Klag teen vrou teruggetrek ná Clicks-voorval

Die vrou is ná die voorval na die plaaslike polisiestasie geneem. (Foto: Twitter)

Die 52-jarige vrou wat in September na bewering ’n vuurwapen op lede van die EFF by die ingang van ’n Clicks-winkel in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gerig het, sal nie meer vervolg word nie.

Diane Atwell se regsverteenwoordiger, Alwyn Griebenow, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy het vertoë aan die direkteur van openbare vervolgings (DOV) gerig op grond van die inligting en beeldmateriaal tot hul beskikking rakende die voorval.

Die DOV het intussen beslis dat daar geen strafregtelike oortreding plaasgevind het nie.

Die klag van rig van ’n vuurwapen teen Atwell is dus teruggetrek en ’n nolle prosequi-sertifikaat is uitgereik.

Maroela Media het vroeër berig lede van die EFF het strafregtelike klagte ingedien nadat Atwell na bewering ’n vuurwapen op hulle by die ingang van Clicks by die Walmer Park-winkelsentrum in Walmer gerig het.

Die voorval het plaasgevind te midde van verskeie betogings oor ’n advertensie vir haarprodukte op Clicks se webwerf wat as rassisties teenoor swart mense bestempel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Beste nuus vir die dag!!! Ek is so dankbaar dat die tannie niks gaan oor kom nie great!

JM ·

Siek, sat en moeg vir die rooi kepse!! Ek het baie name wat ek hulle kan noem, sal liewer dit nie hier sê nie. Hulle moet aangaan, eendag gaan hulle voor die groot Regter staan om verantwoording te doen. Mag dit spoedig gebeur.

Mariska ·

Die EFF het nog nooit iets goed, positief of opbouend gedoen nie. Nie tydens Covid nie en nie voor Covid nie. Ek het nog nooit ‘n nuusberig gelees waar hulle vir armes kos of klere uitgedeel het of ‘n sopkombuis beman het nie. Al wat hulle doen is aanhits, beskuldig, woedend reageer, optogte reël, klagtes indien en hul poppe uit die kot gooi. Wat ‘n klomp nuttelose hansworse. Ek is bly dat die klagte laat vaar is, Tannie!

KapteinHond ·

Jy is so reg. Hulle doen nie eers iets opbouend vir hulle eie mense nie. Hulle is daarop uit om paniek, haat en verwoesting te saai sover as wat hulle gaan. Hulle sal nooit persoon tot persoon staan nie. Hulle is altyd ‘n “pack” soos wolwe

Misky ·

Niks minder as reg nie en DOV weet seker hoe belaglik dit is en dit terwyl die groot hanswors van die rooi petters dan lewendige ammunisie afvuur by byeenkomste. Geluk tannie en bly vir jou

Cherokee ·

Inligting behoort ingewin te word of sy nie ‘n klag kan lê vir onwettige arrestasie.

tweeling ·

Dit sal enema nie ontstig nie, hulle is geprogrammeer om rassisties en altyd die slagoffer te speel.

Gert Johannes ·

Ook ANC beplan en gedrewe, daarom geen polisie optrede teen enige EFF lid na miljoene se skade nie. Ons moer wakkker word.

Danie ·

Ek hoop sy het haar les geleer.
Wanneer jy ‘n vuurwapen rig is dit om te gebruik.
Daar is ‘n eenvoudige manier om ‘n vuurwapen vas te hou sodat dit nie gerig is nie maar baie vinnig gebruik kan word.

Dup ·

Sy is ñ bejaarde dame wie omsingel en getart was deur militante en geweldadige opstokers.Ek dink nie sy het tyd gehad om te dink aan maniere om n vuurwapen vas te hou nie…

Car ·

Baie van hierdie dinge word van n sentrale puntaangeblaas en bestuur

Jannie van Niekerk ·

Sy moet nou ‘n saak teen die EFF maak. Aanranding met die doel om ernstig te beseer. Maar ongelukkig sal die ANC se gunstelinge, Malema en sy trawanate niks oorkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.