Klag teen Eskom-hoof ná ma doodskok

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag in samewerking met die gemeenskap van Grabouw in die Wes-Kaap ’n klag van strafbare manslag teen Matshela Koko, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, aanhangig gemaak.

AfriForum het in ʼn verklaring gesê die aanklag volg op ʼn voorval wat op 18 Januarie gebeur het toe ’n ma van twee doodgeskok is toe sy deur die oop veld naby die informele nedersetting Blikkiesdorp na haar huis gestap het. Sy het op ’n oop elektriese kabel getrap wat onwettig van ’n lamppaal na ’n sinkhuis aangelê is.

“Die gemeenskap van Grabouw het al op verskeie geleenthede die onwettige koppelings onder Eskom se aandag gebring. Dit het egter op dowe ore geval,” het Sias van Tonder, ’n plaaslike AfriForum-lid, gesê.

Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, het gesê ná ʼn besoek aan Blikkiesdorp is hy verbaas dat daar nie meer sulke ongelukke plaasvind nie. “Elektrisiteit word met gewone bloudraad – wat gebruik word om heinings te span – direk van lamppale na sinkhuisies toe aangelê. Dié drade kruis oor en weer en lê in baie gevalle op die grond,” het Van Dalen gesê.

“Die aangeleentheid is ook al onder die aandag van die kantoor van die Wes-Kaapse premier gebring, maar tot op hede is geen reaksie ontvang nie. Dit is ’n geval van nalatigheid en minagting van lewens.”

Maroela Media het Eskom om kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

En die seun wat onlangs ook dood geskok is? Ook n oop kabel? Munusipaliteit pleit onskuld? Maar wat verwag ons? Totale onbevoegdheid en onaantasbaar.

Hennie ·

En nou wonder ons nog hoekom kan escom nie winsgewend wees en hoekom die tariewwe so die hoogte in skiet. KRAGDIEFSTAL!

Gideon ·

So 4 jaar gelede het iemand op my plaas ook byna sy lewe verloor met Escom krag wat verkeerd gekoppel was. Die aarde draad en lewendig was verkeerd gekoppel by die meter. Al my skade van goed wat stukkend geraak het, ek was vir een maand sonder krag, maar Escom het gesê dit is nie hulle skuld nie.

Cherokee ·

Indien jy DA stem moet jy nie ‘n woord sê hier nie want dan stem jy daarvoor dat onbevoegdes die werk doen omdat hulle swart is en bevoegde wittes werk elders vind.

Vic ·

Hoekom nie ook die inwoner wat die draad onwettig gekoppel het vervolg nie?

Kobus 4e ·

hulle kan dit doen, maar sal geen werkilke doel dien nie. Dit gaan nie onwettige verbindings minder maak nie. Die ou het niks, so geen skadevergoeding. Die munisipaliteit en Eskom kan gedwing word om die onwettige aansluitings te verwyder, as hulle aanspreeklik gehou word in die hofsaak.

Agtogwatnog ·

Het gewoon op Grabouw. Polisie met Eskom voertuie het verskeie kuere gepoog om die onwettige drade te ontkoppel en verwyder. Hulle was vriendelik gegroet met klippe en brandende voorwerpe. Daar is sekere sake waarby ek myself sal skaar,. Dit is die slap weskaapse regering se laksheid om die polisie en eskom te ondersteen wat hierdie situasie veroorsaak het. Wetteloosheid van ons land. In die selfde asem wil ek noem hoe motoriste geteister word duer metro polisie terwyl taxi bestuurders voor hulle nuese die padreels verbreek en roekeloos bestuur. Miskien moet agri beter ondersoeke instel voor hulle kamptig op veldtog is vir geregtigheid. Spits julle toe op aangeleendhedetoe waar daar daadwerklik geen pogings aan gewend word om probleme aan te spreek nie.

Wouter ·

Ek stem Vic hulle kan seker sien waarheen gaan daai drade.

peanut ·

Kyk, kom ons wees nou eerlik met mekaar…
die einste mense wat nou met vroom gesiggies sê: “ag siestog shame, arme mammie, hoe kan Eskom. . . ” is die mense wat gister gekerm het oor die “goed wat so kragkabels onwettig lê moet hulle net vrekskok” . . . .
Wat is dit met julle land en jul mense….
ja, dis hartseer dat n kind erens nou sonder sy mamma groot word….
is dit Eskom se skuld?….NEE, kla die persoon wat daai oop draad gelê het aan en bêre hom in die tjoekie, dan word die regte mens gestraf en die gemeenskap leer dat jou onwettige optrede n onsmaaklike gevolg kan hê.
Deur die skuld voor Eskom se deur te lê, word aan daai gemeenskap gesê: “ag siestog, julle is te dom om verantwoordbaar gehou te word vir jul dade, julle is mos arm, so julle weet niks en hoef NOOIT te leer dat jou aksies reaksies het . . . Dis tog dom en siek om nou vir Eskom te blameer……tsktsktsk

Annie ·

Miskien is dit tyd dat die ook ophou steel en betaal soos die res van ons!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.