Klag teen Lesufi oor kleuterskoolbesoek

Panyaza Lesufi op 23 Junie by die kleuterskool. Foto: Via Twitter

Panyaza Lesufi op 23 Junie by die kleuterskool. Foto: Via Twitter

Die manier hoe Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, die onlangse situasie by ʼn Centurion-kleuterskool wat van rassisme beskuldig is, hanteer het, kan hom moontlik in die moeilikheid laat beland.

Die VF Plus het bekend gemaak die party gaan Maandag ʼn klag teen Lesufi by die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion aanhangig maak.

Adv. Anton Alberts, die party se leier in Gauteng, het aan Maroela Media gesê Lesufi se “mob justice”-optrede deur uitlatings op Twitter het die kinders se lewe in gevaar gestel en die party gaan hom daarvolgens vir die verbreking  van die Kinderwet aankla.

“Lesufi het op Twitter voor sy nagenoeg 28 000 volgelinge teen die kleuterskool uitgevaar en van rassisme beskuldig nog voordat hy behoorlik ondersoek ingestel het van wat werklik daar gebeur het,” het Alberts gesê.

Lesufi het op 23 Junie, ʼn dag ná die veelbesproke foto op sosiale media gedeel is, op Twitter gesê hy gaan die skool besoek sodat “hulle” kan verduidelik.

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

ʼn 34-jarige ma het aanvanklik op haar Facebook-profiel ʼn foto gedeel van ses wit kinders wat saam by ʼn tafeltjie sit en kolwyntjies eet, met haar 19 maande oue swart dogtertjie alleen by ʼn tafel langsaan, skynbaar sonder ʼn kolwyntjie. Lees meer hier.

Lesufi het kort daarna verskeie kere melding op Twitter gemaak dat hy nie albasters met rassiste speel nie. Hy het ook ʼn foto van homself by die “problematiese” kleuterskool geplaas en gesê hy dra ʼn denim ingeval hy oor die heining moet spring.

Alberts het gesê Lesufi het die kinders van die kleuterskool se lewe in gevaar gestel deur hul gesigte en die skool se adres op sosiale media te versprei. Hy het sy volgelinge versoek om by hom aan te sluit tydens sy besoek.

“Daar is haatspraak in vele van sy volgelinge se reaksie op sy onverskillige kommentaar. Hy het die kleuterskool skuldig bevind nog voordat behoorlik ondersoek ingestel is. Dit is baie onverantwoordelik van iemand in ʼn gesagsposisie.”

Anéll Engelbrecht, die hoof van die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool, het voorheen tydens ʼn besoek aan die kleuterskool aan Maroela Media gesê Lesufi was op 23 Junie sowat 10 minute daar waartydens hy vlugtig deur die skoolgebou gestap het en onder meer gekla het dat die “probleem” sy tyd mors.

Sy het aan hom verduidelik die betrokke meisietjie het saam met ʼn ander kind gespeel terwyl die ander ses kinders solank gaan sit het. Die onderwyser het hierna haar assistent gevra om die ander twee meisies na die tafels toe te bring. Sy het albei by die ander tafel laat sit, aangesien daar net plek vir ses kinders per tafel is. Net toe sy die foto wou neem, het die ander meisie begin huil, waarna die assistent haar opgetel het. Dit is toe dat die foto geneem is. Die kind het ook ʼn kolwyntjie gekry, wat op die foto sigbaar is. Die kolwyntjie se versiersuiker is egter afgehaal omdat sy nie daarvan hou nie.

Lesufi het tydens dié besoek getwiet: “Ek is hier by die skool saam met die hoof. Al die kinders is wit en word deur wit onderwyser geleer. Swartes is slegs skoonmakers hier. Walglik!”

Hy het aangedui die departement gaan daadwerklik optree en hy het reeds ʼn maatskaplike werker toegeken om “onmiddellik te doen wat reg is”. Die ondersoek is nog hangend.

Lesufi het Maandag op Twitter gesê die party dink hy is ʼn maklike teiken en dat diegene wat teen nierassige en gelyke onderwys is, uit hul pad sal gaan om hom te belaster.

Oupa Bodibe, Lesufi se woordvoerder, het gesê die departement sal die saak verdedig en dat Lesufi niks onwettigs gedoen het nie.

Lees die vorige berigte oor die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Yolande ·

Mmmmm….. maybe Im stating the obvious. Maybe not!
punt 1
Daar is plek vir 9 kolwyntjies in boks 6 is uit…. Dalk kyk ek verkeerd en is daar plek vir 12.
Punt 2
As die ander maatjie begin huil het net voor die foto en sy geneem is om te troos… waar is daai maatjie se kosblik en kolwyntjie…….
Jammer maar ek dink daar is meer agter die storie en moet ondersoek word.
As die skool werklik onskuldig is SAL dit na ordenlike ondersoek aan die lig kom. En as hul skuldig is moet hul maar pakslae kry. GEEN KIND mag onregverdig behandel word nie. Veral by n skool waar onderwysers kan beheer uitoefen. Dan ook selfde geld vir die skool

Retha ·

En die ma en tannie wat die ongesensorde foto gedeel het, wat van hulle???? Kla hulle ook aan en die toi-toi vrouens… die EFF almal van hulle het daardie kinders in gevaar gestel. Dis rassisme op sy ergste.

Cherokee ·

Lesufi het bloot met sy probleem die skool se tyd gemors. As hy oor ‘n heining sou spring moes hulle hom aankla vir onregmatige betreding.

Flintstone ·

En dis nou die ondeurdagte,emosionele optrede van die meerderheid se leier.My kinders openbaar ‘n groter sin vir verantwoordelike optrede.Behoed my asb van sulke onbevoegtheid!

F Brits ·

Volgens die hoof se brief het sy uit haar pad gegaan om die swart vrou en haar kind te help en kyk wat kry sy toe,nee wat die swart vrou is die eintlik die groot sondebok.

Annemarie ·

Hul span gewoonlik die perde voor die wa omdat hul net nie weet hoe dinge gedoen word nie

Elsie ·

Hulle wil alles ras maak. As jy ń bees dood ry en hy was swart gaan hulle dit ook as rassisties uitmaak. Hulle is soos stout kinders wat altyd net wil tong uitsteek en sê: Wê ons het tog ons sin gekry

Chrisna Botha ·

Ag siestog, die arme man wat nou weer n slagoffer van rassisme is! Wanneer gaan mense leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle ondeurdagte optrede?

Vraag op vraag ·

As die skool so rasisties is waarom het hulle dan enigsins ‘n swart kind toegelaat? Hoeveel swart kleuterskole laat wit kinders toe…wonder màar net…en deel dan kolwyntjies ook nogal uit?

F Brits ·

Jammer,sien julle het dit toe geplaas,julle is net bietjie stadig.

johan ·

En die het seker daar opgedaag met ‘n moewiese konfooi met swart karre en die bloulig brigade em ‘n hele paar sirens.. Genoeg om die arme kinders histeries te maak, kla hom sommer daarvoor ook aan !

Basson ·

http://digitalphotographycourses.co.za/the-law-as-it-pertains-to-photographers-in-south-africa/

“Similarly, we can apply these principals to shooting on a school premises. The question that needs to be answered is, “is there a reasonable assumption that there is a certain amount of assumed privacy within the school premises.” I would assume that there is an expectation from the parents that their children’s privacy is secure at the school, especially as it is not a public space. So you would need special permission granted by the parents to have that assumed privacy “invaded”. Leaving names off the images will not help, if the person is identifiable in the image, even if from behind, you have trespassed their right to anonymity. If anyone confronts you on the act of taking pictures, you will need to cease as the law will not favour you as the photographer.

In summary, while the letter of the law allows you to photograph children, you will need to stop immediately when confronted with any objection, no ifs, ands or buts. Pack up, you are done.”

Theo Liebenberg ·

Basson jy het die spyker op sy kop geslaan! Looi die betreder!

Anti DA ·

En vir al die DA aanhangers dit is hoekom my stem VF+ is hulle doen iets vir die huidige benadeelde minderheid kan julle saam gesels ?

DA nou swart party ·

Die DA is nou n swart party. Witmense is nou net n bysaak.

Cherokee ·

Nou eers? Die DA is van die begin af swart. Die lokale DA-lede wat hier skryf is stil. Waar is julle?

Elize ·

Stem DA is tyd mors hulle doen niks vir reg en geregtigheid…VF+ is the way to go

chrisp ·

Die DA is besig met .;n vergadering om te bepaal wie is verantwoordelik vir die feit dat die ANC hulle geklop het deur eerste by die skool op te daag. As die persoon wit is sal hy verag, verskree en verneder word indien swart sal dit wees omdat hy of sy benadeel was en daarom nie oor die nodige kennis beskik het om die saak dadelik aan te spreek nie.Die persoon sal dan op ‘n opheffings kursus gestuur word.

HEVW ·

Die gesegde is hy span die wa voor die perde. Dit is van toepassing wanneer iemand iets g@tagterstevoor aanpak.

ANDRE ·

Soos gewoonlik word n onbenuligheid totaal uit verband geruk vir politieke gewin. Wat word daar gese van “small things” ?…………kan nie mooi onthou nie.

Emile ·

Dis onaanvaarbaar dat ‘n ANC gesagsfiguur sonder enige gevolge so intimiderend teenoor weerlose voorskoolse kinders kan optree en hul aan swart vervolgingswaan uitlewer. Hierdie gedrag is niks anders as intimidasie om “wittes in hul plek te hou nie” en is ‘n skreiende veragting van hul grondwetlike beskerming.

Dankie VF+

Darty ·

Weet nie hkm almal nog hulle tyd mors om op hierdie snert te reply nie!!!! Tydmors

vernon ·

Denim of nie, dis natuurlik vir hulle om draad te spring. As hy ‘n waardige bekwame persoon is sy posisie was sou hy in Pretoria besig gewees het met die ander skoolkinders wat besig was om die plekke af te brand.

Theresa B ·

Ai om net iets te doen om in die media te kan kom. Wou seker ook vir almal laat verstaan dat hy die septer geswaai het, sonder om regtig die ander kant van die saak in te sien en redes aan te hoor. Alles moet mos om swart en wit gaan en rassisme MOET daar wees……………..Gee my ‘n kramp waar ek nie regtig een wil hê nie.

Johann Marx ·

Gaan hy nou ook na al die skole toe wat daar NET swart kindertjies is met NET swart onderwysers….?? en dit ook as “walglik” bestempel? Ek verstaan nie waar het hierdie “voorskriftelikheid” vandaan gekom en hoekom ons dit uitstaan nie? As ek, met my eie geld, tyd, energie, kennis en harde werk vir my ‘n kleuterskool, gastehuis, restaurant, klub, kroeg of vakansie-oord oprig…..WIE kan vir my voorskryf oor WIE ek daar mag toelaat en wie nie? Daar is baie “eksklusiewe swart instansies, ondernemings en persele” waar geen blankes ooit kom nie…of toegelaat word nie.

Linda ·

Ja en kyk wat het in KZN gebeur, SWART onderwysers wat SWART kinders slaan!!

Meisie ·

Ag ek wens soooo die mense wil ophou met hierdie snert!! Alles is deesdae “` apartheid“ rassisme en wat nog , dit word heeldag en aldag in ons kele afgedruk!! Genade is daar niks beters om te doen nie???

Hendrik Havenga ·

Alles deesdae rassitiese nie alleen teen wit maar teen ander bevolkings groepe ook sooooo “sad” ons land se nense is siek

Deon ·

En weereens skitter die DA in hulle afwesigheid wanneer dit saakmaak vir hulle blanke kiesers.
Maar laat dit nou net lyk of een blanke daaraan dink om dalk ‘n rassistiese gedagte te hê, dan spring die DA weer vinnig om gratis nuusspasie te haal!

Dankie VF – Weereens wys julle dat julle nie bang is om geregtigheid te laat seëvier nie.

DA ondersteuner ·

Waarom moet ons witmense spesiale behandeling gee? Swartmense is die meerderheid en hulle is belangrik.

Flintstone ·

DA Ondersteuner-jy mis die punt.Dit gaan nie daaroor om witmense spesiaal te behandel nie,dit gaan oor KONSEKWENTHEID.Wat vir die swarte geld moet tog sekerlik vir die witte ook geld?In hierdie land implementeer die regering egter twee stelle reëls waarmee hulle optree:een vir die swartes en een vir die wittes.Dit veroorsaak dat die regering self vir polarisering verantwoordelik is.Behandel almal dieselfde en polarisering sal verdwyn.

alex ·

Al hierdie goed gebeur omdat n groep mense tog so minderwaardig voel en hulle voel net goed en beter as hulle witres kan bykom.

Johan ·

Ek hoop VF+ vat hom tot die hoogste hof….dat daar nou ook n voorbeeld kan wees teen die rasisties uitlatings…….en dat hy nie die skool n kans wou gee om te verduidelik nie……skoolhoof moet ook saak maak teen hom vir skending van skool se naam….

hans ·

Wat van n soortgelyke klagte teen die Botswana ma-sy het ook die ander kinders te nagekom met haar optrede.

Linda ·

Een van die dae word ons aangekla omdat ons huishulp ook net swart is!! Daar is genoeg wit werkers wat met graagte sal werk vir ‘n inkomste. Dan gaan daar ook gekla word. Kla sal daar gekla word!!

BAREND ·

ek wil net se baie dankie Zuma vir ons mooi skoon dorpe ,dorpe soos Nylstroom,Naboomspruit,Ogies,Krugersdorp,westonaria,Orkney,Evander ,Pretotia,Vereeniging,Durban,Vrede .dankie vir ons mooi paaie ons staads hospitale ,ons spoorwee ons spog staads skole ons mooi parke en goed versorgde begrafplase die land verdien n president soos Zuma .die enigste dorp met probleme is Orania .ek dink en weet hulle het die grooste haat en afguns vir ons klein volkie die wolwe is tussen ons mense los gelaat deur die ene de klerk ,ons moet hom nooit vergeet of vergewe nie

Lizelle ·

Dankie VF+ julle sal my stem kry. Ongelukkig is rassisme net van die een kant af.

Penellope Jones ·

Hoekom word daar niks gepraat of geskryf oor die fotograaf nie?

Wit Jacob ·

Ek ry elke dag in Soshanguve, Ga-Rankuwa en Mabopane, almal in die kleuterskole is swart selfs die skoonmakers.

ons vir jou VF ·

Dis waarom ek VF stem. Julle maak die STEM in my wakker

Frik Lotz ·

Welgedaan deur adv. Anton Alberts en die VF Plus. Gaan voort met jul uitstekende werk!

Tina du Toit ·

En net laas week gee ek kommentaar oor die foto al twee weke terug geplaas was en Devon Hofmeyr plaas dit weer en alle mamma`s reken hoe gemeen dit is en ek sê moet nie julle eie afleiding maak net oor die kind alleen sit nie, want niemand weet die waarheid nie. Nou kyk nou. Dit was net `n moelik maker wat aandag gesoek het

Lourens ·

Hy was nie gepla oor die skool nie nie, hy het gesien hulle deel kolwyntjies uit en het so vinnig moontlik daar gekom met die hoop hy gaan ook een pasella kry.

Rapes ·

Wel in ons dorp is hulle dan seker die grootste rassiste , in die swart woongebied is al die kinders in die kleuterskool swart en die in die kleurling woongebied bruin. Nou versoek ek sal julle asb. die probleem kom ondersoek. Die personeel is ook net swart en bruin.

Genoeg ·

Ai, al die bog maak n mens so kwaad!!! Hul bring net die lelik uit n mens. Begin jou eie kleuter skool en stel jou eie mense aan dan het jy mos niks om oor te kla nie Lefusi! Hou op kerm oor mense wat hulle eie pot aan die kook hou.

GES ·

Reël 1- As jy wil klippe gooi moenie in ‘n glashuis woon nie.
Baie dankie VF+. Leer tog die man maniere asb. Iemand van sy statuur behoort te weet hoe protokol werk.

JB ·

Waarom net altyd die VF+ en Solidariteit wat bereid is om teen ongeregtigheid teen blankes op te staan? Waar is die huigelaarsbende van bv. die DA? Laasgenoemde is gou op hul perdjies as daar kwansuis teen swartes gediskrimeer word, maar skitter in hul afwesigheid as Afrikaans en blankes brutaal aangeval word.

koos ·

Maak die hek oop en spring oor die draad , ek moet dit onthou is nogals cool moet ek se!

Elize ·

Yolande, 9 kolwyntjies? regtig? Hoeveel is daar in ‘n dosyn? Kyk weer, sit die keer jou bril op.

JOHAN DE VILLIERS ·

Die hele ding moet gesien word teen die diep gewortelde minderwaardigheids gevoel omdat hy weet hy daar is geen manier om op gelyke vlak mee te ding nie. Mens konsentreer op jou mense se disfunksionele skole en kry self berading om jou te help om in n ordentlike samelewing te funksioneer. johannie

Theo ·

Dit is die manier van swart rassiste om so te werk te gaan, dit is al wat hulle kan doen deur die blanke te intimideer. ek ondervind dit by die werk ook van my regstellende aksie toesighouers, maar ek doen net my werks beskrywing. die tipe van intimidasie het ek al geleer beteken niks. leë blikke maak die meeste geraas.

Jos ·

Ons mense maak dit vir hulself moeilik deur hulle toe te laat in ons kultuur. Dis maklik om te se daar is nie plek nie, ons is vol, tensy jy winsbejag is en dan vrot vrugte pluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.