Klag teruggetrek teen oupa wat inbreker skiet

Giel Fourie. Foto: Verskaf

Die aanklag van moord teen Giel Fourie wat vroeër vanjaar ʼn inbreker in sy huis in Grabouw in die Wes-Kaap doodgeskiet het, is Maandag in die plaaslike landdroshof voorlopig teruggetrek.

Ella Pieters, Fourie se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media verduidelik dat dié besluit vanaf die streekshof in die Strand kom.

Hoewel die verdediging vermoed het dat die saak teen Fourie teruggetrek sou word, wil hulle nie te vroeg op hul louere rus nie, het sy gesê. “Niks is finaal nie. Daar is nog ondersoeke wat afgehandel moet word. Al het die staat nie gesê dat die terugtrek van die aanklag net voorlopig is nie, kan hulle altyd van plan verander. Vir nou aanvaar ons dit en is ons bly daaroor,” het sy gesê.

Volgens Pieters is dit wel ʼn goeie teken dat die saak voorlopig teruggetrek is aangesien die staat bloot die saak kon uitstel indien hulle verder ondersoek wou instel. Sy wou egter nie bespiegel waarom die staat besluit het om die saak voorlopig terug te trek nie.

“Fourie is baie verlig. Hy was van gisteraand af baie gespanne [oor wat vandag in die hof sou gebeur],” vertel Pieters.

Maroela Media het vroeër berig Fourie (65) het in Januarie vanjaar ʼn vermeende inbreker geskiet wat na bewering met ʼn mes op hom afgestorm het nadat hy by die gesin se huis ingebreek het. Die verdagte was glo dieselfde een wat op ʼn vorige geleentheid by die Fourie-huishouding ingebreek het.

Giel het vroeër vertel hy laai altyd sy rewolwer dat die eerste patroon donshael is wat as waarskuwingskoot kan dien. Maar die man het hom min aan Giel se waarskuwings gesteur en hom genader. “Ek het gesê: ‘Gooi neer jou mes en gaan lê op die grond,’ maar hy het net bly aankom,” het Giel destyds gesê.

Toe hy besef die afstand tussen hom en die vermeende aanvaller raak te klein, het hy die eerste patroon met die donshael afgevuur, maar die man, wie se oë volgens Giel stokstyf was, het net bly nader kom. “Hy het nie eens ʼn oog geknip toe ek die eerste skoot skiet nie. Toe steek hy my in die arm.”

Die tweede skoot het die man in die bors getref, sê Giel. “Die derde skoot wat ek geskiet het, was net van bangheid. Toe val hy neer.”

Fourie is kort na dié voorval in hegtenis geneem maar op borgtog van R500 in die plaaslike landdroshof vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Gielie Hill ·

Dis reg Oupa. Ons wat in die weermag was weet om wapens te hanteer. Die woord gaan nou loop. Hulle sal jou nie sommer weer pla nie.

Anoniem ·

Wat het die ongenooide gas in elk geval DAAR BY DIE OUPA en SY GELIEFDES se huis gesoek ? Geregtigheid het geseëvier ! Skielik het ons ‘n TOETS SAAK waarnatoe ons kan VERWYS ! Geluk aan almal wat tot hierdie SLOTSOM gekom het ?? ???

fourie ·

Ek kan nie glo die polisie het die oom gearesteer nie ,net nog n bewys dat die polisie wit mense vyandig gesind is.

Thomas ·

Dat hy gearresteer was is verkeerd in nabetragting. Dat die reg sy pad moes loop is egter ook reg. Daai lyn tussen die twee is waar die probleem lê. En soms moet die feite na vore kom. Indien nie, kan ons almal wild en wakker begin skiet. Dis ook gevaarlik. Nietemin, hy het duidelik verder gegaan as meeste in sy voorbereiding, ek is dankbaar vir wat ek by hom geleer het, en baie jammer vir wat hy moes deurgaan – maar bowenal is ek dankbaar dat hy dit oorleef het. Super oupa die! Vrede jou toegewens!

Heksie ·

fourie
Dit is ongelukkig die prosedure…
Hartseer wat OUPA moes deurgaan, dankbaar geregtigheid het geskied.

Elmarie ·

Oom jy is n held! Jy het jou gesin se lewens beskerm teen n wreedaard met geen goeie bedoelings nie.
So dankbaar oom was paraat.

Oud Rhodie ·

Waarom in hegtenis neem ? Onder die omstandighede totaal onnodig. Die doel van arrestasie is om seker te maak die beskuldigde verskyn in die hof. `n Skriftelike waarskuwing om in die hof te verskyn is veel meer gepas. Ek vermoed kwaadwilligheid.

Gesiggie ·

Jy het die regte besluit geneem… anders was jy dalk nie meer hier vandag? ons moet onself kan verdedig anders sal hul net aanhou moor”’ sterkte aan Oom mag al die bewyse terug getrek word… Hul moet ons toelaat om terug te veg om ons lewens en die van ons familie te beskerm…as jy n persoon in jou huis aantref en hy dreig jou met n mes of geweer?? moet jy skiet”

Netso ·

Jammer dat oupa die trauma moes deurmaak, jy het ons almal ñ guns bewys baie dankie dat oom nie ook net nog ñ deel van moord-statistiek in ons wit samelewing vandag uitmaak nie.

jaco ·

as daar nie oormore verkiesing was nie, is hierdie man vervolg totdat hy lewenslange tronkstraf sou gekry het.

Pieter du plessis ·

Die polisie se onbevoegdheid is duidelik in hoe hierdie situasie hanteer is.

Heksie ·

Pieter du plessis
Prosedure is NIE onbevoegdheid. Sien antwoord aan fourie…

marous ·

As dit net sy weergawe is moes hy nie gearresteer gewees het nie!

Gert ·

Hoe op dees aarde kan jy iemand aankla wat in sy eie huis homself beskerm teen ‘n aanvaller?
Hierdie land is siek verby!

Jan Nel ·

Gert, laat die reg sy gang loop. Die klagte is standaard om ‘n dossier vir verdere ondersoek oop te maak.

As jy mense nie aankla nie, gaan elke tweede ou wat kwaad is vir iemand, sy “vyand” oornooi vir ete en aanvoer hy is aangeval en moes die ou doodskiet (net ‘n voorbeeld).

Ek glo die oom is onskuldig en dan ook die rede waarom die saak op hierdie stadium al voorlopig terug getrek word.

Al die omstandighede in ag geneem, het ek wel ‘n probleem met die oom se arrestasie. Daar is ander maniere om mense voor die hof te kry.

PJC ·

Miskien moet iemand op Grabouw vir MM se lesers ń lys stuur van wie die mense is wat hul polisiestasie beman dan sal mense verstaan hoekom hierdie dinge gebeur. Daar het al snaakse dinge daar gebeur.

Andre ·

Bang vir beslissings voor verkiesing. Hierdie man is kwaadwilliglik aangekla .

Emile ·

Ek het twee jaar terug my bevoegtheid sertifikaat vir ‘n wapen gaan doen. Volgens die kursusmateriaal word die reg van die inbreker tot lewe in so mate beskerm dat ek net daar besef het jy moet self by die dood omdraai voor jy mag skiet uit selfverdediging…veral as die aanvaller “net” met ‘n mes gewapen is. Al dra hy jou huis leeg mag jy hom nie skiet nie, want hy bedreig nie jou lewe nie. Dus ja die wet beskerm beslis nie die aangevalde nie.

Francois Joubert ·

Jy is 100% reg. Ek het tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Maar in hierdie geval is die oom aangeval. Ek aanvaar dat daar ‘n saak teen hom gemaak is as korrek aangesien iemand annatuurlik dood is, maar kennisgewing om in die hof te verskyn eerder as arrestasie sou meer korrek wees.

IK ·

En sy rewolwer is seker steeds in ‘veilige’ bewaring by die polisie?? Ek vertrou dat hy polisie’beskerming’ geniet (wat dit werd is).

Anoniem ·

Oupa Giel JY IS ONS HELD (Gaan nog eendag vir JOU kom kuier ??)

Koos de Meyer. ·

Die vuurwapen wet sê ook jy kan jou gesin beskerm dit sluit self verdediging in. Daar is perke maar weereens as hy my lewe bedryg gaan ek nie wag nie.

Johan ·

Alle seën word oom toegebid. Oom het die wêreld n guns gedoen, dankie. Dis jammer ons landswette en polisie/regering is so korrup dat selfbeskerming teen boewe ook as verkeerd voorgehou word.

Hansie ·

Ek sal graag die nadoodse verslag wil sien watse middels die inbreker ingehad het, en dalk die rede waarom sy oë so stokstyf gestaan het. Dit kan dalk net meer vir die man in die hof beteken as die aanvaller nog onder die invloed van dwelms ook was

Heksie ·

Hom in hegtenis geneem, was dit nou werklik nodig???
Daar is beter maniere om die situasie te hanteer het, maar min SAPS lede het daardie integriteit.

jakes ·

Baie geluk oom Giel, net jammer dat jy n patroon moes mors deur n waarskuwingsskoot te skiet. As ek die polisie was sou ek oom aangekla het dat oom n patroon gemors het en dat oom liewer die magasyn onmiddelik op die jafel moes leegmaak. Daarna moes oom onmiddelik n braai gemaak het en n glasie geskink het. Dis wat ek sou doen.

KrokodilBotha ·

Goed so. Nou wonder ek oor die DA wat teen jou eie wapen vir selfverdediging is. Besef hulle ondersteuners dit nie. Vol punte vir Oupa.

Attie. ·

Ek sou dink dat die regte ding was dat die polisie ‘n moordsaak moes open en dan die saak voorlê aan die Prukureur- Generaal vir belissing of daar voortgegaan moet word met vervolging. In die ou dae kon jy iemand skiet as hy jou of iemand anders se eiendom of lewe in gevaarstel. Deesdae het dinge verander….nou moet jy liewers jouself skiet.

Saint ·

Skielik word iemand wat HOMSELF
in sy EIE woning teen n dodelike aanval verdedig, ge-arresteer en soos n misdadiger behandel.

Elsa ·

Die feit dat die oom met ‘n mes in die arm gesteek was, was beslis tot sy voordeel dat die saak teruggetrek is. Daardeur het hy ‘n werklike bewys gehad dat sy lewe bedreig was. Indien hy nie deur die inbreker gewond was nie, sou dit moeilker gewees het om te bewys sy lewe was in gevaar. Ek is verheug dat die saak teruggetrek is en ek hoop nie een of ander idioot kry weer ander gedagtes as die verkiesing eers verby is nie. Sterke meneer Fourie en ek hoop regtig u kan hierdie gebeurtenis agter u plaas en ‘n veilige toekoms of oudag geniet.

GP ·

Hierdie saak was nie standaard prosedure nie. Na so voorval word ‘n ondersoek gedoen voor enige aanklagtes. Indien die ondersoek beampte vind dat daar gronde is vir ‘n klag van moord word mens vir moord aangekla.
Die oom is onnodig deur hierdie trauma van moord aanklag. Hoop hulle dagvaar die wie sommer net aangekla het sonder enige ondersoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.