Klag teen Nzimande oor ‘uitheemse’ Afrikaans

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en ontwikkeling. (Foto: Ntswe Mokoena)

Die DA het Maandag ’n klag teen dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor die minister se klassifisering van Afrikaans as “uitheemse taal”.

Die party sê die klag volg op die uitspraak in die Konstitusionele Hof dat Unisa Afrikaans as onderrigtaal moet behou.

“Die uitspraak het pertinent uiteengesit dat Afrikaans as inheems in ons konstitusionele reg beskou word,” sê dr. Leon Schreiber, DA-parlementslid en kiesafdelingshoof vir Stellenbosch.

“Deur aan te hou om die hof in dié verband te minag, ondermyn Nzimande die reg op moedertaalonderrig en oortree hy die regte van Afrikaanssprekendes op waardigheid en gelykheid.”

Maroela Media het vroeër berig dat Nzimande in Oktober verlede jaar ’n nuwe beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys bekendgestel het waarin slegs “Suid-Bantoetale” as inheems aan Suid-Afrika erken word.

Die DA het in April vanjaar ’n dringende versoekskrif ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aan die minister gestuur waarin die party redes vir dié besluit versoek.

Volgens Schreiber het Nzimande hierdie versoek egter geïgnoreer en word die korrespondensie nou na die MRK verwys as “bewys dat Nzimande moedswillig en doelbewus teen Afrikaans diskrimineer”.

“Hierdie foutiewe, onwetenskaplike en skadelike uitsluiting van Afrikaans is reeds by die Universiteit Stellenbosch gebruik om ’n agenda te bevorder wat Afrikaans by dié instelling uitrangeer.

“Uit ’n wetenskaplike en wettige perspektief bestaan daar bloot geen twyfel dat Afrikaans net so inheems aan Suid-Afrika is as die kokerboom en die protea nie.”

Schreiber meen dít is deur regter Steven Majiedt, wat die Konstitusionele Hof se uitspraak in die Unisa-saak gelewer het, bekragtig toe daar ten gunste van die behoud van Afrikaans by Unisa beslis is.

“Majiedt erken die belangrike rol deur inheemse mense, wat ook aan slawerny onderworpe was, in die ontwikkeling van Afrikaans. Hy [Majiedt] verwys uitdruklik na ‘inheemse tale, insluitend Afrikaans’.

“Regter Majiedt verwerp ook die beskrywing van Afrikaans as ‘die taal van die onderdrukker’ en bevestig dat hierdie idee lynreg indruis teen ‘die ware geskiedenis van Afrikaans se oorsprong en ontwikkeling’.”

Schreiber sê Nzimande “tart” die Grondwet deur aan te hou om Afrikaans weens oënskynlik ideologiese en politieke redes by die definisie van inheemse tale uit te sluit.

“Nzimande ondermyn aktief taal- en menseregte tot op die punt waar die waardigheid en gelykheid van Afrikaanssprekendes geskend word.”

Die DA het ’n beroep om die MRK gedoen om beslissend teen die minister op te tree om te verseker dat Afrikaans sy regmatige plek as amptelike en inheemse taal in Suid-Afrika kan inneem.

“As Nzimande vir een oomblik ophou om teen sy ideologiese oogklappe vas te kyk, sal hy eerder ons land se diversiteit omhels deur ag te slaan op Majiedt se beskrywing van Afrikaans as ’n ‘heterogene reënboogtaal’ wat ’n ‘wonderlike paradoks van menslike vindingrykheid en kreatiwiteit bevat’.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Suzette ·

Hierdie spul hou net nie op nie. Hulle kalwe alles weg………

Swerwer ·

Vra liewer wie die rassisme aanhits. Dit het nooit bestaan nie, tot die ANC oorgevat het.

Samuel ·

Hierdie siening is rassisties. Afrikaans is van wanneer af uitheems??

SomeOne ·

in watter wêreld deel word die “uitheemse” taal gepraat ?

Hannes ·

Net een vraag vir mr Nzimande: As Afrikaans ‘n uitheense taal is, sê dan vir ons in watter uitheemse land dit inheems is. Waar is daardie land waar meer as 7 miljoen mense Afrikaans as moedertaal praat. Net in Suid-Afrika. Daarom is Afrikaans inheems tot Suid-Afrika.

Pierre ·

Afrikaans is ook die enigste taal wat “AFRIKA”ans in die taal naam het.

Cherokee ·

Ja Hannes, jy behoort by te voeg dat dìt die vraag is wat die regter gevra het. Wanneer jy ander mense aanhaal, moet jy die oorsprong ook noem.

Dirk Mostert ·

Zulu en Xhosa is ook nie so inheems nie. Albei groepe het slegs ‘n paar eeue gelede hier aangekom.

Wielspore ·

Die meeste ANC leiers beskik nie oor die nodige kennis en ervaring om SA te regeer, daarom is Blade Nzimande nie net ‘n verleentheid vir homself maar ook vir ons regs stelsel. Ek wonder of hy ooit weet van die beslissing deur die Konstitusionele Hof……. hoof van onderwys.

JohanR ·

Ou Nzimande is kommunisme ook nie iets van die verlede nie? Kommunisme het nerens in die wereld gewerk nie, maar het vir miljoene en miljoene mense net ellende gebring/ Miskien moet jy eerder dink om die naam Suid Afrika Kommuniste Party(SAKP) te verander na ‘n naam meer in stap met die nuwe SA. Miskien kan jy dan as ‘n kommunist jou R700000 Mercedes Benz geniet, instede dat jy as ‘n kommunist eintlik in ‘n R1500 Lada moet rondry jou skynheilig stink vel!

Swerwer ·

Hy ken nie die land se Geskiedenis nie, of sê liewer hy wil nie.

ChrisCrooner ·

Dit is juis die mense wat die “thumbs down” gee op my kommentaar wat weet hoekom ek sê wat ek sê…as jou AFRIKAANS inheems is, sou jy nie eers skroom om saam te stem nie…en ek sê wat ek sê want ek is gatvol vir mense wat klaag-liedere sing en niks omtrent die oorsaak doen nie…sies…skaam jou…MY AFRIKAANS kom van HIER…Okay?

VaalDonkie ·

Ingels is dan ook ‘n “uitheemse” taal so waarom moet ons almal daarin swot? En hulle moet nou besluit of Afrikaans deur die Hollanders hier aangebring is, en of dit in die Kaap tussen die kleurlinge ontstaan het en dus inheems is.

Cherokee ·

Fanagalo is ‘n bedryfstaal en nie ‘n taal wat na ‘n spesifieke nasionaliteit verwys nie.

SomeOne ·

waarom verkla julle hom nie by die mrk en vat hom hof toe waar dit sy sak sal raak

koos10 ·

Die MRK gaan NIKS doen nie. Dis nie hulle beleid om op te staan vir die minderheidsgroepe nie.
Die minister gaan nog minder doen.

Adriaan ·

Hoekom is dit altyd AfiForum en die DA wat opkom vir minderheidsregte terwyl die VF+ doodstil is? Dit kom my voor asof die VF+ leierskap 40 jaar in die verlede leef en nie weet hoe om politiek te bedryf volgens hedendaagse metodes nie.

VaalDonkie ·

Die VF+ doen baie, maar hulle weet niks van bemarking en geraas maak nie. Nogal hartseer. Hulle begin baie dinge, maar dan sien die DA dit raak en maak asof hulle die idee eerste gehad het.

Adriaan ·

Dit is n jammerte. Maar dis asof die VF+ funksioneer asof dit nog die dae is toe briewe geskryf is en reaksie daarop gekry is, en politieke vergaderings op Maandagaande om 8 uur in die stadsaal gehou is. Min denkende mense stem saam met wat Malema sê maar tog weet almal wat hy gesê het. Hoeveel mense weet wat Groenewald gesê het?

Johann ·

As die meneer nou net geweet het ons weet dat dom mense deur jaloesie gedryf word het hy dalk probeer om sy eie taal te bevorder eerder as ‘n ander taal te benadeel. En ‘n “Dr.” dog-al.

Danie ·

En om te dink dat Afrikaans as n amptelike taal verklaar is in ons buurlande soos byv Botswana.
Dit laat jou gril om net na die idiotiese sa ministers se fotos te kyk.

Mallie ·

Ons praat Afrikaans en ons leen nie n woord in n ander taal as ons nie weet wat om te se nie. Ongeletterd sal hulle bly.

Hannelie ·

Baie mense maak die fout om die dink dat Afrikaans ‘n “wit” taal is. Moet Engels dan ook op universiteit verban word? Dit is die taal van die “settlers”. Daar word duidelik nie aandag aan Geskiedenis op skool geskenk nie.

Androclus ·

ideologiese oogklappe-Hy weet nie eens wat dit beteken nie,hy kan maklik hof toe gaan en sê hy word gevloek.ahhahaaaa

Yvonne ·

Hierdie tipe regerings amptenare dra net elke dag by tot die val van RSA

Di ·

Hy moet hom eerder bepaal om meer skole te bou. As hy sy mond oopmaak, kom daar net ‘n klomp snert uit. Tyd dat hy aftree en op die stoep gaan sit en koffie drink

pompies ·

Ek wonder in watter vak het hy sy doktoraal gedoen. Dit sal nogal interessant wees om gte weet.

Erika ·

Voorbeeldig vooraf verteenwoordig Die Govermant Demokrasie Maar Rassisme Floreer Agteraf…ander kere sommer Openlik.

Heinrich ·

Volgens Nzimande se logika moet Zulu en Xhosa dan ook die taal van die onderdrukker wees want hulle het meer wette vir AA en BEE ingestel om die ander inheemse tale te onderdruk.
Previously disadvantaged beteken tog maar currently advantanged.

Toy ·

Vat ons Afrikaansprekende mense hier weg, dan sal hy besef hoeveel bydra ons lewer in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.