Klag teen ‘baba-ontvoerder’ teruggetrek

Argieffoto

Argieffoto

Die klag teen die vrou wat in Julie glo ʼn dag oue baba buite ʼn hospitaal in Rustenburg ontvoer het, is Vrydag voorlopig teruggetrek.

Patience Matsaa (19) het Vrydag weer in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering, maar die klag teen haar is voorlopig teruggetrek omdat die ondersoekbeampte nie vir die hofverskyning opgedaag het nie.

Maroela Media het vroeër berig Matsaa het glo die baba se ma buite die hospitaal genader en vir haar R23 aangebied om kos te koop. Die vrou het die baba aan Matsaa gegee en is na die hospitaalwinkel om kos te koop. Toe sy terugkom, was Matsaa met die baba weg.

Matsaa is later by haar ouerhuis naby Boitekong in hegtenis geneem en die baba is ongedeerd aan die ma terug besorg. Matsaa is later op borgtog van R1000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.