Klag teen Ernst Roets ‘heksejag’ sê AfriForum

Ernst Roets Woensdag buite die hof.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Vrydag teruggekap nadat die Nelson Mandela-stigting (NMS) bekend gemaak het dat hy ’n dringende hooggeregshofaansoek gaan indien om Ernst Roets, die organisasie se adjunk- uitvoerende hoof, van minagting van die hof aan te kla.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in ’n verklaring gesê dié aansoek dui daarop dat die stigting se drang na verbanning en sensorskap só sterk is dat hulle selfs mense soos Roets wil vervolg wat binne die raamwerk van die hof se riglyne opgetree het.

Maroela Media het vroeër berig Roets het vandeesweek ’n foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas kort nadat die gelykheidshof Woensdag beslis het dat die vertoon daarvan – in sekere kontekste – op haatspraak neerkom.

“Het ek nou net haatspraak gepleeg?” lui Roets se inskrywing saam met die foto op Twitter.

Roets se verweer is dat hy bloot ’n akademiese vraag as doktorale student gestel het.

“Die hof het gesê dat die vlag vir joernalistieke en akademiese doeleindes gebruik kan word. Die NMS wil egter nou dié verbod selfs strenger toepas deur ’n heksejag teen Roets, ’n doktorale regstudent, omdat hy dit durf waag het om ’n akademiese regsvraag te stel of hy wel die wet oortree, deur dié regsvraag saam met ’n beeld van die ou vlag te vra,” het Kriel gesê.

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-Stigting lewer kommentaar na die hof se uitspraak oor die ou Suid-Afrikaanse vlag. Foto: Verskaf.

Volgens Kriel is die stigting se “heksejag” juis die soort gedrag waarteen gewaarsku is toe die organisasie besluit het om ter wille van spraakvryheid die verbanning en sensorskap van simbole teen te staan.

“Ons samelewing pluk nou die wrang vrugte van die NMS se polariserende optrede.”

Die stigting het verder AfriForum daarvan beskuldig dat hy alle pogings om saam met die stigting te werk, geweier het.

Kriel ontken dit.

“Die teendeel is waar. AfriForum se regspan het op 4 September 2018 ’n skrywe aan die NMS-regspan gerig waarin ’n gesprek versoek is om te verseker dat ’n minlike uitkoms bereik word, eerder as ’n uitkoms wat verdelend is. In dié brief het AfriForum ook gevra vir samewerking om te voorkom dat die dispuut ontaard en ons land se uiteenlopende gemeenskappe nog verder polariseer – iets wat ons deur samewerking moet verhoed. Ek was geskok toe die NMS hierdie hand van vriendskap wegklap en hul regspan laat weet: [Ons kliënt het ons opdrag gegee om u kliënt se versoek te verwerp.]”

AfriForum beskuldig nou die stigting daarvan dat hy leuens verkondig wat tot polarisasie en verdeeldheid in die land lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Corinne

Dit was onnodig

Ander Koos

NMS nou vol bravade. Wie het hierdie stigting op die been gebring en befonds ? Stigtings impliseer groot geld. Laat mens wonder ….

Hans

Nelson Mandelastigting en Me Zinizi Mandela hoekom het u nie teen haar opgetree nie?

Wielspore

Die Nelson Mandela stigting dra nie die waardes en doelwitte van Nelson Mandela uit. Dit het ‘n politieke speelbal geword deur huidige lede om hulself te bevorder in die politieke veld. Die befondsing van die stigting moet gestaak word.

Grassie

Word die vlag behoorlik deur die gelykheidshof omskryf? Ek glo nie. Is dit nou sommer enige vlag wat die kleure oranje wit en blou vertoon, of die presiese gewese landsvlag? As ‘n mens die Britse vlag verwyder en die Vrystaatvlag regop draai is dit mos nie meer die oorspronklike vlag nie. Dan is die vlag sommer vir my ook meer aanvaarbaar