Klag van bedrog teen vorige bestuur van Tshwane-metro ingedien

Lambert De Klerk, Morné Mostert en Marcus Pawson by die Lyttelton-polisiestasie. Foto: Verskaf

Lambert De Klerk, Morné Mostert en Marcus Pawson by die Lyttelton-polisiestasie. Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag ’n strafregtelike klag van bedrog teen die vorige bestuur van die Tshwane-metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien.

Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente in die besit is van dié organisasie. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was.

Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het , asook fakture as bewyse van onreëlmatige uitbetalings.

“Ondersoeke wat deur AfriForum van stapel gestuur is, dui aan dat amptenare en sogenaamde kontrakteurs gekoöpteer is om kwotasies op te stel, goed te keur en uit te betaal sonder dat enige diens gelewer is. Dit wil ook voorkom of die bedrae op die kwotasies met opset nooit R30 000 per keer oorskry het nie, want dan sou formele tenderprosesse gevolg moes word,” het Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Noord, gesê.

“Ons hoop dat die skuldige partye aan die pen sal ry en dat geregtigheid sal geskied. AfriForum sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat belastingbetalers se geld verantwoordelik en reëlmatig bestee word, en dat moontlike strafregtelike aktiwiteite onder die loep geneem word. Die DA is nou in beheer van dié munisipaliteit en die organisasie vertrou dat daar vorentoe ’n goeie samewerkingsverhouding met dié bestuur sal wees,” het Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ruby ·

Ek dagdroom……

Dat leiers nie rond hoef te hardloop en keer dat ons pragtige land ten gronde gaan maar dat hulle daardie tyd en energie gebruik word om hierdie land en sy mense op te hef, niemand minder of meer as die ander.

Dat regverdigheid, eerlikheid en bevoegdheid sal seëvier.

Almal moet gelyke kanse gegee word en “mag die beste man wen”, nie kleur.

Iemand roep my en ek skrik wakker.

Alida ·

Hulle moet dieper krap want die syfers gaan miljoene wys en nie net duisende nie.

GES ·

Stem saam. Daar moet dieper gekrap word. Hierdie is maar net die seekoei se oortjies wat uitsteek. Die vorige anc beheerde stadsraad het vreesloos te kere gegaan.

AL ·

Mooi so Afriforum! Hierdie korrupsie is net die punt van die ysberg! Ek glo as ons al die verdoeselde korrupsie oopvlek, sal ons belastinbetalers in trane uitbars!

Christa ·

Net jammer hulle is nie die meerderheid in die Parlement nie, dan kon hulle ook daar die miljarde wat deur die ANC wanbestee is en deur korrupsie verdwyn het terugeis!!! PAY BACK THE MONIES!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.