Klag teen polisie ná Suid-Afrikaner se skietdood in Hawaii

Lindani Myeni. (Foto: Facebook/ Jaguars RFC)

Die Suid-Afrikaanse rugbyspeler Lindani Myeni se familie het ’n klag van onregmatige dood teen die Honolulu-polisie in Hawaii ingedien ná sy skietdood.

Jim Bickerton, regsverteenwoordiger van Lindsay Myeni, die oorledene se vrou, het dié stappe gister tydens ’n mediakonferensie aangekondig.

Maroela Media het berig dat die Hawaiise polisie sowat ’n week gelede glo op ’n 911-oproep van ’n moontlike huisbraak gereageer het toe daar ’n konfrontasie tussen Myeni en die beamptes ontstaan het.

Die regspan het bewerings dat Myeni die polisiebeamptes eerste aangeval het, verwerp en gesê dat hy in selfverdediging opgetree het. Hulle het ook enige gerugte dat Myeni by ’n huis probeer inbreek het as vals bestempel.

“Wanneer iemand ’n skerp lig in jou gesig skyn, ’n vuurwapen op jou rig en jou aansê om op die grond te gaan lê sonder om aan te kondig dat hulle polisiebeamptes is, is dit ’n aanval. Hy het homself dus teen onbekende aanvallers verdedig,” het Bickerton gesê.

Volgens hom het die polisiebeamptes ongrondwetlik opgetree toe hulle nie hul identiteit of doel aan Myeni geopenbaar het nie.

Dit is intussen bekendgemaak dat die perseel waar Myeni hom bevind het, verblyf aan lede van die publiek bied en ook langs ’n tempel geleë is waarheen mense kan gaan om te mediteer.

“Die huis word op Airbnb en Instagram geadverteer. Ingevolge wetgewing moet sodanige plek oop wees vir enige lid van die publiek en mag daar nie op grond van ras, geloof, herkoms of enigiets anders gediskrimineer word nie. Dit was nie ’n privaat woning nie en die deur was nie gesluit nie.”

Volgens Bickerton het Myeni die huis binnegegaan en sy skoene uitgetrek. “Dit strook met iemand wat ’n onderneming besoek het om navraag te doen.” Myeni se voertuig was in die oprit van die perseel geparkeer – wat ook volgens Bickerton ’n aanduiding is dat hy geen kwaadwillige planne kon gehad het nie.

Bickerton sê voorts dat dié perseel reg langs ’n tempel geleë is waarheen mense kan gaan om te mediteer en waar jy versoek word om jou skoene uit te trek. Bickerton opper die moontlikheid dat iemand wat na die tempel op soek is en nie met die omgewing vertroud is nie, maklik die twee plekke kan verwar.

Maroela Media het berig dat Lindsay kort ná Myeni se dood op Facebook gesê het dat haar man ’n entjie gaan ry het om “sy kop skoon te maak”. Hy het glo ook vroeër die dag aan haar gesê dat hy iewers wil gaan mediteer of bid. Myeni se swaer, Justin Anderson, het ook verlede week op Facebook gesê dat die voorval ’n misverstand was en dat Myeni waarskynlik per ongeluk by die verkeerde huis ingestap het.

Die beeldmateriaal wat vroeër deur die polisie vrygestel is, is volgens Bickerton en Myeni se familie onvolledig en eensydig. Die polisie word versoek om alle beskikbare beeldmateriaal bekend te maak. Verder versuim die polisie steeds om Myeni se persoonlike besittings, waaronder sy selfoon en trouring, te oorhandig.

“Myeni se selfoon kan belangrike inligting bevat en moontlik uitklaar waarom hy in hierdie omgewing was.”

Anderson het aan Maroela Media gesê dat talle mense in Hawaii glo die polisie kan niks verkeerd doen nie.

“Ons hoop dat die hofsaak die Honolulu-polisie sal dwing om alle beeldmateriaal en bewysstukke, waaronder Myeni se foon, te oorhandig sodat hulle nie meer hul valse weergawe van ’n inbraak kan voortsit nie.”

Volgens inligting was Myeni ongewapen en het hy geen misdaadrekord nie. Die pa van twee word deur sy familie as ’n vredeliewende mens met ’n sterk karakter beskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Aai ·

Dit is ‘n moeilike een die hulle het gese polisie nadat hy geskiet was op video.Maar ja hoekom so mal raak en hulle aanval sal maar wag vir bloed uitslae hy moes op iets gewees het.

Snuffelgids ·

“Die Suid-Afrikaanse rugbyspeler”. Ek is nie seker of dit n goeie beskrywing is nie, was hy n professionele speler, internationaal? Of was dit n daag op en speel. Maar ja, na n wonderlike gesinsdag is dit altyd goed om van hulle te vlug en jou kop te gaan skoon kry… Klink maar nie goed nie

Blikkies ·

Die Polisie het korrek opgetree. Hulle wil seker nou weer ‘n rasse Polisie storie van die ding maak.

Jakes ·

Nou word daar weer beweer dat die Amerikaanse polisie swartmense goedsmoeds doodskiet. Die saak sal deeglikmondersoek word en die teendeel bewys word.

Althes ·

Lyk my as VSA polisie911 oproepe kry, veral na donker, moet hul liefs die oproepe ignoreer.
Hul weet nie wanneer hul loopbane in die drein beland en hul tronkstraf kry nie – danksy politici wat raskranksinnig is en sosiale mediagebruikers.
Tussen die 2 elemente is ñ persoon al skuldig voor hy ñ regverdige verhoor het.

Hoekom ·

Die flits was nie in sy gesig nie. Op video kan jy sien die beampte hou die flits af sodat dit net op die voete van Myeni skyn. Die straat lig agter Myeni sou die beampte belig het sodat Myeni kon sien dat hy wel ‘n beampte is van die polisie. Die tweede beampte kom in gestap en jy kan sy “badge” sien in die lig van die eerste beampte se flits. Myeni kyk vir hom, hy kon dus ook die “badge” sien, en draai dan na die eerste beamte toe en stormloop hom.

As jy drie beamptes met die vuis slaan so naby aan hulle moes jy agterkom dat dit well polisie beamptes is. Hier word net na verskonings gesoek vir ‘n man wat aggresief teenoor polisie lede opgetree het en die polisie het die regte prosedures gevolg…

Nie Verbaas ·

En hier gaan ons alweer. Die slagoffer. Wonder wat berig sou word as hy n wit Suid Afrikaner was.

MakersMark ·

Die mense sal elke verskoning op aarde gebruik om hul kriminele intensies agter slagoffer van rassehaat weg te steek. Daar is niks verskillend as wat in SA gebeur nie. En dan was hulle altyd die wonderlikste vaders en mense. So siek vir die selfde storie en die wat dit glo. Vir die mense is daar geen begrip van gevolge van aksies of verantwoordbaarheid nie. Maak wat hul wil en as gevolge kom skree rassisme.

Snuffelgids ·

Het die polisie met n privaat voertuig opgedaag, met geen ligte of sirene nie? Wil dit graag weet…

SomeOne ·

wat so van die saak geword het indien die polisie beampte ook van kleur gewees het ?

Jean ·

Dan sou die wit polisie man wat saam die ene van kleur daar was die skuld kry

Chris ·

Ja, en so woed als nou om verskeie faktore om Myeni se onskuld te bewys. Die “ewigdurende wêreld skuldgevoel” jeens swartmense gaan maar net voort. Indien hy “verdwaal” het, moes hy dankbaar wees vir die mense wat opgedaag het, dat hul hom kon wys waarheen om te gaan. Sou dit gebeur, het hy nog gelewe. Moenie altyd polisie se werk betwyfel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.