moet OORDEEL EN HAAT wat nie soos jy dink en doen nie, kom nie van die GOD wat Hemel en aarde geskape het nie. Ek is SO BLY soveel Maroela-lesers is SONDER sonde. Ons gaan eendag in die lewe hierna, ‘n heerlike Maroela-reunie hou!!!!!!!

Rassie ·

Duidelik weet sy nie waarvan sy praat nie. Sy het nog ‘n groot gebrek aan lewens ervaring…

Liza-Nel ·

Martin Luther is bekend vir sy bekende weerlegging van die humanis Erasmus aan die begin van sy “Die geknegte wil”, waar hy sê dat ‘n belydende Christen moet oordeel (ooreenkomstig Bybelse waardes), so nie openbaar hy dat hy nie ‘n gelowige is nie. “Om nie in verklarings genoeë te hê nie, is nie ‘n kenmerk van die hart van ‘n Christen nie; om hoegenaamd ‘n Christen te wees, moet ‘n mens vreugde vind in verklarings. Sodat ons nie deur woorde mislei word nie, laat my dadelik sê dat ek met ‘verklaar’ bedoel om standvastig by jou standpunt te bly, dit te stel, dit te bely, dit te verdedig en onoorwonne daarmee te volhard . . . Ek praat daarvan om te verklaar wat ons in die Heilige Skrif van bo gegee is . . . Neem dié verklaring weg en jy neem Christendom weg. Die Heilige Gees is immers uit die hemel aan Christene gegee sodat Hy Christus in hulle sal verheerlik tot die dood toe—en wat is dit anders as ‘n verklaring, om te sterf vir wat jy bely en beweer?” Dan vra Luther aan Erasmus (en alle moderne, polities korrekte skeptici) “Wat is hierdie nuwerwetse godsdiens van jou . . . dat jy die bevoegdheid om te die besluite van die mens te oordeel van ons wil wegneem en ons dwing om ons, sonder kritiek daarvan, by menslike beslissings neer te lê? Waar in die geskrewe Woord van God word ons geleer om dit te doen?”

Pieter ·

Die volgende aanhaling is verbatim van Ray Comfort:
”If you ever get to preach in the open-air, don’t let angry reactions from the crowd concern you. A dentist knows where to work on a patient when he touches a raw nerve. When you touch a raw nerve in the heart of the sinner, it means that you are in business. Anger is a thousand times better than apathy. Anger is a sign of conviction. If I have a argument with my wife and suddenly realize that I am in the wrong, I can come to her in a repentant attitude and apologize, or I can save face by lashing out in anger. Read Acts 19 and see how Paul was a dentist with an eye for decay. He probed raw nerves wherever he went. At one point, he had to be carried shoulder height by soldiers because of the ”violence of the people”(Acts 21:36). Now there’s a successful preacher! He didn’t seek the praise of men. John Wesley told his evangelist trainees that when they preached, people should either get angry or get converted. No doubt, he wasn’t speaking about the ”Jesus loves you” gospel, but about Sin, Law, Righteousness, Judgment and Hell.”

Berhalet Beukes ·

Jy mag nie oordeel nie. Dit is ‘n GEBOD van God. Oordeel kom Hóm alleen toe en ons sondig as ons oordeel!

HFC ·

Om te sê wat die Skrif voorhou oor wat reg of verkeerd is, is nie oordeel. Die Skrif (ons Almagtige Vader) oordeel jou en as jy iemand slegs vermaan oor wat daar staan is jy nie besig om te oordeel maar net die boodskapper. Die Skrif sê ons moet mekaar vermaan.

Sonia ·

Hierdie is ‘n moeilike een. Ek het soveel mense in my lewe, vir wie ek bitter lief is, wat homoseksueel is. Al wat ek weet is dat ek elke dag net kan bid vir myself “Here, wees my arme sondaar genadig!”

blom ·

Niemand het die reg om te oordeel nie. Dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, gaan jy ge-oordeel word (of is dit dalk veroordeel)

Reinette ·

So wat julle almal se is dat dit verkeerd is om te se sonde is sonde, so wat julle vir my probeer se is dat wanneer iemand moor, verkrag ens moet ons ook maar net se, ag dis ok, want ons mag mos nie oordeel nie!!

stephan ·

Voel die mense so ook so sterk teenoor egbrekers/ egbreeksters (geskeide mense), kinders wat teepraat met hul ouers, leuenaars, geweldaards en enige ander sonde wat God verafsku? AS gay-wees sonde is, wat maak dit n groter sonde as enige ander?

HFC ·

Die verskil is miskien omdat mense nie heeldag probeer regverdig dat al die ander sondes reg is nie soos in die geval van gay wees.

stephan ·

Iets wat ek ook nog altyd interesant vind is dat Jesus self, nooit iets daaroor gese het nie (in die nuwe testament). As dit so n verskriklike issue was, dink jy nie Jesus sou self daaroor gepraat het nie? Wonder maar net…

Riaan ·

Sy oordeel nie …. Sy sê maar net wat in die Bybel staan, en dit is BAIE EENVOUDIG.

JP ·

Jesus het gesê : Volg My! Nie Christene nie. Is al wat ek te sê het…

marie ·

Elke mens is seker geregtig op sy/haar opinie. Of is dit net Malema wat mag sê wat hy wil. Wat is so spesiaal aan gays dat sy nie haar opinie mag lig nie. As iemand vir my se ek is ‘n vrou gaan ek my nou glad nie opruk nie. Ek het persoonlik niks teen gays nie, maar moenie julle (gays) so opwerk as iemand iets oor julle sê nie.

Mooi gestel ·

Mooi gestel!

Gelukkig is daar ook normale mense, wat nie so “gay korrek” is nie.

Francois ·

Sune kan maar aan ‘n eier gaan suig…sommer ‘n volstruis eiere om haar bek NOG groter oop te rek. Ek is GAY, TROTS en Getroud met ‘n MAN….Ek wonder of sy nie dalk moet kyk of HAAR man nie agter die deur staan nie…sy sal NOOIT weet nie. As God ons nie hier wou he nie, sou hy ons nie gemaak het nie.

Dit was nie my keuse om so te wees nie, ek’s so gebore. Wanneer het sy gekies om straight te wees…of is sy so gebore?

CHRISTA ·

As jy glo jy is so gebore, is pedofiele nie ook so gebore nie? Waarom moet hulle dan tronkstraf uitdien? Ons KIES ons leefwyse!!

nig ·

Christa oeee maar jy wil darem graag orals ‘n eiertjie lê ne! Hoe kan jy nou pedofiele met homoseksuele mense vergelyk pop? Homoseksuele mense doen nie kinders skade aan nie. Aits maar jy is darem slim jong JOE!

Dave ·

Nig, is dit met opset dat jy Christa verkeerd verstaan? Jy het haar nie geantwoord en sy het ‘n absoluut debateerbare punt genoem. Sy kon net so wel van kleptomane gepraat het en nie pedofiele. Wat sy jy dan vir haar gesê het?

Appels ·

My goeie hel Christa. Haal heeltyd die pedofiel kaart uit. Jys n spesiale soort… appels en appels asb.!

Jy kan sê wat jy wil met jou perfekte lewe en als maar jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Seker ‘n arme huis tannie wie se lewe tog net so perfek geloop het tot nou toe.

Ek is gay. Ek weet nie hoekom nie. Baklei en bid dit nog my hele lewe lank. Jy het nie ‘n idee of kan eers begin om te dink wat ek al deur is nie. Selfmoord is tog so baie ‘n opsie… maar dis ook verkeert. So wat doen mens as bid EN hoop EN praat EN EN EN… En niks help nie? As depressie al so diep in jou is dat jy nie reg funksioneer nie? Vrede maak? Hoop dat jy ‘n lewe kan ly waar jy een persoon kan ontmoet en lief hê soos ek hoop jy een persoon het? En maar net hoop en bid dat as jy wel eendag die kans kry om voor die hemel te verskyn dat dit een of ander siek grap was en dat jy toegelaat sal word?

Dis wat ek hoop; in my eie christelike fantasie… dat God my sal aanvaar eendag. Dat Hy vir my sal sê; weet jy, jy het jou lewe goed gelei beter as meeste van die mense wat hul hele lewe aan my toegewy het beter as al die vals profete; beter as n Brakpan meisie wat klaarblyklik met getroude mans rond neuk (so I’ve heard…)

Dit maak seer as mense so is. Eie opinie of nie. Ek sê altyd net vir myself dat God alleenlik my eendag sal oordeel. As dit ek en Hy alleen is, sonder ‘n Sune Botha aan sy regterkant. En al staan ek nie eendag daar nie. Kan ek jou belowe Sune gaan nie vir ‘n moer daar wees om jou die thumbs-up te gee nie.

Gina ·

Ons is almal in sonde ontvang en gebore. Daarom moet ons ons bekeer, ons ou lewe agterlaat, God se Heilige Gees toelaat om ons begeertes te verander en Hom volg….Sy volle woord uit te lewe en nie net die wat ons pas nie. Ons kan nie ‘n lewe leef wat teenoorgesteld is van wat God gese het en dan nog se ons is ‘n christen nie. ‘n Christen is nie net iemand wat in God glo nie….. ‘n christen is veronderstel om so lief te wees vir God, dat sy eie wil en begeertes nie so belangrik is as om God se volle Woord uit te leef nie. Dit beteken nie dat ons lelik moet wees teenoor ander mense wat dit nie soos ons sien nie, maar ons kan dit ook nie goedkeur omdat ons hul jammer kry nie. Ek glo nie in egskeidings nie, ook nie drinkery ens. nie. Ek het familie en vriende wat geskei was en ek behandel hulle soos alle ander. As hulle egter my opinie vra tov dit, dan erken ek dat volgens my dit verkeerd is….. en ja ek het ook gay familielede. Ek keur nie hul lewensstyl goed nie en is nie op ‘n kuier-basis met hul nie….lol, ek sien meeste familie nie baie nie, maar ek as christen, kan nie goedkeur wat God afkeur nie. Ek oordeel nie, ek herhaal God se oordeel, ek leef my lewe as christen uit deur “nice” te wees met almal, maar my opinie berus op God se woord……. en ek glo dat tot jy oud en grys of kort voor jou dood, God nog steeds ‘n sondaar kan laat omkeer en sy lewe regmaak, daarom kan ek nie se enige iemand gaan hel toe nie, want net God weet wie Sy woord ten volle gaan aanvaar en wanneer….. en wie nie. Die oordeel berus dus net by God en nie by my nie, maar ek kan dus ook nie goedkeur wat Hy afkeur nie.

noedels ·

Laat ons mekaar dan nou nie verder hier “veroordeel” nie, maar kom ons gaan na die Woord van God toe en kyk wat se Hy oor hierdie saak. Wanneer ons Woord aanhaal is dit nie om mense te oordeel nie, maar die Woord van God is soos n leniaal en as dit teenoor n skewe lyn gemeet word, sien jy duidelik hoe skeef die lyn eintlik is….. so glo ek dat elkeen met sonde (en dis ons almal) hom of haarself maar moet meet teenoor die reguit leniaal, die meetsnoer, en self die sommetjies maak oor hoe skeef ons lyn nou eitlik is….. Moordenaar, Dief, Homoseksueel, Kwaadprater, Skinderbek, Verkragter, Liegbek ens…. judge jouself teenoor die Woord van God. (ps. daai oproep van die werk af vir jou privaat gebruik is ook steel)

Bid eerder vir die MRK ·

Ek dink julle moet eerder vir die MRK se sondes bid!

Het Ero ·

Gaan lees 1 Korintiërs 6 verse 9 tot 11. Beoefening van homoseksualisme is ‘n keuse wat jy uitoefen en dit is ‘n sonde. Beoefenaars daarvan sal geen deel hê aan die Koningkryk nie. Maar, soos ander sondes, sal dit jou vergewe word as jy dit berou en bely en beoefening staak. Veel duideliker sal ons dit nie kry as in daardie teks nie.

Anne ·

Dis altyd so lekker om die liedere van valses te hoor… dit maak die sagte liedjies van die wat waarheid sing soveel mooier. As jy die Bybel wil aanhaal, maak bitter seker jy KEN die Bybel en nie ‘n ou versie wat jy buite konteks aanhaal nie. As jy ander wil oordeel, maak bitter seker jou ou huisie is skoon. En as jy ons God van LIEFDE se stembuis wil wees, maak bitter, bitter seker jy ken Sy taal…

Agnes ·

dis geen kwessie van wat menseregte of oordeelsmense of wat jy hulle ook al wil se nie, daar is net Een wat besluit en dit kan ons waarneem uit die Woord van God. Net Hy het seggenskap en geen mens mag sy Woord in twyfel trek nie. Jammer om dit as feit te stel maar God se Hij haat homoseksualiteit soos baie ander dinge waarmee menseregte hulle besig hou .

Pastor Zee ·

Jinne jitte ons weet almal by die tyd wat die bybel voorskryf, maar is dit werklik die woord van God? Ek kan sien hoe onkundig party mense is. Die bybel is so verdraai! Wake up and be aware of being aware. Daar is absoluut niks fout met gay mense nie en toemaar, dit steek nie aan nie. God het al Sy skepsels lief, nes hul is.

CHRISTA ·

Ja Pastor Zee – soos die Amerikaanse pastor wat al sy volgelinge oorgehaal het om saam met hom selfmoord te pleeg!!!

nig ·

Christa wat het DIT nou met die berig of gays te doene? Uggg julle mense…

Daan ·

Gaan die gesprek oor oordeel of Gay wees? Ek wonder maar net, dit is so maklik om oor “jy mag nie oordeel nie” mense te oordeel. Regters veroordeel mense en gee hulle straf, is dit nie oordeel nie?

Het ons nou deesdae so geword, ons word bang gemaak om iemand of iets te oordeel, moet ons nou maar net stilbly en dan eintlik alles wat verkeerd is goed te keur? As ons regtig soos Jesus lief vir ons medemens moet mens dinge wat nie reg is uitwys en afkeur (oordeel).

Kom ons hou op om mense te oordeel as hulle sondes en wat verkeerd is aanspreek (oordel volgens sekere mense) en wys dit uit, as die Bybel sê dit is verkeerd, dan is dit verkeerd. Twee mans of twee vrouens bymekaar is verkeerd, wat as dit reg was hoekom het die Here mans en vrouens geskape, anders kon hy moes maar net een geslag geskape het.

Linda Pieterse ·

As gay wees nie ‘n sonde is nie, skuld God Sodom en Gemora ‘n baie groot verskoning! Die oordeel kom ons nie toe nie maar God se woord spreek hom duidelik daarteen uit. En jy het nie nodig om universiteit toe te gaan oom die Bybel te lees nie.

Jacques ·

Daar is baie sondes wat God veroordeel. Ons moet nog steeds lief wees vir almal,….asook ons vyande. Ons mag nie iemand se reg wegvat nie.

Die een skrywer is slimmer as die volgende een. Kom ons wees net lief vir die Here en probeer sodoende die Hemel ons laaste tuiste maak.

MORE LOVE=MORE POWER

Terloops,…..sy moet op haar sang fokus,…. bring mense na God!

Grotman ·

Ek gaan nie eers my tyd mors om al die boodskappe te lees nie! Ek hoor net blaf blaf agter n heining. Sune Botha jy het die reg om te staan vir wat jy glo en moet beryd wees om vir jou geloof te veg. Die ou liedjie Afrikaners is plesierig se woorde moet eerder verander word na Afrikaners is veggierig. Julle almal wat wil gay wees mag dit wees en julle mag glo en se wat julle wil! So mag ander wat anders glo ook die reg he om te glo en lewe volgens hulle geloof. Julle is nie al met regte nie so plak julle bekke toe en gaan spring in die dam.

Wimpie ·

Gay wees is verkeerd. Punt. Ons kan net ons broers en susters vermaan daaroor en bid oor hierdie saak. Ek stem dus saam met die sanger.

Mario ·

Okay ek verstaan almal se standpunt. Maar sien dit van my kant af ‘n gay ou (sondaar soos van julle sal se).
Moet ek nou met ‘n vrou gaan trou en altyd ongelukkig wees? Ek is seker God sal wil he al sy kinders moet gekukkig wees.
Ek en my ou is al 5 jaar saam maar agv mense soos julle sal ek nooit trou nie want waar jy gaan veroordeel almal.

Net so klein gedagte, hoeveel van julle is geskei??? Of julle kinders, of selfs julle ouers???? Dis net so ‘n groot sonde. Veroordeel julle hulle??? As jy So dag in die kerk sit moet julle maar almal wat op die pad slegte taal gebruik en die wat geskei is maar aan die een kant van die kerk sit want hulle is sondaars net die gay mense dan praat ons weer as julle sien hoeveel bly oor aan die ander kant wat sonde vry is!!!

So voor julle, julle simpel opienies lig dink weer oor julle eie sondes!!!!

Karel ·

Reg of verkeerd is nie die vraag nie, almal wat die Bybel ken weet homoseksualiteit is verkeerd, maar so is jaloesie, moord, diefstal, dobbel, lotto speel ( jy maak staat op die geluksgod) en nog n lang lys ander goed ook sonde. Soos ek dit egter verstaan met sonde; as jy sondig, moet jy vergifnes vra, besef wat jy gedoen het verkeerd is en dan jou rug op die sonde draai en dit nie weer doen nie, maar hoe gemaak as jy gay is, dis n sonde sonder einde, so waar gaan jy dan heen as jy sterf, want dit wat sonde is doen jy elke dag en al gaan jy kerk toe, lees die Bybel en ken die Here, lewe jy elke dag in sonde. Daar is dus geen verskil tussen iemand wat gay is en kerk toe gaan en iemand wat gereeld iets steel by die werk of gereeld bobbel en kerk toe gaan nie. So, kan mens dan maar lewe soos jy wil, want die hel is jou enigste voorland of hoe gemaak as mens dit nou nie kan stop nie, hou mens dan maar aan om kerk toe te gaan en bid en alles, maar tog gaan jy die ewigheid mis omdat jy elke dag sonde doen of kan mens nou maar jou Sondae gebruik vir party en ander goed, want die hel is jou voorland of gaan die kerk toe gaan, bid en die Here wat jy probeer volg jou bas uit die vlamme hou?

Mario ·

Weet as ek Sondag in die kerk sit langs my Gay Boyfriend sal ek vir jou bid!! Ek mag dalk gay wees maar ek is gelukig en ongelooflik lief vir die Here.

Marita Fröhlich ·

Mense, word wakker. Jy is normal soos die meeste mense, maar word geklasssifiseer as homofobies!!! Sterkte vir Sune Botha.

Rudolph ·

Ek het as kind groot geword in ons NG kerk. Toe ek op 13 besef dat ek nie meer langer anders kan en wil voel as my vriende nie het baie op die brug buite die dorp gestaan en dink om voor die trein in te val. Of ek dan hel toe gaan vir selfmoord of later in my lewe omdat ek gay is was my enigte twee opsies as tienner. Ek het toe nie eers geweet wat gay wees is nie al wat ek gewees het is dat ek met gimnastiek of kampe of enige plek waar my ander seuns vriende naby my was soos die pes moes vermy want ek het gevoel soos hulle sou voel sou hulle saam die meisies moes sort. My beste vriend se mamma en Jesus se dogter het vir 10 jaar haar stryd teen borskanker gevoer, ‘n groot vrou van 6,2 wat op die einde 47 kg geweeg het en pyn oorals op haar lyf, dit was ondraglik was om te sien hoe sy ly. Haar laaste woorde aan haar seun was dat God nie haar kanker genees nie omdat hy volhart om gay te wees. Gay ouens stap ‘n pad nes enige mens – ons kan kies om te hoer en rumor om in te gee aan die vlees soos enige straight getroude man of vrou of om die beste mens te probeer wees wat jy kan. Teen die versoekkinge te baklei en getrou te bly aan jou getroude gay man en vrede te vind in jou hart met die wete dat dit Jesus is wat jou eendag sal oordeel en hy weet dat ek het baie gevaal maar dat hy my hart ken en weet ek het die pad gestap deur te lewe soos sy kind probeer wees. Gaan ek dan steeds hel toe ?? Dan gaan ek soontoe saam My ander helfte. Dan is dit net my vriend se ma en al die ander mans wat eerder gekies het om teen hulle gay gevoeles te veg te trou en kinders gekry het, volhard het in hulle straight hulwelike met sex een maal ‘n maand as hulle plig, hulle vrou eerder as hulle suster en beste vriendin gehad het en happy was. Ek wens so skyn huwelik vir geen vrou toe nie, ‘n man moet sy vrou begeer en op sy hande wil dra en in sy hart weet sy is sy alles in sy wese en mens wees, nie net sy plig en opoffering op aarde om in mense soos jy Sune se oe aanvaarding te vind nie.

CHRISTA ·

Die wêreld is seksbehep. Ek is met ‘n man getroud wat 34 jaar ouer as ek is. Hy moes meer as 10 jaar gelede ‘n vastektomie ondergaan, want hy het kanker in sy prostaatarea gehad en die hormone het die kanker bly voer. Ek het vir hom gesê hy MOET gaan vir die operasie want ek het hom nie getrou vir SEKS nie. SEKS is nie “main course” nie, dis “desert”. Liefde is “main course” en as jy ‘n lekker groot “main course” gehad het, het jy nie eers plek vir “desert” nie!! Dis net omdat als en almal op tv maak of seks als is. Die Amerikansers het dit selfs ‘n ander naam gegee, want hulle het geweet as hulle dit op tv of in hulle rolprente seks noem dit baie mense sou afsit. Hulle noem dit “making love”! Klomp morone – jy kan nie liefde MAAK nie, jy ontvang dit van die HERE en jy leef dit uit!!!

nig ·

@Christa, nou my pop leef die liefde waarvan jy praat dan uit en moenie jou naaste sommer morone noem nie, sies man! en ons stel ook nou regtig nie in jou man se operasies en gedoentes belang nie, hou dit maar vir jouself wat…

Dave ·

Christa, jy’s deurmekaar want ‘n vasektomie maak nie ‘n man impotent nie. Jy behoort dit te geweet het. Jy sal Nig se handtekeningboekie moet teken want sy is een van jou aanhangers. Sy volg jou en reageer op al jou skrywes.

Jakoba ·

Lyk my julle almal wat hier so oordeel en veroordeel is hipokrite , God se ook DUIDELIK in die bybel “Die een wat sonder sonde is gooi die eerste klip”. Volgens julle wat so sit en klippe gooi is julle almal sonder sonde. Huigelaars! Nee Ek is straight, maar ek gooi nie klippe nie want Ek is nie sonder sonde nie, julle gaan almal saam met my voor God Staan as Hy ons name uit die boek van die lewe roep. Dan sal God oordeel en veroordeel.

anon ·

Dit is nie klippe gooi om te se dat die daad verkeerd is nie, net soos moord en verkragting, of keur jy dit ook goed, want as jy mos se dit is verkeerd dan oordeel jy mos!!!!

Gmanjozi ·

Julle straight mense wat so oordeel: Eet ma lekker julle vark, julle prawns, maak net seker julle stenig julle vrouens wanneer hulle die eg breek en met n ander man slaap. Ons “gays” sien julle dan almal in die hel eendag. Ons sal n lekker prawn en bacon bbq reg hê by die “welcome party”.
Dis lekker om vinger te wys en net die dele van die bybel aan te haal wat julle pas nê?
Bly eerder ma stil en hou op vir die gays ‘n harde tyd te gee of ons stuur n natuurlike ramp om julle land uit te roei! Julle weet mos…ons beheer die weer en die vulkane en die teknoniese plate op aarde. Ja ons is satan slette met groot “powers” so pas op! Moet ons nie kwaad maak nie….want anders lyk Sodom en Gomorra se vernietiging soos ‘n kindergarten piekniek in vergelyking met die hel wat ons op julle gaan afreën!

Rerig mense….watse snert gaan julle nog oor gay mense uitspreek!? Bwahahahaha. Ai dis so sad dat mense hulle besig hou met sulke sinnelose argumente….argumenteer eerder oor die sif toestand van die politiek in ons land, oor die korrupsie, oor “reverse racism”, oor wêreld vrede. Daars groter, meer belangriker issues om oor te bekommer as om te stry oor gays en hulle reg on te lewe en trou.
Staan bietjie vir ‘n slag saam as n nasie en worry oor dinge wat saak maak!!!!

CHRISTA ·

Hoekom noem julle ons “straight”? Is dit omdat julle voel julle is “skew”?

Fransie Dippenaar ·

Mense wat julle lyk my nie besef nie is dat sonde sonde is. Daar is geen groot of klein sondes nie. Homoseksualisme is nie ‘n groter sonde as vloek of egbreuk nie. God haar alle sondes maar Hy het die sondaar lief. Die sangeres en die res van die mense wat so veroordeel en die bybel so buite verband aanhaal verstaan nie dat God se kom na My toe net soos jy is en Ek sal jou verander. Mens veroordeel ook nie iemand nie jy help hom reg en dit kan jy slegs doen as die persoon wat jy reg help dieselfde glo as jy. Dit is geen wonder dat mense vandag vir God heeltemal weggooi nie. Hulle idee is dat God regsit om elkeen te slaan wanneer Hy sien dat hulle verkeerd is terwyl Rom 3 : 23 – 24 se dat alle mense het sonde en dat deur Sy genade daar ‘n uitweg is. Dit is nou maar my beskeie mening. Sela

Annemarie Zandberg ·

Dis haar siening en opinie. Wel al wat ek vir julle kan se sy is nie verkeerd nie…ek daag elke gay man en vrou uit..begin om in die wil van die Here Te leef dan gaan jy verander…..meeste van julle maak n keuse om gay te wees.

Dolf ·

. I have learned a great deal from your show, and I try to share that knowledge with as many people as I can. When someone tries to defend the homosexual lifestyle, for example, I simply remind him that Leviticus 18:22 clearly states it to be an abomination. End of debate.

I do need some advice from you, however, regarding some of the specific laws and how to best follow them.

a) When I burn a bull on the altar as a sacrifice, I know it creates a pleasing odor for the Lord (Lev 1:9). The problem is my neighbors. They claim the odor is not pleasing to them. Should I smite them?

b) I would like to sell my daughter into slavery, as sanctioned in Exodus 21:7. In this day and age, what do you think would be a fair price for her?

c) I know that I am allowed no contact with a woman while she is in her period of menstrual uncleanliness (Lev 15:19-24). The problem is, how do I tell? I have tried asking, but most women take offense.

d) Lev. 25:44 states that I may indeed possess slaves, both male and female, provided they are purchased from neighboring nations. A friend of mine claims that this applies to Mexicans, but not Canadians. Can you clarify? Why can’t I own Canadians?

e) I have a neighbor who insists on working on the Sabbath. Exodus 35:2 clearly states he should be put to death. Am I morally obligated to kill him myself?

f) A friend of mine feels that even though eating shellfish is an Abomination (Lev 11:10), it is a lesser abomination than homosexuality. I don’t agree. Can you settle this?

g) Lev 21:20 states that I may not approach the altar of God if I have a defect in my sight. I have to admit that I wear reading glasses. Does my vision have to be 20/20, or is there some wiggle room here?

h) Most of my male friends get their hair trimmed, including the hair around their temples, even though this is expressly forbidden by Lev 19:27. How should they die?

i) I know from Lev 11:6-8 that touching the skin of a dead pig makes me unclean, but may I still play football if I wear gloves?

j) My uncle has a farm. He violates Lev 19:19 by planting two different crops in the same field, as does his wife by wearing garments made of two different kinds of thread (cotton/polyester blend). He also tends to curse and blaspheme a lot. Is it really necessary that we go to all the trouble of getting the whole town together to stone them? (Lev 24:10-16) Couldn’t we just burn them to death at a private family affair like we do with people who sleep with their in-laws? (Lev. 20:14)
Read more at http://www.snopes.com/politics/religion/drlaura.asp#D4qxwSsPTd76FrOR.99

Peet Schabort ·

Dolf, gaan gesels met ‘n priester, pastoor, predikant wat ‘n intensiewe studie gedoen het (en steeds) doen van die Bybel. Al wat ek wel weet is dat mens maklik in ‘n slaggat trap om enkele verse te probeer vertolk. Daar is in die Ou- en Nuwe Testament dele wat bymekaar hoort en as sulks verklaar moet word.
Ons sal altyd net ten dele ken en verstaan.

Rerig? ·

Leviticus 11:10
And all that have not fins and scales in the seas, and in the rivers, of all that move in the waters, and of any living thing which is in the waters, they shall be an abomination unto you:

Abomination
Strong’s Number: 08263
Sheqets
Noun Masculine
Definition

1. detestable thing or idol, an unclean thing, an abomination, detestation

Leviticus 18:22
Thou shalt not lie with mankind, as with womankind: it is abomination.

Abomination
Strong’s Number: 08441
Tow`ebah
Noun Feminine
Definition

1. a disgusting thing, abomination, abominable.

Shellfish is a dirty disgusting thing to eat, homosexuality is a deed that is disgusting to God. I think there is a big difference.

Peet Schabort ·

Ek het nou voorgaande gelees en gaan emosieloos kommentaar lewer en nie kant kies.
Die grondwet (vir wat dit werd is) sê o.a. die volgende:
GELYKHEID:
Hoofstuk 2 9. (3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

Hoofstuk 2 9. (4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

Hoofstuk 2 9. (5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.

Hoofstuk 2 (10): Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.

VRYHEID VAN UITDRUKKING:
Hoofstuk 2 16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is :-
(a) die vryheid van die pers en ander media;
(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;

Hoofstuk 2 16. (2) Die reg in subartikel (1) omvat nie:-
(a) propaganda vir oorlog nie;
(b) die aanstigting van dreigende geweld nie;
(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Nou: As Peter Mokaba, Malema, Dlamini, Jacob Zuma (en andere) kan wegkom met AANHITSING dan glo ek nie dat Sune iets verkeerd gedoen het behalwe om net haar mening uit te spreek.

Regstellende Aksie is diskriminasie ·

Regstellende Aksie is diskriminasie. Dit oortree al die bogenoemde dele van diegrondwet.

Waarheid ·

Sy het nie geseg sy of God haat homoseksuele mense nie, maar wel ‘homoseksualiteit’….mense ruk dit uit verband uit. Verder stem dit ooreen met wat die Skrif aanhaal: punt.

Daan ·

Ek kyk na al die kommentaar en iets maak sin nie. Almal veroordeel kindermolistreerders en kinder en ander porno. Nie een van die mense wat dit doen probeer dit eers regverdig nie, al gaan hulle ook kerk toe. Hoekom mag niemand Gay mense oordeel nie?
Wat is die verkil?

Sommige mense darem... ·

Daan die “verkil”(Soos jy skryf!) is – daar is ‘n groot verSkil! Moenie gay mense met kindermolesteerders en die ander dinge wat jy noem vergelyk nie. Mens vergelyk appels met appels en lemoene met lemoene so voordat jy nou dink ek praat van vrugeslaai dink weer mooi voordat jy sulke twak vrae vra.

Eliza-beth ·

Oeee julle klomp wat sulke eksperts op die Bybel is…. Onthou ook dat EGSKEIDING in die Bybel veroordeel word en dat as jy met ‘n geskeide persoon trou is jy OOK in die verdoemenis. Wat sê julle klompie DAARVAN? Wat van inkopies doen op Sondae – in Exodus 20 word mos gesê mens mag nie werk op die Sabbatdag en deur jull gekopery MAAK julle dat ander mense moet werk en dus die tien gebooie verbreek – hoe kom julle DAARBY verby? So kan ons aangaan. Elkeen moet maar intepreteer soos hulle nou goeddunk in hul “alwysheid”. ‘n Gay persoon is deur dieselfde God as julle almal geskape. So ook swartmense, kleurling en Indiërs. Leef jul EIE lewe vlekkeloos (As julle enigsins kan!) en los ander uit!

Suzette ·

Eish julle almal hou asb op om julle monde so uit te spoel oor “sondes”. Weet julle dan nie dat die Here en die Here alleen mag oordeel en sy kinders self van hulle sonde sal oortuig nie? Dit is immers net Hy wat aan jou hart staan en klop. Weet julle “christene” nie dat julle eintlik veronderstel is om Geesvervuld te wees nie. Hoekom gaan julle dan so te kere hier en kon die sangeres ter sprake nog net EEN CD sedert 2013 uitbring. tsk tsk

nig ·

Suzette want hulle is nie christene nie dis wat! Klipchristene, ja dis wat

nig ·

Suzette ja die pop is maar ‘n liggewig as dit by sukses kom, siestog maar nou gaan al die ou spulletjie wat hier so “christelik” is jaag om haar cd’tjie te koop. Soms moet mens maar sulke dingetjies doen om aandag te trek en te hoop dit bring verkope ..sug…

anon ·

O so wat julle se is dat julle nie moordenaars of verkragters van hul sondes sal oortuig nie, dan is jy mos nie Geesvervuld nie want jy mag mos nie oordeel nie! Doen jy dan nie dielelfde deur die ‘christene’ te se dat hulle nie Geesvervuld is omdat hulle elke sonde oordeel en nie net sommiges nie, ek glo nie een van hulle het gese dat hulle Heilig of sonder sondes is nie maar as jy om vergifnis vra en WEGDRAAI van jou sondes sal die Here jou vergewe.

Piet Pompies ·

My seun is gay, ek is dankbaar dat hy dit vir ons as ouers kom vertel het, dit was vir hom baie moeilik maar hy dra nie meer die bagasie. Baie van die kommentaar bo is lawaai en bog want julle het nie ‘n gay kind. My kind glimlag were in is gelukkig, hy bly my seun en ek is Lief vir hom onvoorwaardelik en so is sy Vader ook lief vir hom, onvoorwaardelik!

EMK ·

Piet Pompies – mooi so, jy is ‘n ouer duisend!Die Here het hom spesiaal vir jou geskenke want Hy het geweet jy sal Sy geskenke NET so aanvaar soos dit vir jou gegee is.

Michiel ·

Opskrif – ek dag die vroulik van sanger is sangeres of is hier ook ‘n slang in die gras wat die sanger/sangeres se voorkeure betref? ;D

Dave ·

Tale groei en staan nie stil soos Latyn. Nie eens seker of die woord onderwyseres nog gebruik word.

Suzette ·

Ja nig, emk, piet pompies, michiel, eliza-beth, jakoba en so baie hierbo. Ongelukkig vergeet soveel “christene” dat Jesus eintlik Alleenlik net vir die sondaars aarde toe gekom het, gekruisig is en opgestaan het. Mens kan nie mensgerig wees nie. Soos iemand tereg hierbo genoem het, Jesus het gesê “Volg My…, nie christene nie”.

Sodomie ·

Gaan kyk in ‘n Afrikaanse Verklarende Woordeboek wat die wood “sodomie” beteken. In Engels is dit “sodomy”.

Maroela Media, Julle gaan ook seker hierdie sinnetjie verwyder van die kommentaar.

Dan ·

In n tyd wat ons as afrikaners (ongeag iemand se orientasie) moet saamstaan kom iemand onbekend soos sy en veroorsaak verdeeldheid tussen mense…daar is goed in enige mens en kon ons los maar die veroordeling en wees lief vir mekaar ongeag wie en wat ons is

anon ·

Wie het gese egskeiding is nie ‘n sonde nie, maar mens skei nie elke dag en volhard in die sonde en probeer almal se sienings verander dat dit nie ‘n sonde is nie, niemand het gese dat God nie homoseksualiteit sal vergewe nie, maar nou mag mens ook nie meer se dat dit ‘n sonde is nie, so moord en verkragting is dan ook nie meer ‘n sonde nie of hoe, hoekom kan mens die Bybel verander vir party sondes maar nie vir alles nie!

Verdraagsaamheid ·

Wat hier gebeur is dat gays wil hê dat die publiek verdraagsaam teenoor hulle moet wees, en dat hulle in die openbaar alles kan sê en doen wat hulle wil. Die wye publiek mag egter nie op dieselfde wyse hulle mening lig, of homoseksualiteit afkeur nie. Daar is dubbel standaarde.

Die pro gay beweging voer aan dat hulle minderheidsregte wil beskerm deur gays te beskerm teen diskriminasie.

Daar is egter nie minderheidsregte vir blankes in Suid-Afrika nie, maar wel diskriminasie teen die blanke minderheidsgroep. Regstellende aksie, swart bemagtigings, ens is rasse diskriminasie.

Lindie Lourens ·

En so sal ons baklei en stry , maar reg, is reg en verkeerd , bly verkeerd!

Shelly Botha ·

My boodskap aan Suné Botha en al haar “volgelinge” vanuit ‘n Bybelse perspektief:
Wat was Jesus se opdrag aan die mense van die wêreld? Is die grootste opdrag nie dat gelowiges vissers van mense moet maak nie? Ek wil dit dan nog verder vat… het die Here gesê dat ELKE mens na SY BEELD geskape is? Het Hy ook verder gesê “Kom na My NET SOOS JY IS?” Staan daar dalk geskryf dat jy die Here jou God moet liefhê bo alles en jou naaste soos jouself? Staan daar ook dat dit die grootste gebod is? Het julle geweet dat God liefde is (Joh 3:16) en dat die Bybel ook noem dat jy alle gawes van die Gees kan hê en sonder liefde is jy op die ou end NIKS?
So, wat verwag God van jou wat jouself ‘n gelowige, Christen, pastoor of watookal noem? Verwag Hy van jou om Sy oordeelsbesluite vir Hom te neem? Verwag Hy van jou om Sy gruwels oor verskeie sondes (o ja – net vir die wat gewonder het, sonde is sonde, daar is nie iets soos groot of klein sonde nie, daarom kan geen mens hoogmoedig wees oor ‘n ander nie. Almal staan gelyk voor God) uit te spreek oor mense en Sy Woord en jou geloof as slaanstok te gebruik op aanvallende maniere? Dink julle regtig dat julle op so manier siele vir Jesus gaan wen? Dat julle op so manier mense by die Liefde van God gaan uitbring? Julle veroorsaak dat mense net meer en meer rebelleer teen die Woord van God en die Liefde van Jesus Christus. Besef julle dat julle ook sommiges se laaste kanse om by die Here uit te kom, vernietig het deur julle geheen en weer argumentering en waar julle die Bybel gebruik net om julle standpunte aan te help. Want op die ou end staan “die eie ek” steeds sterker en in pad van Jesus se liefde om deur enigeen van jul te werk. Dan begin julle met stories dat die einde van die wêreld naby is omrede die meerderheid met julle verskil. Al ooit gehoor van ‘n sluimerende gees? Dit is julle probleem. Maar dit sal my nie verbaas as die einde wel naby is nie, want ek sien hoe pastore, Christene, gospel sangers, ens. tot ‘n val kom en ‘n liefdelose beeld van Jesus aan die mensdom verkondig. Die Woord praat van vals profete in die laaste tye, en wie weet, julle bevestig dit dalk net.

Christie Joubert ·

Die goue draad in hierdie lewe, gelowige of ongelowige, is om goed te doen aan ander.
Om te moor, verkrag of kinders te molesteer, val nie in die kategorie nie. Dit doen geen goed aan n ander nie. Gay mense doen niks verkeerd aan n ander nie. Dit is n keuse wat hulle moet maak of hulle gaan lieg oor wie en wat hulle is, en of hulle die waarheid gaan praat. Ongelukkig verstaan ons nie hoekom jy gay mense kry nie. En die oomblik wat ons iets nie verstaan nie, is dit sonde. Dankie aan al die christene wat maar net weereens vir alle gay mense gewys het hoe onwelkom hulle in kerke en in die samelewing is. Wow! PS, laaste sinnetjie is suiwer sarkasme…

Dave ·

As jy moet verduidelik wat jy eintlik bedoel wanneer jy praat, was jou woordkeuse miskien nie reg.

Sybil ·

Die Here het Sodom en Gemora vernietig omdat die mans in die stad gemeenskap wou he met die engele wat Hy gestuur het om Lot te waarsku – Romeine 1:24 – Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer – hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Openbaring praat ook dat die mense in die laaste dae liefhebbers van hulself sal word – ons lees ook dat die woord se wie hom skaam oor My voor die mense vir hom sal ek my skaam voor My hemelse Vader.
Jammer maar in my lewe sal ek nooit enige sonde wat deur ons hemelse Vader genoem word as reg beskou nie – nie die Mense regte komm of wie kan verander wat in die woord staaan nie. Die Vader verander nie soos ons sondige mense nie – Hy was is en sal altyd dieselfde bly en Sy woord verander nooit.

Leonardt ·

Ek dink as god mense geskape het hoekom sou hy dan gay mense skape.. My oom is n dominee en is gay. Hy het God lief.. Ek dink eendag as ons almal daar bo kom is God al een wAt kan oordeel.. So ek dink maak jy maar jou eie paadjie met hom reg eder as om jou bekomer as goed wat jou nie raak nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.