Klag teen onderwyseres wat gr.2-leerder glo klap

skool-skoolskoene-onderwys

Argieffoto.

ʼn Laerskoolonderwyseres is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat sy glo ʼn graad 2-leerder so hard teen die oor geklap het dat die kind mediese behandeling moes ontvang.

Die beweerde voorval het Vrydag by ʼn skool in Olifantsfontein in Gauteng gebeur. News24 berig die sewejarige dogtertjie is glo deur die onderwyseres geklap omdat die leerders in die klas geraas het.

Volgens die nuusberig het die kind se ouers haar na ʼn hospitaal geneem omdat sy gekla het haar oor is seer en die oor merkbaar geswel was. Dit is toe dat die beweerde gebeure aan die lig gekom het.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die departement is bewus van die voorval. “Die onderwyseres sal ʼn kennisgewing ontvang van skorsing hangende ʼn ondersoek na die bewerings. Totdat die ondersoek afgehandel is, sal die onderwyseres nie by die skool aanmeld nie,” het Mabona gesê.

Mabona het nie gereageer op ʼn vraag of daar enige waarheid steek in berigte dat die onderwyseres ook die leerder die k-woord toegesnou het nie.

“Die departement het kontak gehad met die leerder se familie, en ons psigomaatskaplike ondersteuningspan sal die leerder vandag by haar huis besoek om berading te verskaf,” het Mabona gesê.

“Ons veroordeel enige vorm van aanranding van leerders in skole, aangesien lyfstraf onwettig is. Onderwysers word aangemoedig om van die beskikbare dissiplinêre benaderings gebruik te maak, aangesien lyfstraf nie meer aanvaarbaar is nie.”

Konst. Mokete Serakwana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen die onderwyseres ondersoek word. Volgens Serakwana is daar reeds ʼn waarskuwingsverklaring by die onderwyseres afgeneem, maar sy is nie in hegtenis geneem nie.

Serakwana sê die saak is na die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming verwys wat dit verder sal ondersoek.

“Dit is skokkend dat so iets na bewering gebeur by ʼn skool waar leerders deur hul onderwysers beskerm moet word. Ons sal die nodige doen om die situasie reg te stel,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Niel ·

Lyfstraf is eending, maar dié, ek hoop julle name en shame die vroumens, en AS sy skuldig is, moet sy nooit weer met kinder kan werk nie.

Wurmpie ·

Ondersoek eers die rede. Onderwysers word mishandel deur kinders omdat daar nie meer lyfstraf is nie

CK ·

Is jy nou laf Wurmpie, dis ‘n kind wat 8jr oud is. Wat se verweer het sy teen ‘n volwasse vrou. REGTIG!!! Skors haar

Karen ·

Jy het gesien dis ‘n graad 2 leerder, ne? Ek besef, verstaan, en stem saam daar is rowwe dinge wat aan onnies gdoen word deur groter kinders, maar…..graad 2 dogtertjie!!!

Capie ·

Stem 100% saam met Wurmpie. Laat die saak ondersoek word…… onderwysers sal verstaan

Michael Bouwer ·

Capie. Vat dit van n onderwyser. Ek verstaan nie. Ek verstaan absoluut nie. Wat ek wel verstaan is – fustrasie, arogansie, ondankbaarheid en blaam vir slegte punte. Hoe sleg moet jy as persoon wees om nie sulke situasie te kan hanteer op n volwasse manier nie. Hoe sleg is jy as persoon om n kind so te verneder voor haar klas maats. Dit is belaglik. Die letsels wat so n onderwyser op sulke jong ouderdom agterlaat is die rede hoekom goeie sekondere onderwysers sukkel om hulle studente te leer. Ongeag die omstandighede is daar geen plek vir dit in die onderwys nie. Enige iemand, enige onderwyser, wat hulle gesag wil afdwing deur vrees te gebruik het nie n plek in die samelewing nie. Op die noot, in my opinie (uit ondervinding), so n beter manier gewees het om net stil te bly en dit te los en as pouse kom hulle nie te laat uit gaan nie, op die manier leer jy die eenvoudige les – elke aksie het n reaksie.

Stem saam ·

Ek weet dit is net ñ gr. 2 dogtertjie, maar ek wil ook weet wat voor die tyd geneur het. My vriendin is deur een van die kinders in haar klas gebyt toe sy hom hoof toe wou vat. Die seun is ook in gr. 2. Wil julle vir my sê jy gaan net daar staan as ñ kind jou byt dat die bloed loop??

Liewe CK ·

…ek weet van 6 en 7jariges wat onderwysers skop en slaan en byt en spoeg!
Glo my, volwassenes kan oom net SO VEEL vat

Boeremeisie ·

So jy beweer ‘n 7 jar8ge het ‘n volwasse vrou aangerand en die volwasse vrou slaan toe die 7 jarige dogtertjie so hard dat sy behandeling moes kry. Luister net na die logika van jou stelling dan sal jy besef dis absurd! Die vrou hoort nie skool tw gee nie. Sies

Jakalas ·

Snaaks vandat die Vicky besigheid gebeur het, word elke voorval tussen ‘n wit en swart persoon sommer elke keer nou beskou dat die k-woord “dalk” gebruik was. Gaan dit nou die algemene ding word dat rasisme ook na gekyk gaan word vir ELKE saak.

Andrea ·

Natuurlik! Dit gaan by elke klag gevoeg word. Dis mos nou n lekker stok om ons mee te slaan. En of daar bewyse is of nie, net een van die twee betrokkenes word geglo.

Henry ·

Ek wonder of die onderwyseres blank is. As sy was sou die baie meer heftige reaksie gewees het, veral Panyaza Lesufi sal nie die kans laat verby gaan om ‘n helse bohaai op te skop nie

Wonder... ·

Interessant, wonder of die onderwyseres blank was. Seker nie, want dan was daar nou weer massa-histerie. Nie dat ek die onderwyser se optrede enigsins goedpraat nie

Flip ·

@Ockert, die K woord is bietjie anders as laster ne…nie almal glo in wat jy glo nie, so jou “satan” kan vir my laster wees. Peter se “allah” kan vir die ander weer laster wees en en en.

Irma ·

Lesufi is nou seker in sy element. Onderwys standaard tel blykbaar nie soveel as ingryping in skole nie. Hoop die verantwoordelikes kyk van beide kante af na die gebeure. Nou gaan ons weer tot oor ons ore na al die nuus berigte moet luister.

Begrip ·

Beste stuurman sit aan wal.
Wat die juffrou gedoen het, mag nooit gebeur nie. Tog is dit nou maklik om vinnig baie vingers na haar te wys. Dink ‘n bietjie eerlik na. Sien jy kans om dag na dag vyftien, twintig of dertig agtjariges sinvol te onderrig en te beheer en terselfdertyd die leerplan te dek en alle ander onderwysverantwoordelikhede stiptelik na te kom? Sal jy jou humeur dag vir dag foutloos beheer sonder om ooit ‘n voet verkeerd te sit? Dank Vader daar is dié wat geroepe voel om dit te doen, né… Help ook nie om te sê sy het haar loopbaan gekies nie. Onderwys is en was nog nooit ‘n grap nie. Die opregte onderwyser se laaste druppel krag, bloed en karakter word dag na dag, jaar in en jaar uit getap. Deesdae sonder die lat. As jy jouself nog nooit in so ‘n situasie bevind het nie, moet liewer nie maklik uitsprake maak nie. Jy weet nooit hoe jy onder daardie omstandighede sou opgetree het nie…

mm ·

En die rase kaart word weer gespeel kan haar voor se wat om te se daai Juffrou gaan ook 2 jaar sit dubbel standaarde sterkte juf.

Careltjie ·

Ek sou miskien gedink het die berig is geloofwaardig, tot ek gelees het die onderwyseres het na bewering die k-woord gebruik. Dit sê vir my daar is ‘n storie agter die storie. Ons is al so moeg vir die omgekeerde rassisme en almal word geglo.

sandra ·

Ek was my laer en hoërskoolloopbane in vooraanstaande skole, op laerskool is die meisies op die boude met ‘n bordpasser geklits, op hoërskool het die 1 onderwyser altyd daai kort haartjies agter die ore beetgekry en dit gedraai. Ons het niks daarvan oorgekom nie, maar wat die juffrou gedoen het is totaal onaanvaarbaar en moet sy summier die deur gewys word en haar lisensie teruggetrek word. Sy is ‘n skande vir die onderwysberoep

agshame ·

Ek stem saam Careltjie! Die K-woord moet tog altyd by die storie gevoeg word. Ek is al naar vir dit!!

Jannie ·

Onderwysers is gefurstreerd omdat die nuwe disiplinêre stelsel ń klug is en kinders dit beskou as ń grap.
ń Mens kry vandag 8 jariges wat BAIE ongemanierd is en grootmense tot die uiterste kan beproef.
Jammer dat my kind saam met sulke kinders moet skoolgaan, dit kos my ń fortuin aan ekstra klasse omrede dit onmoontlik is vir onderwysers om klas te gee met al die ongedisiplineerde kinders.

MisouSA ·

As alles wat gesê word… ‘die oor-klap’, waar is.. moet hierdie vrou summier afgedank word.
Ek werk 17 jaar met kinders in daardie ouderdomsgroep, en daar is GEEN rede dat mens so iets nidig het om daardie meisie te ‘straf’.
As die persoon boonop wit is, is ek nóg kwater!
Dit maak dif vir ons almal ng moeiliker en sit alles ‘n paar trappiss terug…DIS NET PLEIN ONNOSEL!!
Ek dink egyef dat ek die ‘k….’ met ‘n knippie sout vat.
Dis nou byna soos Cosby in Hollywood.
Vandat hy uitgevang is, skree elke tweede vrou in Amerika oor beweerde ‘molestering’…
Die ‘Momberg-sindroom’ het hier ingeskop…
Maar as daar besyse is dat die persoon selfs daaraan skuldig is????
Jaag haar, net soos die Minister van Sport oor haar rassistiese uitlating oor ‘wittes’ gejaag moet word….
Gebruik dieselfde skêr om al die skape te skeer, en ek het GEEN probleem!!

Cherokee ·

Reg voor my kantoor, met net ‘n straat tussenin, is ‘n speelpark. Speelpark blink nog van nuutgeit, sowat 10 dae oud. Ek sluit om 8vm oop en die skoonmaker wat 7vm begin werk, vertel aan my gisteroggend dat ‘n klomp laerskool kinder was om 7 uur daar besig om te speel. ‘n Onderwyseres het stilgehou en gevra waarom is hulle nie by die skool nie maar in die speelpark. Die skoonmaker vertel toe die laerskoolkinders het die onderwyser(es?… hy het teacher gesê) vreeslik gevloek. Gevloek met die f-woord en geskree sy moet fkf. Hy sê die teacher het toe vir hulp geskakel. Julle het reg gelees; laerskoolkinders.

EvW ·

Ek glo daar aan dat as ñ kind stout is en dit kort moet hy gestraf word maar deur haar op daai ouderdom op oor te klap is nie die wyste ding om te doen nie

JPV ·

Ongelukkig weet nie een van ons presies wat gebeur het en hoekom, maar my simpatie lê by die onderwyser. Stem ook nie saam met klap teen kop. Alhoewel ek nie vir ‘n oomblik dink daai graad 2 kind is onskuldig nie, dink ek die betrokke kind se ouers dra die meeste van die blaam. Kanse is goed dat daar geen of min dissipline by huis is wat dan direk oorspoel na skool.

PJC ·

As sy die kind op haar boude geraps het sou die gevolge nog steeds dieselfde gewees het. Die beste is dus om hierdie onopgevoede bloedjies dus maar ui te los en natuurlik sal die k-woord altyd bygesleep word want dit is ń lekker stok om die wittes mee by te kom en hulle saak nog slegter te maak voor die rassiste wat hulle gaan verhoor..

Oom Kalahari ·

Die optrede van onderwyseres was onvanpas. En oorbodig om kind teen kop te klap. Die ou “K” woord is al holgery en kom met alles voor net om beter aandag te kry veral van Panyasa Lesufi wat weer gaan spring en groot geraas maak. Ook word Onderwysers/ esse baie uitgelok, verneder en gevloek wat ook onregverdig is.

Corrie ·

Ek werk by creche en kibders van 4 skop en klap en party dae word jy nog gespoeg ook. Jou hande is afgekap mag niks doen en ouers werk ni saam

Tammy ·

Kinders het nie maniere nie, in elke geval die meeste van die bloedjies kom uit huishoudings waar die ouers voel die onderwyser moet die kinders opvoed!!!! Ouers is te besig om te veg vir oorlewing en ander is bloot te sleg om die kinders op te voed en te leer wat reg en verkeerd en aanvaarde gedrag en slegte gedrag!!! Kinders weet ook dat niemand hulle mag aanraak nie en dit vererger die saak. My vriendin se dogter(matriek) het haar by die SAP gaan verkla na n rusie by die huis. Hoe voel so n ouer na hierdie episode teenoor daardie kind wat wil grootmens speel. As sy met die gevvolge sit hardloop sy net terug na haar ouers toe. Daar moet n middelweg gevind word, ek keur nie aanranding goed nie, gladnie maar n pakslae het my net n beter mens gemaak …nie dood nie.

Christo ·

Ek daag Maroela uit om ook aanvalle van leerders op onderwysers aan die groot klok te hang. Onderwysers word getart en daar vind geen samewerking van die ouers, beheerrade en die onderwysdepartement plaas nie. ‘n Wors het twee ente.

Veritas ·

Niemand sal my vertel dat die juffrou sommer goedsmoeds na die kind gestap en sonder enige rede, haar teen die oor geklap het nie. Daar moes erge provokasie gewees voordat die onderwyseres tot dié drastiese stap oorgegaan het. Hou in gedagte dat, die feit dat die kind in graad twee is, dit nie beteken dat sy slegs agt jaar oud is nie. Sy kan maklik tien tot twaalf wees en dit sal verduidelik hoekom die konfrontasie fisies geraak het. Hormone het al ingeskop en katterigheid het al ingetree. Nee-wat ek het simpatie met die onderwyseres.

Boesman ·

Skors haar en sluit haar toe. My kind is ook deer so tiepe onderwyser in die skool teen die kop geklap. Vandag se onderwysers is pateries

anton ·

Net n vraag? Het jou kind maniere?
Het hy /sy niks verkeerd gedoen nie?
Leer dan jou kind self as alle onderwysers so sleg en swak is!!!
Baie kinders vandag het geen maniere nie en is sooooo stout dat geen normale mens met hulle kan leef nie. Sien dit gereeld en ek is nie n onnie nie.

seun ·

vandag se onderwysers is pateties. Vloek soos matrose in die klas,woede uitbarstings as hulle in die klas is nou by gesê. En dan staan en rook hulle ook nog hele tyd op die stoep. Sluit haar toe

Riouna Martin ·

Dit is erg. Die waarheid sal uitkom. Maar dit gee geen onderwyser die reg om dit te doen nie. Loop eerder uit klas en skep asem.

Linda van Mosselbaai ·

Kameras in al die klaskamers sal al die bespiegelings oplos. Geen onnie klap net ‘n kind nie dis ongehoord!

Alwyna ·

Sy was nog nie n onderwyseres nie. Het slegs geproef. Daarom is ek teen die hedendaagse stelsel waar onderwysers sommer dadelik in n skool instap. Waar is die 4 jaar opleiding van vroeër jare?

Oom Kalahari ·

As ‘n Oupa en ouma het ek en vroulief vir 2jr die kleinkinders by skool en naskool gaan afhaal en sekere konserte en funksies gaan bywoon. Daar is heelwat jongetjies en dan praat ek van 7jr en ouer wat nogal ongeskik kan wees en lekker vloek en die Onderwyser/es dreig met Pa enMa wat jou sal kom bykom. Dit wat die Onderwyser gedoen het is verkeerd en die kind is nog jonk, maar regtig hul moet eers ‘n goeie ondersoek doen oor omstandighede wat aanleiding gegee het tot so optrede. Die Onnie kon anders opgetree het as met so ‘n aksie wat geneem was. Ek kan net dankie se ek is nie ‘n Onderwyser/es om al die aanvalle en kritiek daagliks deur te gaan nie.

Andre ·

Ek voel dit is reeds omdat lyfstraf weg is dat dit gebeur… Die onderwyser in hierdie geval verdien ‘n masiewe klap van hy/sy eie want dit is regtig teveel. Maar kinders is verskriklik want hul weet niks sal gebeur nie. As hul boutjies nog gebrand het, was die wag voor die monde sterker en het ons heel waarskynlik ook nie vandag soveel 20 jarige misdadigers gehad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.