Klag teen burgemeester oor ‘peperduur verjaardagpartytjie’

Andrina Matsemela, burgemeester van die Mogalakwena-munisipaliteit. (Foto: Mogalakwena-munisipaliteit)

Die burgerregtegroep AfriForum het Woensdag strafregtelike klagte teen Andrina Matsemela, burgemeester van die Mogalakwena-munisipaliteit, asook Charles Malema, hoof- finansiële beampte van dié munisipaliteit, by die Mokopane-polisiestasie in Mokopane (Potgietersrus) ingedien.

Die klagte kom ná bewerings dat Matsemela verlede jaar sowat R1,5 miljoen munisipale geld aan haar verjaardagpartytjie bestee het.

AfriForum eis dat die polisie die bewerings ondersoek om vas te stel of Matsemela en Malema hulle onder meer aan korrupsie skuldig gemaak het.

Die ouditeur-generaal se jaarlikse munisipale ouditverslag vir 2017-’18 het getoon dat munisipaliteite se ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes tot R122 miljard toegeneem het.

“Dié verslag dui verder aan dat die Mogalakwena-munisipaliteit die tweede grootste oortreder ten opsigte van oorbesteding is. Dié munisipaliteit het ʼn verbysterende R1,12 miljard meer as sy begroting bestee,” het Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, gesê.

“Munisipale beamptes kan nie langer toegelaat word om belastingbetalers se geld só te vermors nie. Daarom beskou AfriForum hierdie aantygings teen Matsemela in ʼn baie ernstige lig en verwag van die polisie om die saak noukeurig te ondersoek. Ons sal ook die saak dophou en gereeld verneem na die vordering van die polisie-ondersoek.”

David Rule, AfriForum se koördineerder vir Limpopo, het gesê dienslewering in die munisipale distrik is uiters swak en daar was al vantevore bewerings van korrupsie en onbekwaamheid teen die burgemeester.

“AfriForum staan saam met gemeenskappe om hierdie soort wanbesteding uit die weg te ruim. Indien Matsemela munisipale geld gebruik het om haar verjaardagpartytjie te finansier, bewys dit dat sy geen agting vir die inwoners in die Mogalakwena-distrik het nie, aangesien R1,5 miljoen baie beter aangewend kon word om dienste te lewer,” het Rule gesê.

Malesela Selokela, munisipale woordvoerder, het die bewerings as twak bestempel.

“Wie beweer, moet bewys. Die burgemeester het nie daardie bedrag geld bestee nie,” het Selokela gesê.

Hy het gesê die bewerings word al sedert September verlede jaar gemaak en dat daar tot dusver geen bewyse van die sogenaamde wanbesteding voorgelê is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

skurweberg ·

As dit so is dat daar geen bewys is nie, moet hulle bewys dat die geld nog daar is. Skaakmat.

Die ding dat Malema se naam genoem word, bly ‘n ope vraag???

Cherokee ·

Nou as dit skaakmat is soos jy sê, waarom die saak verder baklei? Waarom dit ondersoek? Weet jy wat skaakmat beteken?

Johan ·

Die woordvoerder het nie ontken dat munisipale grlde vir die partytjie gebruik is nie. Hy sê bloot dat daar nie só baie gebruik is nie. Maar munisipale geld is mos nie veronderstel om vir die burgemeester se partytjies gebruik te word nie…. Dis absurd!

Hannelie vd Merwe ·

Hoekom is die Mogalakwena Munisipaliteit nie onder administrasie nie? Met sulke verlies? Haar bates behoort gevries te word en ondersoek moet ingestel word, sy en van haar personeel.

Arno Scheepers ·

Arme dame, sy wou net haar vriende imponeer met n goeie partytjie. Al die anc kaders doen dit dan.

Pieter ·

Ja maar dan moet sy eers vir eskom betaal nou betaal ons vir die wat nie betaal nie die land is n grap

Sarel ·

Hierdie Malema is die Finansiele Bestuurder. Natuurlik, wat verwag julle, ons het niks verkeerd gedoen nie

Johnny ·

Wonder maar net as ons ook water en krag ( by pass) so maklik om te doen waar gaan die inkomste wees ons is groot gemaak om eerlik te wees maar nou as jy nie kan wen nie wees maar soos hul ( by pass) maar die krag en water

Rubber ·

Die hebsug, diewery is op ‘n skaal wat Al Capone se rampokkers sal laat bloos. Absoluut gekheid.

Jannie ·

Ek is verbaas oor die aantal tsotsi’s wat die land kaal stroop en die boere vermoor.

Jimmy ·

Indue so ‘n klein dorpie sy begroting met R1.12 miljard oorskry is hulle eintlik bankrot en moet onder administrasie geplaas word.

Willie ·

Borg asb die edelagbare vir ñ paar somlesse, so kan sy dalk verstaan wat 6 nulle na ñ 1 beteken! Sy verstaan in elk geval nie wat se las haar inkomste vir die gemeenskap is nie!

Stiks ·

Eers wanneer hierdie vermorsers van belastingbetalers geld daadwerklik vervolg word , sal hierdie stropery stop.

SjN ·

Geen benul van geld, tyd en afstand, besef asb hul is nie opgewasse daarvoor nie

L ·

Daar is bewyse dit is net jammer dat die land toelaat dat die wat lieg en bedrieg aan die stuur sit. Ons almal het gewonder hoekom daar twee mense op n sogenaamde hit uit gehaal is. Die waardheid en bewyse van die wanbesteeding was deur een van die slagoffers by mekaar gemaak. Dink hul moet bietjie dieper krap in die saak. Sal verbaas wees wie agter die HIT sit.

A ·

Nie een van hulle is bevoeg om die werk te doen nie. Hulle is net daar som die geld op hulself en vriende en familie ue te spandeer. Dis mos hulle geld

Anoniem ·

Versprei die nuus onder inwoners van informele nedersettings in haar gebied. Sê vir hulle wat sy gedoen het en dat hulle nog langer gaan wag vir huise, krag, water ensovoorts. Laat hulle met haar gal werk.

Zumie ·

“Hoe kaler jonker hoe groter pronker”
Siek vir politici wat op ander se geld probeer lyk soos groot kanonne terwyl hulle in werklikheid nikswerd is

emily ·

Wonder wat was die aantekening om die geld te ontrek. Dis belaglik dat ons moet opdok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.