Klag teen man wat vrou in winkel onderstebo stamp

‘n Skermskoot van die video.

’n Saak van aanranding is Vrydag teen ’n man aanhangig gemaak nadat hy na bewering ’n vrou in ’n kruidenierswinkel in Schweizer-Reneke in Noordwes onderstebo gestamp het.

Die voorval is op kringtelevisiekamera vasgevang en word sedertdien op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die man doodluiters na die vrou stap waar sy saam met ’n ander vrou en ’n jong kind na kruideniersware op een van die winkelrakke kyk. Die man stamp dan die vrou tot op die vloer.

Dit kom in die video voor of hy haar met opset gestamp het.

‘n Skermskoot van die video.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 09:30 in ’n kruidenierswinkel in die dorp plaasgevind waarna die vrou ’n klag van aanranding ingedien het.

Funani verduidelik dat die man ’n psigiatriese pasiënt onder behandeling is. Hy is ná die voorval in die sorg van sy ouers geplaas en sal na verwagting Maandag in ’n hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Iemand ·

Psigiatriese pasient…kyk mens wil nie teen mense diskrimineer nie en ek het baie simpatie met baie psigiatriese pasiente en ook hul familie. Maar jis, ek is bly dat ek nie n familielid het wat ‘n versteuring het wat hom/haar onvoorspelbaar of aggresief maak nie. Dit moet baie erg wees.

pieter ·

Wel dan benodig almal psiatriese behandeling, wat beteken almal mal is. Wat n wondelike vooruitsig. Uiteindelik is daar n ligpunt.

Letta ·

Nou wat soek so psigiese persoon alleen in n winkel?? Lagwekkende verskoning.

Lina Carstens ·

Iemand, ek verstaan wat jy sê en stem saam, dit moet erg wees

Jannie van Niekerk ·

Regtig Kolonel Funani? Psigiatriese pasiënt? En jy dink regtig ons moet dit glo?

Dereck Le Roux ·

As daar ‘n wit psigriatiese pasient wees wat dieselfde met ‘n swart vrou doen was daar by hierdie tyd ‘n nasionale reaksie met die MRK en politici aan die voorpunt van die veldtog gewees.

Douwlina du Plessis ·

Indien hy op medikasie was, moes hy stabiel wees hy moet dus onderskei tusswn reg en verkeerd.
Indien nie, is hy ‘n gevaar vìŕ homself en ander en moet toegesluit word vir behandeling.

De Villiers ·

Ek kan nie oordeel nie, want ek ken nie dié persoon nie, maar ek kan ek net my mening gee.
Hierdie tendens dat die oortreders deesdae almal skielik aan een of ander geesverteurdheid ly of onder sterk medikasie was toe hulle oortree het of skielik ‘siek’ raak na skuldigbevinding, raak nou afgesaag. Henry van Breda, Xander Bylsma, Shabir Shaik en Jackie Selebi is maar ń paar om op te noem.

Get him ·

En die ouers laat die seun alleen rondloop by die winkels sonder toesig? Snert man!

Lidia ·

Maroela Media, hoekom gebruik julle die woorde ‘na bewering’? Dit is mos duidelik uit die beeldmateriaal dat hy dit wel gedoen het.

Kwaaitjie ·

Lidia, ek wonder ook altyd….
Na bewerig, klaarblyklik. Regtig!

Maar ek neem aan dis om die mediapublikasie te beskerm. Dalk is daar wetgewing rondom die tipe ding?

Ella ·

Ek dink hulle moet sê “na bewering”, want die persoon het nog nie in die hof verskyn en amptelik in die hof aangekla van dit nie. Ek mag verkeerd wees, maar dink dis was ek ‘n paar jaar terug gelees het.

Julie Jansen van Rensburg ·

Feit is – dat enige aggressiewe handeling deur lid/lede van die meerderheidsgroep enige lid van die minderheidsgroepop ENIGE wyse – hetsy fisies of mondelings – aanval, dal dieverontregtein die minderheidsgroep absoluute minste simpatie of aandag genietterwyl die persoon/persone van die meerderheidsgroep in meeste gevalle absoluut skotvry daarvan afkom met een of ander flou verskoning – dat die aanvaller op eenof ander manier nie hom/haarself vanweë een of ander “kwaal” is nie… die enigste “KWAAL”waaraan meeste van die meerderheid ly is totale breinspoeling dat hulle die verontregtes is en derhalwe “regte” teenoor enige lid van die minderheidsgroep het wat hulle “verontreg” het…

Zelda ·

Wat n pot snert. Was die kleur anders was dit wêreld nuus. Gedink daar sal
een of ander ‘verduideliking’wees

Phillip ·

Kyk die video weer…Hy stap verby swart mense om die wit vrou aan te rand. Hy het dit beplan en toe gedoen. Rest my case.

Ekke ·

Soos dit blyk, is dit deesdae die “nuwe” verskoning wat opgedis word vir onvanpaste gedrag. Was die rolle omgekeer, was die hel witwarm gestook.
Gereg en geregtigheid sal nooit eindig solank die “nuwe” Suid Afrika voort gaan onder leiding van die cANCer regering nie.
Afstigting of te wel Sesering is al uitweg waar minderhede die meerderheid is en hulself kan regeer..

jennefer ·

Hier loop n paar in ons dorp ook,kwansuis nie toerekenings vatbaar nie.

Adri ·

Ekke, as MM ‘n “Like”-knoppie gehad het, sou ek hom gedruk het.

Hans ·

Ek glo glad nie die storie dat die persoon “n psigiatriese pasiënt is nie-dit is n verskoning wat in die verlede te veel kere gebruik is.

snoekkie ·

As dit anderste om was, was dit weer rasisme en het die EFF al die winkel afgebrand en geplunder

Renee ·

Kry ‘n organisasie betrokke hy moet nie wegkom daarmee nie

Johan ·

Ek wonder waar is die fabriek wat al die verskonings fabriseer? Hierdie is nóg een wat net gaan loop. Net om dalk binnekort nog erger dinge aan te vang.

SNERT ·

Wat ‘n pot … SNERT. Dit was ‘intentional’… Nou is die beskuldigde ‘siek’? Seker is die wat ons so uitmoor ook ‘siek’. Ek Wil Nie eers begin Om te dink wat van ons nasie Gaan word Nie. Ek sidder…

Izet ·

‘n psigiatriese pasient???? Maar hy ken die verskil van wit en swart en mense seermaak en nie? Patetiese verskoning jammer die werk nie.

Stephan ·

Ek is bevrees Amanda Funani praat die waarheid. Die man is ‘n psigiatriese pasiënt by die South African Psyciatric Hospital Of Racism. Na verdere ondersoek is daar bevind dat die hele EFF ook pasiënte daar is

Jaco ·

En die coverup begin, blatante rassistiese aanval, niks minder

Martie ·

Sorry ek het daai vedeo oor en oor gekyk hy het die dame batlant uit sy pad gestamp dit lyk nie of die ou enigeiets makeer nie kom by dit was blatant rasisties

madels ·

Nou hoekom het hy nou JUIS n witvrou uitgekies om so hard te stamp? Hoekom het hy nie n swart vrou so hard gaan stamp nie? Nee, hierdie is verseker ERG RASISTIESE optrede en nou word dit toegesmeer met n belaglike “rede” vir sy siek optrede

Koos de Meyer. ·

As dit anders om was, die hel behoorlik los. Dit was defenitief rassisme. Maar hulle het mos altyd ‘n nuwe verskoning.

Kerneels ·

Waar is die DA nou wat laaskeer so grootbek in Schweizer Reneke was toe daar volgens hulle rasistiese optrede was.

Johan ·

Ai,Kerneels…in jou ideale wereld (volkstaat) is daar seker net blanke mense,né?

Ekke ·

Johan..
Lees bietjie op wat beteken konfederale state..
Die VVA poog om n eie gebied te bekom waar die MINDERHEDE, die MEERDERHEID is, SAAM in harmonie kan voort leef en HULSELF kan regeer.
Snaaks dat MM niks daarvan genoem het van die vergadering wat op 9Aug 2019 in die Kaap gehou is nie maar is wel daarvan in “Die Burger” en “Beeld” genoem

Pieter ·

Johan,
Hoe kom jy in reaksie op wat Kerneels gesê het by jou storie uit? Terloops in die volkstaat sal daar net ons eie mense wees en die passasiers en ouens soos jy gaan maar net oor die muur kan kyk hoe lyk vrede en vooruitgang.

Stiks ·

Kyk , hy kan sy sterre dank dit was nie my vrou wat hy gestamp het nie

Rubber ·

Dankie tog dis ‘n swart op wit aanval. Behoort nie die linkse media te haal nie. En boonop is daar klaar n verskoning uitgedink. Hy is ‘n “psigiatriese” pasiënt.

AmY ·

Hoekom is die ANC Vroueliga se stil?
Dis mos ‘n vrou wat deur ‘n man van haar voete afgestamp is, vir geen rede nie.
Hulle het rustig hulle inkopies gedoen, en niemand gepla nie.

JohanR ·

Jammer dit is niks anders as wit haat nie! Net voor hy by die vrou gekom het met die trollie, het ‘n ander swart MAN van die kant af gekom. Hoekom het hy hom nie om gestamp nie? Moenie bekommer nie broer. Die wit man na 25 jaar, is ook net mooi, siek, sat en dik!

Terreur ·

Enigste psigiatriese probleem wat die man het is dat hy ‘n lafaard is. Rasisme op sy beste en dan moet ons hoor hy is siek. Bwhahahaha…

O Wee ·

Psigiatriese pasiënt onder behandeling??? Wat los rondloop?? En duidelik aggresief optree! Sluit hom toe!

Rina ·

Die arme vrou kon baie seergekry het. As hy n psigiatriese pasient is……. moet hy oor geevalueer word .

Christine Galloway ·

Laat my dink n Paar jaar gelede in Heidelberg Gauteng. Was ek met die vuis geslaap in die gesig. Die polisie hom net in gelaai gese hy het n mental probleem. En ent verder langs die pad af gelaai.. So hy gaan loop. ????????‍♂️

SjN ·

Waar is die plek se sekuriteit, op n klein plekkie ken almal mekaar, snert storie, hier is n rassistiese klankie, waar is DA groot monde nou, julle was mos vinnig om die onderwyseres te kruising.

Lmb ·

Kan hul dadelik sy mediese rekords wys dan weet almal of dit waar is

Lmb ·

Hy moet mos n mediese toestand he wat op rekord is…hul moet dit bewys

Ansurita du Preez ·

Hoekom juis ‘n wit vrou, daar was baie ander “mense” in die winkel wat hy kon rondstamp?

Koos Nel ·

.
.
My vrou gaan nêrens alleen in die publiek nie…nie sonder my nie….en ons albei is altyd gewapen….of die winkel of “mall” nou sê “NO FIREARMS” …ons dra ons vuurwapens aan ons selfs na bank en kerk toe.
.
.

Cherokee ·

Jou verdediging moet in verhouding met die aanval wees. As jy ‘n ongewapende sou skiet, sal jy dalk nooit weer ‘n vuurwapen besit wat jy kan ronddra nie.

Belaglik ·

Ek ontken nie ons erge misdaad nie, maar dink jy vat bietjie ver. Ek besitis nie ‘n wapen of alarmstelsel by my huis nie, bly in ‘n stad en is diep in mythe veertigs en nie ek of my vrou was al diedie slafoffers van misdaad nie,. Ons lewe heerlik en probeer net om weg van gevaarlike pleke te bly.

Saint ·

Al sou hy n psigiatriese pasiënt wees, wil dit voorkom asof hy nie sy humeur kan bedwing nie.
Hy is n gevaar vir en in die samelewing en moet verwys word na n inligting waar hy nie n gevaar vir die samelewing kan wees of word nie. Hy hoort nie vry op straat te wees nie

Sammy ·

Nou waar is die ouers dan? Of die plek wat hom behandeling gee. Lyk vir my of hulle nalaatig is. Kla hulle ook aan!
Ek glo elkgeval nie die verskoning nie

Connie ·

Die nornale mense in ons sameleeing is baie gevaarliker as die mense wat geestelik siek is. Kyk maar na al die moorde en geweld elke dag. Wie is nou eintik die gevaar?

Hennie ·

En as dit ‘n witman was wat ‘n swart vrou so gestamp het? Dan sou sy geeste toestand geen verskil gemaak het nie!

Meisie ·

Hoekom se Maroela nie dit was in Spar waar die insident plaasgevind het nie.

Rob ·

Hierdie is niks anders as blatante rasisme nie. Finish en klaar.

Netso ·

Terug in sy ouers se sorg geplaas? Nee nee nee! Hierdie ding sal ons nie net onder die mat invee nie eks baie jammer. Waarom is daar nie ñ duidelike foto van sy gesig geplaas dat die samelewing weet om nie hulle rug op hom te draai nie ? Ek wonder waar hy aan sy agresie kom. Hy is ñ gevaar vir die samelewing, hy hoort agter tralies!

Ray ·

Wonder ek ook nou hoekom die artlkel nie begin met die woorde soos dit moet nie. ” In an apparent racial attack”. Maar by definisie kan swart mense noe rassisties wees nie. Dis mos wat ons vertel word

Henk ·

Nou gaan die aanrander pleit dat hy nie toerekeningsvatbaar is nie en daarmee wegkom. As hy geestelik versteurd en ‘n gevaar vir die gemeenskap is, hoort hy in ‘n gestig.

S ·

Moedswilligheid en rassisties!!! Die vrou kon baie seer gekry het, dit is n bejaarde vrou wat haarself nie eens kon beskerm en met moedsilligheid gestamp is. Ek vra ook nou waar is die DA grootbekke as hulle ons stemme soek maar nie kan optree vir ons nie …. geen stemme meer vir hulle nie. Presies wat met die onderwyseres se geval ook gebeur het. Wanneer hul daar moet wees om ons te beskerm hoor jy NOOIT van hulle nie, maar met verkiesings is hul grootbek. Hoop hul verloor hulle stemme hierdeur. En selfs VF+ ….. wat is julle soooo stil en julle kommentaar hierop. Ek hoop Afriforum en Solidariteit sal opstaan en die gebeure en saak regverdig, hulle is ons enigste hoop op regverdigheid en hulp en ons is dankbaar vir wat hulle doen en hulp.

Gerrit ·

Die klomp narre by die MRK…jul mening? Eintlik weet ons al die antwoord!!

pieter ·

Ek sal graag wil weet wat hy vir die ander dame gese het wat hom wou aanvat. Ek is seker dit was rassisties en sal die saak verder opklaar

Japie ·

Waar is die DA nou wat die juffrou so maklik wou stenig. Dit het julle duur gekos by die stembus. Ons wag vir julle kommentaar

Orna ·

Ek keur nie die voorval self goed nie. Dis so jammer. Wat ek wel wil se is dat duisende psigiatriese siek mense daagliks in ons samelewing rondloop. Ons land het nie fasiliteite om hierdie lense te huisves nie. Jy kan tot ses maande wag vir n bed in n inrigting. Intussen is hierdie mense op hulself of die familie aangewese. Ek praat uit ondervinding. Sterkte aan die dame.

Charl ·

Mense wat “mental” probleme het wat moontlik ‘n gevaar vir hulself of ander mag in hou word in inrigtings aangehou en loop nie in winkels vrylik rond nie. Nee, ons maak maar net gou vir boetie verskoning want ons kyk mos uit vir mekaar…

alet ·

NA BEWERING WAS DAAR ‘N ONDERONSIE buite die winkel, is dit waar

Koos de Meyer. ·

Die vriend wat in die stad so lekker bly, word wakker daar is altyd ‘n eerste keer. Hulle oorval jou op enige plek selfs in ‘n winkel of in ‘n mall.

Boet ·

Hoekom word die ras van die mense nie genoem nie, dit is tog duidelik sigbaar in die video.
Ek is ook n psigiatriese pasient, dit is nie n verskooning nie. As jy jou self nie kan beheer nie hoort jy nie in die samelewing tot so n tyd wat jy jou self kan beheer anders is jy, soos in die geval, n gevaar vir die samelewing en dan moet daar met jou gewerk het. As jy dit as n false verskooning gebruik is jy erger as krimeneel.
Ek wonder of die “pyn van die verlede” n rol in die hof gaan speel in die geval, ek het so vuil gevoel dit gaan en die media gaan dit ook nie dek nie want “dit skep die verkeerde prentjie van die Nuwe Suid Afrika.

Gaitsigubib ·

Lyk my hy het die selfde siekte wat die man het wat vir Arnold Shwarzenegger in die rug geskop het. Mens noem dit rassisme.

Christina Lewis ·

“NA BEWERING” my goeie genade wat moet ons as blankes nog doen sodat dit nie NA BEWERING gebeur nie, genade!

Buks ·

Ek verstaan almal se woede en opmerkings. Wat ‘n totale verrassing was, was dat my skoonsuster uit Kanada dit vir my aangestuur het. Die hele wêreld sien wat hier aangaan.

Die gesegde wat sê “it is going to get worse, before it gets better..” is ons realiteit.

Buks ·

Ek verstaan almal se woede en opmerkings. Wat ‘n totale verrassing was, was dat my skoonsuster uit Kanada dit vir my aangestuur het. Die hele wêreld sien wat hier aangaan.

Die gesegde wat sê “it is going to get worse, before it gets better..” is ons realiteit.

Anoniem ·

Indien dit ‘n Blanke was, was die aanklag aanranding en het hy die naweek agter tralies deurgebring. ‘n Swarte wat dieselfde doen word ‘n psigiatriese pasiënt genoem en vrygelaat.

Trol ·

Was daar feen man in die winkel wie hom kon uitmeet daar in die winkel se gang nie. Neem my terug na n Saterdagoggend in Alberton so paar jaar gelede waar n (swart) man sy vrou in n supermark geslaan jet en n vet Engels mannetjie jom gekonfronteer het en oorreed het om dit na buite te neem. Toe hulle egter buite gekom het, het die dapper muis gehardloop. Ver en baie vinnig ook. Dis al wat hulle nodig het.

Issie ·

As die kleure omgeruil was sou die EFF die winkel al geplunder en afgebrand het ongeag of die verskoning dieselfde was.

Mathys ·

Verslaggewer verleen ‘n outoriteit aan hierdie polisie beampte wat hy eenvoidig, uit hoofde van sy amp, nie het nie! So om die dubbele standaarde (in die naam van balans en elke ding) voort te set, hoef ‘n joernalis nou net die beskuldigde se verdediging, uit monde van die ondersoek beampte, te publiseer en BOOM! Nothing to see here? Ek meen, as ou Sparrow se polisie beampte, OK, so hy was die hoof klaer, maar ernstig nou, hoe kan jy ‘n opinie insluit soos dit, van die vyand van die mensDOM?

Wonder ·

Hkm toe die tannie hom n vuis wil gee. toe sê hy vir hulle iets… sal laaik om te weet wat het hy vir hulle gesê. as daar fout was met hom, sou hy gelag het en net weggeloop het. maar hy het eers vir hulle iets gesê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.