Klag teen polisieman wat glo aanrand gewysig

Die polisiebeampte stap doelgerig na die man (Foto: Skermskoot)

Die polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn winkeleienaar Dinsdagaand in Reigerpark in Boksburg aangerand het, sal nou eers Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn.

Dít nadat hy veronderstel was om reeds vandag in die landdroshof in Boksburg te verskyn.

Ndikela Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die senior staatsaanklaer het versoek dat die aanklagte van aanranding teen die betrokke polisiebeampte gewysig word na aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Die J88-vorm [wat die aard van die slagoffer se beserings uiteensit] was ook nog uitstaande toe die dossier ingedien moes word omdat die slagoffer se dokter dit nog nie ingevul het nie.”

Maroela Media het vroeër berig die polisiebeampte het na bewering die bestuurder van Pick n Pay in Reigerpark aangerand waarna hy in hegtenis geneem is.

In ʼn video wat op sosialemediaplatforms gedeel word, kan gesien word hoe ʼn polisiebeampte doelgerig na die bestuurder stap, hom teen die grond druk en hom dan begin slaan.

Terwyl die beampte die bestuurder slaan, stap ʼn ander polisiebeampte nader om die betrokke polisiebeampte te stop en weg te lei.

Dit is nie duidelik wat tot die voorval aanleiding gegee het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Great! Hierdie magsmisbruik moet end kry hulle dink hulle is bo die wet. Wat as hy iemand dood skiet môre? Gaan kyk na Senekal se episode ook…

Trotse Boervrou

Lyk my mens moet deesdae versigtiger wees vir hierdie elemente in die polisie as vir die kriminele daar buite. Dankie aan die enkele trotse polisie wat nog wel hul bes, met ‘n skaam gesig, probeer doen. Ons is regtig jammer dat jul kollegas jul naam so deur die modder sleep.

Jaco

Ras?

Anel

Nou hoe word die J88 is later in gevul? Dit moet mos voltooi word soos wat die dokter die ondersoek doen? Hoe gaan hy later onthou wat se beseerings die slagoffer gehad het?

Sarel

Mzn nie kan sorg dat die Dokter sy vorm voltooi nie moet hy nie huil nie