Klag teen Uniondale-boere verander

Uniondale se landdroshof en polisiestasie. (Foto: Morne van Rooyen)

Die twee boere van Uniondale wat vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is nadat hulle glo hul vuurwapens gedurende ʼn betoging op die dorp afgevuur het, staan nou tereg op aanklagte van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn munisipale gebied.

Die aanvanklike aanklagte van poging tot moord teen Nicklaas Gerber (48) en Marthinus Loock (49) is Donderdag in die George-landdroshof laat vaar.

Eric Ntabazalila, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het dié inligting aan Maroela Media bevestig.

Gerber en Loock het na bewering Maandag gedurende ʼn betoging op die dorp hul vuurwapens in twee onderskeie voorvalle afgevuur waarna daar twee aanklagte van poging tot moord teen hulle deur die loop van die dag by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak is.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê drie betogers is glo in een van die skietvoorvalle raakgeskiet.

Pojie het egter Vrydag aan Maroela Media gesê dat die betogers geringe beserings in die voorval opgedoen het en nie in die hospitaal opgeneem is nie. Hy wou egter nie meer inligting oor die aard van die betogers se beserings bekend maak nie en het gesê die polisie wag vir mediese verslae.

Boere van die Uniondale-distrik meen dat Gerber en Loock in noodweer opgetree het toe hulle hul vuurwapens gedurende die betoging afgevuur het.

Fanie Kemp, ʼn boer van die distrik, het by navraag aan Maroela Media gesê “anargie” het Maandag in die dorp geheers.

Maroela Media het vroeër berig die N9-snelweg asook die R339 was die betrokke dag gesluit weens onder meer buitebande wat op dié paaie gebrand is. Alle munisipale kantore asook die biblioteek was in ʼn stadium gesluit en voertuie, waaronder ʼn munisipale bakkie, is gedurende die betoging aan die brand gesteek.

Betogers buite Uniondale. (Foto: Twitter)

Volgens Kemp was boere en inwoners wat buite die dorp woon egter onbewus van die situasie in die dorp en het aanvanklik nie geweet dat die paaie vroegoggend al versper is nie.

Kemp verwys na die beskuldigdes as onderskeidelik Boer Een en Boer Twee wanneer hy sy weergawe van gebeure aan Maroela Media verduidelik.

“Boer Een het Maandagoggend op pad dorp toe onbewustelik in die betoging vasgery. Sy voertuig is deur betogers beskadig en hy het toe vir Boer Twee gebel en gevra om te kom help.”

Kemp is ook ingelig en hy het ʼn noodboodskap op ʼn WhatsApp-groep gestuur om plattelandse inwoners van die versperde paaie in die dorp in te lig. Daar was in dié stadium geen manier om in die dorp in te kom weens die betoging nie, verduidelik Kemp. “Almal wat met kinders op pad skool toe was, het omgedraai.”

Hy vertel dat Boer Twee aangesê is om te gaan ondersoek instel. Hy, sy vrou, en die egpaar se seun het op hul beurt ook toe self vanuit ʼn ander rigting in die betoging vasgery.

Hiér is Boer Twee glo met ʼn saag aangeval en sy hand is beseer soos hy dié wapen wou afweer. Hy is glo ook deur betogers met ʼn klip in die gesig gegooi en ʼn brandende houtstomp is op sy voertuig gegooi. “Die bloed het by sy gesig afgeloop en sy hand het gebloei,” vertel Kemp.

“Dit is tóé dat waarskuwingskote in die lug met ʼn haelgeweer in die teenoorgestelde rigting van die betogers geskiet is.”

Volgens Kemp is dit steeds nie in dié stadium duidelik hoe die drie betogers in dié voorval beseer is nie. Hy sê egter ook dat die betogers ligte beserings opgedoen het en nie in die hospitaal opgeneem is nie.

Boer Twee is wel in die hospitaal behandel voordat hy ontslaan is.

“Die indruk word gewek dat albei boere doelbewus op betogers geskiet het. Dit is nie die geval nie. Hulle het waarskuwingskote afgevuur,” hou Kemp vol.

Uniondale (Foto: Facebook)

Volgens Kemp is die boeregemeenskap veral ongelukkig daaroor dat die polisie nie inwoners buite die dorp dadelik van die betoging ingelig het nie en was hulle onbewus daarvan dat paaie na die dorp versper is. “Vir ongeveer twee uur was die gemeenskap buite die dorp aan hulself oorgelaat omdat daar nie dadelik ʼn polisiewaarskuwing uitgereik is nie. Dit is hoekom Boer Een hom in die eerste plek midde-in die moeilikheid bevind het.”

Kemp sê die gemeenskap se boere gaan georganiseerde landbou nader om die twee beskuldigdes in die saak by te staan. “Dit is kommerwekkend hoe die hele ding afgespeel het. Boer Een en Twee  het in noodweer opgetree. Mense moet die vrees waarmee boere leef, besef.”

Pojie is genader om kommentaar te lewer oor bewerings dat die gemeenskap te laat van die betoging in kennis gestel is. Maroela Media wag op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

pieter ·

Nou wanneer arresteer hulle vir Juluis oor dieselfde klagte.Seker nooit,want hulle is bang vir hom en sy volgelinge wat alles gaan afbrand soos gewoonlik.Pateties.

fred ·

stem saam…wat het vandaar die saak geword?
ons wittes word geteike,dis evident..

Abe ·

pieter + fred,
Julius is nie van dieselfde oortreding aangekla nie. Die wapen wat hy gebruik het was nie gelaai nie. Dit was met dowwe patrone (blanks) gelaai en hy is nie aangekla nie.

Susan vl ·

Sal graag eers die beserings agv skiet wou sien voordat ek glo.

Ivan ·

Die betogers wat die boere aangeval het moet van poging tot moord en opsetlike saak en eiendom bskadiging aan gekla word.

Pieter ·

Nee dit sal mos nie gebeur nie want hulle is nie blank nie n land van om siek te word

Abe ·

Andreas,
Dankie vir die -vir my, nuwe – inligting. Ek is bly jy wys my daarop. Feit bly, Julius is nie aangekla vir die afvuur van amunisie nie. Dit is natuurlik n fout en julle is heeltemaal reg om dit te beskou as n oorsig van die overhede se kant, hetsy uit onkunde ( miskien het hulle gedink hy het blanks gebruik) of uit nalatige /opsetlike partydigheid ten gunste van Julius. Nie een van die twee moontlikhede is verskoonbaar nie en ek gee julle gelyk.

Anoniem ·

Met hierdie getuienis, behoort alle klagtes summier teruggetrek te word, want beide het uit noodweer opgetree en niemand behalwe die aanvallers is lig beseer nie. Enige regdenkende staatsaanklaer wat hoegenaamd iets van die Wet weet behoort die klagtes summier terug te trek. Is daar klagtes van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en beskadiging van eiendom teen enige aanvallers gelê? Is enige van hulle al ge-arresteer? Dis tyd dat ons saamstaan en hierdie nonsens stop en in GROOT getalle na die Landdroshof gaan en eis dat alle klagtes teruggetrek word wanneer die 2 boere weer moet verskyn. Die klagtes is absurd.

Swannie ·

Die lont is alhoemeer besig om nader aan die kruitvat te brand.
Wanneer ek aangeval word, sal ek skiet om dood te skiet . `n Waarskuwingskoot in die lug sal jou niks help as jy met klippe doodgegooi word nie.
.

marietjie ·

Jip stem, kan nie verstaan hul betoog teen dienslewering , maar as die kruisie getrek word vir wie stem hulle.

Pieter ·

Ek stem swannie ons praat te veel en doen te min dit is hoekom hulle maak en doen net wat hulle wil

Andreas ·

En intussen het al wat polisieman in Uniondale is sy plig versuim om nie teen die gewelddadige wettelose betogers in belang van die wetsgehoorsame burgers op te tree nie. Hulle het die hele gemeenskap versaak, kon nie na hul veiligheid omsien nie. Ek neem aan die minister van polisie en ons president het kennis geneem, terwyl die misdaad teen plaasboere gister in die parlement ter sprake was.

VF Plus, Dr Groenewald, alle belanghebbendes roer die manne dat hulle na ALMAL se veiligheid omsien, met die wetsgehoorsame burgers se veiligheid wat absolute voorrang moet geniet, eerste. Tree dan in terme van die wet op teen die oortreders, neem hulle in hegtenis en kla hulle aan. As strenger maatreels nodig is, doén dit.

Andreas ·

Ek het ‘n idee die polisie is nie in beheer van die land om wet en orde vir die wetsgehoorsame bugers te kan handhaaf nie, buite dat hul getalle te min is, wil ek my verstout om te sê die polisie is bang om teen enige onwettige betogings op te tree, hoe groter die getalle wat betoog, hoe banger die polisie, ook glo ek vir vergelding.

Abe ·

Andreas,
Wat op aarde praat jy van? Wie is die manne wat geroer moet word, wat beteken dit en wie moet die roerery doen? Het die persone die outoriteit om dit te doen? Wie het die mag om enigiemand in hegtenis te neem en watter strenger maatreels kan nog verder geneem word?

chrisjan ·

Die SAP op Uniondale moet aangekla word vir growwe nalatigheid en algehele pligsversuim met die debakel.Die gemeenskap moet ‘n petisie opstel waarin hulle aandring op vervolging van al die SAP lede in Uniondale en dit persoonlik aan die Minister van Polisie oorhandig.Hierdie slap geit van SAP lede wat deur die mense se belastings betaal word moet beeindig word.Of hy doen sy werk of hy hy loop.

Andreas ·

Op geen plek in die land word deur die polisie teen onwettige gewelddadige ‘betogers’ opgetree nie, wat my laat dink die instruksie kom van bo af as opdrag na alle polisiekantore/stasies.

Andreas ·

So terloops Abe, as jy die nuus in die dae gevolg het sou jy presies weet wat ek gesê het.

Johhnie ·

Die police wat die arrestasies gedoen het en die ondersoeke gedoen het moet bevorder word om die hoofnar met die potsierlike hoed op te pas.

marous ·

Dagvaar die rook uit hulle uit vir kwaadwillige vervolging !

Ben Wolmarans ·

Ek stem as ek met klippe gegooi word gaan ek ook skiet.

Hanlie ·

Ek stem saam, die ander aanklag moet ook summier teruggetrek word. Boer nommer 2 is aangerand en beseer en moes hospitaal behandeling ontvang vir sy beserings. Die polisie moet hulle werk doen en die gespuis wat betoog het gaan aankla.

chrisjan ·

Soos ek hierbo gese het.Die SAP moet aangekla word van growwe pligsversuim.Hulle het NIE motoriste se REGTE beskerm nie en ook nie ‘n poging aangewend om motoriste buite die gebied te waarsku om om te draai nie.Hulle het nie die misdadigers wat die pad ONWETTIG blokkeer het ge-arristeer nie.Hulle het eenvoudig NIE HUL WERK GEDOEN nie en klaar.Dis waar die probleem le in Uniondale.Die SAP is die probleem.Hulle MOET eenvoudig van die Stasie Bevelvoerder tot onder almal aangekla word.

toy ·

Dan moet die betogers ook nie betoog in die munisipale gebied nie, hulle stel ander mense se lewens ook in gevaar. Want daar is alewig klippe wat gegooi word en iets wat aan die brand gesteek moet word. Dit is ook uiters gevaarlik!

sweis ·

Boer 2 het dom opgetree sy lewe was in onmidelike gevaar die wet se jy kan die aanvaller skiet om die aanval af te weer hoekom skiet hy toe in die lug?

Kallimaari ·

Omdat hy met een, dalk twee skote nie al die betogers sou neutraliseer nie. Omdat hy sy vrou en kind by hom gehad het. Omdat die waarskywingskoot sy doel gedien het. Omdat hy sy wapen reg hanteer en die wet ken. Omdat hy nie tronk toe wou gaan en sy mense aan die lot van betogers wou laat nie.

Uniondale is klein. Mense weet wie is wie. Die betogers kén die boere in die distrik. Hulle werk immers op die boere se plase.

Johann cb ·

Sal die “gewonde” betogers na vore tree as bewys van besering? Onder watter omstandighede mag jy jouself dan verdedig?

Landie ·

Ek is net dankbaar dat die boere nie erenstig beseer is nie. Vir die hooligans gee ek nie ‘n duit om nie. Dis belaglik dat die 2 boere hullself in ‘n hof moet verdedig terwyl hulle aangeval is en hulle eiendom beskadig is. Ek glo hulle lewens moes ook in gevaar gewees het. Laat vaar die klagtes asb.

Jan ·

Wat van n aanklag teen die tyre braaiers vir beskadeging van staats eiendom. Staadsgeboue en paaie word verwoes.

J ·

Wonder of daar ooit een van die betogende krimenele inhegtenis geneem is, want enige een wat n ander se eiendom beskadig is n krimeneel

jack laubscher ·

Ek hoop die 2 boere le klagtes teen die ANC man wat geeis het dat hulle in hegtenis geneem moet word, asook aanhitsing tot geweld.Totdat jy in die hof verskyn het, is n verdagte,maar die man het haat aangestook deur onmiddelik na hulle te verwys as karoo boere.

Emma ·

Ek stem dagvaar die spul altyd gou om te wys na n boer. Maar wat as hulle die boere aanval , moet jy nou staan en toe kyk.

Amarinda Swanepoel ·

Moet die boere dan nou maar handjies gevou sit en met klippe doodgegooi word. Waag hulle dit om hulself en hul gesinne te verdedig word hulle van moord aangekla maar plaasmoordenaars word op borg vrygelaat om net weer te gaan moor. As daar op my met klippe ens afgestorm word skiet ek dood.

Hans ·

Betogers kan doen net wat hulle wil,maar mense wat normaal met hulle lewe wil aangaan se lewe word bedreig. Minister Cele en polisiebestuur moet die ferm teen polisiebeamptes optree.

Boer van Uniondale ·

Baie dankie Maroela Media vir die plaas van hierdie gebalanseerde berig met feite wat die gebeure in konteks plaas.
Ek kan net noem dat die Reg se wiele is aan die rol, ook wat betref die hantering van die hele gebeure.
Daar is baie en indringende vrae vanaf die Landelike gemeenskap se kant waarop antwoorde gesoek word.
Ek wil ook net noem dat die Openbare Orde Polisie Eenheid vanaf elders moes kom. Hulle het die situasie toe doeltreffend hanteer.
Vrouens op inisiatief van en onder leiding van die NG.Kerk op die dorp het verversings aan die polisie verskaf.

George in Bloem ·

Skreiende belaglike skandalige dubbelstandaarde weereens in aksie.

Ell ·

Dit is so voorspel deur Siener. Nou is ons die stert wees en hul die kop. Bid dat Jawe vir ons ‘n leier sal stuurom die Boervolk weer een te maak. Dan sal ons skerp horings kry en ons vyande sal vlug

Koos de Meyer. ·

Manier ek stem heelhartig saam, as ek aangeval word op enige manier gaan ek skiet om dood te skiet klaar.

Grassie ·

Hulle kan nie skuldig bevind word vir die afvuur van die wapens nie. Hulle het uit noodweer opgetree en dit is ‘n geldige regverdigheidsgrond. Die polisie probeer net verskoning soek omdat hulle onskuldige mense gearresteer en toegesluit het. Hulle wil siviele eise teen hulle probeer vermy. Ek hoop die twee boere dagvaar hulle behoorlik.

George ·

Seker die beseerde betogers het hulle dingese afgeskrik toe hulle ‘n geweerskoot hoor en in die hardloop oor mekaar geval en so kastige beserings opgedoen

Swart Piet ·

Hoe kan die twee aangekla word as hulle hulleself en hulle eiendom moes bewaar en verdedig. Die NVG soek nou weer net vir moeilikheid.

Andre ·

Kla die organiseerders van die betoging aan. Hulle moet verantwoordelikheid aanvaar.

CallieL ·

Hendrik Verwoerd het dit duidelik uitgespel wat gaan gebeur as bulle die land regeer. Nou is hy n naam wat jy nie mag noem nie. Die wittes beter bevin saamstaan teen hierdiie dinge

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.