Klag teen man oor WhatsApp-boodskap

ʼn Storm het om die kop van ene Ruan Meintjes van Vanderbijlpark in Gauteng losgebars nadat hy glo per ongeluk ʼn WhatsApp-boodskap na ʼn gemeenskapsgroep gestuur het waarin hy die k-woord gebruik.

Die beweerde opmerking volg nadat Jacob Khawe, burgemeester van die Emfuleni-munisipaliteit, en die munisipale bestuurder, Oupa Nkoane, Dinsdag na Rand Water se hoofkantoor in Glen Vista opgeruk het nadat die waterverskaffer weens uitstaande skuld toevoer na die munisipaliteit verminder het.

ʼn Inskrywing op sosiale media van dié rolspelers lui: “Ons sal nie weggaan totdat ons inwoners se waterdruk herstel is nie.”

ʼn Skermskoot van dié inskrywing is wyd op sosiale media gedeel, só ook die gemeenskapsgroep waarop Meintjes glo gereageer het: “Nou staak di munisipaliteit by rand water. Dis lyk my al manier wat n k***** verstaan.”[sic]

Hy het direk daarna in Engels geskryf: “So sorry. Deeply disappointed en sent to wrong place. I will excuse myself from the group now.” [sic]

ʼn Skermskoot van die plasing is daarna op sosiale media geplaas en het wyd reaksie ontlok. Nkoane het dit Dinsdagaand op sy Facebook-blad geplaas en gevra of enigiemand Meintjes ken sodat hy ʼn “ordentlike gesprek met hom kan hê”.

Lebo Mofokeng, die burgemeester se woordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê ʼn groep van die plaaslike ANC-jeugliga en Sanco het Woensdag ʼn klag van crimen injuria by die plaaslike polisie teen Meintjes aanhangig gaan maak. Penny Segoatsi, die waarnemende burgemeester van Emfuleni, het die groep vergesel as steun vir die ANC-jeugliga waarvan sy ʼn lid is.

Mofokeng het gesê die munisipaliteit en burgemeester het nog nie in hul hoedanigheid ʼn klag aanhangig gemaak nie.

“Ons wil geen strukture ondermyn nie, maar graag eers ʼn poging aanwend om met die betrokke party in gesprek te tree voor ons oor die pad vorentoe sal besluit,” het Mofokeng gesê.

“Tans het ons nog niks van hom gehoor nie. Hy het ons nog nie genader nie en is nêrens te vinde nie.”

Mofokeng het gesê Segoatsi is van mening dat as Meintjes in die openbaar verskoning sou aanteken, die mense hom sou vergewe, maar nou “kruip hy weg”.

Die selfoonnommer wat Meintjes glo gebruik het om die plasing te maak, is sedertdien afgeskakel en hy kon nie vir kommentaar bereik word nie. Hy het ook sy Facebook-profiel verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Manie ·

Betaal nie jou water rekening dan wil jy die mense gaan intimideer met julle luukse onverdiende motors. Doen liewer julle werk waarvoor julle uitermatige salarisse kry

Werner ·

Ja maar as jy n sekere omroeper op Jacaranda is kan jy maar se wat jy wil en sal niks oorkom die ou is seker geregtig op sy eie opinie

Johan. H. ·

Jy mag dink en voel wat jy wil , moet dit net nie op sosiale media se nie,,Daars erger misdade, maar hulle gaan van jou n voorbeeld maak omrede jou velkleur en jys tien teen een nie “conected” nie.
Voorspoed !!

Speedguard ·

Baie bly wees dat die doodstraf nie terug is nie, hulle sou jou gewikkel het met die ergste, DINK VOOR JULLE DOEN ASB almal word gestraf deur sulke kommentaar !!

Blondie ·

Eish!!!!! Al sê jy sorry tot jy blou in die gesig is en skreeu jy om vergifnis sal almal ongelukkig bly daaroor en jou nie kan vergewe nie. Daai is number 1 in die top 10 sondes.

thelsa ·

Goeie woorspeling in paragraaf 2 van die berig met die werkwoord verwysend na Rand Water.

Ander Annie ·

Wanneer gaan sommige mense leer om ‘n wag voor hulle mond te sit. Dink 10 keer voordat jy reageer om sulke boodskappe. Jammer om te sê maar jou “sorry” beteken niks en jy gaan ‘n baie duur prys betaal vir jou uitlating.

Rita ·

Soos Trevor Noah sê: mense verstaan die woord verkeerd. Hulle moenie so fyngevoelig wees en so kwaad word nie. Ek het ook nét so kwaad en verneder gevoel toe ek as ‘n White B….ch uitgeskel is! Maar wat help dit om ‘n beroerte te kry daaroor en ‘n scene op te skop? . Ek het die persoon rustig en met ‘n wye glimlag aangekyk en gesê: “Thank you Mam, and the same to you!

ai ·

Kan nie glo mense praat steeds so nie, en op sosiale media. Al was dit dan bloot “na die verkeerde plek”, dit is steeds verkeerd, en kan jou steeds vervolg laat word indien jy gevang word. Whatsapp het egter ‘n oulike funksie, as mens dan so vinnig is om te reageer en verskoning vra — jy kan die boodskap wat jy gestuur het delete…… Laat mens wonder of dit dan tog wel ‘n oepsie was, en of iemand nou weer wil kole aanblaas. Toemaar, ek glo nie regtig so, probeer net my punt bewys. Ongelukkig leef ons steeds met sulke boelies in ons midde, wat of werklik nie besef hulle doen verkeerd nie, of werklik net nie omgee nie. Hoe ookal, dis baie hartseer

Leer jou les oelala la ·

Kom maar uit Ruan. Hierdie vinger fout gaan ongelukkig nare gevolge hê want jy gaan nou gejag word.

Nico K ·

Ons weet dit is nie reg dat daar net teen ons opgetree word as ons iets verkeerd sê nie en hulle mag sê wat hulle wil. Maar dit gaan nie help ons kla daaroor nie. Leer uit ander se foute. Haal daardie woord uit jou woordeskat. Jy gebruik dit net eendag op die verkeerde plek of as jy kwaad is (soos as iemand jou motorruit stukkend slaan) en jy gaan duur betaal en daar is geen vergifnis nie.

slimkop ·

duidelik het hy nog nie van die funksie gehoor wat jou toelaat om ‘n boodskap uit te wis nie. solank dit binne 7 minute gebeur.
en dan moet jy net hoop iemand het nie reeds ‘n skermskoot geneem nie…..
Sterkte vir die arme ou.

PJC ·

Ek dink hierdie ou kan maar solank begin geld spaar of leen want betaal gaan hy betaal en dit omdat sy vel wit is andersins sou hy weggekom het daarmee.

Z ·

Maar Juffrou-RadioJakarandaStereo mag net jammer sê, glimlag en skotvry daarvan afkom.
En die swart en wit kunswerk was net wat dit is… kuns. Dan is die Kaap Hollands.
Maar wee jou as jy nie lank genoeg in die son was die vakansie nie, dan gaan jammer-sê jou nie veel help nie.

Awie Opperman ·

Dis net vir my snaaks dat elke rasherrie gemaak word oor ‘n blanke wat iets verkeerd sê, maar swartes wat baie erger goed kwytraak haal nooit die nuus nie.

Boerseun ·

En wat doen die ANC-juigkommando omtrent die wrede en rassistiese volksmoord wat hul ondersteuners op ons wittes uitvoer?

Hoekom? ·

…ek lees al die kommentare en wonder by myself… meeste mense hier dink hulle is “beter as / beter opgevoed / Christelik” …. maar tog wil julle gelyk behandel word aan die wêreld se mense…?
As jy beter is – WEES DAN BETER!
Moenie doen wat almal doen en as jy gevang of gestraf word huil daaroor nie….
As jy doen wat almal doen is jy mos maar dieselfde as die ou wat jy so n lelike naam gee…..
#bebetter

BOLANDER ·

Net nou die dag het een van hulle my “Whity” genoem. Waar kan ek die klag indien???????????????????????????????

Bertha ·

Ek wil net graag weet wie die klaer/slagoffer in die saak is? Geen spesifieke persoon is sleg gese nie. Ek meen maar. As ek in die straat loop en daar word gepraat van die slegte boere, dan mag ek n saak van Crimen Injuria maak? Al is dit nie vir my gese nie? Ek verstaan nie, lyk my, meer die wet nie. Kan iemand my dalk reg help?

KD ·

As die klaers/slagoffers in ’n kriminele hof bewys hulle almal het nou ’n slegter selfbeeld, vreet ek my hoed. Verwys dit na die Menseregtekommissie, of los dit. Dis genoeg van ’n straf om vir die res van sy lewe ontbloot te wees as die rassis wat hy is. Dink voor jy praat, ja. Maar dink ’n slag oor wat jy dink. Laat vaar die vooroordeel. Ons het almal genoeg van hierdie soort stories gehad.

Zachrys ·

Hy, Ruan, is met reg smoor kwaad. En ek het meegevoel met hom, sterkte ou maat. Ek wens daar is ouens Wat jou kan help om uit jou pinarie te kom…

Terloops ·

Moenie vergeet van universiteit student se whats app status… iemand moet begin notàs maak van die gevalle en ook klagtes begin lê

Wonder ·

Wonder wie het daardie screenshot geneem, en of die persoon nou 10c gekry het.

7 minute ·

Ruan, jyt 7 minute om ‘n boodskap te delete nadat jy dit gestuur het. Wens jyt dit eerder gedoen. Sien jyt dit dadelik agter gekom. Dit kon dalk jou bas gered het voor iemand ‘n screen shot kon neem. Onthou maar vir die toekoms… Sorry tjom, hoop nie jy kom in te veel moeilikheid nie. Sterkte.

Herman ·

Verbaas my dat so baie van julle die rasis verdedig? Ek skaam my partykeer om ‘n Afrikaner te wees.

Poppie ·

Ek is n trotse SA. En ek dink baie voel so. Maar as dit anders om was het jy stil gebly? Kom ek sê vir jou dit. Daar is baie meer rassiste teen die wit volk en niks wotrd gedoen of gesê. Die oomblik as n blanke n voet verkeerd sit dan is die hel los.

Rupert Ashford ·

Wel kom ons konsentreer net op die punt ter sake hier: Die Executive Mayor en sy kollegas by die munisipaliteit kan dalk begin om die waterdruk te herstel deur te begin om die skuld aan rand water te betaal – hulle vorder wel die geld in van die “people” namens wie hulle nou so raas so eintlik moet iemand hulle vra waar die geld dan nou heengaan? Hoe vergelyk klagtes van diefstal met crimen injuria?

LMF ·

Ag please daar is moorde op ons boere en nog nie sulke reakie van hul gesien oor ons boere as wat die bohaai nou oor n woord gemaak word nie die nasie is baie fyngevoelig en dit net omdat hul maar bedrog kan pleeg en wegkom daarmee. Please kom oor julself en doen jul regte werk. Ek het ook niks gelees van n doodskis nie. Maar nou ja as jy wit is gaan jy die slegste daaraan afkom

Pop ·

Ek verbaas my altyd dat daar so gefokus word op daai een woord. As ek so om my luister word daar baie erger goed gese oor die ander rasse as wat daai woord ooit kan. Ons nasie is maar n beskrywende spulletjie. Dis hoe ons dinge vir mekaar sê, so julle spul hoogheilige mense moenie nou maak of julle nog nooit iets gesê het wat onvanpas is nie.

Lynette ·

Jy her n belangrike feit weggelaat – jy het net sowat 3 – 5 minute geleentheid om jou foutiewe whatsapp-boodskap te verwyder – langer as dit, rn jou kas is verby.

Johan ·

Dis tyd dat klagtes van rassisme teen die eff/dlf/anc ook gemaak work. Hulle praat openlik van haat teenoor wittes.

E ·

Daar word anerpad gekyk as die Here se naam ydelik gebruik word, selfs hoogmode by baie.

Die mens word nou bo God gestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.