Klag teen SA rassekwotas by Wêreldrugby ingedien

V.l.n.r. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, William Waugh, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof operasionele sake, en Werner Human van Hurter Spies

AfriForum en Solidariteit het ’n amptelike klag teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse rugby by Wêreldrugby se hoofkantoor in Dublin, Ierland, ingedien.

Hierin word Wêreldrugby gewys op die manier waarop die Suid-Afrikaanse regering polities by Suid-Afrikaanse rugby se werksaamhede inmeng, asook op die feit dat ras ’n deurslaggewende rol in spankeuses speel. Politieke inmenging en rassediskriminasie word uitdruklik deur Wêreldrugby se reëls en regulasies verbied.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, was die indiening van die klag by Wêreldrugby die eerste stap in AfriForum en Solidariteit se internasionale veldtog teen rassekwotas. Hierdie indiening sal in die komende twee weke opgevolg word met die indiening van soortgelyke klagtes by die Internasionale Krieketraad, die Internasionale Netbalfederasie, die Internasionale Olimpiese Komitee en die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies se onderskeie hoofkantore.

Henk Maree, AfriForum se woordvoerder wat deel vorm van die afvaardiging wat saam met Kriel die klag by Wêreldrugby ingedien het, het gesê AfriForum was genoop om Wêreldrugby te nader, aangesien die burgerregtewaghond se pogings om SA Rugby te oortuig om van rassekwotas af te sien, op dowe ore geval het.

“AfriForum is realisties oor die feit dat die indiening van die klag nie ’n kitsoplossing sal bied nie, maar dit dien as ’n stewige begin van ʼn deurlopende proses om internasionale teenstand teen rassekwotas te bewerkstellig,” het Maree bygevoeg.

Volgens hom is die inmenging in sport deur Suid-Afrikaanse politici bloot ʼn taktiek om goedkoop blootstelling te kry om hulle eie agendas te bevorder.

“Die enigste wyse waarop politici volhoubaar tot sport kan bydra is om hulleself toe te spits op die verantwoordelike besteding van fondse om jong atlete se talente te ontwikkel – ongeag hulle ras.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Terwyl julle besig is …vra sommer Kersvader se adres? En die Paashaas se van? En Jan van Riebeeck se cell nr? RERIG? Het julle nog nie vrede gemaak soos ons swart mede burgers dat jy nie iets BETER as of selfs BESTE moet kan doen nie? Standaardr en prosesse word verlaag tot op n vlak waar wat in die spieël terugkyk AL is wat tel? ANC LEGACY!!!! Ek skaam my gggg af as my prestasies op my velkleur baseer moes wees.

Cherokee ·

Klaagpotte sal daar altyd wees. Indien jy bereid is om jouself neer te lê by wat die ANC wil hê, daar is gelukkig steeds mense en organisasies wat daarteen sal veg.

Jaap Heymann ·

Nou sal ons sien of die IRR tande het hulle het die vorige regering geboikot oor ras .So kom ons kyk wat gebeur

Jon ·

Nee, die IRR het ons nooit geboikot nie. Ons het deurentyd ons volle stemregvoordele daar beoefen. Wat wel gebeur het is dat die 1977 Gleneagles Ooreenkoms — wat in deur alle Statebondslande eenparig onderteken is — lidlande verplig het om sportbande met SA te verbreek. Dit was nie verpligtend op enige nie-Statebondsland nie (bv. Frankryk, Argentinie ens). En die Britse Leeus het in 1980 nogtans kom toer, en ons is in 1981 Ierland en Nieu-Seeland toe. In 1984 het Engeland amptelik hier kom toer — alles met die IRR se volle goedkeuring. Om die IRR nou te kom slegpraat druis skreiend teen die feite in.

Frans ·

Great
Wys die wêreld op die korrupsie wat aangaan in ons sport.
Ontmasker maar net. Kom ons noem dit verset teen wat aangaan.
En mettertyd sal oë wel oopgaan. Om net te sit, negatief te wees en vloeke uit te spreek bring ons nêrens nie. Go Solidariteit ons support julle.
Frans

Johann Marx ·

Ek verstaan nie waarom hierdie aksies nou nodig is nie? Het ou Pankop nie destyds gevra almal moet oorweldigende JA stem sodat ons weer internasionaal kan rugby speel nie? Nou kerm ons omdat meer swart spelers as wit spelers ook wil saam speel? Ons het altyd op skool ook so gespeel: As die ou met die bal se span nie wen nie, dan vat hy sy bal en loop….einde van die game!!

Swartkat ·

Ek persoonlik glo daar gaan dadels van kom ons regering maak net soos hulle wil en nie eers die Internationale Strafhof het enige magte gehad om hulle te dwing nie. Met die ontstaan van regstellende aksie sou regstellende aksie ook tot ‘ n einde gekom het as die teikens bereik is, en sou poste dan weer gevul word deur die beste kanidaat ongeag kleur. Ons almal weet dat die ANC net telkens die doelwitte verskuif het en dat die kleur samestelling vas is en gaan dit nie oor die beste kanidaat nie

Johan. H. ·

Ek verdubbel dadelik my Afriforum bydrae, julle is ysters,,, Maar ons weet al hierdie goed val die kant toe waar geld die hardste praat,, maar baie dankie vir jul poging, Julle laat n mens lekker slaap, maar hoekom is al hierdie goed waarvan ons hoor so uitgerek, Ek wil graag nog stortkop in die tronk sien voor ek dood, En Riechard moelie, hulle almal

Stephen Namibia ·

Dankie Solidariteit en Afriforum. Julle is die enigste organisasie wat hierdie saak aanspreek. Kom ons kyk of die lam, tandelose PK Liberale Weste iets gaan doen hieraan.

John ·

?.. net ‘n ander vraag af van die onderwerp: Hoekom het AfriForum so baie Engelse-raadgewers nodig?

Henry ·

Vir wat en vir waarom al die ge-temery oor Afriforum en Solidariteit se optrede om die snert en onsin van die huidige regime met hul rassistiese kwotas/vergrype, wyer rugbaar te maak!!!

Of die dapper poging uiteindelik die plaaslike spul tot ander insigte sal dwing, is ‘n ope vraag.

Om niks te doen, soos wat sommige temende klakouse dit wil hê, kan daarenteen slegs een gevolg hê – onbelemmerde voortsetting van die huidige onregte en geen druk wat moontlik van buite af op die spul geplaas kan word.

Hopelik steur Afriforum en Solidariteit hulle nie aan die paar onvergenoegdes nie. Hulle sal ongelukkig altyd met ons wees.

Robert ·

Terwyl julle besig is, kyk sommer dat kwota toeskouers getalle ook geimplementeer word. 1 wit vir elke 6 swart toeskouers voordat die game kan begin.

lisaan ·

wragtig mense, kla sal daar altyd gekla word. Paul gaan praat net Afrikaans oorsee en kyk hoe ver gaan jy kom. Hel mense, wees tog vir n slag net n bietjie positief.

Swartkat ·

Lisaan dit is tyd dat die Afrikaners en vernaam die bleek gesigte saam staan en veg vir hulle regte en baie belangrik, ons kinders se regte in die nuwe Suid Afrika. As alle werk en sport net gaan afhang van jou vel kleur is daar nie meer ‘n toekoms vir blank en kleurling gemeenskappe in ons land nie.

Chris Ws ·

Die IRR kyk anderkant toe as dit kom by SA.Ek laat my nie vertel hulle weet nie wat hier aangaan nie.Hulle is bloot nie gepla nie.Solidariteit en AfrForum se klagte gaan geen verskil maak nie en die anc leiers lag ons uit.Kyk maar,niks gaan gebeur nie.

Frederik ·

Is AfriForum en Solidariteit twee verskillende organisasies?

vrikie ·

Dit is waarvoor ons skenkersgeld gaan, om jou naam met ‘n plank te slaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.