Klag teen formulemelk-pa laat vaar

Naas en Natasha le Roux saam met klein Ariana. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Naas le Roux van Centurion sê hy het geen vertroue meer in die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie nadat polisiebeamptes hom vroeër vandeesmaand ’n “les wou leer” en in hegtenis geneem het. Dit omdat hy die aandklokreël oortree het toe hy formulemelk vir sy en sy vrou, Natasha, se pasgebore baba gaan koop het.

Die egpaar het die vorige aand met klein Ariana (nou 12 dae oud) se voeding gesukkel en sy was later lusteloos van die honger. Daarom dat Naas inderhaas apteek toe is om formulemelk te koop.

Naas was veronderstel om vandag (Maandag) in die hof te verskyn, maar die Le Roux-egpaar het intussen saam met AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klag teen Naas in te stel.

Die betaalstrokie vir die formulemelk – getuienis wat Naas se onskuld bewys – moes egter eers aan die aanklaer beskikbaar gestel word, aangesien die polisie nooit dié getuienis in die saakdossier gevoeg het nie.

ʼn Siviele eis sal nou teen die betrokke polisiebeamptes asook die SAPD aanhanging gemaak word en streng dissiplinêre stappe teen die polisiebeamptes word versoek.

Só het gebeure verloop

Naas le Roux (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vanoggend gesê klein Ariana is op 6 Januarie in die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion gebore. Sy en haar ma is op 7 Januarie ontslaan waarna hulle omstreeks 15:30 tuisgekom het.

Klein Ariana was teen 21:00 onrustig en huilerig en teen 24:00 was dit duidelik dat daar probleme is met haar voeding. Ariana het in dié stadium nie meer gereageer nie en lusteloos voorgekom en Naas het hom na ’n noodapteek naby die huis gehaas. Dié apteek kon hom egter nie help nie en hy is omstreeks 01:00 noodgedwonge na die Clicks by die Unitas-hospitaal om formulemelk te koop.

Naas is op pad huis toe sowat 250 m van die huis deur twee polisiebeamptes voorgekeer.

“[Die polisiebeamptes] het geweier om na rede te luister of te begryp dat Naas die aandklokreël weens ’n noodgeval moes verbreek. Dit ten spyte van die feit dat hy vir hulle die strokie en die blik melk kon wys,” het Nel gesê.

Die polisiebeamptes, wat geen sigbare eieningskaarte of kentekens vertoon het nie, was volgens Naas baie aggressief en het hom verskeie kere beledig en mondelings geïntimideer. Een van die beamptes het later na bewering gesê hulle gaan hom in hegtenis neem en ʼn les leer.

Een van die beamptes het Naas se motorsleutels uit sy kar gepluk en pogings aangewend om hom te verhoed om opnames van hul gesprek te maak.

Naas is egter later toegelaat om Natasha te bel, waarna sy in haar nagklere met Ariana in haar arms na die toneel moes stap om die formulemelk te kry. Sy het by die polisiebeamptes gepleit om haar man te laat gaan, maar die polisiebeamptes het geweier. Een van die polisiebeamptes het haar gevra of sy kan bestuur en sy moes met klein Ariana op haar skoot huis toe ry terwyl Naas in hegtenis geneem en polisiestasie toe geneem is.

Daar is aan Natasha gesê dat sy agter hulle kan aanry om haar man se borgtog by die polisiestasie te betaal. Sy het Ariana eers huis toe geneem en gevoed. By haar aankoms by die polisiestasie is sy egter aangesê om huis toe te gaan of sy sou ook in hegtenis geneem word.

Naas en Natasha le Roux saam met klein Ariana. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die egpaar se prokureur, Lily Rautenbach, se hulp is ontbied en Naas is omstreeks 11:00 op waarskuwing vrygelaat, nadat hy ure lank saam met sewe ander verdagtes aangehou is.

Rautenbach het afskrifte van die betaalstrokie aan die polisie by die polisiestasie oorhandig. Dié getuienis is egter verwerp en nooit by die saakdossier gevoeg nie.

Trauma, verontwaarding

Naas vertel dat hy getraumatiseerd is ná die voorval en gereeld terugdink na daardie nag wanneer hy ’n polisiebeampte in uniform of ʼn polisievoertuig gewaar.

“’n Mens het al voorheen gewonder of dit werklik ʼn polisiebeampte is [wanneer jy ʼn beampte in ʼn uniform sien]. Nou maak dit nie eers saak of dit werklik ʼn beampte is nie. Jy kan hom nie vertrou nie.”

“Geen gesin behoort deur so iets te gaan nie, veral nie onnodig nie.”

Nel sê op sy beurt almal in sy kantoor was stomgeslaan deur die betrokke voorval. Hy sê die optrede van die polisie in hierdie geval is tekenend van ʼn gebrek aan opleiding, asook ʼn versuim om te verstaan wat die doel van die inperkingsregulasies is. “Die doel van die regulasies is nie – soos polisieminister Bheki Cele trots aankondig, om meer as 7 000 mense met kriminele rekords te belas omdat hulle nie maskers dra nie – maar om die las op hospitale te verlig deur te verhoed dat die virus versprei.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dit blyk toenemend dat sekere wetstoepassers die inperkingsregulasies misbruik om gewone, wetsgehoorsame mense af te knou eerder as om hulle op die bekamping van ernstige misdaad toe te spits. “Hierdie was duidelik ʼn noodgeval en die polisiebeamptes se gebrek aan insig en empatie om die regulasies op ’n redelike wyse af te dwing, is werklik skokkend.”

WAARSKUWING: Aanstootlike taalgebruik in video: 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

tweeling ·

Hoop jou siviele saak slaag – ry daai poliesmanne tot by daantjie in die kallerhok. Arrogante spul.

koos10 ·

Die belasting betaler betaal die soort eise, tensy die hof hulle beveel om dit persoonlik te betaal.

twaalfboor ·

Jou belasting betaal BAIE ander onnodige dinge ook. Dagvaar SAPS vir elke sent wat jy uit hulle kan kry. Ek betaal belasting met ń smile as dit gaan vir siviele eise teen onkundige staatsamptenare. RY HULLE!!!!

domheks ·

cele???? jy wil mos op nasionale TV probeer om ‘Cowboy’ gedrag te wys. Hoop hulle dagvaar jou ook sommer. Die arme vrou wat in die nag moet uitgaan nadat sy gekraam het? SKAAM JOU CELE!!!!

Suzette ·

Hy het nie skaamte nie…. dink nie hy sal eens die betekenis van skaamte ken nie.

Sarel ·

Sal graag wil weet wat vsn die twee grword het. Siviele eis ook teen die Bevrkvoerder wat opdiens was. Dankie Afriforum

Blom ·

My man is al 33 jaar in die SAPS en een van die trotstes wat daar is. Jy kan nie almal onder dieselfde kam skeer nie Fritz!!!!!

Tino ·

Vat hulle vas en leer hulle die lesse!

Pleks hanteer SAPD moordernaars en diefstal met dieselfde ywerigheid.

Alta Alleman ·

En die mense wat werklik die aandklokreël breek word nie gevang nie !

Wielspore ·

‘n Goeie polisieman sou Naas vergesel het tot by sy huis om te verseker dat hy veilig aankom en dat daar na die kind se belange omgesien is. Daar was nie veronderstel om enige sprake van ‘n oortreding te wees.

Philip ·

Dit is nou die ideale geleentheid om die arrogante polieste n gawe paar duisend rand se enema elk te gee asook hulle lendelam organisasie.

Genis ·

Dagvaar die rook uit hulle almal uit… Hulle arrogansie moet daad werklik vasgevat word… Klomp useless KFC eaters… Dis eindelik so skaamte dat die polisie so verrot het….

Stephen ·

Stel n stewige eis in en roer hulle in hulle persoonlike hoedanigheid

Gato ·

Die probleem is dat enige Jan rap en sy maat deesdae in die Polisie werk gegee word. Daar is geen keuring meer nie. Solank as die velkleur reg is en Politieke siening reg is is jy in. Potensiaal, bevoegtheid, opleiding, kwalifikasies en ondervinding tel zero. Daar is egter uitsonderings maar die is maar dun gesaai.
Dagvaar sommer vir Minister spiekeries met sy hoed dat hy Pa staan vir die gemors.

SjN ·

Hoedeman se trots kan moeilikheid verwag, hoop hul word persoonlik ook verantwoordelik gehou.

Anel ·

Die ma moet ook somer ‘n klagte van geweld teen vroue en kinders lê. Net die feit dat sy in die donker moes loop met’ n pas gebore baba is genoeg gronde. Verder sal ons dit ook verwelkom as hulle die hele Wiedrdabrug vervang en meerderheid blankes daar plaas. Ons is nou al moeg vir die onbevoegdes wat van Soweto kom en nie daar wil wees nie. Verder, roer die polisiebeamtes in hul privaat hoedanigheid sovel as vir Cele. Die spul weet nie wat die verskil tussen noodsaaklik en nie-noodsaaklik is nie. As dit ons was, sou ons die pa met ‘n spoed by die huis gekry het en sou toegesien het dat die babatjie versorg is. Ons nog verder hulp aan gebied het indien hulle dit sou nodig kry, inperkings of nie.

Boer ·

Naas dagvaar die staad so sodat jy nooit hoef te werk nie. LAAT HULLE BETAAL !!!!!!!!!!!!!!!!

Jacques ·

Ek stem saam ander kommentaar! Ry die sogenaamde polisie manne wat SA Burgers veronderstel is om te beskerm tot daar niks van hul oorbly nie!! Hul opleiding is swak en het geen menswaardigheid in hul oor vir onskuldige burgers nie. Daar is nog baie goeie polisie beamptes maar jammer om te se hulle is min en van die “old school” manne en dames.

JM ·

Hierdie polisielede is tog so trots oor die bietjie mag wat aan hulle toegesê is, dat niks verder van belang is nie. Hulle weet nie wat behoorlike opvoeding, afronding, beskaafdheid en empatie beteken nie, daarom word gesag op die “hooligan”-manier toegepas. Hulle kry die voorbeeld by mnr. Hoed.

Jaco ·

Dis verskriklik wat met dié mense gebeur het, maar die klag is wel teruggetrek. Los ‘n siviele klag teen die SAPD. As jy wit is, staan op vir die bietjie regte wat wit mense nog het en kry hulp van organisasies soos Afriforum, maar los dit dan daar. ‘n Siviele eis gaan dié wit egpaar net brandmerk as “reaksionêr” en “teen transformasie”. Kom dit dan later by goed soos onteiening sonder vergoeding, is sulke wit mense die eerste slagoffers.

twaalfboor ·

AG TWAK MAN!!!!! Dagvaar hulle vir als wat jy kan kry. Dit het NIKS te doen met reaksionêr en transformasie nie.

Derick ·

Vat dit so ver as wat julle kan. Daai inhegtenisname was net n “spiteful ” gebaar om n wit man se lewe moeilik te maak. Hulle sal seker male sonder tal appeleer teen enige hof se besluit, maar hou aan.

Sonia ·

Dis sulke goed wat die rassehaat al erger en erger maak – ons het nie hoop op versoening solank ANC en EFF in die parlement is nie. Dit was ook nie net ‘n geval van swak opleiding nie, dit was doodgewoon magsmisbruik en rassisme. Cele moet hiervoor pa staan en mag die siviele eis hom ook tref. #Celemustfall #ANCmustfall

Gerra ·

Ek hoop jy slaag in jou eis. Dankie Afriforum vir julle hulp in hierdie saak. Maak egter seker daai twee polisiemanne word persoonlik aangekla en moet instaan vir vergoeding.
Dit help nie die belastingbetaler betaal vir hul arrogansie nie, want dan leer hulle niks hieruit.

Alleen Wolf ·

Roer hulle sommer in hulle persoonlke hoedanigheid en moenie die hoed mis nie.

Wiehan ·

Dagvaar daai 2 polisie manne, asook die wat by di aanklag kantoor was want nie een van hulle het enige menslikheid in hulle nie. Dagvaar die SAPS sowel as Cele, wnt hy se mos “ARREST” lLaat hulle ‘n paar miljoen betaal vir jou trauma. Gelukkig het jy die gesprek op geneem, want hulle gaan jou nou weer “rassis” probeer uitmaak. VAT HULLE GERRIE NEL EN LEER IEDER EN ELK IN DIE POLISIE ‘N LES

Jerry ·

Pragtige voorbeeld van magshonger rassistiese optrede, wil so graag die witman onderdruk en verneder

LANA is ELANè ·

Ek het lankal nie meer vertroue in die SAPD nie, veral nadat Beki Cele die minister van die SAPD is, hy misbruik sy mag en gaan aan asof SA als behalwe ‘n demokrasie is met ‘n grondwet wat nie die ink op die papier werd is nie, en dat ons geen regte het as die regte wat hy ons toereken nie.

Johan ·

En as dit oppad hospitaal toe was, was daar ook nie n strokie nie….waar is ons “parlement” wat so gretig die Covid Dictator Counsel goedkeur.

Robert ·

Dagvaar almal in die bevelstring tot heel bo… Cele en Cyrill inkluis!

Fufu ·

Kan julle asb die gepeupel se name en by watter stasie hulle werk, vir ons gee. Sal hulle graag wil ontmoet.

Johan ·

Weirdabrug, sovêr ek weet…maar ander in Centurion sou ook maar so reageer…gemors. Dis omdat die goed nie uit die omgewing kom nie, hul word van ander areas ingery. Stel Pote aan uit die omgewing, dan verstaan hul dalk die plaaslike mense makliker…of raak net ontslae van die hele Poot “diens”, ons kom reg sonder hulle.

Die Wolf ·

Johan, Ek stel voor jy gebruik nie die woord poot nie. Dit is n klap in die gesig van die baie goeies wat nog in die mag is. Jy veralgemeen.

Suursussie ·

Absoluut skokkend….. SAP neem asseblief kennis en hou die publiek op datum wat betref die departementele stappe wat geneem gaan word.

Landras ·

My hart bloei vir daai arme nuwe Mamma wat daar staan met haar baba , Ariana . Ek hoop geregtigheid geskied , hierdie was belaglik !

Nie Verbaas ·

Oorweeg? Daar is niks om te oorweeg nie. Slag die arrogante oningeligde polisie.

LANA is ELANè ·

Ek het geen vertroue in ons Minister van Veiligheid nie, hy is ‘n diktator en daarom vertrou ek glad nie die SAPD lede nie.

Minion ·

Die arrogansie is om van naar te word. Ek hoop julle wen daai saak! DIS nou die mense wat ons en ons kinders moet beskerm.. wow…

Tienie ·

Soms kry ek so ‘n baie sterk gevoel dit dit meer RASISME is as om hul “sodanige” plig uit te voer.

Kon hulle nie maar eerder ‘n huisrower gaan soek het nie?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou skreiend. Enige gesoute polisieman sou hom huis toe begelei het eerder as te baklei nadat hy daai melk EN strokie gesien het! Ry hulle!

Louwrens ·

Mense dit is vir my as voormalige polisiebeampte n skande om te dink dat ek op n stadium in my lewe daai blou uniform met trots gedra het en deesdae word dit met korrupsie, misdaad en rassehaat teenoor witmense gedra. Ja daar is nog n aks polisiebeamptes oor wat probeer maar kyk maar hoeveel kundiges het geloop as gevolg van die nepotisme in die diens.
Sterkte aan die gesin en hoop hul kry ten minste n ordentlike verskoning van die sirkushoof af oor daai narre se swak gedrag.

Feite ·

En die ‘polisieman”in die video…… because I am Black? Red nou n volk.

Denise ·

Celoe en sy sirjus clowns… die arme gesin..gaan vang mense wat kwaad doen

Sonneblomkind ·

Waarheen gaan ons land heen….n mamma het oas gekraam en n pa moes gaan baba formule kry……ek bid dat geregtigheid vir hierde mense sal geskied. Plaas Mnr Cele oohou strande patroleer

Michael ·

Ons moet nie ons asems ophou nie. Hulle gaan niks oorkom nie. Buitendien is die aandklokreel net ‘n manier om die volk te beheer-doen niks aan enige verspreiding van enige virus nie. Ons moet wakker word, die kommunisme is met ons en hulle het ons met vrees gevang. Vryheid soos ons dit geken het is vir ewig verby

Veronika ·

Die polisie moet hul liewers toespits op die regte kriminele. Hier by ons is tavernes in die woonbuurte oop, geen “social distancing” of maskers, die polisie sit self daarbinne en die res ry verby want hul is te bang en nie lus om te sukkel nie, want niemand luister nie, aldus eerstehandse inligting van mense wat saam ons werk! Gister staan een so bo-op my by ‘n betaalpunt dat ek moet vra staan asb terug en al wat jy in respons kry is ‘n tongklap! So vrek dan maar as julle nie wil hoor nie!!

Warrior ·

Die haat, arrogansie oor sy velkleur… ek bid vir jou polisieman, jy is ni verhewe bo my Skepper en God ni. Big poep, no chief.

Eclectus ·

As jy iemand se ware karakter wil sien, gee hom ‘n gesagsposisie.

Genis ·

Joh ek is nie snaaks nie, ek is bly dit was nie ek nie..dan was ek vir aanranding aangekla… rassitiese swart…ja jy is swartr polisieman… wat het jy gedink is jy wit, of dalk pienk?

Karina ·

Hy het blykbaar die betaalstrokie en die melk vir hulle gewys. Dit klink of sy vrou by was en dat sy gehuil het. Sies, ek wil sê hoop julle skaam julle morsdood, maar daar is nie so iets in julle gedrag nie. Ongelukkig is die polisie deel van die menigte wat nie vir hulself kan dink nie. Soos Robert genoem het, ry hulle tot by daantjie in die kallerhok en sommer deeglik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.