Klag teen San Souci-onnie laat vaar

‘n Skermskoot uit die video.

Die aanklagte van aanranding teen Clarissa Venter, die onderwyseres van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat vroeër vanjaar glo ʼn leerder geklap het, is Vrydag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad laat vaar.

William Booth, Venter se regsverteenwoordiger, het bevestig dat sy kliënt in die hof verskyn het waar die aanklagte teruggetrek is weens die meriete van die saak.

“Dit beteken dat die bewyse nie voldoende was nie,” het Booth aan Maroela Media verduidelik.

Volgens Booth het die aanklaer ook in ag geneem dat Venter ná ʼn tugverhoor terug by die skool en geliefd onder leerders, personeellede en ouers is.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Onderonsie tussen Venter en ʼn oudleerder van die skool is in Februarie vanjaar op video vasgevang en wyd op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe die twee in ʼn woordewisseling betrokke is, klaarblyklik oor ʼn selfoon en die taal wat die leerder in die klas gebruik het. In ʼn stadium stamp die leerder vir Venter met haar tafel en probeer skynbaar haar selfoon teruggryp, waarna Venter haar ʼn oorveeg gee.

Die verdediging voer sedertdien aan dat die leerder destyds Venter uitgelok en inderwaarheid aangerand het.

Volgens Booth was sy kliënt gister uiteraard baie verlig.

“Ek dink almal by die skool is verlig. Die leerders is baie erg oor haar. Die saak het heeltemal te lank voortgeduur en my kliënt is emosioneel uitgeput.”

ʼn Eis van skadevergoeding staar Venter egter nog in die gesig.

Die ma van die leerder, wat sedertdien deur haar ouers uit die skool gehaal is, het ʼn eis teen Venter, die skool se bestuur, die skool se beheerliggaam asook die departement van onderwys by die gelykheidshof ingedien.

Die ma voer aan dat haar kind “aangerand” is omdat sy aan ʼn ander rassegroep behoort en ʼn ander kultuuragtergrond het.

Dié eis is steeds hangende, het Booth gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

@bollabek ·

Eintlik moet die onderwyseres n klag van aanranding teen die leerder maak wat haar met die tafel gestamp het.

Ore ·

Ag asseblief,hoe lam is die ouers se redes……kultuurverskil? Maw,jou kultuur gee jou voorkeurregte,twak man!

Hanna Hoekom ·

En daar speel ons alweer die raskaart! Nee, Mammie, jou kind is geklap omdat sy n onopgevoede klein merrie is. Dit was dalk tyd dat iemand maniere in haar in klap… Die meerderheid leerders (wat ook van n ander ras is) het teen jou onbeskofte kind en vir die onderwyseres gekies!

Ja nee ·

” Die eis is hangende” dit gaan net oor geld, die ouers van die kind wil geld he.

Wielspore ·

Oorwinning vir die onderwysers, leerders sal nou moet lig loop, hierdie is nou ‘n verwysings saak van die hof.

Happy ·

Indien hierdie leerder daar was om te leer, sou sy nie besig gewees het met n selfoon nie, sy sou respek betoon het teen die onderwyseres en haar nie uitgelok en aangeval het nie. Dit is tyd dat leerders besef hulle kan nie maak wat hulle wil en wegkom daarmee nie, veral nie wanneer die raskaart getrek word nie

Cherokee ·

As die kind aan ‘n ‘ander rassegroep behoort en ander kultuur het’ wat toelaat dat sy sonder enige respek vir haar meerdere optree, behoort sy vergoeding te betaal aan Clarissa Venter.

Maljan ·

As haar rasgroep en kultuur haar uitsonder, behoort sy mos nêrens anders as tussen haar rasgroep en kultuur nie. Dis nie dat ek rassisties probeer wees nie, maar dis dan mos n klink klaer bewys dat sy nie moes indring waar haar ras en kultuur verskil nie. In enige ander skool, Hoort selfoon op stil of afgesit in jou Tas is hempsak in klastyd.

Ander Koos ·

Geluk onnie Clarissa met 1 ste uitkoms in hierdie onsinnigge en onnodigge bohaai. Sterkte met Gelykheidshof wat maar bra ongelyk kan wees na gelang aan watter kant van die spektrum jy staan In der waarheid gaan dit net oor geld, al word rassekaart weereens gespeel.

Skoolgeld ·

Dis nie net ñ oorwinning vir die Onnie nie maar ñ deurbraak vir elke Suidafrikanse blanke! Ek het bietjie hoop vir die elendige land terug gekry, al is dit ñ druppel in die emmer! AMEN

Lea ·

Clarissa behoort ook ‘n saak van aanranding teen die leerder te maak en te eis vir skade vergoeding weens haar beeld wat skade gely het en haar emosionele uitputting. Sans Souci is lankal nie meer die skool wat dit eens was nie. Onnies moet hulself nou eerste stel. Mens doen daai kind geen reg aan deur so iets net te laat gaan nie. Wie gaan daardie kind en ouers se volgende slagoffer wees? Sit haar en hulle nou op hul plek met ‘n countersaak. Dis nonsens dat hulle net wil raskaart gooi.

Aaaaaaaa! ·

Maak nie saak watter kultuur jy is nie. Onderwysers se outoriteit mag nie intwyfel getrek word, hulle aangeval en uitvetart word nie. Het die ma haar reg opgevoed sou die situasie nie ontstaan het nie. Neem haar foon vir ‘n tydlank weg en leer haar dat met elke reg ook verantwoordelikheid gepaardgaan. Ouers en belastingbetalers offer finansieel op en onderwysers hul onbeperkte toewyding sodat kinders leer en hul beste doen om opgevoed op te tree.

Christa ·

Kinders dink hulle mag net Maak Soos hulle Wil. Onnies Moet met almal se bederfies sit en hulle n geleerdheid gee.

Hans ·

Vertrou die onderwyseres dagvaar die kind se ouers vir miljoene rand

Louis leeu ·

Waar is die dae toe kinders nog respek vir hulle onderwysers gehad het.

Anel ·

Sans souci, sonder sorge, miskien moet die skool se naam ook maar verander word!

Saint ·

Benter mmoet n klag by polise lê teen die leerder van aanrandinge met die doel ernstig te beseer of selfs poging tot moord.
Dit is nie n onredelike klag nie.

Kyk na die uitspraak en skuldigbevinding in die sogenaamde “doodskis” saak n tyd gelede.
Die regter het beslis dat een beskuldigde skuldig is aan poging tot moord omdat hy met sy vuis hoër as sy kop GEDREIG het (sic) om die eiser met die vuis te slaan, wat dan sy dood tot gevolg KON hê. LET WEL:Daar het GEEN slaanhou op gevolg nie, net n dreigende houding gewees – dus poging tot moord.

Ek kan n wetlike ooreenkoms hier sien. Wie wil met my verskil.

Martin ·

Dieselfde storie oor en oor, voer alewig aan dat dit rassisties is en dan soek hul elewig geld.

Henry ·

Skool moes leerder geskors het omdat sy nie skool reëls na gekom het nie. Geen selfone, aanranding op onderwyser, ens.
As ek die skoolhoof was was sy met ‘n loesing geskors. So kind ontwrig die hele klas. Of die pligsgetroue kinders wat wil leer moet hierdie gedrag uitsorteer, dalk ‘n beter opsie.

Julie Jansen van Rensburg ·

Sou een van my kinders ooit so teenoor ‘n leerkrag gedrahet, en ek daarvan te hore kom en selfs ‘n video sien, sou ek my kind se sitvlak warm gevoeter het. In ons huis was dae nog daardie gehate woord, “DISSIPLINE” wat deesdae blykbaar ‘n strafbare oortreding is…

Swanna ·

Ek stem swaai die klag nou om en kla die leerder aan. Soos hulle sê verhang nou die bordjies.

Maljan ·

As haar rasgroep en kultuur haar uitsonder, behoort sy mos nêrens anders as tussen haar rasgroep en kultuur nie. Dis nie dat ek rassisties probeer wees nie, maar dis dan mos n klink klaer bewys dat sy nie moes indring waar haar ras en kultuur verskil nie. In enige ander skool, Hoort selfoon op stil of afgesit in jou Tas is hempsak in klastyd.

AH ·

Ek is bly vir die oorwinning wat Clarissa Venter behaal het. Sy behoort ‘n teeneis in te stel vir aanranding, naamskending ens. Die ouers van die onbeskofte meisie moet ophou om agter “rassisme” te skuil vir die wanopvoeding van hul kind. Pleks hulle die kind leer om respek te hê vir onderwysers en ander mense oor die algemeen sterk hulle haar in haar kwaad deur te maak asof haar optrede reg en aanvaarbaar was. Die ouers moet hierdie kind dophou, as sy so deur die lewe wil gaan moet hulle dalk eendag in die tronk vir haar gaan kuier….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.