Klag teen Ernst Roets ‘heksejag’ sê AfriForum

Ernst Roets Woensdag buite die hof.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Vrydag teruggekap nadat die Nelson Mandela-stigting (NMS) bekend gemaak het dat hy ’n dringende hooggeregshofaansoek gaan indien om Ernst Roets, die organisasie se adjunk- uitvoerende hoof, van minagting van die hof aan te kla.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in ’n verklaring gesê dié aansoek dui daarop dat die stigting se drang na verbanning en sensorskap só sterk is dat hulle selfs mense soos Roets wil vervolg wat binne die raamwerk van die hof se riglyne opgetree het.

Maroela Media het vroeër berig Roets het vandeesweek ’n foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas kort nadat die gelykheidshof Woensdag beslis het dat die vertoon daarvan – in sekere kontekste – op haatspraak neerkom.

“Het ek nou net haatspraak gepleeg?” lui Roets se inskrywing saam met die foto op Twitter.

Roets se verweer is dat hy bloot ’n akademiese vraag as doktorale student gestel het.

“Die hof het gesê dat die vlag vir joernalistieke en akademiese doeleindes gebruik kan word. Die NMS wil egter nou dié verbod selfs strenger toepas deur ’n heksejag teen Roets, ’n doktorale regstudent, omdat hy dit durf waag het om ’n akademiese regsvraag te stel of hy wel die wet oortree, deur dié regsvraag saam met ’n beeld van die ou vlag te vra,” het Kriel gesê.

ou-sa-vlag-nelson-mandela-stigting-en-ernst-roets

Ernst Roets van AfriForum en die Nelson Mandela-Stigting lewer kommentaar na die hof se uitspraak oor die ou Suid-Afrikaanse vlag. Foto: Verskaf.

Volgens Kriel is die stigting se “heksejag” juis die soort gedrag waarteen gewaarsku is toe die organisasie besluit het om ter wille van spraakvryheid die verbanning en sensorskap van simbole teen te staan.

“Ons samelewing pluk nou die wrang vrugte van die NMS se polariserende optrede.”

Die stigting het verder AfriForum daarvan beskuldig dat hy alle pogings om saam met die stigting te werk, geweier het.

Kriel ontken dit.

“Die teendeel is waar. AfriForum se regspan het op 4 September 2018 ’n skrywe aan die NMS-regspan gerig waarin ’n gesprek versoek is om te verseker dat ’n minlike uitkoms bereik word, eerder as ’n uitkoms wat verdelend is. In dié brief het AfriForum ook gevra vir samewerking om te voorkom dat die dispuut ontaard en ons land se uiteenlopende gemeenskappe nog verder polariseer – iets wat ons deur samewerking moet verhoed. Ek was geskok toe die NMS hierdie hand van vriendskap wegklap en hul regspan laat weet: [Ons kliënt het ons opdrag gegee om u kliënt se versoek te verwerp.]”

AfriForum beskuldig nou die stigting daarvan dat hy leuens verkondig wat tot polarisasie en verdeeldheid in die land lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Gert ·

Stem nie saam met julle tweetjies nie, dis absoluut nodig om weerstand te bied.

Bekommerd ·

Ernst Roets, jy sal hierdeur kom. Jou navorsing sal wys hoe voorbeoordeeld die regering en hul trawante is. Doen wat jy goed doen en dis om op te staan vir Jan Alleman se regte. Dankie daarvoor. Jy is ‘n yster.

Staan saam ·

Malema kan hulle struggle lied sing om boere dood te maak, maar ons mag nie ‘n vlag waai nie? Pateties. Hulle koppe is vol grond.

Ander Koos ·

NMS nou vol bravade. Wie het hierdie stigting op die been gebring en befonds ? Stigtings impliseer groot geld. Laat mens wonder ….

Hans ·

Nelson Mandelastigting en Me Zinizi Mandela hoekom het u nie teen haar opgetree nie?

Hanna Hoekom ·

Wat sy kwytgeraak het, is blykbaar nie haatspraak nie… Maar die ou vlag is wel. Go figure.

Wielspore ·

Die Nelson Mandela stigting dra nie die waardes en doelwitte van Nelson Mandela uit. Dit het ‘n politieke speelbal geword deur huidige lede om hulself te bevorder in die politieke veld. Die befondsing van die stigting moet gestaak word.

Johann ·

Van watter ‘waardes en doelwitte’ van Mandela praat jy? Hy was ‘n kommunis en anargis. Dít is juis die waardes en doekwitte van die NMS. Daar is dus geen verskil tussen die verwerplike ‘waardes en doelwitte’ waarvoor die NMS staan, en die ‘waardes en doelwitte’ van die persoon wie se naam die NMS dra nie.

Grassie ·

Word die vlag behoorlik deur die gelykheidshof omskryf? Ek glo nie. Is dit nou sommer enige vlag wat die kleure oranje wit en blou vertoon, of die presiese gewese landsvlag? As ‘n mens die Britse vlag verwyder en die Vrystaatvlag regop draai is dit mos nie meer die oorspronklike vlag nie. Dan is die vlag sommer vir my ook meer aanvaarbaar

Essie ·

Nou hoe gaan ek my kleinkinders kan wys die vlag waaronder ek groot geword het

sweis ·

En waar is daai patetiese de klerk stigting steun seker die mandela stigting.

Cherokee ·

En die DA en hul ondersteuners? Waar is hulle? Ondersteun die aanval op Ernst Roets natuurlik, andersins sou hulle dit teengestaan het.

Johan ·

Vraag: mag ek ‘n historiese dag se herdenking (bv. Republiekdag) vier deur die Republiekvlag te vertoon? Of gaan dit as krimineel beskou word?

Michael P ·

Hoe SIEK kan die klomp raak worry oor n vlag wat 25 jaar terug verdwyn het. Elntlik het SA nie probleme vandag nie of dink hulle so.

humor ·

Hulle sal dan hierdie wet, bevinding van die hof breer moet kwalifiseer. Soos byvoorbeeld dat die vlag of enige afbeelding daarvan nie vertoon mag word nie. Roets het nie die vlag vertoon nie, maar slegs n afbeelding daarvan.
Die weg van kommunisme raak al duideliker en vir ons al moeiliker.

Wesley ·

As doktorale student moes hy net sy intensie en redes om die flag op sosiale media te plaas duidelik maak. As doktorale student glo ek hy sou verstaan die etiese manier om navorsing te doen, nie waar nie?

Pine ·

Ek sit weereens en myself verwonder dat ons elke keer in die strik trap. Wat Ernst gese en gevra het maak sin en ontlok n debat wat sinvol kan wees. Hier onderskat ons alweer ons mede burgers se vlak van redenasie en denk vermoee. Arme Helen Zille trap elke keer daarin. Sy praat die waarheid maar die denk vermoee van die res maak dit n helse ding. Ek is nie n facebook of twitter gebruiker nie maar dit gebeur daagliks. Kyk na ons ob. Ons gee die mense te veel krediet vir goed wat hulle nie kan verwerk nie.

kolla ·

Stem saam, Corinne. Onnodig en eintlik moeilikheid soek wat kon gebly het. Niks goeds kan van hierdie sarkastiese twiet kom nie. Wie polariseer nou, Afriforum?

Mossie ·

Nee, wat hulle doen is verkeerd. As jy nie gelukkig voel oor jou verlede nie is jy vry om dit te wys…dus is die res van ons wat gelukkig voel oor ons verlede nie vry van spraak nie. Intussen mag BLF en EFF vry voel oor enigiets wat verlede of toekoms insluit!

Gert ·

Stem 100% saam met jou Corinne. Dis meer n “kom ek tart julle so bietjie” as n kamma stelling wat die “dr” wou maak. Goed as hy dalk so bietjie in die bek geruk word. Die hele klomp van hulle is rassisties wat agter die mantel van n “organisasie” skuil.

sweis ·

Ek stem nie saam wat verkeerd is diskriminerende wette om wit kinders te beperk op gelyke geleenthede.

sweis ·

Gee vir ons n klein provinsie met ons eie leiers en binne 10 jaar sal dit die beste welvarende land in afrika wees .soos n Duitsland in Europa met ons eie vlag ,hospitale, polisie ens,n klein onafhanklike staat waar ons nie teruggehou word en selfs agteruitgegaan agv onbevoegde mense nie.

Karlahari ·

Lees die laaste gedeelte van die berig.
Afrifirum het in 2018 gevra vir n gesprek.
Die NMS namens wie julle tweetjies praat het gesê sorry. Ons praat nie met julle.
Waar het die polarisasie begin?

JV ·

Die NMS doen nie Nelson Mandela se doelwitte uit nie, inteendeel verwoes hulle dit. Hulle is besig om rasse verder uit mekaar te dryf. Mandela dag gaan ook nie meer dieselfde wees nie. Daar is nie n manier dat ons families weer enige iets daarmee te doen wil hê nie.

Awie jansen van vuuren ·

ek wens hulle wil die Stem ook uithaal uit die Jan sulke hom mors dood in Afrika want dit is te mooi om saam te sing

Danie ·

Mnr Roets moet maar sy pak vat, daar is n groot veskil tussen aanjaag en n punt bewys. Arrogansie is n probleem by sommige mense

Johan ·

Ernst Roets het ten minste die “guts” en ruggraat om hierdie ABSURDE verkriminalisering van ons geskiedenis en simbole aan te vat. Meer as wat jy kan sê.

Te jonk ·

Kyk, ek is te jonk om die sentimentele waarde van die vlag of die stem te verstaan en sing my hele lewe lank nog net Nkosi Sikelele… Wat my wel baie ontstel is die voor die hand liggende onregverdigheid in onkonsekwendheid van die reg! Sing maar ‘kill the boer’, Zinzi Mandela kan sê wat sy wil, dan praat ek nie eers van ou Julias en die BLF nie, maar o wee, as ons die ou vlag erens wys is die hel los. Belaglik!

Boerseun ·

Uit beginsel het ek en my kinders nog nooit die besettende ANC-regime se volkslied gesing nie. Dis volksvreemd. My volk het sy eie lied.

AndrewL ·

Volgende is die Stem wat verwyder word, en wetgewing om te kniel as daai een gespeel word. Raak gewoond as jy so kla oor sy vlag wat so eienaardig beskryf word deur daardie wet.

kolla ·

Stem is oukei maar los maar eerder die droewige gekreun van die ossewa gedeelte uit.

Kerneels ·

Daai gekreun is al wat jy binnekort in SA sal hoor. Die land is nou vinnig op pad na die 1800s.

Leonardo ·

My gryse buurman het in sy wysheid gesê dat Roets hom soos ń japsnoet gedra …

PaulV ·

Leonardo; jou gryse buurman verstaan dan duidelik nie ‘n akademiese vraag nie.

Boerseun ·

Ons het meer mense met ruggraat soos Roets nodig. Hy mag jonk wees, maar hy het meer wysheid as die gryse buurman.

Koos ·

So ontplof uitsprake in jou gesig. Ek stem saam dat dit belaglik is om die ophef oor die vlag te maak. Stem ook saam dat dit belaglik is om Ernst te probeer vervolg. Min sal verskil dat dit “n eensydige omroeper was wat met Ernst die onderhoud oor TV gehad het.

Waaroor ek grootliks met Ernst verskil, is sy siening oor die vlag. Hy maak die stelling dat hy persoonlik niks vir die vlag voel nie. Hy stem saam met die omroeper dat die vertoon van die vlag duisende mense mag seermaak.

As dit wel sy sienings is dink ek maar min van hom en het die vlag-episode in sy gesig ontplof!

Afrikaner ·

Asseblief Afriforum: Rig van julle kant af n versoek en vra dat die gedeelte van die pragtige Stem uit die huidige volkslied verwyder word. Dit hoort nie daar nie, as ons dit sing kan ons gerus die VOLLEDIGE Stem sing by ons Afrikaanse byeenkomste of in ons huise saam met vriende en familie Dit in ONS lied.

John ·

Mag die ou vlag in Orania gewaai word? Waarom bou Orania nie ‘n hengse groot stadion vir feeste nie en maak groot geld uit Afrikaans is Groot… reg langs die Oranjerivier. Busse kan die mense aanry vir die one-night-stand.

Kallie ·

Die saak sal dalk goed wees. Dan kan een regter die toepassing van die ander regter se uitspraak anders interpreteer.

Christa ·

SA Sal nooit vorentoe Kan Gaan as kleinlikheid gedurig mense pootjie nie. Eerstens is EK myself trots op our vlag.
Almal Wil almal net vermoor en vervolg. Wens die mense Wil grootword en optree Soos Christene. Dit laat my dink die meerderheid SA is nie Christene nie. Christene ly nie aan vervolgingawaan of is kleinlik oor Elke persoon wat skeef trap nie. Die Woord verwag van ons om ons oë op Hom te vesting dan Sal ons nie so kleinserig wees nie en Sal ons ook nie heeldag foute soek nie.

Guru ·

NMS kan maar klappe uitdeel.

Moeilikheid begin wanneer met mening terug geklap word. Dit kan seer wees.

Valkoog ·

Ek is trots op die subtiele manier waarop Ernst die anti-vlag brigade se versteekte agenda ontbloot het maar is jammer oor die apologete se gebrek aan insig.

johan II ·

Die nuwe vlag en ANC simbole moet dan ook haatspraak wees. Dit moet verban word oor die 50+ wat elke dag onder die vlag vermoor word.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.